Solidariteit aanvaar aanbod in goudsektor-loononderhandelinge

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het Maandag gesê dat hy die Kamer van Mynwese se finale aanbod in vanjaar se loononderhandelinge aanvaar het.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het gesê hoewel die vakbond nie tevrede is met die finale aanbod wat op die tafel geplaas is nie, het Solidariteit se lede die mandaat gegee om die Kamer se finale aanbod te aanvaar gegewe die groot druk wat tans in die bedryf heers.

Du Plessis het gesê dit is van uiterste belang om die volhoubaarheid van die mynbedryf te verseker en die moontlikheid van afleggings tot ’n minimum te beperk. “Ons plaas groot klem daarop dat werksekerheid en stabiliteit in hierdie bedryf verseker moet word,” het hy gesê.

Die Kamer van Mynwese se finale aanbod behels ’n verhoging van 6% vir Sibanye- en AngloGold Ashanti-werkers en ’n verhoging van 4,8% vir Harmony-werkers, met VPI vir jaar 2 en 3 van die ooreenkoms. Die werknemers se aftree-ouderdom is van 60 na 63 verhoog, terwyl ʼn taakspan teen 31 Oktober ’n verslag oor die voorgestelde aftree-ouderdom vir ondergrondse werkers moet finaliseer.

Volgens Du Plessis kom ondergrondse werkers in aanmerking vir ’n ondergrondse toelaag indien hulle bogronds aan maatskappy-aktiwiteite deelneem. Eggenote wat vir dieselfde maatskappy werk, sal voortaan albei vir die behuisingsvoordeel in aanmerking kom en ’n R100-verhoging in behuisingstoelaag sal toegestaan word. Daarby sal maatskappyhuise voortaan teen laer as mark- en munisipale waardasie aan werknemers verkoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ben ☺☺☺ ·

Dis beter om te werk vir R1000-00 as om nie te werk vir R0-00.

nicofoord ·

Mandaat? Wie is hulle lede wat mandaat gegee het want almal hier weet niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.