Solidariteit Beweging stuur sterk boodskap aan Europa

Gesprekke is met verskeie politieke partye in die Vlaamse parlement gevoer. Die Afrikaner het uitgebreide steun in verskeie Vlaamse partye en veral by Vlaamse verenigings. Foto: Verskaf.

Die Solidariteit Beweging het sedert die begin van die jaar ’n sterk fokus op internasionale skakeling en met ’n onlangse besoek aan Nederland en België, is ’n groot veldtog van steunwerwing afgeskop.

Die Beweging het reeds ’n tyd gelede ’n besluit geneem om met verhoogde internasionale skakeling groter bewustheid in die buiteland oor die situasie in Suid-Afrika te skep en om aktief steun te werf vir die Afrikaner in die breë, en spesifiek vir die Beweging en sy 22 filiale se onderskeie veldtogte en projek.

Flip Buys, voorsitter van die Beweging en Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling, het gedurende einde Februarie en begin Maart meer as twintig afsprake met politici, joernaliste, kultuurorganisasies en ander individue in Europa gehad. ’n Omvattende verslag wat deur Solidariteit se navorsingsinstituut opgestel is en wat inligting oor, onder meer, die politieke-, veiligheids- en ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika insluit, is in diepte bespreek.

Daar het die afgelope tyd ’n nuwe realisme oor Suid-Afrika in Europa ontstaan met talle politici wat hul kommer uitgespreek het oor, onder meer, die beplande onteiening van eiendom sonder vergoeding, die enorme misdaadprobleem en ook taal- en kulturele diskriminasie. Politieke druk vanuit die buiteland op die ANC-regering is ’n belangrike prioriteit vir die Beweging.

Verder is die maatskaplike projekte van Helpende Hand, AfriForum se veiligheidsnetwerk en die belangrikheid van Afrikaanse tersiêre onderwys deur Akademia en Sol-Tech ook onder die aandag van verskeie rolspelers gebring. Die Solidariteit Beweging beplan die oprigting van ondersteuningstrukture in talle Europese lande ten einde finansiële en ander steun vir projekte te werf.

Behalwe vir volgehoue skakeling met Nederland en België, word skakeling met, onder meer, Duitsland, Frankryk, Oostenryk, Italië, Pole, Hongarye, Israel, die VSA, Australië en Nieu-Seeland ook reeds beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Die Stem ·

Ons is dankbaar.
Dis belangrike werk.
Julle is besig om ons kinders se geskiedenis te skryf. Dankie.

Andrea ·

Hierdie is wonderlike werk. Baie dankie. Ek is bly ek ondersteun julle, want julle werk vir ons en ons kinders. Mag jul voorspoedig en suksesvol wees.

ne ·

Baie dankie! So bly ons behoort aan Afri-forum. Gaan voort….

Peter ·

Goed so,
Hulle moet baie druk op die New Zealand se regering plaas vir twee hoof redes;
Daar is tienduisende S. Afrikaners wat hier bly agv die situasie in SA en tweedens, Die NZ regering het destyds die ANC ondersteun en nou draai hulle n blinde oog.

Jerry ·

Praat ook met ALLE ander politieke partye en rolspelers in SA, uitgesluit die ANC/EFF!

Liza ·

Jerry, ek stem saam. ‘n Volksberaad is dringend nodig. Dit sluit in die Afrikanerbond, die Rapportryers, die FAK, die ATKV, Front Nasionaal, die KP, die HNP, Suidlanders, die AWB, die Boerestaat Party, die Boeremag, die Voortrekkers, Afrikaanse kerkgroepe, VF+, die AWB, SAAI en ander landbou organisasie, en die SA Onderwysunie om mee te begin. Ek is onseker van die DA en die FW de Klerk Stigting want die bagasie is ietwat swaar. Laat almal toe om hul menings te lug dat ons bestekopname kan doen waar ons staan.

Johan ·

Fantasties, dit is hoekom ek Solidariteit steun. Nie net vir wat hulle vir my as lid beteken nie.

Buite Stander ·

Vakbonde is bietjie te links vir my sentraal regsgesinde kapitalistiese denke.

John ·

‘n Volksberaad? Spaar ons uit. Dit sal in die grootste chaos ontaard met net meer slegsè van Afrikaners. Voor 1994… onthou… is al die wigte en teenwigte en kerm en kla aangehoor en wat ons nou het, is die gevolge. Die sluwe uitbuit van Afrikaner se goeie bedoelings volg daarna. Moenie namens alle Afrikaners praat of partye stig of saamkoek nie.

Johanna Botha ·

Presies wat nodig is want die meerderheid in die land gaan nie opkom vir die minderhede in die God verlate land gevul met moord en doodslag onder die anc se onvermoeë wat alles betref …die land is bangkrot en niks werk nie …en al die oortreders is nog top 10 op hulle verkiesingslys !

Jaco Kleynhans ·

Die Solidariteit Beweging se beginsels is om so wyd as moontlik met almal te praat ten einde vriendskappe te verbreed, maar ook vyandskap te verhoed. Daar is dus goeie rede om ook met politieke partye soos die Sosialistiese Party in Nederland te praat.

Willem ·

Regtig ??! Het jy enige begrip van die reuseverskil in betekenis van die woord sosialisme in die Wes Europese politiek en die voormalige Oosbloklande ?

Buite Stander ·

Dankie vir die verduideliking, Jaco!
Willem, ‘n sosialis bly ‘n sosialis, ongeag waar hulle woon. Die denke bly dieselfde, al verskil die situasie. Indien Europiërs apartheid begin toepas, bly dit steeds apartheid.

Jax ·

Die buiteland het nie n saak oor wat hier aangaan nie. Na baie jare in Europa, kan ek met eerlikheid sê dat ons situasie hulle nie pla nie. Ons taal is vir hulle “grappig” en kinderlik (n bietjie soos n kleintjie wat nog moet leer praat). Maak nie saak hoeveel n mens insit nie; die blanke Suid Afrikaner word gesien as n rassis en “een klein beetje dom “. Dit sal nie verander nie – dis wat hulle ken en het verder nie n saak met wat werklik aangaan nie.
Die mense wat besoek word n gewone amptenare wat koppie knik in die geselskap maar dit sal daar bly. Dit is geld en tyd mors om soontoe te gaan. Die Nederlander wat al n bietjie gereis het, het n klein bietjie begrip; die res verstaan nie n dooie woord nie en het geen gevoel vir ons saak nie.
Afrikaans is baie vêr van Nederlans. Dinge klink of lyk dalk dieselfde maar glo my, n mens wat Afrikaans praat in Nederland, kan hom/haarself baie vinnig in groot moeilikheid dompel.
Afrikaans is uniek en pragtig – hou dit so. Werk eerder in jou eie huis om Ons taal suiwer en vars te hou!
Dankie vir jul poging maar ek kan julle waarborg dat dit tot niks sal uitloop. Voor mens nie die Nederlander se wese verstaan nie, sal geen vrugte ge-oes word nie

Buite Stander ·

Jax, goeie onderwerp vir dr Leopold wat in Nederland woon!
Ons is op ons eie, maar dit is altyd goed om bande te versterk.

John ·

Jax… 100% Die Europeèrs is uiters verwaand, meerwaardig en skynheilig. Hulle leef nog in ‘n heerlike seepbel… Wag tog dit bars…

Willem ·

Wel gedaan en doen so voort. Moet julle nie steur aan die vyandige Afrikaanse media en Seunse Weenkoor (erkenning aan Herman Lategan) wat voorspelbaar weer die man en nie die bal nie, gaan speel. Die giftige inleiding deur Waldemar Pelser tot sy Verslag program Woensdagaand was ‘n sprekende voorbeeld hiervan.

Attie. ·

Waldemar Pelser praat Woensdagaande net die waarheid. Ek wag ‘n hele week om hom te hoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.