Solidariteit Beweging maak omvattende blyplan bekend

flip-buys-tweede-groot-trek-02

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. (Foto: Reint Dykema)

Die Solidariteit Beweging gaan eerskomende Donderdag tydens ʼn toekomsberaad ʼn omvattende blyplan in Pretoria bekend maak. Die multimiljardrand-plan sluit opleidingsinstellings, skole, veiligheidsnetwerke, werkplanne, kultuurplanne, ʼn maatskaplike strategie, media-instellings, internasionale steunwerwing en meer in.

Die 2030-blyplan is die mees omvattende selfbestuursplan wat nóg deur die Afrikanerkultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap bekend gemaak is.

Daar word beplan om bykans R8 miljard se kapitaal vanaf 2020 tot 2030 daarvoor te mobiliseer. Daar word voorsien dat tienduisende mense elk ʼn bietjie sal gee. Solidariteit-lede gee reeds R10 per maand.

ʼn Nuwe eiendomsbeleggingsmaatskappy, Kanton, gaan ook gestig word waar beleggers teen ʼn opbrengs in die eiendomme kan belê. Daar word ook beplan om Virseker verder uit te bou en ander besigheidsinisiatiewe word in die vooruitsig gestel.

“Ons is bekommerd daaroor dat talle mense emigreer en/of vervreemd is van die land. Baie Afrikaners voel nie meer tuis nie. Talle voel dat, alhoewel hulle nie die land verlaat het nie, die land hulle verlaat het. Die doel van ons 2030-plan is om Afrikaners en die breë Afrikaanse gemeenskap weer tuis te laat voel in Suid-Afrika. Ons gaan bou om te bly. Staatsbestuur in Suid-Afrika het misluk en die tyd van selfbestuur het aangebreek,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê.

ʼn Konsentrasiestrategie maak ʼn groot deel van die 2030-plan uit. Die Solidariteit Beweging het 30 ankerdorpe geïdentifiseer waarheen Afrikaners natuurlik trek. Daar word voorsien dat 67% van Afrikaners in 2030 in dié ankerdorpe sal wees en 95% van Afrikaners sal binne twee ure se ry van die ankerdorpe bly.

“Afrikaners en Afrikaanssprekendes se probleem is nie hulle getalle nie, maar hulle yl verspreiding. In die 30 ankerdorpe gaan ons die gemeenskap help om gemeenskapsdienste soos skole, mediese klinieke, veiligheidstrukture, tersiêre, maatskaplike strukture, opleidings- en werknetwerke te vestig. Hoe meer gekonsentreerd Afrikaners bly hoe meer kan die gemeenskap self verantwoordelikheid neem. Ons konsentrasiestrategie is nie vreemd nie. In die res van die wêreld is dit algemene praktyk,” het Buys gesê.

Die plan maak ook meer inligting oor Akademia, die Beweging se nuwe hoëronderwysinstelling, bekend. Volgens die plan beplan Akademia om tussen 30 en 40 nuwe grade te akkrediteer, en gaan ʼn nuwe kampus gebou word wat 6 000 studente kan akkommodeer. Nog Akademia-sentrums gaan dwarsoor Suid-Afrika geopen word sodat almal wat in, of in die omgewing van ankerdorpe bly, toegang tot tersiêre studie kan kry.

Die plan maak ook meer besonderhede bekend oor die bou van die nuwe Sol-Tech-kampus, asook planne om ʼn nuwe Afrikaanse skoolstelsel saam met vennote te ontwikkel. Die Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum het bekend gemaak dat reeds R200 miljoen se studiehulp aan 5 000 studente uitbetaal is. Daar word beplan om die beursplatform tot R1 miljard uit te bou.

“Deur hierdie reuseblyplan stuur ons ʼn sterk boodskap uit namens die miljoene mense wat hier gaan bly. Ons bly hier, maar ons gaan nie stilbly of stilsit nie. Al die onderskeie instellings van die Solidariteit Beweging gaan werk om ʼn toekoms te skep waar die Afrikanerkultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap vry, veilig en voorspoedig kan wees. Ons geskiedenis wys dat ons nie klein plannetjies maak nie. Ons maak groot planne en voer dit uit,” het Buys gesê.

Solidariteit het ook bekend gemaak dat hy ʼn netwerk van beroepsgildes gaan vestig. Verdere regstappe en internasionale klagte teen die regering se beleid van rassekwotas word beplan. Daar word ook bekend gemaak dat nasionale gesondheidsversekering en planne om pensioenfondse te gebruik om sukkelende staatsondernemings te help, aktief teengestaan gaan word. Groter planne vir wettige belastingprotes en optrede teen belastingplunderaars is ook in die 2030-plan ingesluit.

Buys sê verder dat kulturele selfbestuur en selfstandigheid die onderliggende strategie van die hele plan is. Gemeenskappe moet meer selfverantwoordelikheid neem. Ons kan nie toelaat dat die staat ons toekoms bepaal nie. Ons wil die reg hê om self te kan besluit.

ʼn Ander kernelement van die blyplan is veiligheid. AfriForum beplan om 200 gemeenskapsveiligheidstrukture te vestig en 20 000 buurtwaglede voor 2030. ʼn Sekuriteitsmaatskappy, wat gaan help met beveiliging, gaan ook gevestig word.

Volgens die Solidariteit Beweging is al sy planne binne die raamwerk van die Grondwet wat aan taal- en kultuurgemeenskappe die reg gee om verengings of ander organe van die burgerlike gemeenskap te stig. In die verslag skryf die Solidariteit Beweging dat hy nie besig is om homself te isoleer nie, maar dat die Beweging juis optree in reaksie op isolering en uitsluiting deur die owerheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

135 Kommentare

Waarheid ·

Uitstekend! !!
Ek is so bly ek is n lid van Solidariteit! !

Hannetjie ·

Als klink wonderlik mnr Buys…maar wat van ons mense op die platteland? Ek is baie seker van die 10.00 bydraes kom ook van platteland af.

Julius ·

Julle gee ons weer hoop vir die toekoms van ons kinders. Dankie vir jul harde werk.

Johan ·

Presies soos ek voel ek sien my self nie meer as Afrikaner of Suid Afrikaner nie eerder as net iemand wat in die land bly en werk.

CabyTheron ·

Dit is alles goed en wel, maar die opleiding vir jongmense is in my geval onbekostigbaar. Om opgelei te word vir ‘n ambag, kos byna R100 000.00 en die kollege lei net op tot by N3. Studente word wel uitgeplaas in ‘n werk, indien jy die kusrsus by hulle gedoen het, om dan die ambag te voltooi en dan ook die studielening terug te betaal. As jy dus reeds klaar N3 gedoen het en nie ‘n geleentheid kry om jou praktiese deel van die ambag te voltooi nie, kan hulle jou nie help nie. Jy kan nie N4 by hulle doen nie. Ek verstaan nie. Miskien mis ek iets hier, of verstaan nie mooi nie.

Stormjaars ·

Ons soek selfbeskiking. Ons eie land. Net tyd sal weet of die plan werk.

Stand for change ·

Sal dit NOOIT kry nie, skryf dit maar op jou maag.

sweis ·

Dit is uitstekend, kan julle dink wat ons kan doen as ons kan afstig van SA en ons eie lesotho kan kry want huidiglik bly ons steeds onder die anc regime,sy wette en reëls,sy onbevoegde leiers en dan moet ons hom nog belasting betaal sodat ons verder onderdruk kan word.

Jimmy ·

Die groot verskil tussen Solidariteit se huidige planne en die planne van die Afrikanerbond, Redingsdaadbond en vele ander van so 100 jaar gelede was dat politieke mag destyds die uiteindelike doelwit was. Sonder politieke ideale sal Afrikaners weer bywoners bly.

Kallie ·

Ek stem saam Jimmy, daar moet ‘n politieke “end game” wees. Wat help harde werk en geld met die risiko dat alles weggeneem kan word.

Nardus Swart ·

Ek sal graag wil weet watter 30 dorpe dit is ten einde vas te stel in hou n mate my omgewing daarby kan aansluit en of hoe om self so n anker gebied aan die gang te kry. Ek is n boer tussen vryburg en kuruman

Amanda ·

Klink na n goeie plan mnr. Buys, maar tensy ek dit nie raak lees nie, sien ek geen beplanning vir goedkoper bejaarde sorg nie, wel goeie planne vir die jeug se toekoms, waarvoor ek dankbaar is vir my kleinkinders se toekoms, maar bejaardesorg is so duur vandag, dat ons bejaardes nie goeie sorg kan bekostig nie. Sterkte met die beplanning

Kallie ·

Goeie punt Amanda. Die Afrikaner bevolking word ouer, ten spyte van marginale bevolkingsaanwas.

Ronel ·

Ek is seker dit is ok by hul planne ingewerk. Die wat nou die beplannings doen, gaan self eendag bejaard wees en sulke oorde nodig he…

PK ·

Ja. Ek hoor ook al hoe lank van die 30 dorpe, maar die name word nooit genoem nie. Vertel sodat ‘n mens weet waarheen om te trek sou jy intussen moet verhuis. Die meeste is seker in die ou Transvaal gebied. Hulle vergeet mos van ons in die Weskaap

Maria ·

Wat van sekuriteitskomplekse vir behuising (ingesluit bejaardes en woonstelblokke waar jongmense kan begin) waar mens ten minste rustig kan slaap?

Markus ·

Onderhandel dan koop ons die noord kaap, by die bankrot regering, bou n hawe by Kleinzee,n ontsoutings aanleg en lê water pype aan en ons bou n land op waar geen de klerk en kie ons huis sal weggee om n nobel prys te wen nie ongeag wat die nagevolge sou wees

Pieter ·

Stem saam met jou markus ons het nou genoeg gehad van die siek sirkus die ANC land is n grap hoe goue hoe beter vir al ons blankes

KrokodilBotha ·

Die Noord Kaap , hahaha. Die landkaart is groter as dit. Wil jy riool water uit die Oranje drink. Groot drome. Warm son, droogte en dis n miljoenste van jou probleem daar. Klink soos opgee of moedeloos wees.

Kobus ·

Markus, Afrikaners is te lui en gemaksugtig om ‘n droë landstreek op te bou. Jy sal hulle dalk daar kry, maar saam met werkers om die hande arbeid te doen. Die lewe is darem te lekker in Pretoria en Kaapstad waar die DA in beheer is.

BlinkStephaans ·

Dit klink alles baie mooi ouens… ons hou van hoe julle dink en beplan… en ek dink ons is almal dankbaar vir wat julle reeds doen en nog gaan doen. Ek glo julle weet die regering van die dag gaan om elke hoek en draai ñ stokkie probeer steek voor wat julle alles beplan. Niks gaan tot stand kom sonder n geveg in die howe nie. Julle weet as die plan werk gaan “hulle” wil hê wat die Afrikaner het… en sal alles probeer om hul hande daarop te lê om dit op te slurp en te verteer. Dit gaan nie ñ maklike pad wees… maar ek glo julle weet dit en het jul stelsels in plek. Welgedaan… en dankie dat julle namens ons standpunt inneem.

Pieter ·

Dir tyd het gekom dat ons blankes as n nasie saam staan maak nie saak wat op ons pad kom nie god sal ons hande styf vas hou en as ek met my lewe moet betaal dan is dit reg so

Knapsekêrel ·

Pieter, daar is Suid Afrikaners, blankes en Afrikaners. Baie blankes is nie Afrikaners nie.

Magda Smit ·

Ek skuif sommer my ledegeld met R100 op vir die goeie saak. Sal ook graag n lys van die beoogde ankerdorpe wil he.

Piet ·

Wie gee julle die reg om mense te probeer oorreed om nie die land te verlaat nie. Daar is baie meer geleenthede en geld oorsee as wat ooit hier sal wees.
Se maar iemand kry n aanbod vanaf een of ander land, sal julle die selfde pakket kan ewenaar indien julle so n persoon oorreed om nie te immigreer nie.
En se nou maar julle oorreed iemand om te bly, en daai persoon sit en wag vir julle plan om in werking te skop, en daai persoon, terwyl hy sit en wag, word vermoor. Sal julle aanspreeklikheid aanvaar daarvoor,

Pieter ·

Piet dit is mos jou keuse as mens wat jy wil doen as n mens n goeie aan bod kry oor see dan kan jy mos gaan maar die ANC sirkus dink ek ons het nou genoeg van gehad hulle mors met ons blankes en ons belasting geld ek het al baie gese kom ons bkankes bly net vir twee dae by die huis die land moet tot stilstand kom dan is daar van daai spesie se oe wat dalk sal oop gaan maar ons blankes kannie saam staan nie dit is ons groot probleem en ons ondergang

Mossie ·

Jy kan gaan Piet, niemand staan in jou pad nie. Die beplanning is vir mense wat NIE KAN padgee nie en mense wat NIE WIL padgee nie.

Willem Grobler ·

Hemel Piet – voel jy skuldig oor jou besluit om te emigreer? Wel moenie – gaan in vrede jy kan dalk eendag wil terugkom as hierdie plan werk.

@Piet ·

Ek twyfel of enige regdenkende mens oortuig sal word. Dit is vir die wat wil en moet bly en dis ook reg so. In die kringe waarin ek beweeg is ongeveer 80% van ons kinders reeds oorsee en daar is by my geen twyfel dat dit ‘n geloofwaardige peiling is van die wat gaan teenoor die wat bly. ‘n Geweldadige, wreedaardige en onbeskaafde land sal Suid-Afrika bly en daarvan spreek die vorige berig oor 57000 skape op ‘n skip na Kuwait boekdele. Daar is sekeres wat nie gebou is vir Afrika nie en dit het niks met ras te maak nie, maar met waardes en ‘n smagting na beskawing.

Piet ·

Willem Grobler

Pasop vir aannames. Waar lees jy raak dat ek wil emigreer. Ek het oor die algemeen gepraat. Ek is ongelukig te oud en te arm om dit te doen.

Hierdie plan is is in elkgeval wensdenkery. Waar moet die mense geld kry om na een van die sg anker dorpe te trek. En waar gaan hulle werk? Dit sal net n finansieele las op baie mense plaas, terwyl Solidariteit al die pad bank toe gaan lag soos mense vir hulle geld skenk.

Henri ·

Piet, van wanneer af het mens nie die reg om ‘n siening of ‘n punt te dra nie? Jy klink net soos die ANC. As jy wil gaan, kan jy maar gaan, ou maat, ek kan nie bekostig om te gaan nie, regdenkend of de not. So die enigste alternatief wat mense soows ek het is om die beste van die saak hier te maak. Asseblief jong, moenie so gou andere se regte tot vryheid van spraak te bevraagteken nie. Dis presies wat die huidige regering die graagste doen.

Marius ·

piet Niemand vorseer ‘n keuze op jou nie. Jy kan maar immigreer.

Al ·

Dis jou keuse of jy wil emigreer Piet. Lelike goed en tragedies tref mens orals in die wêreld.
SA het sy uitdagings, maar mense wat heeltyd kla en negatief is oor die land, verdryf hul kinders na oorsee.
En is hartseer as hul hul kinders selde sien.
Ek bly, dis ñ baie mooi land en ek glo almal het ñ toekoms hier. Dinge is besig om te draai.

Neels ·

Piet , Afrikaners glo enigiets wat jy opdis, solank dit net mooi klink.

Frik Jordaan ·

Hierdie kommentaar is ongevraagd. Soldariteit het en is besig met ń toekomsplan. Om hulle te probeer afskiet en waarborge te verwag is gewoon kortsigtig en demonstreer selfsigtigheid en verseker gebrek aan insig.
Dank die Goeie Vader dat daar ń plan op die tafel is.

Dolf ·

Goed en wel, maar die Afrikaner sal nog steeds onderwerp word aan rassisitiese landswette in ‘n mislukte staat. Selfs Afrikaner besighede moet voldoen aan SEB en EE. Tenders sal steeds nie aan Afrikaners toegeken. Net ‘n kwessie van tyd dan sal die Afrikaner skole, hospitale en ander instansies geteiken word. Gebruik eerder die miljarde en koop 20,000 vierkante km grond êrens en begin daar bou, van die grond af. Dit hoef nie noodwendig in SA te wees nie. Krediet aan Solidariteit vir julle pogings, maar dit sal nie emigrasie keer nie. Ons kan nie aan die nostalgie in Afrika vasklou nie. Daar moet van vooraf begin word en dit sal ‘n harde pad wees wat ten minste 30 jaar gaan duur om te realiseer. Om kortpaaie te soek gaan nie werk nie.

Marius ·

Dolf, dit gebeur reeds in Orania. Ek was stomgeslaan om te zien wat 1800 mense daar vermag.

Spook op thaba ·

Sal ook graag n lys van ankerdorpe wil he. Ek en my vrou is beide gegradueerd en ek glo ons sal n positiewe bydrae kan maak

Skerpioen ·

Ek hoop deel van julle beplanning sluit in om van Sasol se myne en bates te koop, voor dit ook soos Mosgas aan verkeerde kopers verkoop word en dan tot bankrotskap bestuur word.
So kan Secunda deel word van die 30 Ankerdorpe.

Delia ·

Ek dink elke Suid Afrikaner moet aansluit by Solidariteit.
Daar is mense met baie goeie planne en daar gaan baie geld nodig wees.
Kom ons wees positief oor al die planne en gee ook so hoop vir ons kinders en klein kinders.

Petrus ·

Ek glo nie elke Suid Afrikaner stel belang nie. Jy bedoel dalk Afrikaners. Dit is iets anders.

Jan P ·

Die anc, eff en hulle trawante gaan weer n bohaai opskop soos nooit tevore! Beskuldigings gaan weer kom oor die herstigting van apartheid op steriodes! Hier kom sports!

Bakgat, Solidariteit! Ons hou duimvas dit gaan werk! Hoop vir Al ons Afrikaner kindertjies se toekoms.

Klemmie ·

Ek is dankbaar vir die wonderlike gebaar. Dit lyk belowend. Sien is glo. Ek wil net graag onder SOLIDARITEIT se a ai 8ndag bring, hou die afrikaner in werk poste sodat hulle geld sal he om ons kinders in die fasiliteite te kan laat leer en naskoolse onderrig te kan kry.
Huidig is dit net ja en amen vir die BBBEE maatskapye.

My kinders sal nie van jul fasiliteite gebruik maak nie.

Ek gaan Numsa aansluit want hulle prraat nie net nie….. Ons moet imkomste bewaar word en huidig is ons unie verteenwoordiger asook die Solidariteit HQ verteenwoordiger is so onbevoeg en bang, geen dryf nie……

Erik ·

Dankie vir die hoop! Dink dis ‘n goeie inisiatief en sal saam inspring om veranderinge teweeg te bring. Ek en my vrou, ook gegradueerdes, het onlangs navraag gedoen rondom emigrasie, kwotasie gekry ens., maar het gekies om te bly en hier ‘n verskil te maak.
Ek noem sommer dat emigrasie agente se brood en botter afhang van emigrasie en hulle dit aggressief aanbeveel terwyl hulle self in Suid-Afrika sit.
Verseker ons veiligheid en ‘n toekoms vir ons kinders hier en daar is geen manier hoe ons sal gaan nie.

Stephan de S ·

Ek haal my hoed af vir Solidariteit en stem honderd persent saam met BlinkStephaans se kommentaar. Enige Stephaans bly n ster.

Jo ·

Dis omtrent tyd dat solidariteit ook op hierdie bewegings boot klim nou is daar al n hele klomp organisasies wat in die selfde rigting beweeg, dankie

Mike ·

Klink wonderlik….tot mens lees v Ankerdorpe! Waar gaan dit wees? Alle Afrikaners kan tog nie soontoe trek nie!
Almal kan nie net eiendom los en trek nie!
Nog Oranias??
Dan is die wat nie in Ankerdorpe woon nie nog meer uitgelewer aan geweldenaars!
Nietemin baie bly vir my kinders se onthalwe! Baie danbaar v Solidariteit! !!!

Grassie ·

Wie van julle het die maroela media survey gedoen? Die snaakste vrae wat niks met die nuus app te doen het nie! Watse dak, vloer jou huis het en nog klomp persoonlike vrae! Maroela media ek weet julle is deel van die broederbonders net soos solidariteit, is julle nou eintlik saam Afrikaners of teen hulle??

Swannie ·

@ Grassie,
Maroela Media skuil agter godsdiens om die Afrikaner by te kom en is eintlik anti – Afrikaners

@Grassie ·

Ja Grassie, van ons weet maar sommiges wil nie weet nie, makliker om aan die neus gelei te word en dit was, is en sal altyd die Afrikaner kultuur BLY. Skenk sal hulle skenk om ‘n uitverkore groepie te verryk, hul laaste geldjie as dit moet. Al wat mens kan doen is om jouself daarvan te distansieer.

Die regte Grassie. ·

Neem kennis asb – die “Grassie” hierbo is nie ek wat daardie skryfnaam al jare lank hier gebruik nie. Ek stem ook nie saam met die twak wat hy skryf nie en dit is vir my ‘n verleentheid.

Die regte Grassie. ·

Dit is nie ek wat die kommentaar hier bo geplaas het nie.

MvS ·

Wonderlike inisiatief!! Dankie Solidariteit. Ons bly en gaan n positiewe verskil maak!! Ons bid die seën van ons Here Jesus oor elke projek.

Schalk ·

Wonderlik!! Bly tans in die buiteland en wil bitter graag terugkom SA toe. Hierdie gee my weer nuwe hoop. Sal ook graag wil weet watter dorpe ingesluit is in die plan…

Sobymykoolkop ·

Wonderlik Solidariteit, gaan GROOT….
en nog GROTER..

KrokodilBotha ·

Solank ons nie in die woestyn n kamstige oasis moet bewerkstellig nie. Kry goeie gronde, wat reen kry en vrugbaar is. Geen rede om net die drek gedeeltes te wil he nie. Dis ons land, ons voorvaders was voortrekkers. Geen warm klippe of woestyn. Dankie, ek stuur geld.

Kerneels ·

Die lewe is ongelukkig nie so eenvoudig en maklik nie. De Klerk het jou voorvaarders se grond weggeteken. Nou het jy ‘n keuse: Dien die neerderheid of ontwikkel ‘n dorre streek totdat dit lyk soos Israel vandag. Jy kan nie jou brood aan twee kante botter nie. Jy klink na iemand wat nie terugdeins vir harde werk nie.

Bly maar self ·

Dis nodig vir sulke planne om te kan omsien na die wat wil of moet bly. Dis egter meer van dieselfde van die afgelope 400 jaar in ‘n geweldadige wreedaardige land en dus nie goed genoeg vir my of my nageslag nie. Die milieu in die land is ook heel anders as na die boere oorlog en ‘n klein bietjie bydrae, is ‘nog’ bydrae na ‘n korrupte regering hul pond vleis geeis het namens die wat nie wil bydrae nie. Klaar geveg, klaar betaal, klaar oorleef. My nageslag sal LEEF met hoë standaarde in ‘n vredeliewende, beskaafde land ver van hier. Want sou ek luister na die wyse woorde van my voorsate en familie van een op wie se pluiskuil die duiwe nou mis, weet ek hulle is reg: “Dis alles ‘n malle gejaag na wind, my kind.” Voorspoed met die planne in Afrika.

Dankie ·

Mooi verwoord en 100% korrek. Ons kinders kan gelukkig ook nou LEEF, vêr van die Afrika hool.

Kokkie ·

Baie dankie, Flip Buys. Baie dankie, Solidariteit. Ek is so dankbaar vir wat julle doen en die goed deurdagte manier waarop julle aksies berus. Nou moet Suid -Afrikaners net saamstaan en nie weer elke man toelaat om in sy eie rigting te trek nie. In die verlede het ons hopeloos te veel ‘leiers’ gehad wat dwars getrek en sy eie kop wou vol. Eendrag maak mag !

leon ·

Vir die van julle wat kla en negatief is-kyk eers na julle self -maak julle n bydra tot Soldariteit se fonds,wel ek doen en is bereid om nog meer by te dra elkke maand,ons weet die regering gaan alles probeer maar onthou ongelukkig is geld mag vandag,as ons die geld en fondse het kan ons baie vermag en baie belangrik is dat ons moet BEGIN SAAM STAAN,ek het kinders in die land wat nog moet gaan sowt en so dan nog hulle klein kinders en nie almal wil ons land verlaat nie

James ·

Dankie uit ons harte vir wat julle doen. Bly ek is n lid. Mens word elke dag herhinner hoe onwelkom settler ons is. Baie dankie vir die hoop

Mossie ·

Ek is bly om meer positiewe kommentaar te lees as negatiewe kommentaar. Ons is almal geregtig op opinies en verskillende menings. Deur saam te staan as n Afrikanervolk beteken glad nie dat almal presies dieselfde oor verskillende sake moet voel nie. Inteendeel deur verskillende menings en opinies kan mens net verbeter op n land MITS dit op n ordentlike manier gedoen word. Kan ons Blankes nie maar vir eens al ons verskille opsy skuif vir n rukkie en daarop konsentreer om saam te staan en vir oorlewing en selfbehoud te veg nie? Deur terug te draai na God en ons waardes te hersien is reeds n stap in die regte rigting. Wanneer ons die een ding bereik het waarna ons almal smag, vryheid en vrede, dan kan elkeen sy mening en opinie lug en kan ons saam verder bou. Kortom, steek jou selfsugtige gevoelens en houding vir eers in n kas, dit kan later weer na vore kom en uitgesorteer word!! Wanneer elkeen van ons dit begin doen sal dinge tot n punt gedryf kan word.

Pottie ·

Ek stem saam jiu mossie ons blankes moet vir die ANC sirkus net n slag wys hulle het klaar met ons en ons belasting geld gemors

Goeie idee ·

Dis n goeie idee dat ons mense begin bymekaar Kom en laer trek en begin werk aan eie bemagtiging. Dit het goed gewerk in verlede en sal ook nou. Ons moet net waak teen ondermyning van Paar trawante wat mens se geboorte reg Sal verkoop vir n pot lensie sop. En meer positief wees want waar n Wil is, Is n weg. Mens eet n olifant stukkie vir stukkie.

Talita ·

Ek verlang na my volk. Na my identiteit as Afrikaner. Ek voel vreemd in my geboorteland. Ek het geen reg meer nie, my hart hunker na tye toe ons kinders in die strate kon speel, toe ouers en kinders met elk ‘n roomys in die hand Sondae ”window shopping” kon doen, ‘n skoon en veilige Pretoria en Johannesburg waar tannies met hul handsakke in die middestad kon inkopies doen. Ek verlang na die dorpswembaddens wat soveel veugde aan ons as kinders verskaf het, vandag is daar slegs die vae herinneringe….. Ek wil net by my eie mense wees, en veilig voel en in ‘n mooi, skoon omgewing bly waar daar hoop is vir ons land en ons toekoms. Ek wil nie wegtrek nie. Ek hoort by my eie mense, in my geboorteland. Mnr Flip Buys en Solidariteit, ek is met julle elke tree van die pad. Ons as boere is reeds lede by Afriforum maar sal gee wat ons kan om te help met die herstel en heropbou van ons volk vir wie ek só lief is. Dankie en alle sterkte.

Realis ·

Dankie!! Maar, NEE dankie!! Het nou na daai lys gaan kyk. Van daai dorpe is deel van groter Metro’s en bankrot Stadsrade!!

Wingman ·

Korrek, Realis!!!! Die regering sal steeds in Afrikaner se gesigte wees.

jaco ·

Ek het 2 beter voorstelle:
EERSTENS: Agiteer by die ANC dat hulle weer apartheid instel. Vat wit mense se stemreg weg. Verklaar wit mense in die grondwet tot 2deklas burgers Onteien dadelik alle wit grond in 8 van die 9 provinsies. Doen gedwonge verskuiwings van alle wit mense Wes-Kaap toe. Daar kan wit mense ‘n mate van selfregering hê. Buitelandse beleggings word ook daar toegelaat. So iets kan binne minder as 10 jaar werk. Hong Kong, Macau, die Palestinian Authority is almal werkende voorbeelde
TWEEDENS: Agiteer by die ANC om ons eenvoudig almal na Europa en Amerika te deporteer. Met ‘n grondwet wat sê ons het ons burgerskap verloor, asook ‘n soortgelyke aanduiding in ons paspoorte, sal daardie lande gedwing wees om ons in te vat.

Ruiter in Swart ·

@Jaco – Dis nou Flink Gedink! Jy het die beste oplossing vir ons almal. Laat die Regering ons terug deporteer, en verder vergeet ons net, dat Jan van Riebeeck ooit hier voet aan wal gesit het! Problem Solved!

Truia ·

Julle kan die dorpe Google. Volledige lys met inwonersgetalle daarby. Tik net ’30 ankerdorpe, Solidariteit’ in.

John ·

… ‘n unie wat op die vrese van Afrikaners teer… geld te gooi na ryk base se slim planne wat destyds saam met DeKM tee gedrink het? Lees eers oor die Dorslandtrek en die tragiese uiteinde. Fanatici is nou op spoed met die hulp van Indiese Virseker-base. Oy tog! Laat weet gou waar julle anker wil gooi sodat ek kan wegroei. Wees eerlik dat Afrikaanses ipv van Afrikaners geteiken word… Baby it’s too late now… too late now…

NW ·

Stem saam met jou John. Wie sit agter Solidariteit? Net vir Afrikaners en Afrikaans sprekendes?

Cherokee ·

Onbetroubare inligting dui daarop dat die ankerdorpe Durban en omligende dorpe is.

Gert van Wierdapark ·

Diegene wat met oogklappe deur die lewe gaan SAL ongelukkig ALTYD goeie planne bevraagteken ens. So John en DW pla ons nie. Wat wel baie belangrike is, is dat daar ver BUITE DIE “BOKS” met strategiee vorendag gekom moet word om te oorleef en te groei!! SKITTEREND Solidariteit en jul ondersteuners!!!

chappies ·

wonderlike idees en drome, solidariteit, doe zo vooort… julle probeer darem…. MAAAR die weerbarstige ou nasie, laat SAAMSTAAN EN SAAMSTEM wil ek nog eers sien…!!!!!

Wingman ·

Afrikaners was nog altyd weerbarstig wanneer ondemokratiese besluite oor hul toekons geneem word. Wat die vaders hier beplan is eintlik net ‘n klub.

Willem Grobler ·

Ons kort ‘n plan om ons belastinggeld te weerhou van hierdie spul diewe.

HeinRich ·

Belasting weerhouding gaan moeilik wees. Solidariteits se plan is meer prakties:

“As Afrikaners iewers die meerderheid is, is politieke mag binne hulle bereik, wat impliseer hulle kan belastinggeld eerder as private fondse aanwend om grondwetlike ruimtes vir taal en kultuur uit te bou”

Sven ·

Dit klink vir my hier word ‘n alternatiewe regeer en beheer sisteem geskep. Vraag is, wie is in beheer, word leiers demokokraties verkies, of is dit ‘n korporatiewe demokrasie waar salaristrekkende burokrate die besluite neem? Binnekort sal gewone Afrikaners wat wil deelneem twee regerings moet dien, en elkeen eis sy pond vleis.

HeinRich ·

Die idee van 1 Volkstaat (iewers?) is onprakties.

Solidariteit is besig om ‘n onoffisiele regering te skep wat beter sal werk.

PC ·

Beteken dit die ander dorpe kan nou maar vergaan? As jy nie in n anker dorp bly nie, gaan nog die Afrikaner nog die regering jou ondersteun. Met die plan vernietig hulle die bietjie van die ekonomie van die ander nie anker dorpe. Daar waar jy as n gemeenskap in n “ander” dorp poog om bv n skool op te bou kan jy nou maar vergeet, want die solidariteits beweging het besluit jou dorp se ekonomie is nie waardig om te groei nie. Dit is bietjie kortsigtig van hulle. As jy in n nie anker dorp bly is jy nou op jou eie. Dit is baie hartseer.

Frik ·

Solank die ankerdorp deur die DA beheer word sal dit goed gaan.

Gaitsigubib ·

Jy sal my dood veroorsaak Frik! Ek het nou so aan ‘n glas coke verstik ek was amper bokveld toe. Ek gaan skink sommer gou nog een met n knerts by.

Joziklong ·

Dit is regtig wonderlik. Bietjie hoop vir n moedelose mens

Boy van die Suburbs ·

Flip Buys ek is ‘n Lid van beide Solidariteit & AfriForum, maar ek is nou op ‘n stadium in my lewe, waar ek van julle gaan begin verskil! Ek hou van Orde & Struktuur in my lewe, en ek GLO dat Orde & Struktuur broodnodig in ‘n samelewing is, om te kan funksioneer en om te kan presteer! Kan julle my Orde & Struktuur in ‘n Afrikaner tuisland guarantee??!! Of gaan dit NET by dorpies bly, waar my geld goed genoeg gaan wees, maar verder is ek nog onderhewig aan die ANC se besluite. Anders verskoon ek my self van hierdie chaotiese land waar misdaad en korrupsie hoogty vier!! Om in ‘n beskaafde (civilized) land te bly, is my 1ste prioriteit aan myself & gesin………

humor ·

Aaag Piet man, blikskottels tog, verdomp man. Solidariteit verplig niemand om te bly nie , en oefen self nie druk op iemand om te bly nie. Dit bly jou vrye keuse. Ek skat jy is nog hier en verder dink ek jy is iemand wat sit en wag om die vrug van hierdie inisiatief te pluk. As jy wil gly, doen dan so.

Hansie Slim ·

Asof julle nie al alles gesê het nie, wil ek ook ‘n eiertjie lê!!
Ek het eers gedink Jaco hierbo is van sy kop af maar hoe meer ek dit lees, hoe meer dink ek dit kan werk!!
Een ding moet ons besef, dinge gaan NOOIT wees soos jare gelede nie!! Daai lekker dae is ongelukkig verby!! Ons sal ook moet besef die tyd mag kom (Vader gee dat ek verkeerd is) dat ons met die rug teen die muur mag staan en nêrens het om te vlug nie. Maar my kinders sal ek nie probeer keer as hulle die pad vat nie!! Ek ek het nie daai keuse nie. So, ons moet maar die beste van hierdie ding maak en hoe gouer hoe beter.
Ek dink almal is bekommerd wat dit vir pensioenarisse insluit maar as dit die opoffering is wat ek moet maak, dan is dit so!!
Julle kan verseker wees, daar gaan allerhande beskuldigings na ons/julle gegooi word soos.. “hier kom nog ‘n Boerestaat.. afsonderlike ontwikkeling… apartheid sal sekerlik ook die een wees, ens..ens!!
Ek hoop die tyd breek vinnig aan dat ons nasie sal saam staan!! Di ongelukkig iets wat ons nodig nie in eeue geleer het nie!! Om saam te staan vat opoffering!! Iets wat ons nie bereid is om te maak nie…mag dit nie te laat kom nie!!

Johanna Botha ·

Die anc moet dalk notas neem van hoe n mens bou eerder as afbreek plunder en vernietig !

FRANK ·

Steve Hofmeyer het gese: maak nie saak waar dit is nie,net solank Mosselbaai ook daarin is..

Pieter ·

Die ANC moet net vir een keer maniere geleer word mense BELASTING BOIKOT dit is van al die blankes se gepraat dat dit gaan soos dit gaan wat gaan hulle doen ons almal in die tronk sit dit wil ek sien

Deon ·

Tyd vir ‘n pararelle demokraties-verkose regering wat politieke besluite kan neem. Bring ‘n kripto geldeenheid ook in.

FRANK ·

Deon , ek stem saam met die Kripto geldeenheid.Dit gaan hul stywe nekkies knak.Wie wil
n land he sonder geld.Binne 6 mde sonder kos en geld trek die Ngunies terug noorde toe.

Realis ·

‘n Mooi plan wat gekonsentreer is op diegene wat nie die hool wil of kan verlaat nie en dit word alle voorspoed toegewens. Aan die ander kant moet mens realisties wees deur die volgende punte in ag te neem:

1. Die hordes wat in die land teenwoordig is gaan nie verdwyn of verminder nie. Inteendeel.
2. Daar is reeds meer as 900-duisend armblankes in SA wat onder die broodlyn o.a. in plakkerskampe reg om al die groot stede woon. Hoe skuif mens hulle en hoe wend mens hulle produktief aan?
3. Daar is heelwat bejaardes waarna omgesien moet word. Dit dra by tot die finansiële las.
4. Die regering gaan verseker hierdie stede en dorpe teiken en seker maak dat die hordes daarheen stroom om dit te verswelg want die grondwet gee hulle daardie reg. Hulle het die getalle.
5. Die regering gaan op elke vlak en stand (demografies, juridies, geweld, ens) hierdie plan beveg. Dit is ‘n reuse las.
6. Sedert 1994 het meer as 1.7 miljoen blankes SA verlaat. In totaal is daar huidiglik sowat 3.3 miljoen blankes in SA waarvan sowat die helfte bejaard is, trek af die 900-duisend armes. Weeg dit nou op teen die sowat 90 miljoen massas tans in SA.
7. Die term “non-racial” is deel van Solidariteit, die AB en Afriforum se grondwette. Dit opsigself is teenstellend met die hele konsep.
8. Hoe veg mens in/binne SA se “regstelsel” wat reeds “getransformeer” is?

Voorspoed.

Jimmy ·

Ek dink Solidariteit se plan is meer ekonomies as polities.

Realis Twee ·

@Jimmy. In SA kan mens ongelukkig nie politiek en ekonomie van mekaar skei nie (al wil jy). Die een het ‘n direkte en ongenaakbare invloed op die ander. Ongelukkig is Realis hierbo 100% korrek met sy feite. Ek dink hy het maar net op ‘n diplomatiese manier vir ons beskryf hoe futiel hierdie plan eintlik is. Mense gaan eenvoudig nie die risiko neem om hulle eiendomme te verkoop, hulle loopbane te skuif of te verlaat en na dorpe toe trek waar hulle van voor af deur die hordes verswelg gaan word nie. Kortweg begin mense besef dat hulle gladnie meer in Afrika wil wees nie, want Afrika bly Afrika. Daarom emigreer massas gekwalifiseerde mense elke maand op strepe want hulle is nie dom nie.

Fanie ·

Jou syfers oor die witmense wat in plakkerskampe bly is verkeerd, jou emmigrasiesyfers ook. Jy kan veral nie daarop gevolgtrekkings maak nie.

Adam ·

Solank diegene wat dmv die Groot Trek uit die suide “uitgevoer” is na die noorde bly waar hulle tans is, kan hulle maak wat hulle wil.

Knapsekêrel ·

Indien jou oupa of ouma in die suide gebore is mag jy in die Kaap gaan woon.

Emile ·

Al die planne klink wonderlik, maar lyk my nie asof my gesin welkom gaan wees nie. Ek het 2 anderskleurigge kinders aangeneem, Afrikaans, blank en trots daarop.

Nóg 'n rede ·

Waarom sal jy nou wil kla? Jy verdien die wonderlike Azania. Bly gerus in jou wonderland. Waarom sou jy in elk geval wou trek? Jy ís mos so lief vir die reënboog. PS: Julle tipe is maar net nóg ‘n rede waarom ek die hool verlaat het. Voorspoed vir jou.

sweis ·

Niks met kleur te doen nie ,die meeste mense in SA wat emigreer vandag is swart mense wat net soos ons n beter lewe soek met bevoegde leiers,polisie wat dien en beskerm ,mediese sorg,n gesonde ekonomie,voedsel sekerheid en goeie christelike skole om ons kinders op te voed in sy eie taal.

sweis ·

Dit help nie ons trek almal naboomspruit toe nie die diskriminerende wette gaan daar ook n werklikheid wees ons nodig idees soos Markus sin stig af en bou aan n nuwe toekoms,ons leer uit die foute van die verlede en bou daarop,en vir die lui klomp,die tegnologie is reeds van so aard dat jy met niks hoef te sukkel nie.

Judi ·

Wonderlike nuus. Ek bly nie op die oomblik in SA nie en is deel van n expat gemeenskap. Moenie anderkleuriges en engels sprekende mense by julle planne uitsluit nie. Ons is nou meestal deel van die Britse gemeens kap want dit gaan help vir ons. Baie ander SA mense sal deel wil wees van julle planne want dit WERK en is voordelig vir meer mense. Hoe meer mense julle kan betrek hoe beter. Maak nie saak taal of kleur. Dis die enigste manier hoe SA kan voorentoe beweeg en kan werk

Sven ·

Flip sal daai R8 miljard onder sy bed moet wegsteek, anders gaan die regering hom verplig om in Eskom en Denel te belê.

Foxi ·

Drome kan waarword. Is dit nou verkeerd van Solidariteit om n begin te probeer maak?
Wie van ons sit saam met Solidariteit om n tafel en bespreek die planne vir die toekoms?
Glo dit, hierdie mense werk hard en veg hard namens ons. En ja, elke sent kan n verskil maak. Hoeveel mense gee pad sonder om te dink en dat hul bydrae miskien n verskil kan maak. Vir n feit sal hulle vinnig terugkeer as hulle WEET dat Solidariteit sy doel bereik het.
Nee man, jy kan nie verwag dat iemand anders die vuilwerk vir jou doen nie. Jammer, dis hoe ek dit sien en ek bid en hoop dat Solidariteid alles in hul vermoeë sal doen, sodat geregtigheid sal seëvier. Ek kan net vir hulle dankie sê. Alles is nie altyd donker nie, daar is altyd n lig aan die einde van die tonnel. Werk maak sterk, saamstaan nog sterker.

Adam ·

En so kry Solidariteit, net soos sy aanverwante maatjies, hule hande ferm op die bedreigde Afrikaner se beursies.

Kobus ·

Dis baie geld. Ek hoop die finansies word goed geoudit, met finansiële state, risiko analises en terugvoering aan die wat bydrae.

JOHAN ·

Bly om die baie positiewe reaksie te sien.
Gee die ouens ‘n kans, ons moet nie kriteseer voor dit begin het nie. Wees positief en wees bly dat daar minstens ouens is wat iets positief probeer doen.
Kan die doemprofete nie net eers vir ‘n rukkie gaan slaap nie.

Andréas ·

Daar is huidig net te veel negatiwiteit onder Afrikaanssprekendes. Moet asb nie dié afskiet wat iets konstruktief doen nie?Niemand kan die toekoms voorspel, maar in Hoop, Geloof en Liefde met oë slegs gerig op GOD Drie-Enig is alles mos moontlik. As jy wantrou en voortydig wil beskuldig, verwys asb met werklike feite. As jy reeds teen ekonomies onverstandige wisselkoers (sonder ‘n werksaanbod) emmigreer het, berus by jou besluit. Die wat bly omdat hul wil of nie anders kan, se besluit verdien óok respek. Raak deel, voel samehorig, vra en vind self uit wat werklike feite is. Hierdié organisasies en persone werk hard, verduur geweldig kritiek en spanning. Hul kan slegs beskuldig word sodra wanpraktyke aan die lig kom. Voëls wat draadsit kan ook vlieg en gemaklik op brëe takke en neste gaan sit. “Nadoener sitters” kan egter met tyd slegs na een of ander kant afval. Maak, van waar jy jou ook al bevind, bydraes. Dit gaan nie baie lekker voel as jy veels te laat eers deel wil word of terugkeer na ‘n “nuwe” omgewing wanneer jy besef dit werklik “werk” en ander moes al die werk verrig terwyl jy net kon praat, jou besluit probeer afdwing, valslik beskuldig en alger wantrou nie. Staan saam, bou saam, leef saam en geniet saam dié vreugde…!

Swaar Belas ·

Die eerste stap moet wees om ons belasting aan te pak. Skep ‘n wettige proses waardeur elke werknemer moet kan kies aan wie sy werkgewer ons belasting moet betaal: SARS of Solidariteit. Skep ‘n werklike alternatief, al is dit crypto-currency.

Leon ·

Dit is reeds te laat vir al die planne, jammer.
Julle kan duisende studente oplei, om wat te gaan doen?

Barend ·

Solidariteit begin nou doen wat die Nasionale Party in 1948 mee moes begin het: In plaas van tuislande vir ander mense, moes die NP ‘n tuisland vir sy eie mense begin het. Dan het ons vandag geen probleem gehad nie, behalwe om ons grense te beveilig.

Flippie ·

Dit klink na ‘n goeie plan – maar verkies maar steeds ‘n grote enkele gebied. Soos byvoorbeeld die Suid Kaap of die ou Republiek van Natalia.

Dit is egter beter as niks.

Opweeg en Afweeg ·

Dit verg nie baie om die sommetjies te maak nie. Gekwalifiseerde mense met verstand en finansies sal eerder hulle geld en kundigheid oorsee neem as om steeds in ‘n Afrika hool deur ‘n oormag massas omring te word. Ons gesin is voorbeeld daarvan.

Koos ·

So….
Vertel van die plan…
Waar kan ek aansoek doen
Ek kan 15 -20 mense werk gee as ek so bietjie hulp kan kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.