Solidariteit bekommerd oor aanbevelings in verslag oor private gesondheidsorg

(Foto: pixabay)

Solidariteit se Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns sê hy is bekommerd oor verskeie aanbevelings in die Mededingingskommissie se markondersoek na die koste van private gesondheidsorg. Die Mededingingskommissie sal glo in samewerking met die Raad op Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika (HPCSA) bepaal wat buitensporige fooie is en dit regstel.

Die uitslag van die jare lange ondersoek na die stand van mededinging in die private gesondheidsorgsektor is uiteindelik bekend gemaak. Die kommissie het bevind die private gesondheidsorgsektor word gekenmerk deur hoë en stygende koste vir gesondheidsorg- en medieseskema-dekking.

“Die mark word gekenmerk deur sterk gekonsentreerde finansierings- en fasiliteitsmarkte, ontmagtigde en oningeligte verbruikers, ’n algemene afwesigheid van waardegebaseerde aankope, mediese praktisyns wat aan min regulering onderworpe is en mislukking van aanspreeklikheid op baie vlakke,” het die verslag gelui.

Daar is verder bevind dat die private gesondheidsorgsektor gebrekkig bestuur word en dat die departement van gesondheid nie sy bestaande wetgewende bevoegdhede gebruik om die private gesondheidsorgsektor te bestuur nie. Dit het daartoe gelei dat gereelde hersienings soos deur die wet vereis word, nie gedoen is nie en reguleerders nie voldoende aanspreeklik gehou word nie. Die ondersoek het voorts bevind dat die hospitaalgroepe Netcare, Mediclinic en Life die bedryf oorheers.

“In 2016 was hul markaandeel gegrond op beddens (en opnames) 31% (33%); 26,8% (28,6%); en 25,3% (28,5%) onderskeidelik.”

Die kommissie het onder meer ook gesê ʼn meer mededingende private gesondheidsorgmark sal lei tot laer koste en pryse, meer waarde vir geld vir verbruikers, en moet innovering in die lewering en finansiering van gesondheidsorg bevorder.

Hennie Biermann, hoof van Solidariteit se Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns, meen sommige aanbevelings kom neer op prysvasstelling vir private gesondheidspraktisyns.

Hy het gesê luidens die Mededingingskommissie se verslag word bykomende aanbevelings gemaak vir onder meer prysregulering vir private hospitale en vir die dienste van gesondheidspraktisyns in die privaat mediese sektor.

“Die oorregulering van die gesondheidsektor maak dit net moeiliker vir dokters om noodsaaklike dienste te verskaf aan ʼn bevolking waarvoor daar reeds te min gesondheidspraktisyns is. Die verslag het bevestig dat daar ʼn tekort aan dokters en veral spesialiste in sekere dele van die land ondervind word, en ons loop die risiko om hierdie beroepsgemeenskap nog verder te vervreem,” het Biermann gewaarsku.

Die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns het die Solidariteit Navorsingsinstituut opdrag gegee om die verslag sorgvuldig te bestudeer.

“Na aanleiding van hierdie studie sal ons die direkte omvang van die uitwerking op gesondheidspraktisyns verstaan en die gilde sal dan sy strategie daarvolgens aanpas. Ons sal op grond daarvan verdere stappe doen,” het Biermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Eben ·

Pasiente word onnodig uitgebuit. My vrou het ligamente in haar enkel beseer. Sonder om kostes en detail te bespreek, het die privaathospitaal ‘n maanstewel en kurke aangevra by ‘n prostidontes net om later uit te vind dat ek duisende rande kon gespaar het deur dit by Dischem of soortgelyke plekke aan te koop. Dit het my al my spaar fondse uit my mediesefonds gedreineer en my finansieel gekelder. Hoekom word dokters en privaat hospitale nie gedwing om dit vir ‘n mens te verduidelik nie. Daar moet iets gefoen word aan dit.

Johanna Botha ·

Vertrou die anc om alles optemors ….anc het n patetiese rekord …kyk hoe val alles uitmekaar …..ALLESSSS !

Chappie ·

Wel in n groot mate stem ek saam oor die prysbeheer, veral hospitale. Hulle vra meer as n vyfster hotel per nag en lewer soms nie eers n behoorlike diens vir daai hoop geld nie. Besoek nou die dag n neus spesialis. Ek het n goeie mediese fonds maar hul vereis n inbetaling van R400. Waarvoor vra ek. Dis deel van adminkoste word my meegedeel. Die rekening van die 12 minute besoek beloop n verdere R1700 wat die mediese fonds moet betaal. Uiteinde van my besoek, n pilletjie vir sooibrand. Dis absoluut belaglik wat ons vir hierdie diens betaal. Ja en ek weet sy toerusting was duur maar dis seker al honderd maal terugbetaal….

Elna ·

My kommentaar sal seker weer te eerlik wees om geplaas te word. Dokters en hospitale byt die mediese fondse uit vir eie gewin en dis heeltemaal buitensporig. Verbruiker betaal hoë premies met n limiet op dekking van gesondheid sorg. Plus dan moet die lede nog bybetalings doen vir wat?? Privaat hospitale is gelykstaande aan staats hospitale deesdae so hoekom so duur betaal vir n medies? Al verskil is as jy medies het jy word net vinniger gehelp en hoef nie heeldag daar te sit nie. Dan word daar nog vir jou n rekening gestuur van n dokter wat die medies nie betaal het nie wat jy moet betaal. Is dit regverdig? Net 4 keer geeis dan is jou medies uit geput. Dis nie die moeitewerd om n mediese fonds te he nie. Hulle kan almal net sowel toe maak want die meerderheid in die land kan nie mediese fondse bekostig nie en die premies styg net al hoe hoër elke jaar.

Msp ·

Chappie, hier moet ek met jou saamstem, mediesefondse moet ook toesien dat hulle klieente nie onnodig gemelk word nie. Hulle sit maar al te lekker terug en as iets met jou gebeur dan sê hulle gou vir jou jy moet dit self betaal. Ek myself was in ń groot ongeluk en die mediese fonds het my so in die steek gelaat. Dis nie net die dogters nie maar ook die hospitale en mediese fondse wat moet ophou om onkundige mense te melk. Ongelukkig kan jy staats hospitale met vullishope vergelyk en baie van die privaat hospitale is vrek duur en ook vinnig besig om die staats hospitale se weg te volg. Ek weet want ek wat een of twee maak ń dokter ń jaar besoek het, het dit persoonlik ondervind nadat ek weer by my self gekom het en die skok moes ondervind hoeveel rekeninge na my kant toe gestuur is en hoe my mediese fonds tussen lewe en dood weerstaan gebied het om my te help en my te staan. Die skok en genesings proses na my ongeluk was erger as die ongeluk. Dit was verwarring op verwarring.

Jaco ·

MSP, die mediese fondse gasn weer die heel ander rigting en ons die pasiente betaal vir die klug. Moes Dr ( Spesiaslis) toe gaan vir n prosedure, as ek reg onthou koste sonder hospitaal R8000, medies wil minder as helfte betaal, vra toe verwys my na n Dr wat julle bedrag vea en ek sal gaan, hulle het nie een.

Maar ek stem ook die koste van n hospitaal is ongelooflik hoog, ons seuntjie was vroeer die jaar vir 3 dae in hospitaal, die koste amper R18 000 waarvan 80% net die kamer wat deur 4 pasiente gedeel word is.

Altwee kante gaan tot n vergelyk moet kom want hier uit kan niks goeds kom

Jy sal die waarde besef ·

Kry die nuus dat jou bee geamuteur moet word. Kies nou jou hospitaal. N ondergegradeerde hospitaal sal jou laat opeindig met n sorry en n begrafnis ondernemer. Die goeie dokter en hospitaal sal jou nog n lang lewe gee en jy sal nog jou kleinkinders waardeer. Was daar deur. Gaan koop jou goedkoop moonboot en onderbetaalde dokter. Loop n man die ander dag raak wat al tien jaar vir sy been wag. Ek het sewe weke gewag. Jou lewe is jou besluit.

Ettienne ·

Vir die 1ste keer in 25 jaar stem ek saam oor Iets wat die Anc sê.. Dokters in Suid Afrika buit die verbruikers uit met on nodige hoë fooie… Wat gee die dokters die reg om op wins grense van tot 500%te werk… En dan skryf hulle jou n rekening ongeag wat die consumer protection act sê.. Dis reg laat die medies bedryf bietjie prys begeer kry dan kan almal dalk goeie mediese sorg bekostig

Judge Dredd ·

Ek het nie probleem met doktors fooie wat die operasies uitvoer nie, maar gaan kyk ‘n bietjie hoeveel vra die narkotiseer(om jou narkose toe te dien) en die hospitaal fooi(net om daar te le en deur swak verpleegsters versorg te moet word?.

MJ ·

My 6-jarige dogtertjie het in Junie ‘n operasie ondergaan om ‘n naeltjie-breuk te herstel. Sy was letterlik 8 ure in die hospitaal en net die hospitaal se rekening alleen was R16 000! Wanneer die dokter en narkotiseur se rekeninge bygereken word, is die totale kostes R23 000! Die mediese fonds het betaal, maar dis verregaande.

Huh ·

@Elna, van watter land praat jy as jy sê privaathospitale is gelykstaande aan staatshospitale? Huh, seker nie SA nie. Jy weet duidelik nie hoe lyk en gaan dit by staatshospital nie. Uit die aard v my werk moet ek dikwels kliniese rekords by staatshospitale sowel as privaathospitale aanvra, en glo my daar is geen vergelyking nie. Staatshospitale is 90% ‘n reuse gemors, val uitmekaar, word totaal wanbestuur, is onhigiënies, onbekwaam ens ens ens. Daar is dalk 10% wat op aanvaarbare vlak funksioneer. Met privaathospitale is dit presies die teenoorgestelde. Glo my ek werk in hierdie bedryf en weet wat aangaan. Privaat mediese sorg is baie duur, maar onthou, as jy vir peanuts wil betaal sal jy peanuts kry. Niemand v ons is bereid om meer belasting te betaal dat almal privaat mediese sorg kan ontvang nie en waarom moet ons. Dit werk met alles in die lewe so. As jy kwalitetit wil he, moet jy betaal. Jy kan nie ‘n goekoop kar koop en top kwaliteit verwag nie. Dis hoe dit is. Maar die staat sal met ‘n sosialistiese inslag sy bes doen om alles te vernieting wat werk en van goeie gehalte is. Gelukkig is daar heelwat regeringsamptenare en ministers in die sakkie vd groot mediese groepe, soos met die banksektor

ZeldA ·

Ons wil ook nou nie graag aandele koop in privaat hospitale nie. .. ( Dis hoe dit voel) Ek stem saam dat hul die kostes kan verminder

Klug ·

Kom nou Solidariteit. Prys samespanning vind plaas. Dis waarom pryse buitensporig styg van reeds buitensporige vlakke af en die eindverbruiker weereens uitgeryg word. Meeste markte in SA ”behoort” nou aan 3 of 4 konglomorate wat saamspan en daarom vra net wat hulle wil en pryse sommer met 30 to 100% op n slag styg meer as een maal per jaar. Die dat daar geen innovering of nuwe entrepreneurs tot enige marke toetree nie. Word eenvoudig doodgedruk of hul idees uitgekoop en dit is wat die verslag onderstreep. Wat dit voorstel is nie prys vasstelling nie maar regulering om te voorkom dat pryssamespanning plaasvind. As die wagters op die muur hul werk gedoen het was dit nie nodig om in te gryp nie maar daar is niemand meer wat die eindverbruiker beskerm teen gewetenlose uitbyting nie. Gesonde mededinging bestaan nie meer is SA nie. Hoop hierdie ondersoeke sal uitbrei na ander markte waar dieselfde probleem heers.

Kobie ·

Het in November 2018 ‘ngedeeltelike knie-vervanging gehad. Nie gewerk nie. In April 2019 vir ‘n volledige een gegaan. Dr se kamers kry toestemming by mediese fonds, alles reg fonds het goedgekeur. Verassing kry ‘n oproep van hospitaal ek skuld R19000 my prostese word nie betaal nie. Ek stuur die inligting vir die dokter se kamer en se ek weier om dit te betaal, niemand het my ingelig dat hul nie die prostese betaal nie. Vra toe hoekom sal die mediese fonds toestemming gee vir ‘n knievervanging maar nie die prostese betaal nie. Hoe vervang jy ‘n knie sonder ‘n prostese. Uiteinde van die saak die mediese fonds het dit betaal. Hul vat kanse en dink pasiente is idiote en kan nie dink nie.

Jaco ·

Kobie. Alles wat jy sê is waar. Ek het ook magtiging gekry vir ‘n operasie deur mediese fonds, operasie was toe gedoen in major teater en fonds wou nie betaal nie omdat dit nie in teater nodig was nie volgens fonds. Die hospital het later rekening afgeskryf. Hoe gee ‘n mediese fonds toestemming vir operasie sonder dat teater bespreking, spesialis, prosedure bevestig word deur hospital met mediese fonds. Fondse en spesialiste vat kaanse, hulle is tog besighede en word so bedryf.

Klug ·

Pryse word lankal nie meer op redelike winsmarge bepaal nie maar op plafon winsmarge m.a.w. dit wat die verbruiker tot uiterste bereid is om te betaal sonder weerstand gesteun deur samespanning.

Wielspore ·

Privaat mediese dienste wat Dr’s en Mediese fondse insluit het besighede geword wat daarop uit is om geld te maak. Die beeld van die instansies word gepoets deur borgskappe aan sport byeenkomste en ander geleenthede wat geen waarde aan lede toevoeg, die erkenning van die borgskappe word gegee aan senior bestuur wat hulle status op sosiale vlak verhoog, ten koste van die lede.
As kind het ek in die jare 70’s mediese behandeling in Bloemfontein se staats hospitaal ontvang en daardie diens wat ek daar ontvang het was stukke beter as die behandeling wat ek onlangs by ‘n privaat hospitaal in Nelspruit ontvang het.
Na my mening is privaat mediese dienste meer gesteld op geld maak as op goeie diens vir die pasient of mediese fonds lid.

Alex ·

A so! Kom nou julle. Spring! Die dokter gilde het gepraat. Daar word nie sommer aan hulle inkomste geraak nie.

Lindtjies ·

Ek het ‘n ortopediese chirurg besoek en moes ‘n bybetaling van R750 maak. My mediese fonds het die besoek betaal en daar was nog ‘n bedrag wat ek uit my sak uit moes betaal. Dit is mos niks anders as uitbuiting nie. Dit is nou ‘n geval van as dit pap reën dan moet jy skep.

Attie. ·

‘n Algemene praktisyn vra tot R500 per besoek wat gemiddeld 15 minute duur. Dus R2000 per uur en R16000 per dag in verkoue tyd. Kan iemand my se wat doen een man met soveel geld. Al wat hy kan doen daarmee is om lekker te boer sonder skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.