Solidariteit Beweging nader buiteland oor ‘diskriminerende praktyke’

Flip Buys (Foto: Twitter/Solidariteit)

Die Solidariteit Beweging het skrywes aan regerings en internasionale organisasies in die buiteland gerig en versoek dat standpunt teen die Suid-Afrikaanse regering ingeneem word om af te sien van diskriminerende praktyke en maatreëls wat as onaanvaarbaar beskou word.

Solidariteit het briewe aan meer as 30 lande se regerings geskryf, asook aan organisasies soos die Verenigde Nasies, die Europese Unie, die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds.

Dit vorm deel van Solidariteit se internasionale veldtog om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om die rassemaatstaf waarvolgens finansiële hulp tydens afsondering aan sakeondernemings toegeken word, te laat vaar.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is ’n internasionale veldtog nodig omdat die regering nie aan pleidooie van verskeie burgerlike organisasies en politieke partye gehoor wil gee nie.

“Ons het vandag verskeie oorsese regerings en organisasies versoek om nie net standpunt teen die afgelope weke se kommerwekkende gebeure in te neem nie, maar ook om binne hul magte stappe teen die Suid-Afrikaanse regering te doen. Ons het reeds met politici in verskeie lande in Europa gepraat en verwag dat druk op die Suid-Afrikaanse regering gaan toeneem,” sê Buys.

Dié drastiese stap om buitelandse regerings te nader volg ná die Noord-Gautengse hooggeregshof bevind het dat die departement van toerisme ras as maatstaf mag gebruik in die toekenning van finansiële hulp aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s).

Soos vroeër berig, is die Solidariteit Beweging ook bekommerd oor wat hy beskryf as ’n “polisiestaat” wat in Suid-Afrika ontwikkel. Volgens Buys wil hulle die buitewêreld bewus maak van die kommerwekkende gebruik van geweld en intimidasie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Nasionale Weermag.

Buys sê ’n derde punt waarop Solidariteit oorsese rolspelers bedag wil maak, is die inmenging in die hulpverlening wat deur gemeenskapsorganisasies gelewer word.

“Ons is ook tans besig om oorsese regerings en organisasies bewus te maak van die drakoniese aard van Suid-Afrika se afsonderingsregulasies. Sekere maatreëls, wat geen bydrae lewer tot die bestryding van die virus nie, word op ’n drakoniese manier afgedwing. Die maatreëls dui alles op ’n algemene oorregulering van die burgerlike samelewing, waardeur mense se menswaardigheid en regte aangetas word,” sê Buys.

Solidariteit het reeds aangedui dat hy die Konstitusionele Hof rakende die afsonderingsregulasies gaan nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Frans ·

Julle kan bly wees as julle n erken ontvangs op die briewe kry. Al die regerings is besig met covid bestryding en hoe om hulle ekonomie aan die gang dit kry. Ek hoop egter dat die briewe sal werk.

Kommentaar ·

Mens gaan kla nie in die hel oor die duiwel nie. As die internationale media en regerings iets omtrent die situasie in SA wou doen, sou hulle al. Ons is in groot moeilikheid. Ons moet onsself help.

Kommentaar ·

Nou eers? Selfbeskikking was en is die enigste oplossing. Wie nie wil trek nie moet maar slawe bly in Egipte.

twaalfboor ·

Reageer jy uit die buiteland uit? Nie almal is in die posisie om landuit te trek nie. En waar dink jy gaan jy self beskikking hê in hierdie land? Nie eers die Oraniars beskik oor hulself nie. Hulle bluf hulself.

Adam Adriaan ·

Hulle sê probeer is die beste geweer. Hoop daar is redement op die poging, want die organisasies wat moet reageer op die wekroep, is almal werktuie van die Fourth Dimention/Prison Warders/Brotherhood en Elite. Hulle skryf die musiek, waarna alle nasies en tale moet dans opmaat van die musiek. Sterkte met die poging.

koos10 ·

Solidariteit, hoe durf julle dit doen?? Antie Sisulu het mos nou gesê julle oordryf en stel SA in ‘n slegte lig in die buiteland, en boonop jok julle en haal dinge uit verband uit. Verder sê sy dat sy en haar party aan nie rassigheid glo en geen diskriminasie toepas nie en dat almal in die land gelyk is.
Dis nou regtig die boodskapper verwoes oor die boodskap wat hy bring.

Flip en kie, gaan asseblief voort en verkondig dit so wyd soos julle kan.
Toe Mandela die apartheids stelsel in die wêreld veroordeel het, is hy soos ‘n koning behandel, ten spyte van die ANC/SACP se tereur veldtog, maar nou dat die stelsel omgekeer is moet ons stilbly???

Verder moet ons dan ook vir alle wit mense wat SA wil kom besoek vertel wat werklik hier aangaan. Die bekwame regering en regerende party wil NET julle geld hê. Ek dink aan Harry en Megan, Arnold Vosloo, Charlize, Charlene ens. Snaaks dat hulle met hul wortels hier staan en familie hier het, maar hulle monde is toep stil.

Althes ·

Die ander lande is besig om Covid 19 te bestry en ons kan net bid en glo en vertrou dat hul ag slaan op.die briewe.
Ons is letterlik moeg vd goedkoop politiekery van die regering. Daar is na 26 jaar geen ongelykheid wat deur vorige regering geskep is nie.
My mond hang oop as ek hoor hoeveel kinders ñ individu het, en kan net my kop skud, want ñ gewone salaris wat ek, die individu en alleman verdien sal nie al daardie honger monde kan voed en klee nie.

Raadslid ·

Rasse maatstawwe moet ook na Inperking geskrap word. SA se huidige ekonomie is grootliks te danke aan die maatstawwe.

Pieter ·

Daie ANC is terroriste organisasie wat het julle gedink.Al daai lande se monde was groot daai tyd. Hoekom sal hulle nou wil herken hulle het n fout gemaak.

Chris ·

Die buiteland, is dit dalk dieselfde buiteland wie sanksies teen die ou bedeling ingestel het? Hoop eerder dat ondermeer die verbod op rook, drank en ander sinnelooshede wat Suid -Afrikaners nou ervaar en omkrap, by die stembusse ‘n verskil gaan maak.

Alleen Wolf ·

Dit gaan geen verskil maak nie, “Our People ” gaan weer in hulle hordes vir hulle stem,

BoerSonderRoer ·

Die net regverdig dat ‘n rasis uitgewys moet word. ‘n Swart rasis is net so erg soos ‘n wit rasis.

PieterP ·

Jy vergeet ‘n onlangse stelling my vriend. Swart mense kan nie rassisties wees nie.

Fedup ·

All good and well, but would it not be more potent if the citizens of this country could voice their concerns as well? I personally think it would be more affective.

Jaco ·

As wit besighede wel deur die ANC-regering gehelp word, gaan al hulle besonderhede opgeteken word. So ‘n jaar ná die “hulp”, dan kom die ANC-regering terug na daardie besighede toe met allerhande ander rasgebaseerde vereistes. En as daardie besighede dan weier, dan gaan hulle maklik deur die staat oorgevat word SONDER vergoeding.
Wit besighede moet eerder bly wees dat hulle nie staatshulp kry nie. Hoe minder hulle met die staat te doen het, hoe beter vir later.

Kanjynoumeer ·

Dankie aan Flip Buys en Solidariteit.
Ja, dêmmit ons moet die stryd voortsit.
Our people móét eenvoudig aanvaar word in ander lande.
Ons mense, Afrikaners of ons nou skuldig was aan die apartheid stelsel of nie, móét nou die ‘straf’ verduur.
Wat het geword van demokrasie?
Die rëenboognasie?
As die EFF n verskil kan maak met die minimum mense, so kan ons ook.
Our people het die massa aan hulle kant, maar Afrikaners het ook mos n gereedskaps tas. Maak gebruik daarvan.

JM ·

Ek soek nog steeds na swart, bruin en wit in die reënboog. Reënboognasie se voet!

JN ·

Om niks te doen nie is om jou eie nasie te sien selfmoord pleeg soos die Anc stukkkie vir stukkie nuwe waters toets in hul kwessie om die blanke se regte in Suid Afrika te vertrap. Tans kom hul die Anc daarmee weg want die meeste blankes is te gerieflik of te bang om te sien daar moet nou daadwerklik opgetree word. As ons dan nie die wapen kan opneem nie miskien is dit dan n goeie opsie om wel gewig agter die organisasies wat vir ons blanke regte veg te gooi, miskien tyd vir introspeksie blankes.Ek stem met Afriforum en Solidariteit en dank die Here vir die mense met integriteit wat nog darem probeer al word hul platgeslaan en selfs afgekraak deur dieslefde mense vir wie se regte hul veg .Hul moet probeer al faal hulle wat heel moontlik gaan gebeur hier en in die buiteland aangesien baie ander anti blank, blank liberale is wat nie omgee wat met die blankes van Suid Afrika gebeur nie..Maar weet dit om stil te bly en alles so gewis te aanvaar is n gewisse stille dood in n donker Afrika.

Adam ·

Tragies soos dit is, sal die internasionale gemeenskap nie veel vir ons doen nie. Waar ‘n meerderheid ‘n minderheid onderdruk, swyg hulle soos die graf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.