Soldate van hul wapens beroof

Argieffoto

Argieffoto

Twee soldate, wat by Tempe-weermagbasis in Bloemfontein gestasioneer is, is aangeval en met messe gedreig voor hul wapens gesteel is.

“Die twee soldate het Maandag wag gestaan by die Tempe-ondersteuningspakkamer toe hulle omstreeks 02:00 geluide gehoor het,” het kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Toe hulle die deur oopmaak, het twee mans met klapmusse en gewapen met messe, hulle oorval.”

Die soldate en die aanvallers het glo gestoei, maar die verdagtes kon die soldate oorweldig nadat hulle glo met pepersproei gespuit is. “Die verdagtes het die soldate se hande en voete met hul eie stewels se veters vasgebind. Hulle het twee R4-gewere met 30 rondtes ammunisie elk en die slagoffers se twee selfone gebuit,” het Marope bygevoeg.

Die verdagtes het in ʼn voertuig gevlug.

“Die Parkweg-polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval om kapt. David Mokhobo te skakel by 082 453 0760.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Milt ·

Pateties . Dit is nou die magte wat ons moet beskerm. Uiters swak! Mes teenoor geweer Duh!
Wys jou net hoe swak die opleiding is van die kastige soldate tans!
En hoe hou jy wag in n vetrek met toe deure,duidelik het hulle geslaap .

Gemeenskap veiligheid Newcastle KZN ·

Moeilik om te glo mense. RegtiG!!!!!
Die aanvallers kom met messe en eindig met peperspray.
Dit sluk bietjie moeilik af man,
My dae in die weermag opleiding kan jy nie eers waag ertjies steel nie.

susanmjs ·

Dit is nou jammer dat die soldate nie geleer is om hulle self te verdedig nie. Hulle is ook nie geleer om alarm te maak nie. Die skelms weet dit, en maak net soos hulle wil. Hoe moet ons soldate ons land en ons beskerm as Twee rowers – twee soldate oorweldig. Ag nee wat ons is lankal in die donkerste gat en ons menings tel nie eers meer nie. Waar is mense regte heen?

Sarel ·

Die soldate het seker geslaap i.p.v waggestaan! dis ‘n grap die!

Johann Marx ·

Uhmmm……twee soldate met twee outomatiese gewere….word oorval deur misdadigers met messe?

Winston ·

Kommerwekkend? Ek glo nie. Dis aanvaarbaar gegewe die geskiedenis van ons land. Lagwekkend ja. Bwa hahahahaaa

Theuns ·

As die rovers elke nag 2 gewere kom haal, gaan hulle die army leeg steel. DB vir daai wagte en hulle bevelvoerder.

Debs ·

Genade !!!!! Watter soort opleiding kry hierdie weermag …… Patetiese Opleiding !!! Swak Swak Swak dis ‘n skande vir ons land om nie eers te praat van die weermag nie….

carel ·

hoe kan iemand wat met n mes gewapen is n aanvals gweer by n soldaat afneem?

Die soldaat is moontlik betrokke?

Nou wil Zuma ons ontwapen – en die skelems sal net die weermag of SAP wapens afneem en teen ons gebruik?

Hier is groot fout in die land en jy moet wakker skrik Zuma!

Gerhard Bezuidenhout ·

Die kans dat hierdie twee ” soldate ” gele en slaap het en toe verras is , is baie groot . Genugtig , hoe kan twee mansskappe elk gewapen met n aanvalsgeweer en 30 rondtes ammunisie deur twee boewe met messe oorval word , en met hul eie skoenveters vasgebind word sonder dat hulle n skoot skiet en dan ontwapen word. Ek is n aap maar n ou aap .

Vic ·

Gerhard, ou maat, dis nou waar hulle lt Phiri nodig gehad het – hy sou sy man gestaan het ;)

zahn ·

Mense, nee, julle vertaan nie. Nie een van julle maak eers melding van die twee soldate se selfone wat ook gesteel is nie. Sjym, komaan mense, met die soldate wat nou aan ‘n unie behoort, selfone op diens mag saamvat, wie worrie nou eintlik oor die twee aanvalswapens wat gesteel is? Die kans is in elk geval byna 100 % dat die gewere se onderdele of gesteel is, stukkend is, of dalk net weg is. 30 Rondtes per soldaat? Is dit die regte kaliber? Wie het dit nagegaan? Nee wat julle, kom ons lag (ook) hieroor, al is dit ‘n waansinnige ou giggeltjie wat ons uitpak, hier gaan dadels van kom. Vir die suur ouens, hierdie kommentaar was baie baie sarkasties bedoel hoor..

DSF ·

Siestog, die tweetjies het in hulle onskuld lekker ge lallas en toe kom vat die nare boewe hulle gewere sonder toestemming. Hulle gaan seker vir berading nou op staats onkoste nou.
Wonder wat is die totale verlies van wapens deur die weermag tans. Die polisie alleen het in die laaste jaar 4000+ wapens as ‘verloor’ aangemeld.
Dan beweer die poliste op hulle webwerf dat misdaad gepleeg word met wapens wat hoofsaaklik van wettige eienaars geneem word.
Eish.

grain ·

Is julle deel van die Gupta koerant groep?

Na aanleiding van die sensor van berigte!

Gawie de Beer ·

Hierdie het volgens berigte ongeveer 02:00 gebeur, Dit is wanner wagte geruil word, waar was die wagte wat moes aflos of afgelos was. Soos ‘n vorige skrywer gese het ek is ‘n aap maar ‘n ou aap.

HEVW ·

Maroela iets wat met geweld geneem word is nie steel nie. Dit is roof. Miskien is jul tog reg. Die 2 het so vas geslaap dat dit onwetend geneem is. Nee niks word in die weermag gesteel nie. Dit is gegee. (fw de klerk).

Grotman ·

Ek het altyd geglo jy gaan nie met n mes na n geweer geveg nie! Blykbaar was ek verkeerd???! Jip, viva die nuwe Suid Afrika viva…

anne ·

En ons ‘soldate’ is so wyle gelede geprys vir hulle dapperheid?

Ben ·

Maar net nog ‘n rede vir die res van die wereld om lekker te lag vir hierdie patetiese SA wat eens op ‘n slag ‘n regte Mag in Afrika was.

Se Maar Net ·

Is die wapens regtig gesteel? Of is dit weer een van daardie gereeld oeffeninge??
Want regtig dit is die toppunt van ons Uitstekende Weermag. As jy enigsins dit so kan noem.

Theresa ·

Jip. Het eintlik al gewonder of ons nog ‘n weermag het. Al baie gedink die mense wat mens net baie min sien in die klere het dit seker by iemand gekry. Jy sou nie so 20 jaar terug ooit ‘n Suid-Afrikaanse soldaat op straat sien rook, rondhang, pet af, meisie/vrou vashou, kougom kou met oop mond en so aan nie. Ook nie met vuil stewels nie. Daar was ‘n sekere trots wat uitgestraal het by dié mense. Nog minder sou jy een van daardie ouens kon oorrompel. Dis hilarious!!!!!!!! Wonder wat word die manne deesdae betaal om so niks te beteken nie…

Gerhard Bezuidenhout ·

Ben ons was eens DIE MAG in Afrika en nou mag ons bang wees.

Gerhard Bezuidenhout ·

Vic my vriend oppas dat lt Phiri nie sommer die voorraadstore vir hulle sou oopsluit om vrede te bewaar nie.

George ·

Dit is kits soldate wat nog nie opleiding ontvang het nir wat om met ‘n geweer te doen. Ek stel voor gee vir hulle watergewere dit is baie veiliger. Sotte !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.