Solidariteit Beweging sê steun toe aan teenkorrupsie-optog

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit (Junie 2015) Foto: Reint Dykema

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit (Junie 2015) Foto: Reint Dykema

Die Solidariteit Beweging het vandag bekend gemaak dat hy aan die optog teen korrupsie op 19 Augustus gaan deelneem.

Die Solidariteit Beweging bestaan uit 18 instellings wat die vakbond Solidariteit, die burgerregte-organisasie AfriForum, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die maatskaplike instelling, Solidariteit Helpende Hand insluit. Die Solidariteit Beweging verteenwoordig sowat 310 000 gesinne.

Die optog word reeds ondersteun deur nege ander vakbonde en verskeie burgerlike instellings waaronder die menseregte-organisasie Section 27 en Outa.

Solidariteit het ook besluit dat hy die artikel 77-aansoek van NUMSA by Nedlac om die optog ʼn beskermende protesaksie te maak, sal steun.

Die Solidariteit Beweging sal ook ʼn uitnodiging van die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, om deel van die reëlingskomitee te wees, aanvaar.

“Korrupsie is ʼn probleem wat oor gemeenskappe strek en alle Suid-Afrikaners behoort saam te staan teen die probleem. Dit gaan ʼn kragtige politieke boodskap uitstuur indien die burgerlike samelewing oor tradisionele verdelingslyne heen hieroor kan saamstaan. Ons nooi ander vakbonde en burgerlike organisasies uit om ook deel te neem aan die optog,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jennefer ·

Komaan mede burgers, kom ons vat die dag af en vat die regering aan!

Grassie ·

Daardie ou op die foto praat nie van die optog nie. Hy wys eintlik net hoe koud die winter regtig is.

Jaco Grobler ·

Hehehe, netso! Nietemin, ek verkies eerder om ‘n dag konstruktief te bestee as om te betoog, maar die ene sal ek sterk oorweeg. Beslis tyd vir ‘n keerpunt.

Ben Kirstein ·

Die dag wanneer julle wit kinders wat die Afrikaner se naam hoog hou ondersteun, help ek julle !!

Janine ·

Dis die regte ding om te doen. ALMAL word deur korrupsie tot bankrotskap gevoer en hier is nou ‘n geleentheid om EEN keer te wys dat ons dieselfde oor hierdie euwel voel. Maar wat doen die Afrikaner? Een hierbo is positief; een oorweeg; die ander steek die draak (met seksuele ondertone). Die dag sal kom dat die Afrikaner met sy rug teen die muur sal staan en dan sal hy geen keuse he as om te vlug (waarheen?) of te veg nie. Ek is IN.

Ina Dreyer ·

Ja, Janine ek stem saam met jou. Die outjies wat so sarkasties en verkleinerend praat is seker vermoende jongmense wat verkies om bejaardes, jong kinders, werkloses en ander blankes se wrede lot in die huidige SA te ignoreer deur TV te kyk, op Facebook rond te dobber, ens. Los ook maar die term ”Afrikaner” – dit het ongelukkig ‘n skeldnaam geword. Praat liewer van elke mens in SA wat ‘n wit vel het wat hom onderskei van die bloeddorstige, gewelddadige ander mense (?) wat die oogmerk het om ‘n rewolusie te stook in SA . Wie is en gaan die slagoffers word van so ‘n rewolusie? I rest my case- soos die Engelse sou se (wonder waar is hulle nou?). Ek gaan 19 Augustus daar wees, juis omdat ek wit en oud is.

Sollie ·

Nou word daar nie genoem waar, hoe laat, moet ons eie plakkate bring of wat, ens nie….!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.