Solidariteit begin #onsbou-veldtog

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Solidariteit het Woensdag, tydens sy nasionale kongres, ’n reuseveldtog, wat mense aanmoedig om saam aan ’n toekoms te bou, van stapel gestuur.

Die kerntema van die veldtog is: As jy twyfel oor die toekoms, bou dit self. Suid-Afrikaners gaan eersdaags reusekennisgewingborde langs snelweë met die woorde “#onsbou – bou saam” sien. Groot koerantadvertensies, radioadvertensies, TV-gesprekke en omvattende sosialemediaveldtogte gaan ingespan word om Suid-Afrikaners en spesifiek die Afrikaanse gemeenskap se gemoed in ʼn positiewe rigting te stuur. Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jak de Priester, Sorina (die Flooze) en Adam Tas verskyn onder meer in van die advertensies. Die veldtog gaan ook na honderde werkplekke in Suid-Afrika geneem word.

“Ons is nie naïef in die veldtog oor die werklikhede in Suid-Afrika nie. Ons het ’n regering wat swak regeer; ’n president in wie almal hul vertroue verloor het; ’n ekonomie wat onder groot druk is; en misdaad wat handuit ruk. Ons kan egter nie toelaat dat dié faktore ons totaal oorheers nie. Die veldtog gaan mense aanmoedig om die krag van die gemeenskap te ontdek, wat sterker kan wees as die mag van die staat,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Volgens Solidariteit gaan dié veldtog een van die grootste veldtogte van sy soort wees. Die doel is om ’n positiewe invloed op mense se gemoed te hê. “Ons is bekommerd dat mense nie net negatief is nie, maar dat hulle selfs angstig is. Ons wil mense weer die gevoel gee dat hulle sélf beheer oor hul toekoms kan neem en dat hulle nie net slagoffers van omstandighede hoef te wees nie. Ons is van mening dat veral die Afrikaanse gemeenskap dit dringend nodig het,” sê Hermann.

Volgens Hermann is nog ’n belangrike tema van die veldtog dat baie bietjies baie maak. As elkeen net doen wat hy moet doen, staan ʼn mens dikwels verstom oor die groot uitkoms. Die veldtog doen ’n beroep op mense om prakties in die gemeenskap betrokke te raak.

“Ons vra mense om betrokke te raak by hul skool, by hul kerk. Gaan ry patrollie, ondersteun die plaaslike biblioteek, gaan koop ’n Afrikaanse CD of boek en gaan kyk na ’n Afrikaanse rolprent. Sluit aan by gemeenskapsinstellings. As elkeen ’n ekstra myl in sy of haar gemeenskap loop, word miljoene myle op pad na ’n nuwe toekoms afgelê.

“Solidariteit gaan nie toelaat dat die toekoms met ons gebeur nie; ons gaan dit bou. As Afrikaans onder druk is en universiteite word afgebrand, bou ons ’n nuwe wêreldklas-Afrikaanse privaat universiteit, Akademia. As staatskolleges in duie stort, bou ons ’n nuwe tegniese kollege, Sol-Tech. As daar teen ons jongmense op grond van ras gediskrimineer word wanneer dit kom by die toekenning van studiehulp, bou ons saam met Solidariteit Helpende Hand ’n studiefonds wat reeds R100 miljoen sterk staan,” aldus Hermann.

Hermann het verder gesê dat die Solidariteit-bouprojekte honderde miljoene rande kos en dat dit gebou word deur elke Solidariteit-lid wat R10 per maand aan die projekte skenk. “Om ’n groot toekoms te bou, is dikwels baie kleiner as wat mens dink. Klein druppeltjies maak strome, strome maak riviere en riviere vorm damme. Elkeen moet net sy deel doen. Indien jy dit besef, dan besef jy dat jy beheer het oor die toekoms. Ons toekoms is nie in die hande van ’n swak staat of president nie.”

Die veldtog gaan ook ’n beroep doen op mense om gemeenskapsinstellings sterk te maak. Ons glo die antwoord vir minderhede wat hulself in ’n meerderheidsomgewing bevind, lê in lewenskragtige instellings soos kultuurinstellings, vakbonde, burgerregte-instellings, opleidingsinstellings, media-instellings, finansiële instellings en nog meer. Deur burgerlike instellings kan grondwetlike regte verwesenlik word. Goed georganiseerde burgerlike instellings help om effektiewe interaksie met die staat te bewerkstellig.

Die veldtog gaan vier maande duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Disselboom ·

Wat is Solidariteit se siening van die toekoms: werk ons na vryheid, of net oorlewing as minderheid in Suid-Afrika?

Dis ‘n oop vraag (jy daar, sit neer die klip wat jy wil gooi, die dinge moet bespreek word) en nie ‘n stelling of dwarswees-vraag nie.

Karma ·

Hiert! D-D-Disselboom, hoe lekker lag ek nou vir jou “Jy daar, sit neer die klip wat jy wil gooi …” Mooi man! Lekker man!

Piet ·

‘n antwoord op al die hutsmerke deesdae.#ZumaMustFall, #RhodesMustFall, #AfrikaansMustFall. #OnsBOu . lekker man.

Koos ·

Ek ondersteun reeds en gaan nog meer ondersteun ons kinders gaan die vrugte pluk ,daar is geen manier wat die huidige regering of die DA sy nek gaan uitsteek vir die Afrikaanssprekende persoon nie hulle wil net jou stem hê om hulle eie eensydige doelwitte te bereik

neelsie ·

Koos,
Dankie, Stem saam .
Ons moet saamstaan en Solidariteit/Afriforum gee ons die geleentheid.
Boer,
Jy is volkome reg.
Ons volk moet terugdraai na God-drie-enig.

Leonard van der Dussen ·

Dat ek ‘n Afrikaanssprekende persoon is, is ‘n blote tegniese korrekte feit. Dat ek Afrikaner is, is my hartklop.

Rynhardt ·

KP jy slaan spyker op die kop.Ongelukkig kan baie mense nie die politieke situasie lees in SA nie.Anc en SAKP IS NOU OP SY GEVAARLIKSTE IN SA! VIR HIERDIE TWEE GAAN DIT DAAROOR DAT DIE BLANKE NIE VRY EN SUKSESVOL MAG WEES NIE! SA IS ONSTABIEL EN ANC EN SAKP GAAN NIE MAG VRYLIK OORHANDIG NIE, NOG MINDER GAAN HUL TOELAAT DAT JY N OPBOUENDE TOEKOMS SKEP VIR JOU MENSE!

Boer ·

Ja Dirk Hermann ons toekoms is ook nie in ons eie hande nie, maar in die hande van ons Hemelse Vader.
En voor dat hierdie boervolk hul nie bekeer en terug draai na hul Skepper toe nie, sal dit nie beter raak nie.
Onthou dit! Maak nie saak hoeveel miljoene rande jul by mekaar maak nie!

Joa ·

Beste Boer, ek stem nie saam .met jou stellings nie. Mense deel nie mekaar se sondes nie. Ons word elkeen veroordeel vir wat ons doen. Niemand gaan gestraf word as ek die een is wat sondig is nie. Nerens in hierdie wereld is daar ‘n hele volk wat leef soos God wil he nie en nerens is daar ‘n volk waar almal 100% op God vertrou nie. Net ‘n laaste gedagte: “God help die wat hulleself help”

pietman ·

Joa , boer is 100% korrek: “tevergeefs bou die bouer as God nie saambou nie” so se die Bybel en in enige eeu is God se Woord altyd waar – bou, maar bou saam met die Here en met Sy Woord as rigsnoer

Joa ·

Komaan mense, hou op om negatief te wees. Dit is reg, ons moet self bou aan ons toekoms want waarheen gaan meeste van ons. Dis ‘n klein hoeveelheid mense wat kan bekostig om te emigreer. Vir die wat hier moet bly, is daar net een uitweg. Ons moet saamstaan. Almal se altyd op hierdie forum dat ons blankes nie kan saamstaan nie. Wel, hier is die geleentheid nou. Anders kleuriges staan saam al is dit om alles verniet te kry. Ons kan ook. Ons weet hoe om te werk en ons kan hard werk. Ons het nog altyd gewerk vir dit wat ons wil he, nie soos ander mense wat alles verniet wil he en as hulle dit gekry het, dan brand hulle dit af en staan weer bakhand. Komaan wys die wereld dat ons dit kan doen.

Theo ·

Rynhardt, alles waar woorde. Die anderkant van die munt is dat ek ook saam met Joa stem. Kom ons raak betrokke. Kom ons wys die mense op die grond (wat ook ons hulp nodig het) waartoe ons in staat is. Laat die bose maar afbreek en slegse soos hy wil. Ons weet wat die waarheid is. Ons sal erns moet begin. As daar iemand met n beter werkbare oplosing sit “speak or forever hold your peace” Ek en my gesin gaan die “Ons Bou – Bou Saam veldtog ondersteun.

Jef ·

Ons moet self bou aan ons toekoms en ons moet saam staan ensovoorts is almal kragtige en positiewe reaksies maar dit is jammer dat ons dit 20 jaar gelede nie gedoen het nie.
Ons kan nou in aksie kom maar dit gaan beslis nie maklik wees nie en ons het n baie lang weg om te wandel,nou maar hoop dat ons mense dit waar kan maak oor wat ons se en nie dat ons onself losse beloftes voorhou nie, sodra ons n begin het dan sal almal sien dat ons nog n kans het om SA weer n mooi en liefde volle land te skep.

Nelie ·

Ai tog! Hoe negatief kan ons wees as iets positiefs voorgestel word? Ons dink en praat onsself tot in die dieptes van depressie en angs in, en sien en glo later daar is geen toekoms meer nie. Hierdie land is nie net vir een volk nie. Die “ander” is ook hier. ” Almal” moet ook gehelp word sodat armoede ‘n nekslag toegedien kan word.
Ons land het ambagsmanne broodnodig. Daar moet ‘n manier wees om die behuisings tekort aan te vul met vakleerlinge wat verniet werk (studeer) en so ‘n kwalifikasie kan kry na ‘n paar huise gebou is as praktiese opleiding, en daar kan ook ‘n teoretiese eksamen afgelê word om ‘n behoorlike kwalifikasie te maak. As jy met jou hande kan werk, sal jy nooit honger ly nie. Op so ‘n manier kry ons meer gekwalifiseerde ambagsmanne, wat later self ‘n vis kan gaan vang en nie ‘n vis hoef te vra nie;. Werkloosheid, armoede en ‘n behuisingstekord word aangespreek. Kom ons bou vir ‘n slag saam! En prober aan oplossings dink.

vermeende ·

Vir wie gaan ons n toekoms bou, vir die huidig benadeeldes of vir al die 49miljoen inwoners sonder die ongedokumenteerde vlugtilinge.

Maklik vir julle wat uit lede geld n selarus verdien om vir ons te se, wees positief, kom ons bou saam as jy nie die helfde van jou besigheid moet weggee of deur die kleur van jou vel uit die werksmag gelaat word.
Soos ons verarm so gaan julle ledegalde ook opdroog.
Sterkte.

Theo ·

Vermeende. Ek verstaan jou bekommernisse oor: Vir wie gaan ons n toekoms bou, en Vir julle wat n salaris verdien om te se bly positief… Ons moet erens begin, en hopelik kan ons mekaar (salaris trekkers of nie) hierdeur help vorentoe. Dinge gaan nie oornag gebeur nie maar vorentoe moet ons vorentoe. Hoekom se ek so??? Want onse mense het die geloof, wil en vermoee…

Kobus ·

Alles klink mooi op papier maar wat van die gewone Afrikaner wat nie kwalifiseer vir n beurs van helpende hand nie en ook nie die finansies het om die duur pryse van Akademia te betaal nie. Meerderheid afrikaanse mense lewe van hand tot mond en sal nooit n privaat skool kan bekostig nie. Ek is nie negatief nie maar mmerderheid van ons mense moet maar aanpas met die omstandighede wst jou sak pas

Theuns ·

Ek en my familie gaan die aksie ondersteun! Onthou hoe het die Afrikaner na die Armoede vraagstuk gedurende die dertigerjare uit die modder en as uit opgestaan. Ons het instansies gebou met ons geld wat vandag grotendeels gekaap is! Dink maar aan die banke bv Volkskas, Trust Bank, ens.Ons kan dit weer doen maar sal moet passop vir die kapers!

agtogwatnog ·

“Koop CD’s kyk afrikaanse films” voer die libberale gemeenskap en hul sakke. Wat van koop by jou mede broer, ondersteen die afrikaanse besigheids man eerder as die BEEE maatskappyr. Wat van staan jou sukkelende broers by. Miljoene op veldtog vir wat? Geld wat vir die sukkelende afrikaanse gemeenskap kon bydraes lewer. Regtig. Oor n week word borde af gehaal en julle BEEE media maatskappye wat die geld klaar gekry het vir dieBemarkings veldtog klaar betaal. Lede geld verlore. Miskien het Steve en al die sangers n liedjie om honger kind aan die slaap te sing. Solidariteit verloor visie. Genoeg lede wat julle persoonlik self verykings agendas nou voed. Dan skaar julle julself saam met Tony Leon???? Regtig mense maak julle oë oop. Hier is n veldtog. Kry werklose mense wat voetwerk tussen behoeftiges doen. En vesprei die boodskap van saam staan duer te deel l, en mense aan te stel wat bydraes op positiewe manier kan lewer. Flippen bord op snelweg voet nie die man wat dit nie sien nie. In teen deel dit voer die vure van die wat van Blanke afrikaners wil ontslae raak.

am ·

agtogwatnog – gaan kyk ‘n bietjie wat helpende hand doen vir die gemeenskap en raak betrokke dan sal jy sien wat helpende hand vir mense doen, Hulle maak nie van elke ding wat hulle doen ‘n groot media bohaai nie.

Janneman ·

Beste Dirk
Ek stem saam met julle en het waardering vir julle inisiatiewe. Ek is ewe positief met wat ons kan bereik maar ook realisties genoeg om die gevaar van ekstremestiese malema en trawante raak te sien.
Ons getalle gaan nie by die stembus of erens saak maak nie. Enigste manier om drasties in te gryp en hierdie aanval op ons menswees teen te staan is belastingweerhouding totdat die ektremiste in die bek geruk word, raspolitiek stop gesit word en n politieke wil daargestel word om misdaad te beeindig.
Niks maak n politus omswaai soos n trog wat leeg is nie……

koot ·

Wonderlik, wonderlik Solidariteit!! Maggies, amper dans ek die riel, of wat, lat ek die askoek slaat van pure plesier! Ek wens julle voorspoed toe met die veldtog en bid dat dit tot uitvoer sal kom. Dankie, dankie – voordat ek aan die tjank gaan, laat ek die aftog blaas …. maar vir Solidariteit blaas ek op my trompet oor hierdie saamwerk-ding. Mooi!

John ·

Hierdie lyk na ‘n ANC, DA, Munisipale of dalk ‘n kerkgenoontskapsbord. Werk saam met wie? Werk vir wat? Wie staan weer voor in die ry? Of lees dit, hier is jobs beskikbaar en ons gaan baie dinge vir julle doen. Waar moet ons opdaag? Alweer handevat? Ja! Ons bou Akademia, welkom! welkom! Solidariteit wie is welkom! Spel dit uit! Wil julle uiteindelik ‘n AD-party stig (Afrikaners Demolished)? Of die Almal Nice-party vir die wat wanneer dit hulle pas skielik Afrikaans kan praat of sing of act en dan sommer om nice te wees gee ons hulle eerste kans om die hoofrol te vertolk, en… en…

Rooikop ·

Die handjie-vol van ons boere mense wat werklik ons Vader volg, sal weet dat Solidariteit, Afriforum etc diep wortels in vrymesselary het en defnitief nie die “savior of the people” gaan wees nie. Lees maar net die nuutste opskrifte. Dit gaan oor mag en geld. That’s it. Daar moet ‘n ander “verandering” gebeur – ons moet ons Vader dien en op Hom alleen vertrou. En ek wil graag ook iets reg stel – vir die wat altyd sê “ag hou tog op bid en DOEN iets”… Julle mense verstaan duidelik nie wat gebeur wanneer jy op jou knieë gaan voor die Heilige Vader nie. Jy gaan in “battle mode”. Jy is besig om op ‘n BAIE hoër vlak iets TE DOEN! God sê daar is ontsaglike krag in gebed. En ek het dit persoonlik ervaar menigte kere. Ons mense word (alweer) aan die neus gelei al agter organisasies wat net geld en mag na jaag. We’re getting nowhere slowly. Maar nouja, soos ek sê, die van ons wat weet…ons is die handjie-vol wat die wa deur die modder gaan sleep..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.