Solidariteit Beweging nader buiteland oor ‘diskriminerende praktyke’

Flip Buys (Foto: Twitter/Solidariteit)

Die Solidariteit Beweging het skrywes aan regerings en internasionale organisasies in die buiteland gerig en versoek dat standpunt teen die Suid-Afrikaanse regering ingeneem word om af te sien van diskriminerende praktyke en maatreëls wat as onaanvaarbaar beskou word.

Solidariteit het briewe aan meer as 30 lande se regerings geskryf, asook aan organisasies soos die Verenigde Nasies, die Europese Unie, die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds.

Dit vorm deel van Solidariteit se internasionale veldtog om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om die rassemaatstaf waarvolgens finansiële hulp tydens afsondering aan sakeondernemings toegeken word, te laat vaar.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is ’n internasionale veldtog nodig omdat die regering nie aan pleidooie van verskeie burgerlike organisasies en politieke partye gehoor wil gee nie.

“Ons het vandag verskeie oorsese regerings en organisasies versoek om nie net standpunt teen die afgelope weke se kommerwekkende gebeure in te neem nie, maar ook om binne hul magte stappe teen die Suid-Afrikaanse regering te doen. Ons het reeds met politici in verskeie lande in Europa gepraat en verwag dat druk op die Suid-Afrikaanse regering gaan toeneem,” sê Buys.

Dié drastiese stap om buitelandse regerings te nader volg ná die Noord-Gautengse hooggeregshof bevind het dat die departement van toerisme ras as maatstaf mag gebruik in die toekenning van finansiële hulp aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s).

Soos vroeër berig, is die Solidariteit Beweging ook bekommerd oor wat hy beskryf as ’n “polisiestaat” wat in Suid-Afrika ontwikkel. Volgens Buys wil hulle die buitewêreld bewus maak van die kommerwekkende gebruik van geweld en intimidasie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Nasionale Weermag.

Buys sê ’n derde punt waarop Solidariteit oorsese rolspelers bedag wil maak, is die inmenging in die hulpverlening wat deur gemeenskapsorganisasies gelewer word.

“Ons is ook tans besig om oorsese regerings en organisasies bewus te maak van die drakoniese aard van Suid-Afrika se afsonderingsregulasies. Sekere maatreëls, wat geen bydrae lewer tot die bestryding van die virus nie, word op ’n drakoniese manier afgedwing. Die maatreëls dui alles op ’n algemene oorregulering van die burgerlike samelewing, waardeur mense se menswaardigheid en regte aangetas word,” sê Buys.

Solidariteit het reeds aangedui dat hy die Konstitusionele Hof rakende die afsonderingsregulasies gaan nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frans

Julle kan bly wees as julle n erken ontvangs op die briewe kry. Al die regerings is besig met covid bestryding en hoe om hulle ekonomie aan die gang dit kry. Ek hoop egter dat die briewe sal werk.

Kommentaar

Nou eers? Selfbeskikking was en is die enigste oplossing. Wie nie wil trek nie moet maar slawe bly in Egipte.

Adam Adriaan

Hulle sê probeer is die beste geweer. Hoop daar is redement op die poging, want die organisasies wat moet reageer op die wekroep, is almal werktuie van die Fourth Dimention/Prison Warders/Brotherhood en Elite. Hulle skryf die musiek, waarna alle nasies en tale moet dans opmaat van die musiek. Sterkte met die poging.

koos10

Solidariteit, hoe durf julle dit doen?? Antie Sisulu het mos nou gesê julle oordryf en stel SA in ‘n slegte lig in die buiteland, en boonop jok julle en haal dinge uit verband uit. Verder sê sy dat sy en haar party aan nie rassigheid glo en geen diskriminasie toepas nie en dat almal in die land gelyk is. Dis nou regtig die boodskapper verwoes oor die boodskap wat hy bring. Flip en kie, gaan asseblief voort en verkondig dit so wyd soos julle kan. Toe Mandela die apartheids stelsel in die wêreld veroordeel het, is hy soos ‘n koning… Lees meer »

Althes

Die ander lande is besig om Covid 19 te bestry en ons kan net bid en glo en vertrou dat hul ag slaan op.die briewe.
Ons is letterlik moeg vd goedkoop politiekery van die regering. Daar is na 26 jaar geen ongelykheid wat deur vorige regering geskep is nie.
My mond hang oop as ek hoor hoeveel kinders ñ individu het, en kan net my kop skud, want ñ gewone salaris wat ek, die individu en alleman verdien sal nie al daardie honger monde kan voed en klee nie.