Soldate, polisie ondersteun die EFF, sê Malema

Economic Freedom Fighters/Facebook

Economic Freedom Fighters/Facebook

Julius Malema, leier van die EFF, het Saterdag beweer talle lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersteun sy party.

Malema het Saterdag tydens die bekendstelling van die Ekonomiese Vryheidsvegters se verkiesingsmanifes op 3 Augustus by Orlando-stadion in Soweto gesê die EFF bevorder nie geweld nie, maar sal homself teen enigiemand verdedig wat geweld teen hom gebruik.

“Sommige mense sê ons hits geweld aan, maar ons doen nie. Ons veg vreedsaam deur betogings, die howe en die parlement. Ons is nie bang vir enigiemand nie…. diegene wat sê hulle sal die weermag kry om teen ons te draai mors hulle tyd, want talle soldate is lede van die EFF,” het Malema onder toejuiging van ondersteuners gesê wat die bykans 40 000 sitplek-stadion volgepak het.

Collen Maine, leier van die ANC-jeugliga, het Dinsdag aan verslaggewers in Johannesburg gesê sy organisasie sal by pres. Jacob Zuma aansluit as bevelvoerder van die SANW om “soldate los te laat” op die EFF. Dit het gevolg ná Malema se omstrede uitlatings tydens ʼn televisie-onderhoud toe hy gesê het sy party sal Zuma se regering “deur die loop van ʼn geweer” verwyder.

Malema het gesê die weermag is “gekant teen ʼn korrupte regering” en dat Zuma sy kantoor moet verlaat “voor dit te laat is”. “Dreig julle ons met die weermag? Die weermag is vol EFF-lede.”

Malema het met ʼn gebalde vuis in die lug en in ʼn harde stemtoon gesê die EFF is nie bang vir enigiemand nie, en niemand sal enigiets teen ʼn swart meerderheid doen nie. “Ons het apartheid oorwin en ons kan hierdie oorwin… dit gaan nie oor my of die party nie. Dit gaan oor die swart meerderheid. Hierdie party word nie deur wit mense van raad bedien nie, en hierdie party word ook nie gefinansier deur wit mense se geld nie. Dit is vir die armes wat die swart meerderheid is. Dit is ʼn sosialistiese program wat onkeerbaar is.

“Ons het die ANC geklop deur die stadion vol te pak… Hulle kyk na hul televisieskerms met een oog… Zuma se bloedsuikervlak skiet die hoogte in terwyl ons praat. Ons daag niemand behalwe die ANC nie. Die res van die partye is niks voor ons nie. Ons sê vir die ANC ons is gereed en nie bang vir hulle of Zuma nie,” het Malema bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jollie Jacqueline ·

Wat ‘n kommunis en rassis!! Die mense wat sê hy sal nooit aan bewind kom nie, moet wakker word. Hy sal wit mense uit roei, sonder om te skroom. Hy sal soos Robert Mugabe en Hitler wees. 40 000 mense in daardie stadium ondersteun hom!

Chrisjan ·

Hy sal dalk probeer, hy en sy bende sal klaaglik misluk…..

corrie ·

Sé ek al lankal, hy gaan die land regeer en dan kom burgeroorlog en anargie

Grap ·

My opinie is dat die eff homself sal uitwoed ‘n klein minderheid en veral die nie of min geskoolde ondersteuners van die ANC sal vir hom stem en dis dit

Rudi ·

Ek dink jy is n grap. Madonsella se dogter wat op universiteit amok gemaak het is EFF. Jy het geen benul hoe rasisties en bygelowig ons land se mense is nie. Hul sal soos Sirie self destruct. Ons land is op die drumpel van die grootste gemors in geskiedenis en jy se dit sal doodloop:) 100 000 regdenkende mense imegreer elke jaar weg van die gemors en die hoeveelheid regdenkende mense word al hoe minder.

Jollie Jacqueline ·

Min ongeskoolde ondersteuners? Jy weet duidelik hoe baie ongeskoolde ondersteuners daar is nie.

Dee ·

Rudi is reg. In Afrika plant ministers hul opposisie se koppe in ‘n mielieland net die hoop op ‘n goeie oes. Weeg dit op teen jou stelling.

Drieks ·

Hy vat geen verantwoordelikheid vir sy uitlaatings nie. Hy gaan swart op swart ook laat draai.

Luister ·

Dit klink vir my soos ‘n dreigement. Ek dink ook hierdie man is baie gevaarlik! As hy president word, sal ons wens Zuma is terug.

Sarie 2 ·

Dankie Rudi !!! Mense moenie die “mag” vd werklose, verhongerde massas wat in haglikke omstandighede woon & NIKS het om te verloor, onderskat nie… Hulle stemme tèl! As jy hulle in tronke stop, doen jy hulle eintlik ‘n guns, want dan is hulle beskut teen die elemente & word voorsien van kos, klere & medikasie. Ek hoop nie èk beland ooit in ‘n tronk nie, maar as ek in hul skoene was, sou ek dalk anders daaroor gevoel het…

Sarie 2 ·

Toe die ANC destyds van Malema ontslae geraak het, het ek gesê: “Hier kom gròòt moeilikheid! Hièrdie outjie gaan Parlement toe & èk sal my niè verbaas, as hý eendag President word nie!” Het mense my met gròòt minagting vertel dat hý nèrens sal kom nie, want hy konnie eens Houtwwerk slaag op skool nie… Wel, hy ìs in die Parlement & dit lyk nie vir mý asof enigiets hom gaan stuit nie!!! Hy is gladnie sò onnosel as wat mense gedink het nie. Hý het die pàssie & is onverskrokke!!!

Nita ·

Malema lieg soos n tandetrekker. Net verlede week se hy op Aljazeera, hy sal ANC deur die loop van n geweer oorneem. Nou kan botter nie in sy mond smelt nie! Hy spog hoe hy het die weermag en polisie in sy sak het. Wat dink julle wat kan ons verwag?

Danie Roberts ·

Ek dink ons moet na die groter prent kyk en gaan ondersoek instel wie agter alles sit. Julle moet een ding mooi verstaan. Die witman is die groot vyand. Of jy Afrikaans , Engels , Duitser , ens , ens , is. Moenie dat enige van hierdie Partye julle mislei nie. Hulle doel is om met die tyd ons van alles te stroop. Hulle se onomwonde dat die Witman sedert 1652 die probleem is en dat ons alles van hulle gesteel het en gaan terug vat. Maak oop julle oe. Ontwaak.

Kaspaas ·

Malema is erger as Mugabe hy soek net geweld en besef nie die gevolge. Wat kommerwekkend is, is hoe vinnig die EFF groei hulle gaan verseker n paar munisipaliteite veral in Lumpopo vat.

Kobus ·

Kaspaas, ek voel weer Malema en kie word baie goed deur onder andere die MI6 en CIA ingelig en weet presies hoe en wat hulle beplan.

Sputnik ·

Jy vra “Wat kan ons verwag?” Ek dink nie dié vent gaan binnekort ‘n groot verskil maak nie, maar oor die lang duur kan hy meer en meer aanhangers kry en uiters gevaarlik word. Die onopgevoede, werklose en honger mense sal hom glo en steun. Hy kan die land baie vinniger verwoes as wat ons sal wil hê. Moedig jul kinders aan om hul te kwalifiseer en die land te verlaat.

Buitestaander ·

Maak nie saak wie is “Presedent” nie!
God is nog ons Koning.

John ·

Malema verstaan die kuns om mense op te rui. Hy is gevaarlik en sy begeertes en beloftes ken geen perke nie. Die arm massas is sy teikenmark. Die verkiesing gaan nie glad verloop nie, dis seker. Die probleem is dat die ANC wel duidelik erge foute maak, wat genoeg skietgoed gee vir hierdie mense. Malema skep groot angs by die regering omdat hy hulle laat twyfel oor die lojaliteit van die polisie en die weermag.

Sune van Heerden ·

Dagsê Proefleser

Die berig is wel korrek, dit is die EFF se manifes vir die plaaslike verkiesing op 3 Augustus.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Proefleser ·

Die probleem is dat die datum soos dit tans in die sin staan dit laat klink asof die vergadering op “3 Augustus” in die Orlando stadium gehou is.

Henry ·

Die bedreiging vir wittes in die algemeen en Afrikaners in besonder, blyk duidelik uit die uitlatings wat die afgelope tyd deur Malema en die rooi hemde gemaak word.
Malema is natuurlik in die kol wanneer hy sê dat die ANC en die EFF uiteindelik die enigste twee partye is wat oor die toekoms en rigting van hierdie land sal beslis. Hulle kan selfs besluit dat koalisie vorming die aangewese weg is om hul onderskeie radikale doelwitte te bereik.
Indien daar enige twyfel bestaan, neem asseblief kennis van die feit dat daar 50 miljoen swart inwoners teenoor minder as 5 miljoen wittes is wat binne die grense van hierdie staat woon.
Ek dink nie dit is nou, of vorentoe tyd om met allerlei dreigemente vorendag te kom nie. Met wie en met wat sal dit uitgevoer kan word???
Belangriker mynsinsiens is om groter steun aan organisasies soos Solidariteit en Afriforum te verleen en om die doelwitte wat reeds uitgespel is, te bereik. Beide organisasies het ook ondervinding en ervaring – al is dit beperk – om ons saak wyer as ons landsgrense te verkondig en te bevorder.
Afrikaners het met die uitsondering van ‘n piepklein politieke party – die VF+ – geen ander groepering wat ons belange en Afrikanerskap kan beskerm nie.
Is maar hoe dit is.

Oom Kalahari ·

Nou-ja toe….., Mal-emma is ‘n jong militaristiese man wat nie te ligtelik opgeneem moet word nie. Hy sê al die korrekte dinge wat die massas graag wil hoor deur ‘n roos kleurige prentjie op alle vlakke te wil skep en SA in ‘n feëtjie land te verander vir die massas. Met dit kom die uitdaagende toon en as dit nie ‘n voorskrif is asook dreigende houding op almal en regering nie, wat is dan. Hy sing sagte deuntjiesin sy uitsprake met verwysing na die Verraad (Treason) aanklag, maar sweep die massas op met baie beloftes. Iewers kry hierdie jong man van die “Everything For Free” baie inligting asook ondersteuning op baie vlakke om so verselfsekerd te kan wees en so ‘n uitdagende houding en stellings te kan maak. Dalk praat hy nog waar dat vele van die lede in die Weermag asook Polisie by hom geskaar is.

Gertjie ·

So, hy roem op dit..!! Daar was EEN SKOOT GESKIET toe hardloop almal teen ‘n draad vas…?

Besluitmaar ·

Aan buitestaander. God is nog ons koning. verseker is Hy. Hy heers oor alles en elkeen en sal beskerm elkeen wat in Hom glo. Maar,Hy het vir jou wysheid en insig gegee. Elia moes vlug vir sy lewe waar hy in die wildernis moes bly. 1 Kings 19. So,wat is jou keuse. Ek se nie jy moet vlug nie. Ek en my huigedin moes 12 jaar gelede vlug deurdat ek my familie Deurgeloop het in n aanhouding in my pa kantoor deur 4 gewapende swart mans. Ek en my huisgesin het n keuse gemaak om te emigreer . Ons was amper bokveld toe. Ek raai enige iemand aan om nou jou toekom te beplan.

James ·

Op News24 is daar tans 14 artikels op die mobiele webtuiste en ses daarvan is EFF artikels. Dit bewys weereend dat daar massiewe geld en buitelse steun agter die rooi “overalls” is. Baie van hul steun kom van England! !

Danie Roberts ·

Sou mens tussen die lyne kan lees? Is dit baie duidelik dat dit n OORLOGS VERKLARING is. Ontwaak WITMAN jou lewe is op die spel. Ons sal eenparig op ons kniee moet gaan en BID dat onse LIEWE VADER ons as volk soos in 1838 weer sal moet beskerm en uitlei. Ons moet egter nie nou eens dat hierdie politieke gemors ons hinder nie. Ons as ( Boervolk , Geloftevolk en Blanke gelowige ) volk het slegs EEN WAPEN en dit is onse HEMELSE VADER. Ons moet ons verootmoedig en op ons kniee bly. Laat die politiek die wat daaraan deelneem homself uitwis, en dit gaan reg voor ons oe gebeur. Kyk maar mooi.

a ·

Ek stem saam en ook dat dit van die buiteland georgistreer word.Siener het presies geskryf wat almal se kommentaar bewys.

Sarie ·

Ek weet nie presies wat Siener in verband hiermee gesê het, maar Malema se besoek verlede jaar aan Brittanje laat rooi vlaggies opgaan. Daar word ook beweer dat daar ‘n groot bedrag geld in sy rekening uit Engeland inbetaal is. Die Media gee ook baie aandag aan hom in die buiteland. Soos dit maar in die politiek gaan is daar altyd meer as die blote oog kan sien.

Jo ·

Hy is n waansinnige kommunis, ek persoonlik is baie bang vir hom. Hy haat witmense.

Joann ·

Almal wil net engels praat,dit was hulle wat dan die boere,swart en bruin so gemoor het. Malema belowe alles en die belasting betaler sal moet opdok. Weermag en polisie aan sy kant? Wel dis hoekom hul so treurig is. Die weermag en polisie van destyds is so goed opgelei dat die hedendaagse spul maar kan kom try,hul sal sleg 2de kom. Onse God sal ons help maar dan moet ons net minder afsydig wees en soos ons voorouers opreg bid en bymekaar staan. Maar die land het te veel snobs en maak staat op hul rykdom.

James ·

Daar is ‘n teorie dat England (die weste) dié effer steun omdat die regering se gesindheid teenoor hul (Engeland) vervlou het en versterk het teenoor die BRICS lande.

Jef ·

Al wat ek se is, as julle kans sien om SA te verlaat dan sou ek dit maar doen, Malema met sy EFF haat witmense en hy sal alles doen om alle witmense te verjaag of te vermoor.
Malema en Zuma het dieselfde denkwyse en ek dink dat geen witmens dit kan verander nie.
Dit is hulle spel wat hulle speel en ons mag net aan die sylyn toekyk.

Cobus ·

Ek stem saam met diegene wat Kommunisme as ‘n werklike gevaar beskou. Rooi is nie per toeval so ‘n prominente kleur in SA organisasies nie. Kommunistiese valse propaganda slaag egter baie goed in SA net soos in die geskiedenis van die hele wêreld. Doen uself ‘n groot guns en ondersoek “Katyn massacre” op Wikipedia. Dit handel oor ‘n menseslagting in Poland waarvoor die kommuniste net soos in baie ander menseslagtings verantwoordelik was. Die Duitsers het egter in die geskiedenis die blaam gekry. Kyk ook “Cole in Auswitch” op utube. Hoop dat baie se oë sal oopgaan!

Cherokee ·

Wat het geword van die outjies wat so gereeld wanneer hulle iets soek om te sê, vertel van die ‘blankes wat nie kan saamstaan nie’? Julle is tjoepstil nè! Toe, waar is julle? Vertel maar weer hier van die ‘witmense wat nie kan saamstaan nie’.

M'Lady ·

n Klompie jare terug het almal Malema as n hanswors gesien en grappies oor hom gemaak. Mense word wakker. Hierdie man is uiters gevaarlik en so sy volgelinge. As hier nie ingryping van Bo kom nie sal hy die volgende “Commander in Chief” van hierdie land word. Witmense se lewens sal niks werd wees nie en ons sal terugverlang na die ANC. Maak maar julle maandelikse bydrae aan Solidariteit en Afriforum.

Rynhardt ·

Natuurlik sal die polisie en weermag Malema ondersteun, want sy beloftes is meer aanloklik! Bogenoemde twee instellings is moeg vir Anc en soek elkeen n vet kontant-pakkie.Mense, julle betree rewolusie-fase!!!In vandag se Rapport se hy weer:”Ek waarsku jou, Zuma.Die weermag gaan binnekort hul gewere teen jou draai.” Hy is ernstig , maar sekere polities korrektes glo dit is n grap.Malema se verder:”Die EFF beplan om alles van straatname tot standbeelde wat apartheid simboliseer, te verwyder en die wit mense moet 80% grond teruggee!” In die verlede het ek gewaarsku dat Malema Anc se Vryheidsmanifes ondersteun, maar talle wil dit nie weet nie.Net vir die rekord.Jou geliefde DA ondersteun ook daardie vryheidsmanifes! Geweld vs geweld is Anc en EFF se beleid vorentoe! Weekliks wys vandag n spotprent van Malema waar n pistool uit sy mond kom! Hoeveel bewyse wil jy nog he??Verkiesing is lankal dood vir jou, Afrikaner!Word wakker afrikaner!

stephen ·

Dit is nie meer so maklik om pad te gee nie . buiteland sit net met so ‘n hoe werkloosheid en aanvaar nie meer emmigrante nie . So vergeet daarvan . Wie die geld beheer beheer die land . Moedig ons jeug aan om onmisbaar te word in die ekonomie .Hulle is net so afhanklik daarvan soos almal . Vra maar vir Mogabe . en Swaziland Net hulle het SA om te help Ek sien eerder’n koalisie met ANC teen die EFF

stephen ·

Ek kan my verstom aan die mense se negatiewitei en vrees vir die toekoms. Agter elke bos skop hulle ‘n geweerloop of swartbedreiging uit. . As dit die uitkyk van ons voorouers gewees het, het ons nou nog in Europa of Kaapprovinsie gesit .. Ek vertrou die jeug . Solank daar vir hul
n toekoms hier is , is daar hoop , maar dan moet ons ouer gardes hulle die geleenthede gun en ophou om so negatief te wees . Ons het ons geleenthede gehad en groot gemors daarvan gemaak . Hulle is nie soos ons was as jou oupa NP gestem het , stem jy ook vanselfsprekend ook NP nie . Ongeag ….. ! , en die dae wat mnr Mandella in die tronk deurgebring het ,
beteken ook nou al hoe minder vir hulle.. Hulle wil nie noodwendig eerder die grond ens besit wat ons blankes besit nie maar eerder geleenthede om dit te kan bekom . en sal hul die party ondersteun wat dit aan hul kan bied . Selfs Malemma sal op ‘n stadium moet uithaal en wys . Hul beleef nou eerstehands lee beloftes wat nie nagekom word nie en gaan nie elkekeer daarvoor val nie .

Johann ·

Die Woord sê, mense sal in daardie dae beswyk aan hulle harte, weens vrees. Vertrou in God. Begin weer huisgodsdiens hou. God is is beheer en kan slegs ingryp, indien ons Hom toelaat. Ek is self skuldig, om soms agter te laat om gereeld te bid. Kom ons as kinders van God, begin weer op reg in Hom te glo. Dit gaan nie maklik wees nie. Ek stem saam ( Julius is gevaarlik). Daarom moet ons voorbereid wees in geloof. Roep God aan. God doen nog wonder werke. Dit kan draai in ons guns. Ons as wit mense het net God oor as ‘n leier. Ek glo daar is ook ander rasse in Suid-Afrika wat in God glo en nie in mense en politieke leiers nie. Ek stem saam. Die rooi gevaarligte flikker vir ons as wit mense, maar kom ons vertrou in God wat mens geskape het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.