Om die advertensie te sien, klik hier.
Solidariteit het vandag hofstukke ingedien waarvolgens die vakbond aansoek doen om ʼn dringende interdik om DStv se reklameverkoopshuis, DStv Media Sales, te dwing om die vakbond se advertensie teen onbillike regstellende aksie en rassekwotas uit te saai.
Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die vakbond het vandag die hofstukke op al die partye beteken met die oog daarop om die saak voor die einde van die week te laat aanhoor. “Indien die hof in ons guns beslis beteken dit dat die advertensie in sy huidige vorm en in die tydsgleuwe wat Solidariteit reeds bespreek het uitgesaai moet word. DStv voer aan dat die advertensie polities gemotiveerd is omdat dit handel oor regstellende aksie. DStv het die advertensie in kwader trou geweier. Die redes wat verskaf is, hou eenvoudig nie water nie aangesien politieke partye en ander organisasies wel toegelaat word om op DStv te adverteer.” Solidariteit sê hy het die advertensie vervaardig, advertensieruimte bespreek en betaal, maar is egter kort voor dit op DStv moes begin verskyn in kennis gestel dat dit nie uitgesaai gaan word nie, aangesien dit oor regstellende aksie handel.
Maroela Media het vroeër berig dat Solidariteit verdere stappe teen DStv sal neem indien die uitsaaier volhou met sy weiering om die advertensie uit te saai. Die advertensie is vervaardig in aanloop tot die Renate Barnard-regstellendeaksiesaak wat op 20 Maart in die konstitusionele hof in Johannesburg aangehoor word. Barnard, wat deur Solidariteit verteenwoordig word, veg reeds agt jaar om bevordering in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Sy is telkemale oor die hoof gesien vir bevordering weens haar velkleur.
Lees ook:
Eksklusiewe video: Hier is die advertensie wat DStv nie wil hê jy moet sien nie
‘Die advertensie wat DStv nie wil hê jy moet sien nie’
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Nou maar sit hom op YouTube laat ons kyk! Of mag mens dit nie doen voordat dit op TV uitgesaai is nie?
Ek verstaan nie Dstv se argument nie. Om te se die advertensie is polities gemotiveerd is mos nie ‘n verskoning nie want Regstellende Aksie is mos ook polities gemotiveerd. Komaan, Dstv! Julle is mos darem nie onder staatsbeheer nie. Of is julle…
Dis die nuwe struggle.
Goeiedag
Ek wil graag weet of jul ‘n nuusbrief het en indien well, hoe gemaak dat ek dit ook kan ontvang.
Vriendelike Groete
Gumay Hartzenberg
Hoeveel betalende lede het DSTV? was hulle gevra om kommentaar te lewer? wie is nou die hoof Direkteure van DSTV?
eindelik is dit lagwekkend dat hierdie TV aanbieder deur soveel mense ondersteun word, en dan is daar ook “Regstellende KYK”