Solidariteit aan Hlaudi – trek klagtes en skorsings amptelik terug

Thandeka Gqubule, Foeta Krige en Suna Venter stap na die konstitusionele hof (1 Julie 2016) Foto: @SolidariDirk/Twitter

Thandeka Gqubule, Foeta Krige en Suna Venter stap na die konstitusionele hof (1 Julie 2016) Foto: @SolidariDirk/Twitter

Die vakbond Solidariteit het Saterdag ’n brief aan Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, geskryf waarin gevra word om berigte, wat beweer dat hy bereid is om die omstandighede van die skorsings te hersien, te bevestig.

Indien dit waar is, versoek Solidariteit dat die skorsings dan amptelik opgehef en die klagtes teen al ses werknemers teruggetrek word. Solidariteit vra ook dat die oorspronklike sensuur-instruksie herroep word.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sal die vakbond se regspanne, totdat die skorsings van Foeta Krige, Thandeka Gqubule en Suna Venter en klagtes teen al ses werknemers nie formeel teruggetrek is nie, voluit voortgaan met hul voorbereiding om die skorsings en klagtes te beveg. Solidariteit verteenwoordig die werknemers.

“Die kern van die probleem is egter die oorspronklike sensor-instruksie dat die SAUK nie beeld- en klankmateriaal van geweld by onluste mag uitsaai nie. Die instruksie is onregmatig en ondermyn grondwetlike beginsels soos vryheid van spraak en die publiek se reg op inligting.

Solidariteit sal voortgaan met regsaksies, al moet hy dit tot in die konstitusionele hof voer om die instruksie ongeldig te laat verklaar. As ons dit nie doen nie, sal joernaliste altyd onder die swaard van sensuur moet werk,” het Hermann gesê.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marieta Joubert ·

SABC nou soos Zimbabwe se uitsaaier
Net kommentaar van die regerende party se kastige goeie dade
Wys nie hulle ondersteuners verwoesting nie

Oosie ·

Dis eenvoudig. Die SAUK is ‘n publieke uitsaaier wat deeur die publiek en van buite die staat gefinansier word. (Die staat dra slegs sowat 2% by). Om ‘n regsbeginsel hier te formuleer behoort dus mos nie moeilik te wees nie? Die man wat sy gewig so rondgooi verstaan duidelik nie sy mandaat nie en hoort nie in die pos nie. Hy is beslis nie in my en jou diens nie en is besig om sy eie ideologie en agenda te dryf om guns by die staat te kry en dit kom neer op verraad teenoor diegene wat sorg vir sy salaris.

Ander Koos ·

Wil voorkom asof Hlaudi en sy trawante hulleself misreken het met die “krag” van Solidariteit! Sterkte aan almal wat veg vir die waarheid

GES ·

Hoekom word Hlaidi nie aangevat oor sy bedrog met sy kwalifikasies nie? Hy regeer die ‘sybc’ of die plek aan hom behoort. Dankie Solidariteit vir julle werk en help asb om van die man ontslae te raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.