Solidariteit Beweging en TLU SA span kragte saam

Flip Buys en Bennie van Zyl. Foto: Reint Dykema

Flip Buys en Bennie van Zyl. Foto: Reint Dykema

Die Solidariteit Beweging het Dinsdag ʼn samewerkingsooreenkoms met TLU SA gesluit.

Solidariteit het in ʼn verklaring gesê die twee organisasies het besluit om mekaar se arms te versterk met gemeenskaplike optrede in sake wat albei organisasies se lede raak. Volgens Solidariteit is die samewerkingsooreenkoms veral van belang omdat die werksaamhede van TLU SA en organisasies soos AfriForum binne die Solidariteit Beweging oorvleuel, wat onder meer sake soos gemeenskapsveiligheid, eiendomsreg, omgewingsake en munisipale aangeleenthede insluit.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê die ondertekening van hierdie ooreenkoms is ʼn groot stap om kwessies soos gemeenskapsveiligheid daadwerklik aan te pak.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: Reint Dykema

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: Reint Dykema

“Dit is noodsaaklik dat AfriForum en TLU SA saamwerk om gemeenskappe te beveilig, omdat albei organisasies sterk veiligheidstrukture in plattelandse gebiede het. Ons sienings van nasionale vraagstukke, soos eiendomsreg, stem ook ooreen terwyl omgewingsake en die agteruitgang van munisipale dienste in die meeste dorpe vir beide organisasies se lede lewensbelangrik is,” het Buys gesê.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, reken dit is belangrik dat die burgerlike samelewing moet saamstaan en mekaar versterk. “Daar is tans baie onsekerheid oor veral beleide en beleidstelling in Suid-Afrika en hierdie soort samewerkingsooreenkoms is van kardinale belang om vooruitgang te verseker,” het Van Zyl gesê.

Die Solidariteit Beweging is ʼn sambreelliggaam wat bestaan uit verskeie burgerlike organisasies, wat op ʼn wye reeks terreine werk en het reeds samewerkingsooreenkomste met verskeie ander organisasies, waaronder AgriSA. TLU SA is ʼn burgerlike organisasie wat die landboubelange van die boeregemeenskap, sowel as landelike veiligheid, bevorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JC ·

Dankie julle, nou vir daad by die woord sit “dat die erwe van ons vaad’re vir ons KINDERS erwe bly ” !!!

AL ·

Mooi so! Dankie aan albei organisasies vir hul harde werk en deursettingsvermoe

Bruno Stef ·

Dit is nou die regte rigting waarin die verskeie organisasies nou beweeg in pleks van die armsalige enkelinge wat somtyds negatiewe kommentaar lewer. Eendrag maak mag en vermy dit om die leeu anderkant die bult te gaan haal.

Alida ·

Daar is soveel blankes wat nie werk het nie. My plan is om in elke gebied ons eie kommado op die been te bring wat die boere se plase patroleer 24/7. Soek die lede met die hand uit en laat die boere n maandelikse bydrae maak vir salarisse en uitgawes. Ek weet mense gaan my nou afskiet maar vir ons eie veiligheid sal ons regtig iets moet doen. Hierdie aanvalle word nou daagliks uitgevoer.

Sekuriteitsmanne ·

Stap in regte rigting. Dis belangrik dat n sekuriteitsvereniging gestig word want die regering probeer ons uitroei en die polisie werk saam met moordenaars.

Leendert ·

Ek was een van die wat ‘n klomp jaar gelede gedink het Solidariteit/Afriforum moet eerder ‘n politieke party wees. Vandag kan mens sien hulle vermag baie, baie meer as ‘n politieke party. Dankie Flip vir jou en jou span se insig en versiendheid.

johan van der merwe ·

Baie dankie vir albei hierdie organisasies en hul leiers vir hierdie positiewe inisiatief en belangrike rol wat hulle vervul. Dit is voorwaar ‘n groot stap in die regte rigting. Dit het tyd geword om saam te werk, sodat die stryd oor ‘n wye front gevoer kan word. Dit sluit die burgelike samelewing in asook verskeie politieke organisasies wat dieselfde oogmerke en doelwitte naastreef. ‘n Nuwe herlewing en fokus is nodig.

Etienne ·

Ek sekondeer, daar is baie van ons wat offisiere was in die weermag, tans werkloos en nie volslae idiote nie.Ons kan ‘ n noodsaaklikike rol vervul wat gebiedsbeveiliging aanbetref.

snoefie ·

ek hoop hulle kyk ook in duepe na die elelektriseteitspryse in die land. aan gesien die anc geen blanke n guns wil doen met how meer jy koop how goedkoper raak dit nie, kan hulle asb die robin hood befondsing keer. laat die EEN KW EEN PRYS wees. of daar nou een kW in vosloosrus of tienduisend waterkloof grkoop word.

Janine ·

Dankie! Julle maak ‘n verskil en die lig aan die einde van die tonnel bietjie helderder! Ek sal graag ook wil deel wees want saam kan ons almal ‘n verskil maak vir ons mense en kinders in hierdie land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.