Solidariteit behaal oorwinning teen vals klagte van rassisme

Anton van der Bilj. Foto: Reint Dykema

Solidariteit het Maandag ʼn oorwinning behaal teen ʼn vals klag van rassisme wat teen een van sy lede in die werkplek gemaak is.

Dié lid wat by die departement van justisie en staatkundige ontwikkeling werk, is verlede jaar onregmatig sonder betaling geskors nadat ʼn vals klagte van rassisme teen haar gelê is.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, het gesê die kommissaris het tydens die verhoor in die Algemene Sektorale Bedingingsraad vir die Staatsdiens (ASBRSD) aangedui dat daar onvoldoende of geen gegewens is om enige van die aanklagte wat teen die lid ingebring is, te ondersteun nie.

Volgens Van der Bijl het Solidariteit die kommissaris se bevinding ten volle verwelkom.

Mariesa Janse van Rensburg, Solidariteit se litigant wat die aangeleentheid hanteer het, het gesê hul veroordeel die skynbaar toenemende tendens van vals bewerings van rassisme wat in die werkplek gemaak word. “Dit het verwoestende gevolge vir diegene oor wie sulke leuens versprei word. Dit kan nie geduld word nie,” het Janse van Rensburg gesê.

Volgens Janse van Rensburg moet stappe gedoen word teen diegene wat sodanige valse bewerings maak ten einde te verseker dat sulke gedrag nie aangemoedig word nie.

“Maar intussen sal ons aanhou veg vir ons lede wat ongelukkig té gereeld slagoffers van hierdie gedrag is,” sê Janse van Rensburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Magda ·

Mooi – maak nou net seker diegene wat die vals klagte gele word word ook aangekla, en dan meot daar n groot boete aan die onskuldige persoon betaal word, asook gemeenskapdiens meot gedoenw ord vir ten minste 6+ maande, en die persoon/e meot geskors word sonder betaling tot hulle sake afgehandel is – “what goes around comes around”

AlWeerSo ·

Solidariteit help nou die lid om daardie person hof toe te vat en sy/haar lewe omgekeerd hel te maak.

Blikkantien ·

Hoop die vals beskuldiger gaan aan die pen ry, maar ‘n mens kan seker net droom.

Marie ·

Ek is so bly as ek sulke berigte lees. Die Rassisme kaart word te maklik gespeel. Jy spreek iemand oor hulle werk aan en daar word op jou geskree dat jy ‘n rassis is.

PIETER ·

‘n Vals klag behoort dieselfde straf te kry as ‘n skuldigbevinding. Die klaer maak hom/haarself aan dieselfde oortreding skuldig.

TARINA ·

Wens julle kon almal help. My skoonsus is ook vals beskuldig, en het toe haar werk verloor.

Akhenatha ·

Ek weet van iemand wie se lewe verwoes is as gevolg van ‘n vals klagte. Die rassiste kry hulle vriende om saam onder eed te lieg en lag die beskuldigde uit.
Dit het ‘n ruk terug gebeur. Die persoon het Solidariteit genader, maar die vrou prokureur wat aan haar toegewys is, het haar oortuig om eerder skuld te erken. Ek is bly dat Solidariteit nou vir Anton het wat bereid is om saam met die beskuldigde te veg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.