Solidariteit bekom inligting oor Kubaanse ingenieurs

(Foto: Yamil LAGE/AFP)

Die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, het omvattende inligting oor die Kubane wat ingenieurswerk in Suid-Afrika moet kom doen, aan Solidariteit bekend gemaak.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, meen dié bekendmaking is ʼn eerste, maar belangrike oorwinning in die vakbond se regstryd teen die invoer van Kubaanse ingenieurs.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit het nie sy beplande regsaksie teen die departement in verband met die invoer van Kubaanse ingenieurs onttrek soos die minister Vrydag in ’n verklaring beweer het nie.

“Dit is jammer dat die minister doelbewus die publiek in ʼn verklaring mislei het deur te sê die saak is teruggetrek. Daar is nie sprake daarvan nie. Die dringende saak is bloot na ʼn ooreenkoms tussen die partye van die rol verwyder,” sê Hermann nou.

Die bekendmaking van inligting volg op ʼn dringende hofaansoek waarin Solidariteit ʼn interdik-aansoek gebring het hangende die bekendmaking van inligting.

Die feit dat die inligting nou bekend gemaak is, beteken dat die dringende aansoek van Solidariteit nie op 1 Junie hoef voort te gaan nie.

Die partye het ooreengekom dat die dringende saak vir nou van die rol verwyder word en dat koste gereserveer word tot die hoofsaak aangehoor word.

Volgens Hermann kan Solidariteit nou voortgaan met die hersieningsaansoek om die besluit van die minister oor die Kubaanse ingenieurs ongeldig te laat verklaar.

“Ons het die inligting vinniger gekry as verwag. Met die inligting tot ons beskikking kan ons nou voluit voortgaan met die hersieningsaansoek om die besluit van die minister om die Kubane in te voer, ongeldig te verklaar.”

Solidariteit sal Dinsdag die nuwe inligting oor die invoer van Kubaanse ingenieurs bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Grassie ·

Die feit dat die minister die aangevraagde inligting sommer so geredelik gee laat ‘n mens dink. Solidariteit sal die korrektheid daarvan met ‘n vergrootglas moet ondersoek.

jzjz05 ·

Sy het gedink die probleem gaan verdwyn as sy die inligting vinnig gee .

Spook ·

Die Kubane is heel waarskynlik n klomp loodgieter vakleerlinge, en nie ingenieurs nie.

Christo ·

Jy is heel waarskynlik reg Spook. In baie lande oorsee word na ambagsmanne verwys as “Engineers”….(verskoon die Engels).

Mariana ·

Solidariteit sal hierdie inligting onder die vergrootglas moet sit. Die minister kan vreeslik.lieg en bedrieg. Vertrou haar glad nie.

Jr ·

Weer Soladariteit of Afriforum. MAAR WEEREENS NIKS VAN DIE VRYHEIDS FRONT. Ek het vir n klomp praaters in parlement gestem maar verder beteken niks

Astrain ·

Dankie Solidariteit! Alle lande ter wêreld word verplig om werk binne hulle lande te reserveer vir burgers van die land en mag SLEGS immigrante gebruik indien hulle kan bewys die poste is publiek geadverteer en nie gevul nie. Rol hulle op en maak ‘n voorbeeld van die voortvarende kommunistiese minister!

twaalfboor ·

Hoe “legit” is die inligting? Dis julle eerste ondersoek Solidatiteit.

Anoniem ·

Hou hierdfie Minister dop asb. Sy gee hier toe maar dan dop sy op ‘n ander plek uit!!!

Peetjie ·

Solidariteit … Doen tog maar ook julle eie ondersoek rakende die Kubane se opleiding….

Nico ·

Wat is die mense wat sê hulle ingenieurs se werklike kwalifikasies en hoekom word van ons ingenieurs nie gebruik nie. Die is die departement se eie skuld dat dinge so agter uitgaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.