Solidariteit Beweging kondig vandag sy ‘blyplan’ aan

Foto: Reint Dykema

Die Solidariteit Beweging gaan Donderdag tydens sy Toekomsberaad ʼn omvattende blyplan in Pretoria bekend maak.

Die groter Solidariteit Beweging, waaronder Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en die FAK, sal tydens die tweede Toekomsberaad sy toekomsplanne vir dit wat van 2020 tot 2030 aangepak gaan word, bekend maak.

Donderdag se Toekomsberaad volg op die eerste een wat in 2015 gehou is, waartydens planne vir 2020 beraam en bekend gemaak is. Die doelwitte wat in 2015 gestel is, is egter reeds voor die einde van hierdie vyfjaartermyn bereik en verdere toekomsplanne is nou van wesenlike belang.

Die multimiljardrand-plan wat Donderdag bekend gemaak sal word, sluit opleidingsinstellings, skole, veiligheidsnetwerke, werkplanne, kultuurplanne, ʼn maatskaplike strategie, media-instellings, internasionale steunwerwing en meer in.

Daar word beplan om bykans R8 miljard kapitaal vanaf 2020 tot 2030 daarvoor te mobiliseer. Daar word voorsien dat tienduisende mense elk ʼn bietjie sal gee. Solidariteit-lede gee reeds R10 per maand.

ʼn Nuwe eiendomsbeleggingsmaatskappy, Kanton, gaan ook gestig word waar beleggers teen ʼn opbrengs in die eiendomme kan belê. Daar word ook beplan om Virseker verder uit te bou en ander sake-inisiatiewe word in die vooruitsig gestel.

“Ons is bekommerd daaroor dat talle mense emigreer en/of vervreemd is van die land. Baie Afrikaners voel nie meer tuis nie. Talle voel dat, hoewel hulle nie die land verlaat het nie, die land hulle verlaat het,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê.

“Die doel van ons 2030-plan is om Afrikaners en die breë Afrikaanse gemeenskap weer tuis te laat voel in Suid-Afrika. Ons gaan bou om te bly. Staatsbestuur in Suid-Afrika het misluk en die tyd van selfbestuur het aangebreek.”

ʼn Konsentrasiestrategie maak ʼn groot deel van die 2030-plan uit. Die Solidariteit Beweging het 30 ankerdorpe geïdentifiseer waarheen Afrikaners natuurlik trek. Daar word voorsien dat 67% van Afrikaners in 2030 in dié ankerdorpe sal wees en 95% van Afrikaners sal binne twee uur se ry van die ankerdorpe woon.

“Afrikaners en Afrikaanssprekendes se probleem is nie hulle getalle nie, maar hulle yl verspreiding. In die 30 ankerdorpe gaan ons die gemeenskap help om gemeenskapsdienste soos skole, mediese klinieke, veiligheidstrukture, tersiêre en maatskaplike strukture, opleidings- en werknetwerke te vestig. Hoe meer gekonsentreerd Afrikaners woon, hoe meer kan die gemeenskap self verantwoordelikheid neem. Ons konsentrasiestrategie is nie vreemd nie. In die res van die wêreld is dit algemene praktyk,” het Buys gesê.

Die plan maak ook meer inligting oor Akademia, die Beweging se nuwe hoëronderwysinstelling, die bou van die nuwe Sol-Tech-kampus, asook planne om ʼn nuwe Afrikaanse skoolstelsel saam met vennote te ontwikkel bekend. ʼn Ander kernelement van die blyplan is veiligheid.

Volgens die Solidariteit Beweging is al sy planne binne die raamwerk van die Grondwet wat aan taal- en kultuurgemeenskappe die reg gee om verenigings of ander organe van die burgerlike gemeenskap te stig. In die verslag skryf die Solidariteit Beweging dat hy nie besig is om homself te isoleer nie, maar dat die Beweging juis optree in reaksie op isolering en uitsluiting deur die owerheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

leon ·

Julle is so 20 jaar te laat. Ons en kinders is klaar gevestig waar ons nou woon en sal terugkeer nie eens oorweeg nie.

Dennis ·

Dis duidelik dat ons goed klaar kom sonder jou en jou gesin Leon. Hoekom n eier le as jy nie meer hier wil wees nie.

Ronel D ·

Ons Afrikaners is sterk en vindingryk, intelligent en logies. Net een ding ontbreek: saamstaan! En ons sukkel met dit, want ons is nie nederig nie; ons is trots; ons wil elkeen individual en reg wees.
Dis n wonderlike plan! Net kniee buig voor die Here kan ons te help om dit uit the voer….en te oorleef in Afrika.

Ian ·

Leon, dit is wonderlik dat julle dit kon doen. Niemand verwag dat mense in julle situasie sal terugkom nie. Wat moet die miljoene mense wat nie hier weg kan kom nie, doen? Moet hulle net boedel oorgee, niks probeer doen nie en vergaan?

Jaco ·

@ Ronel, saamstaan is nie net n Afrikaner probleem nie, maar n algehele verskynsel onder al ons blankes wereldwyd wat van wes europese afkoms is…Ons het ook baie passief geraak, kyk hoe word ons lande van oorsprong oorgeneem deur vreemdelinge terwyl almal terug sit en ontspan en met trots beaam hoe politie skorrek hul is. In die VSA sal blankes oor 30 jaar in die minderheid wees, Trump probeer juis om dit te voorkom en daarvoor is hy pal in die spervuur.

Wingman ·

Die probleem Dennis is dat derduisende Leons elke jaar die land verlaat. Die res van ons sal mettertyd agterkom ons kan nie sonder hulle klaarkom nie.

Kobus ·

Sonder ‘n politieke plan is die oefening futiel. Die pyn van uitwissing word net uitgestel.

daniel ·

Dit is juis wat die wereld in so n groot gemors beland het. Politiek is n vloekwoord en instrument om die burgers van n land te onderdruk en te verslaaf.

Sven ·

Dus wat jy sê Daniel is dat ‘n groep burokrate besluite moet neem, sonder verkiesings. Dit klink na ‘n diktatorskap. Die rede waarom politiek faal is dat mense toelaat om deur idiote regeer te word, niks anders nie.

Magda ·

Stem saam -Ons Afrikaans sprekendes se probleem is – DIE EIE EK. – Solank dit nie aangespreek word nie – is ons gedoem. Begin daaraan werk – want Orania is daar maar vir ons gewone mense is dit onmoontlik om soontoe te gaan, wie kan met n pensioen n plek koop of huur van R7000+- per maand – Hulle maak nie voorsiening vir mense wat net op n gewone pensioen moet staat maak nie – Nie ons almal kan of het die geleentheid gehad om te spaar vir ons oudag nie (ek is een van hulle) so as julle anker dorpe wil skep hou ons asb ook in gedagte wat nie groot of duur plekke kan bekostig nie (1 slaap kametjie met n eie kombuisie / badkamer is meer as voldoende – solank dit netjies en veilig is – Dink nie dit is te veel gevra nie.

Jaco ·

@ Hoekom, sien my kommentaar bo, dis omdat ons Afrikaners altyd polities korrek probeer wees en soooo passief is. Dit het ons ondergang beteken.

Knapsekêrel ·

Hulle het ‘n flou verskoning gegee. Dit pas nie in by hul sakeplan nie en borg nou eerder sport.

Jacques ·

Ek hoop dat die Solidariteit beweging besef dat die ANC die ankerdorpe sal teiken vir meer “diversiteit” om dit sodoende te laat faal. Hoe gaan dit vermy word?

Wingman ·

Die ankerdorpe word in elk geval klaar oorheers deur diversiteit. Gaan kyk maar hoe lyk Pretoria. Wittes sal net meer en meer spartel.

Abigail ·

Ek sal graag wil weet waar op n kaart die ankerdorpe voorkom om n geheuebeeld en geheelbeeld te vorm. Met nuutste getalle per dorp soos dit werklik tans daar uitsien. N lys met 3 kolomme wat ek bekom het se getalle en projeksies lyk foutief, en/of verouderd.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek hoop dat die plan ‘n strategie insluit om “buitelandse Suid Afrikaners” se kinders terug te lok met geakrediteerde graadkurses-beurse met die voorwaarde dat hulle in SA bly en werk vir dieselfde termyn as wat hulle studies was. Los die bitterbek ouers net daar waar hulle is…….maar lok daai jeug terug en maak hulle deel van die toekoms hier!!! Sodra hulle gevestig is, sal hulle hulle ouers gaan haal…..

Sven ·

Die kinders oorsee het hul lewensmaats ontmoet. Party het al self kinders. Hulle lewens is nou daar. Hoekom sal hulle nou wil terugkom? Hier is tog nie werk nie.

KaterinaKat ·

Well That would be evil. Om jongmense wat nou in veiliger, vooruitstrewend lande woon, te wil teruglok na n helhool oorlogsone om hier verkrag en geslag te word. Gun diegene wat kon ontsnap tog n kans op n lewe. We who are trapped here have no right to expect those who could escape, to return to misery, poverty and very possibly their deaths. That is just plain evil.

Mari ·

As Yahweh die huis nie bou nie, tervergeefs werk die wat daaraan bou. As Yahweh die stad nie bewaak nie, tevergeefs waak die wagter.

Regs! ·

Hi Mari! Dankie tog daar is nog mense wat ons God se naam ken. Jy is heeltemal reg, die planne kan hoe goed en edel wees, as die God van Israel nie Sy hand daarop sit nie sal dit nie suksesvol wees nie. En ek is bevrees solank as wat die volk nie besef wie hulle is en wie hulle God is nie sal al ons planne tevergeefs wees.

Janet ·

Baie dankie. Want ons sien nie n toekoms hier nie. Ons moedig ons kinders aan om te emigreer. Weet net nie wat gaan van ons word nie

Anoniem ·

Dit klink goed maar…
Die nuwe NGV is alleen genoeg rede om te gaan! Voeg daarby die “onteiening” van pensioen fondse en daar bly geen rede oor om te bly nie.

ABC ·

Bly reeds 21 jaar in die buiteland. Geen rede om ooit terug te keer SA toe nie. Wat help dit om dinge op te bou wat net weer afgebrand word. Dis n sinnelose sirkel.

Gysbert Stander ·

ABC, hoekom lees jy na 21 jaar nog steeds SA nuus?
Dis mos oor en verby. Kyk vorentoe.

Piet left the Building ·

Ek het die hool ook verlaat, maar is steeds bekommerd oor familielede wat daar woon.

Alex ·

ABC, daar is tog ‘n element van heimwee na 21 jaar, nè? Ons verskaf darem nog afrikaanse vermaak aan al die buitelanders.

humor ·

Ronel D dankie met sulke mense wat bereid is om te werk, hulself in afhanklikheid van ons SKEPPER te offer het ons n toekoms.
leon dit gaan my verstand te bowe dat jy wat jou land reeds verlaat het en gelukkig is met jou omstandighede nog steeds Maroela lees en betrokke is. Jy is reg bly asb net daar waar jy is.

Kobus ·

Ek dank die Here vir julle leierskap en inisiatiewe, ek glo dit is Sy antwoord op gebede. Ek hoop en vertrou hierdie insiatiewe gaan n sterk kohesie-faktor vir die Afrikaner wees en dat ons uiteindelik sal saamstaan. Voorwaar iets om na uit te sien.

Frik ·

Hierdie inisiatief verteenwoordig nie alle Afrikaners se sienings nie. Die leierfigure is salaristrekkers en is nie verkies is om namens Afrikaners te praat en besluite te neem nie, tog is die Afrikaner kultuur nou gekaap deur ‘n klub. Dis nie die hart van die Afrikaner wat praat nie, en alles wentel om geld.

Alex ·

Frik. Dis nou hoe ‘n dwarstrekker praat. Kom asb op met ‘n plan waar ons sonder geld iets kan doen. Begin jou eie gratis klub, want ons Afrikaners mag mos nie saamstaan nie.

Neels ·

Hier in die Wes-Kaap (sonder Kaapstad en Stellenbosch) sal ons iets nuuts bou saam met ander minderhede dankie.

Mariaan ·

Dit gaan virseker werk! Begin sommer nou al pak. Met ons Afrikaners se geloof, uithouvermoe en intelligensie gee dit vir ons n kans om van voor af n toekoms te bou. Wonder net waarom die mense wat reeds ons land verlaat het of wil verlaat altyd vrot eiers le? Ek WIL hier wees. As jy my/ ons land verlaat en afgeskryf het, waarom lees jy nog hierdie blad? Gaan lewer eerder jou negatiewe opmerkings op jou nuwe land se media. Ons wat die guts en genoeg liefde vir ons land en sy mense het om hier te bly en te baklei vir ons voortbestaan wil graag positief wees. As jy dan sooo gelukkig is, lees eerder die kiwi/ Britse/ watookal se koerante

KO ·

Mooi en pragtige maar Solidariteit is maar net besig om vure dood te slaan die probleem word aangespreek, maar wat is die oorsaak van die probleem.
Aangesien hier soveel kapitaal bewerkstellig word vir hierdie projekte waarom nie vir oud president de Klerk en Roelf Meyer vervolg vir die bedrog gedurende die 1992 referendum nie.
Solidariteit het mos ‘n vervolgings gesag.
Jammer Solidariteit goeie idee maar dit is nie volhoubaar nie.

Jimmy ·

‘n Politieke oplossing is krities. Om ‘n groot klub te stig en jouself te bestuur is alles behalwe volhoubaar. Dit gaan geld kos en volgelinge sal stoom verloor.

JJ ·

Hierdie land is in sy kanon, ongelukkig het ons dit oor onsself gebring.
Dit is die realiteit.

Jean ·

Ons gesin is oppad landuit. Hierdie sal ons nie laat plan verander nie, maar skep hoop vir ons geliefdes wat agterbly. 2030 is nog ver weg en tot dan gaan dinge nie beter gaan nie.

Kandas ·

Ek sal graag wil weet watter 30 dorpe as “ankerdorpe” geidentifiseer is…

Jerry ·

Afrikaners in die buiteland is bekommerd oor Afrikaners in SA, vir geen ander rede nie en dit is hoekom hulle nooit sal ophou om SA dop te hou of op te gee op hoop dat dit weer beter sal gaan nie. Solidariteit bring nou met hulle blyplan daardie hoop aan Afrikaners wie nie kan of wil gly nie en alle Afrikaners is verheug daaroor, ook die Afrikaners in die buiteland. Al is Flip Byus nie heeltemal eerlik oor al die redes vir uitsluiting en isolasie van die Afrikaner uit die breer SA samelewing nie (daaroor kan ons n lang debat voer), is dit n voldwonge feit dat uitsluiting en isolasie, Solidariteit/Afriforum se selfbeskikkingstrewe tot voordeel strek en die se bestaansreg Virseker en dit opsigself, gee mense hoop. Daarom dan nou ook dat daar vandag n blyplan bekend gemaak word, omrede mense in getalle benodig word om die planne te laat werk, bo en behalwe die bestaansreg gedeelte. Die blyplan is n plan wat noodgedwonge geloods moet word en sommige projekte moes ook noodgedwonge ryp gedruk word en vroeer as beplan geloods word ten einde die blyplan te versterk, wat uiteraard verstaanbaar is. Dat daar dus pap op die grond gaan val is n gegewe, solank Solidariteit gerat is om self daardie pap op te tel en reg te stel wat verbrou word, dan behoort nie te veel mense wat daardeur geraak gaan word, verontreg en benadeel te voel nie en negatiewe ervarings in die verband uit te basuin nie!

se net ·

Ek bly in n dorpie, hoop dit is een van die dorpe, maar glo dit sal sekerlik weer net stede wees. Hier is so baie werksgeleenthede maar die staat verplig ons om ander in diens te neem. Ons eie dorp se mense is werkloos want ons moet die ander akkomodeer. Ek glo as n dorp goed gaan werk, gaan meer ander ook intrek en dan ook die dorp ondersteun omdat dit werk. Ja dit sal sekerlik net n paar wees, maar hul sal ordentlik wees.

Pieter ·

Ek is n lid van solidariteit maar hulle moet nou wakker skrik ons moet nou kom met n plan ons moet as blankis nou standpunt in neem daar is nie tyd om nog tien jaar te mors nie mense ons gaan moet of maak soos hulle en strike en bring die land tot stilstand 9f solidariteit moet kom met n plan saam met ons blankes dat ons dan ons belasting geld weer hou van die ANC spesie en die geld in n ander rek in betaal en soos wat ons sien hulle maak vordering so gee ons dan vir hulle geld

jaco ·

Agiteer eerder by die ANC vir n nuwe grondwet met die volgende daarin:
1. Wit mense verloor hulle stemreg en word formeel tot 2de klas burgers verklaar.
2. Rassisme is net rassisme as wit mense dit doen. Strawwe daarvoor word ook duidelik uitgespel. So word die “2 stelle reels” wat in elk geval nou reeds geld, wettig.
3. Wit grond in alle provinsies behalwe die Wes-Kaap word dadelik onteien. Alle wit mense word verskuif Wes-Kaap toe.
4. Wit mense kry selfregering in die Wes-Kaap, soos wat die ou SA vir die swart tuislande gegee het. Buitelandse belegging word wel daar toegelaat. So bly die ANC ons belastinggeld kry, maar ons is apart van mekaar. “Uit mekaar de hare uit”.

Ons sien almal dat die reënboognasie nie werk nie. Ek glo net dat dit wat ons van die ANC vra, elemente moet bevat van dit wat hulle wil hê, soos onteiening en 2de klas burgerskap vir wit mense. Dis al hoe hulle vir ons sal gee wat ons soek, want dan kry hulle wat hulle wil he deur ons met onteiening en geen stemreg te verneder en ons kry n streek waar ons sonder hulle tot n groot mate ons eie ding kan doen.

Dries ·

Solidriteit karring ook maar net so aan en ek is lid van hulle ons het nou n plan nodig ons moet nou standpunt in neem so nie gaan ons blankes nog bitter swaar kry nog tien jaar mors julle grap seker

humor ·

Vir hulle wat so vernederend oor die klub praat wag maar net dat hierdie klub groter en sterker raak as die huidige regering wat reeds besig is om uitmekaar te val. En jy wat so vernederend praat sal weer van die eerstes wees om van die vrug daarvan te pluk. Ek praat van ondervinding dit het hier in Namibie gebeur. Wie se kinders sit vandag in skole wat deur harde werk, baie opoffering en geld van ander tot stand gebring is.

Kerneels ·

Indien die regering val, val ons almal saam, klub of te nie. Maar ons sal steeds belasting betaal.

Deon Meyer ·

Aan diegene wat met negatiewe reaksie op Afrforum se planne reageer.die volgende:
“Kom vorendag met jul eie vindingryke alternatiewe” sodat dit ook oorweeg kan word,gegewe die huidige mikro en makro faktore wat in SA geld.
Maak gerus ‘n positiewe bydrae waar jy kan,al is dit net om bejaardes een maal ‘n week by ‘n ouetehuis te gaan besoek.

Dolf ·

Ek was nog nooit lid van ‘n vakbond nie en sal hulle nooit vertrou nie. Dis te sosialisties vr my. Vakbonde is van nature voorskriftelik.

JJ ·

Humor ek stel voor kom toer deur Suid Afrika, dat jy op hoogte kan kom wat met jou buurman gebeur.

Poot ·

@Deon Meyer
Ter inligting…. dis Solidariteit en niebAfriforum nie.

Realis ·

Na 26 jaar is die skade reeds gedoen en niemand gaan boonop die hordes keer om ankerdorpe te verswelg nie – veral omdat “nie-rassigheid” en BBBEE steeds deel uitmaak van Solidariteit en Afriform se grondwette. Dit is die einste “eie ek” van die spul eiewyse linkses wat 26 jaar gelede JA gestem het en veroorsaak het dat die land op ‘n goue skinkbord weggegee is, en hulle is o.a. diegene wat nou kla omdat gekwalifiseerdes en hul kinders die hool verlaat en op strepe emigreer. Ja, inderdaad: die mislukte hool-sirkus verskaf nuus en vermaak aan expat lesers terwyl sommiges maar net bekommerd is oor hulle geliefdes wat nog in die hool-tronk agter bly, maar verseker is daar geen heimweë nie.

Msp ·

Solidariteit en Afriform laat my dink aan “‘n Boer maak ń plan” wat julle aanpak is uiters suksesvol omdat daar saamstaan word. Met julle aan die leiding sal die minderheidsgroepe die wenpaal behaal. Kan my voorstel wat die wat Suid Afrika tans so leegmelk te sê gaan hê. Lol…

Hans ·

Mense, laat stel belang om deel te word of nie. Die hmm en ha oor dit dra niks konstruktief by nie. As jy WIL emmigreer, doen dit. Vir ons wat WIL bly, is dit hartsaak.

Vyf en twintig jaar later ·

Die ‘boere maak al planne’ vir 25 jaar en kyk hoe lyk die plek nou. Diegene wat die geld het sien lankal die skrif teen die muur en hulle emigreer eerder.

Huisvrou ·

Nee wat
Ek sou jare terug al weg gewees het. Maar my man wou wag en kyk, wag en kyk. Uiteindelik het hy ook besef dis futiel.

Tensy baie dinge uiters drasties verander, is daar niks wat ons van plan sal laat afsien nie.

Buitelandse beleggings, buitelandse opleiding vir ons kinders, buitelandse geleenthede. Dis reeds die eerste treë – weliswaar 20 jaar te laat, maar ons probeer.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.