Solidariteit: Ankerdorpe volledig toegerus vir Afrikaner teen 2030

Barend Uys tydens Solidariteit se 2019-Toekomsberaad. (Foto: Reint Dykema)

Solidariteit gaan teen 2030 noodsaaklike dienste en kulturele ruimtes in 29 sogenaamde ankerdorpe vestig.

Navorsing deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) wys ʼn derde van Afrikaners gaan teen 2031 in 29 dorpe in Suid-Afrika woon. Die helfte van Afrikaners (53%) sal boonop in slegs 10 dorpe en stede gekonsentreer wees. Alle Afrikaners sal binne 200 km van ʼn ankerdorp woon.

“Hierdie syfers wys dat dit sinvol is om op hierdie ankerdorpe te fokus wat betref die skep van maatskaplike en kulturele infrastruktuur en gemeenskapsruimtes,” sê Barend Uys, AfriForum se hoof van navorsing en ontwikkeling. Hy het gepraat by Solidariteit se tweede Toekomsberaad, wat Donderdag in Pretoria gehou is. Tydens die beraad het die Beweging ʼn omvattende “blyplan” bekendgestel, waarvan die skep van ankerdorpe deel vorm.

Volgens die SNI se navorsing sal ongeveer 2,7 miljoen Afrikaners teen 2031 binne die grense van Suid-Afrika woon. “Ons kan daarom met groot gemaklikheid sê dat dit die moeite werd is om vir die toekoms te beplan, want daar is mense vir die toekoms,” sê Uys.

Uys verduidelik die plan is om in die 29 ankerdorpe en -stede noodsaaklike dienste en kulturele ruimtes volhoubaar daar te stel, soos maatskaplike sorg, veiligheid, werk en onderwys – dίt wat nie in elke dorp in die land moontlik is nie. “In die 10 grootste ankerdorpe sal die vestiging van groter infrastruktuur, soos koshuise, ook haalbaar wees.”

Uys sê daar sal ook drie groter gebiede van konsentrasie, bekend as kantons, gevestig moet word. “Hierdie kantons sal waarskynlik in Pretoria, in die Suid-Kaap, en een in die weste van die land, met Orania as groeipunt, gevestig word. In hierdie kantons sal groot kapitaalprojekte aangepak word. Die Sol-Tech-kampus, wat tans in Centurion gebou word, is ʼn voorbeeld hiervan,” sê Uys.

Hannes Noëth tydens Solidariteit se 2019-Toekomsberaad. (Foto: Reint Dykema)

Uys sê die konsentrasie van mense, maar ook van vermoë en poging binne ʼn spesifieke gebied, gaan kanse op sukses en beter uitkomste verhoog en geleentheid skep vir ekonomiese groei. “Die ankerdorpe vorm ʼn veiligheidsnet vir die toekoms van Afrikaners. Goeie vervoer, kommunikasie en tegnologie maak dat die reikwydte van ʼn ankerdorp groot kan wees.”

Helpende Hand, Solidariteit se instelling vir maatskaplike werk, het ook etlike doelwitte vir 2030 gestel om behoeftige Afrikaners op te hef.  “Die fokus is en sal bly die aanpak van armoede binne ʼn gestruktureerde en georganiseerde raamwerk,” het Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, tydens die Toekomsberaad gesê.

Hierdie doelwitte sluit in die groei van Helpende Hand se takke van 150 na 190, die ontwikkeling van ʼn gemeenskapsontwikkelingsplan vir die Afrikaner en die uitbreiding van Ons Winkel van 50 na 80 winkels. Helpende Hand se studiefondssentrum wil ook teen 2030 4 000 behoeftige Afrikaanse studente finansieel bystaan teen R140 miljoen per jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Johan ·

Is dit nie maar die beginsel waarna ons nog altyd gestreef het nie? ‘n Eie grondgebied, regering en samehorigheid vir elke volk en kultuur. Maar toe kry die beginsel mos ‘n naam… “apartheid”

Elizna ·

Stuur asb n lys vd dorp..so woon in xxx kant van SA.tussen nêrens en êrens. Sal graag die lys wil sien en beplan

se net ·

En die Vrystaat?????? Wel eerlik ek is n lid van Solidariteit vir al 20jaar en as ek nie nut van die plan sal he nie, sal ek maar moet dink aan n ander plan.

Wingman ·

Dis die probleem. Sodra hierdie tipe papier oefeninge die lig sien gaan die vrae gevra word. Dan skop realiteit in. Mense begin klaar paniekgevange word. “Is ek binne of is elk uit?” Ek hoop die mense het ‘n hulplyn. Owerheidsplanne is nie maklik nie, dis meer kompleks as ‘n wit vakbond. Dit sal Flip nog uitvind. Veral wanneer die miljarde inrol inrol, dan sal die staat ook ingryp.

Johanna Botha ·

Daarcis net geen stop …die planne die durf …verseker kan ander iets kom leer as om heeltyd bakhand te staan

L ·

Dis seker n dom vraag… maar wat presies beteken die bogenoemde? As ek my eie prentjie skilder, of soos ek dit verstaan… Gaan wit mense meer nader aan mekaar bly? Word die “land” basies verdeel tussen wit en swart? Want dit sal n DREAM COME TRUE wees, as ons wittes ons eie gedeelte en president kan he en die swartes met hulle gedeeltes maak soos hulle wil. Droom ek net te groot of is dit waarna toe die beweeg?

Deon ·

Nee, ‘n tuisland is ongelukkig uit. Hierdie ouens het nie ‘n clue wat is die “end game” nie. Hulle het geen staatkundige mag nie en alles wat hulle doen kan deur die staat gestop en gevat word. Hulle gaan meer skade berokken. Teen 2030 gaan die wat deel is van die plan met ‘n ystervuis beheer word, wat gedwonge verskuiwing insluit. Daar sal vir jou gesê waar jy mag woon en werk om die storielyn te pas, so a la kommunisme. Onthou, ons het te doen met ‘n vakbond. Die wat daarteen is sal uitgestoot word. Hierdie en baie ander vrae moet beantwoord word voordat gewone siele se geld gevat word met valse beloftes. Nie alle Afrikaners is aanboord nie en pap gaan op die grond val.

Neels ·

Ek is jammer, maar vakbonde maak my ook kriewelrig. Hulle is net te sosialisties en voorskriftelik. Hulle moet maar wegbly uit die Suid Kaap. Hier sal wit en bruin saam bou. Hierdie rasse ding sal nie hier werk nie. Hou dit maar in Pretoria en hoop vir die beste.

Knapsekêrel ·

Dit bekommer my ook Neels. Word ons onwetend van een regime in ‘n ander regime ingetrek? Is ons reeds by die war lord fase waar ons moet kies?

Ignatius ·

So bestel kan baie goed werk. Ons moet net onder mekaar ooreenkom dat ons ‘n ware demokratiese stelsel invoer waar daar geen partye is nie. Elke straat kies ‘n leier of verteenwoordiger. Die veteenwoordigers kom byeen en stoei riglyne vir die dorp uit en wys ook die dorp se verteenwoordigers aan. Byvoorbeeld een vir elke 100 kiesers. Dan kan sulke leiers weereens ‘n groep van 30 as parlement aanwys. So breek ons weg van party politiek wat oral nog altyd vernietigend was en is.

Neels ·

Ignatius, dis soos die kommuniste werk. Kommuniste gee altyd voor daar is nie werklik ‘n party in beheer nie, net gewone mense.

Dolf ·

Solidariteit klap in die wind. Afstigting is al wat sal werk. Nou word Afrikaners met ‘n wortel voor die neus geflous.

Jimmy ·

Daai 2.7 miljoen Afrikaners gaan teen 2031 aan die ouerige kant wees. Die jongetjies sal in elk geval die pad vat.

Prop. ·

Deon, Als wat jy se is feite en realiteite. Maar my Vader het die son laat stilstaan vir oorwinning.
Dis geloof, kom ons vra ons Hemel Koning om die wense van sy volk (die Afrikaner) te hoor en ons uit die hand van slawerny verlos.

Therese van Schalkwyk ·

Deon, ons hoor wat jy sê, maar “hierdie ouens” is myns insiens op die oomblik die helderste en énigste ligpunt in SA, ‘n land wat by die dag verder wegsak.
Wat is meer verkieslik? Dat almal sit en níks doen?
‘n Mens kan ook soms die bobbejaan agter die bult gaan haal, jy weet.

Sven ·

Therese, gaan besoek gerus die webtuistes van die VVA en USAF. Hulle werk ook hard aan planne. Daar word nie net gesit en niks gedoen nie. Ongelukkig is hulle minder sigbaar, want die fondse is beperk. Ondersteun hulle ook en bemsrk hul werk. Hul planne is anders, maar verdien beslis aandag. En ja, hulle betrek alle minderhede, nie net wittes nie.

Anje ·

Ek hoop daar is hoop vir so ankerdorp in kzn want ons is maar baie genmarginaliseer hier.

Tante ·

Wensdenkery? of werklikheid? dink ? Dink Solidariteit ANC of dalk EFF sal jul toelaat hulle sal daai nkerdorpe onteien of aan brand steek. Voorspoed wil hul vat opneuk soos die land was en nou is. Nee wat vat jou goed en trek na ander lande weg van Afrika

Piet left the Building ·

Dit lyk my die streep word nou in sand getrek. Afrikaners sal moet kies. Binne of buite hierdie plan óf emigreer. Lg. was my keuse, maar my familie gaan ook suffer. Ek sal my geldelike toelaes moet verhoog.

Connie ·

Dit sal seker nie in ons tyd gebeur nie. Ons kinders of kleinkinders sal hopelik daar kan woon.

Sven ·

Solidariteit, stig ‘n politieke party. Toets jul steun by die stembus, nasionaal en in die ankerdorpe. Werk dan binne en buite die parlement aan jul planne. Daar hang te veel vrae in die lug, en dit gaan Afrikaners duur te staan kom. Om te sê julle verteenwoordig 500 000 huishoudings is nie ‘n wetenskaplike mandaat om alle Afrikaners te betrek nie.

Blommie ·

Sjoe!!! Iemand het groot vooruitsigte. Volgens wat ek WEET EN GLO is vannag en more aan my geleen en moet my lewe reg wees elke oomblik.

Kokkie ·

Aan Deon en die ander ouens wat so negatief is, wil ek ek graag vra: wat is julle alternatief ? Dink julle werklik dat die ANC vir julle iets beters gaan bied teen 2030 (in ag genome die tempo van agteruitgang en bankrotskap wat tans heers?) Ek is ‘n ou man en sal 2030 nie beleef nie. Maar terwille van my kleinkinders is ek bereid om ‘n geloofsprong te waar.

Willie ·

Party mense is oor ALLES negatief.
Hul werk, gesondheid, finansies, verhoudinge, Solidariteit se planne, net mooi ALLES.
Skuif sulke mense eenkant toe.
Laat hulle in hul eie ellende krepeer.

Knapsekêrel ·

“Party” mense is ook realisties en word nie maklik om die bos gelei nie. Om vrae te vrae en krities te wees is deel van die debat. Om net blindelings te volg is gevaarlik. Die geskiedenis leer ons dit.

Gjorgi ·

Die kommentare op hierdie artikel wys duidelik dat afrikaners te lui is om die moeite te doen om te dink voor hulle skryf. Magtag mense, hulle wil nie 29 Oranias skep nie net 29 dorpe waar daar strukture in plek gaan wees wat Afrikaners maar gaan bevorder as in ander dorpe. Geen persoon gaan uitgesluit word of ingesluit word nie, dit gaan net makliker wees as jy naby so dorp bly. Dink man!! Flip julle naak my kwaad!!

Dis Ekke ·

Gjorgi…..Ek verstom my ook aan die kommentaar. Mense is al so toe-oë onder ‘n donker wolk van negatiwiteit hul kan nie meer opgewonde raak oor iets goed want hul verwag al reeds die eerste in alles. Ons is ‘n geseënde land met baie mooi en goeie mense wat werklik omgee vir Suid-Afrika. Gaan word gerus deel van die #ImStaying groep op Facebook dan sal jul sien hoe dit lyk wanneer mense (ongeag van kleur) saam staan vir hul land! Suid-Afrika is ‘n wonderlike land!…..dalk nie perfek nie, maar geen land is perfek nie. Gaan kyk bietjie Internationale nuus, elke land het maar sy moeilikheid. Net omdat dit nie dieselfde as ons “moeilikheid” lyk nie beteken nie die gras is noodwendig groener daar nie. Ten minste kom Solidariteit met innoveerende idees voorendag vir oplossings, bystand en vooruitsig vir die toekoms. Wel gedaan Solidariteit!

Dolf ·

Baie Afrikaner geld word nou in die binnelandse hole gestort. Die Verenigde Vryheids Alliansie en United Southern African Federation bied politieke oplossings. Besoek gerus hul webtuistes.

Tien jaar se hel ·

Teen die tempo wat die hool elke jaar versleg, terwyl die massas onverpoosd soos mikrobes voortplant, sal daardie dorpe ook kort-voor-lank omring en verswelg wees, terwyl die Azaniese parasiet-regering jou swaarverdiende belasting ongehinderd met nóg meer geweld in die nimmereindige donker maalkolk sal laat verdwyn; want daardie dorpe is en bly steeds binne/deel van die Azaniese Staat. Solank daardie dorpe onder die Azaniese grondwet val en ondergeskik is aan Azaniese wette en aan Azaniese polisiëring, sal presies dieselfde lot hulle tref as wat ons tot op hede beleef.

Deon ·

Kokkie, die ANC sal ons niks bied nie, hulle sal vat wat hulle wil en ‘n sosialistiese republiek instel. Ek wil weet hoe sien die Afrikaner sy/haar eie politieke toekoms. Die goeie werk van verskeie instansies soos die Afrikanerbond en Reddingsaadbond 100 jaar gelede het wel ‘n politieke hoek gehad. Waarheen gaan ons polities? Sonder dit is daar geen “end game” nie. Die feit dat Solidariteit dit nie sê nie bekommer my. Baie gewone Afrikaners raak meer en meer verward, veral plattelanders. Die beste oplossing vir my is om die rug op Pretoria en die binneland te draai en doelbewus te werk vir ‘n konfederasie met minderhede in die weste en suide van die land. Ek is teen ‘n rassistiese wit tuisland. Ek werk eerder saam met die sout-van-die-aarde bruin mense wat diep gelowig is en suiwer Afrikaans praat as ryk blankes wat laer trek om ‘n gerieflike lewe te geniet, terwyl die arm wittes vir kanonvoer gebruik word. Om Pretoria uit te bou as die bakermat en meer Afrikaners hierheen te lok is futiel. Gauteng gaan op verskeie terreine knak, veral weens oorbevolking en ‘n potensiële burgeroorlog. Ekonomiese en sosiale ontwikkelings in ‘n konfederasie sal die bal aan die rol sit vir afstigting en ‘n nuwe hoofstuk in ons geskiedenis. Maklik gaan dit nie wees nie, maar binne 20 jaar sal jou kleinkinders nie terugkyk nie.

Ons Kleinkinders ·

Binne 20 jaar sal my kinders en kleinkinders gladnie terugkyk nie want hulle sal gelukkig nie in die hool woon nie.

Gerrit ·

Ten minute het Solidarteit ‘n plan met doelwitte en bewese suksesse in die verlede,.
Natuurlik sal teenkanting en afguns wees. Natuurlik sal daar probeer word om ook daar waar sukses is the plunder. Wie het nou nog nie van die sprinkaan en mier gehoor nie?
Maar moet ons maar net omrol en ons laat vertrap.
Doen so voort Solidariteit, julle verdien die ondersteuning van elke Afrikaans sprekende in hierdie land!!

Leon ·

As ek dink aan die onheil wat onder die oppervlakte broei in Orania (vriende van my vlug vir hulle lewe) dink ek nie ek wil by die ankerdorpe wees nie. As dit soos Orania gaan wees, sal ek maar vêer weg bly dankie.

Gert@Retire@Midstream ·

Die tempo van verval in RSA gemeet teenoor die vordering van die die beoogde beter kwaliteit van lewe sal mekaar iewers ontmoet. Die tyd is baie belangrik. Hou met belangstelling die dringende beplande besigheidsbeplanning dop. Besigheidsplan.

Johan van Zyl ·

Wat van ons in die Kaap. Orania is ongeveer 800 kilos van die Kaap af. Dit lyk my die plan is net vir die noorde en ooste van die land. Wat van ons bydrae, of moet ons nou noord trek na niks toe.

Attie. ·

Bly om te sien daar is mense met planne. Ek loop al oordie 70 somers hier rond en het talle planne gesien. Ons het Denel gesien werk en ons het Denel gesien vou, en nog baie ander dinge. Ons baklei noual oor waar die ankerdorpe gaan wees. Droom rustig voort, baie drome het al suksesvol geeindig. Moenie die ankerdorpe bou langs riviere nie want hulle gaan of kan almal besoedel raak. Daar is egter dele in ons land met ondergrondse water wat ‘n stad kan onderhou. Moet net nou al erwe verkoop voordat die regering toestemming gegee het nie want die ANC vriende van ons kan so ‘n droom vernietig voordat jykan sê mes. Dit sal ‘n ankerdorp wees vol ou mense en dom jongmense want al die slimmes sal al die land uit wees en ek sal al by die langbome wees. Moet net nie ophou planne maak nie en moet nie soontoe wil trek voor die dorp ‘n naam het nie. Daar is die Ooste van Pretoria met sy Engelse name, daar is reeds so n ankerdorp met die ANC wat sy toekoms gaan bepaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.