Solidariteit, AfriForum in hof oor rassistiese toerismefonds

Mmamoloko Kubayi-Ngubane (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Solidariteit en AfriForum sal vandag in die hooggeregshof in Pretoria wees vir die aanhoor van hul saak teen die departement van toerisme en sy minister, Mmamoloko Kubayi-Ngubane.

Dié twee instellings het met regstappe begin omdat die minister ná samesprekings steeds weier om die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) vir alle toerismeondernemings oop te stel.

Pres. Cyril Ramaphosa en Kubayi-Ngubane het verlede jaar die TEF bekend gestel as ’n instelling wat finansiering aan toerismeondernemings in swart besit verskaf tydens die Covid-19-inperking. Slegs ondernemings wat minstens 51% swart eienaarskap het, kwalifiseer vir lenings of toelae van dié fonds.

“Om transformasie en ander rasse-ideologieë te midde van ʼn pandemie, wat ʼn bedryf verwoes het, te dryf, is onverskillig teenoor die nood van die einste toerismesektor wat die minister getaak is om te ondersteun,” het Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit, gesê.

“Entrepreneurs en werknemers in hierdie bedryf het juis nou die regering se ondersteuning nodig, maar die regering kies – soos gewoonlik – om sy eie agenda bo die behoeftes van sy burgers te plaas.”

Buiten hulpverlening tydens die Covid-19-pandemie, het die fonds van sowat R1,2 miljard ten doel om skuldfinansiering te bied, om toelae beskikbaar te stel om aandele te bekom en om nuwe projekontwikkeling in die toerismebedryf vir swart entrepreneurs te vergemaklik.

Volgens Jacques Broodryk, bestuurder van veldtogte by AfriForum, is dit immoreel om ʼn pandemie uit te buit om transformasie te bevorder. “Met hierdie fonds wil die staat in werklikheid geld aan swart entrepreneurs gee om besighede oor te koop.

“Daar sal uiteraard baie toerismeondernemings wees wat weens die finansiële impak van die inperkingsmaatreëls verkoop sal moet word. Dit is ʼn lae hou van die regering om nie eerder hierdie ondernemings finansieel by te staan nie, maar om hulle verder uit te buit.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Tiptol ·

As ek die voorstelle van die nuwe gelykheidswet lees, is hulle dadelik skuldig, as werkgewer sowel as werknemer.

Pieter ·

Ons blankes se belasting geld is goed genoeg. Wanneer gaan ons blankes wakker skrik die ANC steur hom nie aan n hof nie.

DieKriek ·

Pieter, en as ons wakker is, wat dan? Dit help nie om te sê word wakker nie. Ons moet n plan hê.

Blikkies ·

Pieter, As ek maar net beheer gehad het oor my eie belasting het hulle nie n duit gekry nie. Ongelukkig werk ek vir n groot maatskappy wat my belasting aftrek.

Deon ·

Ek het voorheen verstaan dat sekere besighede nie finansieel gehelp gaan word nie, dit is n helse klap in die gesig vir diegene wat belasting betaal…. Die dat dit voorkom asof daardie einstes nou “dood gewurg” gaan word om sodoende hulle besighede oor te vat met behulp van geld wat daardie einste persoon aan belasting betaal het. DAAR IS NET EEN DING DAAROOR TE SE “SLINKSE SKELM LOT OPPORTUNISTIESE DIEWE” WAT ANDER UITBUIT OMDAT HULLE DIE MAG HET OM DIT TE KAN DOEN!!!!! ……. Dit lyk amper soos n plan om ons te forseer om mekaar te haat…

Chris dupreez ·

Soos ek voorheen gesê het, blankes in die bedryf sal weer opstaan en weer bo uitkom sonder die regering se geld. Baie beter doen as die wat geld verniet kry en nie weet hoe om daarvoor te werk nie. Dit kan verkeerd gebruik word en nie lank dan is hulle weer finansieel in die moeilikheid

Pierre ·

Om eerlik te wees ek sal definitief in die toekoms seker maak van instanties se BBBEE gradering voor ek n bespreking maak.

JohanR ·

Word BEE nou vir alles gebruik in SA? Toilette in skoole? 4 toilette vir swart leelinge, 2 vir bruin leerlinge en 1 toilet vir wit leerlinge. Knyp my maat, knyp!

Kokerboom ·

Die belastingbetaler is die magtigste rolspeler in die land. As hy/sy egter gaan voortgaan om ongeag alles net pligsgetrou belasting te betaal dan moet daar NIE gekla en gekerm word!!!Dit gaan vir my oor gelyke regverdige behandeling voor wet ongeag kleur of ras .

Deon ·

Ons kan ongelukkig nie al hierdie weg gesteekte belasting vermy nie, sonde belastings, BTW, heffings op goedere soos brandstof en dies meer… Maar ins kan doen wat ons wel kan doen wat in ons beheer is..

Kokerboom ·

Ek stem saam Deon.. met institusionele belastings is ons geskroef. Daar is egter genoeg opsies waardeur ons die gierige hopelose regime se bokspringe kan stuit

Sonia ·

wit toerismeondernemings verskaf werk aan swartes – die ANC gee nie om vir hulle eie mense nie

Pierre ·

Om eerlik te wees ek sal definitief in die toekoms seker maak van instanties se BBBEE gradering voor ek n bespreking maak.

Blikkies ·

Ek is al baie ouer as die gemiddelde man in die land. Ek wil net my gevoelens deel. In hierdie verdoemde land, wat hy geword het na 1994, sal daar nooit ooit gelykheid wees nie. Dit is al klaar nag. Vorentoe sal net die kleur van jou vel die beslissende faktor wees of daar vir jou plek is of nie. Daar is net te veel haat teenoor ons vanaf die ander burgers van kleur, of jy en jou familie persoonlik nou skuld dra aan kolonialisme en apartheid of nie. Ek is bly om te sien daar is instansies wat baklei vir ons oorlewing en persoonlik sal ek help sover my vermoee strek, maar, In my lewens tyd wat oor is, sien ek nie lig nie. Ek het darem ‘n goeie ‘Innings’ gehad en goeie herinneringe. Terwyl ek nog aanwesig is, en kan help vir ons plekkie in die son, skaar ek my by my volk. Lekker dag almal.

louis ·

Hoe dink jy gaan die A N C aan bewind bly as hulle nie hul eie mense gaan bevoordeel nie , dit is hul plan om stemme te werf by die swart gemeenskap e sulke diskriminerende besluite spring orals op

Persheks Adri ·

Ek’s SOOO moeg vir die ras kaart! Help bestaande besighede nie nuwe kamstige kaders wat dínk hulle weet hoe om dit te doen nie magtag! Die brein moet baie verder dink as die klomp s’n pffft

jzjz05 ·

Die nuwe Apatheid baie slegter as die ou een met sy tekort kominge,Die een verwoes als kyk maar elke dag se nuus en besluit self.

Jaco ·

Wit toeristebesighede moet eerder bly wees dat hulle nie uit dié noodfonds gehelp word nie. Gestel hulle kry hulp, dan moet hulle ALLES van hulleself en hulle besighede aan die staat bekend maak. En dan, oor ‘n jaar of 2 wanneer radikale ekonomiese transformasie en erger BEE en regstellende aksie en ook onteiening sonder vergoeding begin, dan staan dié wit besighede wat so mooi deur die ANC-regering “gehelp” is, se name bo aan die lys vir al die lelike goed wat wittes dan aangedoen gaan word.

Herleen ·

Kan ek voorstel dat ons blankes weer begin om ons eie mense se besighede en jongmense wat klein eenman besighede het te ondersteun, en nie by die “ander” se besighede te koop nie. Kyk uit vir jou eie mense, so help ons mekaar, en so sal ons weer opstaan en ons nie laat onder kry nie. Ek weet ek gaan nou seker gekruisig word, maar soms is ons, ons eie ondergang. Dink daaroor.

Pieter ·

Die klomp S.A rasiste. (Eintlik is hulle die hele wereld vol die rasiste).

Tony ·

Meeste van die toerisme bedrywe in wit besit het elk geval vele swart huisgesinne wat ook afhanklik is van die inkomste. Nou verloor almal hul werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.