Solidariteit, AfriForum stuit vir eers toerisme-rassefonds

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die minister van toerisme (Foto verskaf deur Solidariteit)

Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag ʼn interdik aan Solidariteit en AfriForum toegestaan wat die uitbetaling van enige gelde vanuit die departement van toerisme se ekwiteitsfonds belet.

Die twee organisasies het hulle op ʼn dringende basis tot die hof gewend nadat Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die minister van toerisme, aangekondig het dat die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF), die departement se fonds vir die herstel van die toerismesektor, slegs toeganklik is vir mense wat vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kwalifiseer.

Pres. Cyril Ramaphosa en Kubayi-Ngubane het verlede jaar die TEF bekend gestel as ʼn instelling wat finansiering aan toerismeondernemings in swart besit verskaf tydens die Covid-19-inperking. Slegs ondernemings wat minstens 51% swart eienaarskap het, kwalifiseer vir lenings of toelae uit dié fonds.

“Solidariteit verwelkom die feit dat die departement van toerisme se rassefonds gestuit is,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. “Die regering verkeer onder ʼn wanindruk dat ras alles troef en bo die wet verhewe is. Om ras as kriterium te gebruik om ʼn sektor te hervorm wat as gevolg van ʼn pandemie op sy knieë gedwing is, is moreel onregverdigbaar. Die pandemie diskrimineer teen niemand op grond van ras nie, maar tog word hierdie ramp deur die regering uitgebuit en word slegs SEB-sakeondernemings van fondse voorsien ten koste van gevestigde ondernemings van wit eienaars wat genoop word om hul deure te sluit.”

Jacques Broodryk, veldtogtebestuurder by AfriForum, sê hierdie uitspraak is ʼn groot oorwinning teen die ANC-regering se institusionele rassisme teen minderhede. “Die rassistiese Toerismefonds bewys hoe ernstig die regering se rasse-ideologie-infeksie is, en die enigste immuunstelsel wat die regering se immorele rassediskriminasie kan beveg, is vreeslose burgerregte-waghonde soos AfriForum en Solidariteit.”

Kubayi-Ngubane moet nou die besluit, om finansiering slegs aan toerismeondernemings in swart besit te verskaf, onder hersiening neem. Geen aansoeke vir die TEF mag intussen geprosesseer word nie en geen uitbetalings mag gemaak word nie hangende die uitslag van dié hersiening.

Die ANC het vroeër Solidariteit en AfriForum se regsaksie teen die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) as ʼn oorlogsverklaring teen “transformasie” en ʼn “inklusiewe ekonomie” bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jaco ·

Wit toeristebesighede moet eerder bly wees dat hulle nie uit dié noodfonds gehelp word nie. Gestel hulle kry hulp, dan moet hulle as deel van die aansoekproses ALLES van hulleself verklaar. Oor 1 of 2 jaar, wanneer radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding begin, dan is daardie wit toeristebesighede wat so wonderlik “gehelp” is, bo aan die lys om summier afgevat te word. My raad, hou jou wit besigheid sover as moontlik van die anti-wit ANC-beheerde staat af weg.
Onthou ook die volgende: die swart gastehuis kry staatshulp en kom weer op sy voete. Toeriste gaan bly weer daar. Hulle besoek weer die wit volstruisbesigheid net langs die swart gastehuis. Uiteindelik trek die wit besigheid wat nie deur die staat gehelp is nie, dus tog ook indirek voordeel uit dié BEE only staatshulp.

Piet ·

Indien ‘n wit besigheid regtig hulp nodig het, waarheen kan hulle dan gaan? Daar is oneindig baie raad daar buite, maar bittermin hulp. Jou kommentaar is egter nie verkeerd nie. Maar mense wat op die randjie van bankrotskap is het meer as raad nodig. Hulle soek hulp. (PS, dis ‘n opregte vraag, nie ‘n aanval op jou kommentaar nie)

Ovelia ·

Dankie Afrifotrum en Solidariteit⁰ siekte ken ook geen ras nie. Die grootkoppe in parlement ht meer rassisme as ons in di middelklas. Ons werk saam enige ras

Tewie ·

Baie geluk ons is baie trots op julle wat julle doen en bereik. Wonder net wanneer al die mindere groepe gaan besef dat hulle geen regte het nie was dit nie vir Afriforum. Julle is Ysters. Baie dankie. Mense sluit aan by Afriforum en ondersteun hulle asseblief.

MakersMark ·

Nog een van our people se rassistiese inisiatiewe gestop. Dankie AF en Solidariteit.

Kokerboom ·

WEelgedaan Solidariteit/Afriforum. Ons moet die gekheid stuit!

Willem ·

Goed gedoen Afriforum en Solidariteit! Voer geregtigheid deur tot die been toe.

Frank ·

Ons moet tog ‘n ander Afrikaanse woord kry, in plaas van om die regering se “regstel aksie” of “transformasie” te gebruik om hierdie misdaad van hulle te versuiker.
Kan self nie aan so ‘n woord nou dink nie, maar ek glo die woord apartheid moet deel daarvan wees. “Omkeer-apartheid” klink ook nie heeltemal reg nie

Hoekom ·

“ANC-regering se institusionele rassisme teen minderhede.”

Baie goeie beskrywing…

JohanR ·

Oe hoe lekker kry ek nou! My tone krul eintlik. Lyk my die B’s en E’s word nou by alles in SA deur die ANC toegepas. Verbaas hulle het die nie op wie moet eerste entstof kry toegepas nie? Boswell en Wilkes sirkus mag iets van die verlede wees, maar die ANC het hulle vervang!

gatgogga ·

Ja, ons moet iets tasbaars doen vir ons kinders se oorlewing.
Kla en mor en bid alleen bereik niks.

koos ·

Vandag is “Freedom Day”. Dis beslis nie vir my nie, net vir “our people”. My vel is wit, en my hare begin ook wit word, so ek is dubbeld vervloek in die huidige regime se opinie. God is nie blind nie….

Christo ·

Dr Dirk Hermann vir President. Kyk wat kry Solidariteit reg – hulle bou wereldklas opleidingsfasiliteite……..iets wat die regering in 27 jaar nie eens kon regkry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.