Solidariteit Beweging wil Grondwethof nader oor inperking

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging (Foto: Reint Dykema)

Die Solidariteit Beweging het vandag gesê dat hy senior regslui raadpleeg met die doel om uiteindelik die Konstitusionele Hof te nader ten einde die regering te verplig om die huidige landwye afsondering meer na streeksvlak af te wentel.

Volgens die Beweging is daar geen rede hoekom die volgehoue, irrasionele inperkingsmaatreëls wat tans in Suid-Afrika geld, nie so gou moontlik in verskeie streke na vlak 1 verslap behoort te word nie. Volgens die Oxford Government Response Stringency Index is Suid-Afrika tans een van die lande met die strengste inperkingsmaatreëls.

Dit volg nadat dit al hoe duideliker word dat Suid-Afrika reeds die moontlike voordeel uit afsondering bereik het en dat ʼn verdere uitgerekte afsondering nie die infeksiekoers van die virus sal demp nie, maar meer werklose uitgelewerde mense tot gevolg sal hê. Die Beweging het dit gestel dat hoewel die virus nog nie sy piek bereik het nie, die afsondering in sy huidige formaat nie hierdie gebeurtenis sal keer nie.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is die ANC besig om met die landwye afsondering mense se werk te saboteer. “Dit wil voorkom of die regering se voorgestelde fragmentering van afsondering op verskillende streke en provinsies bloot lippediens was. Dit is ondenkbaar dat die Limpopo- en Noordwes-provinsies, waar tans onderskeidelik 17 en 29 aktiewe gevalle in die hele provinsie voorkom, steeds op vlak 4 is. Voorts het Mpumalanga 33 en die Noord-Kaap 12 aktiewe gevalle, terwyl mense oor hierdie provinsies heen nie kan werk om hul kinders van kos te voorsien nie,” het Buys gesê.

Volgens Buys is daar geen sin daarin om die hele land, of selfs hele provinsies so streng in te perk nie. Provinsies met ʼn lae infeksiekoers kan realisties gesproke tot vlak 1 verlaag en slegs gemonitor word. “Die idee van die staat van inperking was om te verhoed dat die gesondheidstelsel oorweldig word. ʼn Benadering wat meer federaal van aard is, sal steeds hierdie doelwit bereik terwyl die virus deur verskillende streke versprei,” het Buys gesê.

Buys benadruk dit dat die tyd nou aangebreek het om die maatreëls dringend te verslap sodat soveel moontlik mense waar die infeksiekoers laer is, toegelaat kan word om veilig terug te keer werk toe. “Mense kan nie langer verhinder word om na hul gesinne om te sien nie. Die terugkeer na die werk moet geskied terwyl veiligheid en higiëne in die werkplek steeds ʼn hoë prioriteit geniet,” het Buys afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fedup ·

There is no more dangerous menace to civilization than a government of incompetent, corrupt, or vile individuals.

Kosie ·

Ek dink eendag gaan die geskiedenis boeke vol wees van die jaar toe die wêreld kop verloor het gedryf deur die die media, vrees en vals modelle. Hopelik sal die regering gehoor gee en die waansin stop.

Alleen Wolf ·

Kosie, ek stem saam, die hele wêreld se lyers is met ‘n slap riem van China en die WGO gevang, ons regering die ergste van almal, die ironie is dat hierdie wêreld leiers dit nie kan erken nie want dan lyk hulle soos swape, ek glo ook dat ons regering boonop die geleentheid raakgesien het om “Radikale ekonomiese hervoming” vroeër in te stel

Anel ·

Mense wat ondervoed is gaan makliker siek word. As die mense kan werk kan hulle weer vir hul gesinne sorg. Soos wat dit nou aan gaan gaan die mense siek word en dan van hongersnood sterf, maar dit sal gesê wird dat dit die vurus is, soos wat nou gesê word van almal wat dood gaan. Hef die beperkings op. Asseblief, mnr Buys. Werk hulle galle.

Jaco ·

en die liberale grondwethof met hulle struggle- en menseregte credentials gaan natuurlik vir ‘n :wit afrikaanse rassistiese manlike gedomineerde ” organisasie gelyk gee en uitspraak lewer dat inperking inderdaad verkeerd is.
hulle hou nie van ons nie. klaar. daarom dat hulle sulke lelike name vir ons organisasie gee.
spandeer dit wat die hofsaak sou kos eerder op kospakkies, noodbehuising vir arm wit mense, klere, selfs tydelike werk. sulke goed is nou van kardinale belang. Nie hofsake nie. Omdat die klaers in die hofsake wit is, sal hulle die sake anyway verloor.

Michael 1 ·

Gebruik eerder julle geld en tyd en toets die diskriminerende wette teen wit en bruin minderhede sodat wanneer die inperking verby is dat ons op n gelyke vlak kan meeding om die ekonomie op te bou.

Kanjynoumeer ·

Baie dankie Flip Buys dat jy so omsien na Afrikaners en omsien na Afrikaner belange.
Ons maak ongelooflik staat op jou enSolidariteit as geheel en AfriForum se leierskap.

Lila ·

Ons is gyselaars van die ANC wat hulle mag misbruik en ons regte en keuses inperk in blatante teenstryd met die bepalings van die Gronwet en Handves van Menseregte. Vryheid van beweging en vryheid van assosiasie is weggeneem. Vryheid van keuse het ook gesneuwel. Die ekonomie spoel in die riool af en niemand gee om nie. Solank hulle die mag in hul hande het. Wit besighede mag nie hulp kry nie maar hulle besef nie dat hierdie besighede swart werkers het wat nou werkloos is. R350.00 vir werkloses koop nie eers brood vir “n gesin vir ‘n maand nie! Hierdie mense moet wakker skrik. Hulle is besig met passiewe opsweping tot geweld. Die man op straat gaan opstaan en die mag in eie hande neem met geweld dan gaan die land onregeerbaar word. Gee ten minste ons voorregte terug. Dit is nie oorlog nie net ‘n pandemie. Daar is ‘n groot verskil tussen die Wet op Rampbestuur en die KRYGSWET. Ons word tans onder Krygswet regeer en niemand wil die woord sê nie want hulle is lafhartig. Iemand moet opstaan

Alleen Wolf ·

Moenie vra vir vlak 1 nie, vra dat al hulle reeltjies afgeskaf word en laat elkeen toe om agter hom of haar self om te sien.

Cleopatra69 ·

Raai Wie gaan eerste retrench word. Die wittes en kry ons ondernemings staatshulp Nee. Verhoog die child grant sodat die onopgevoedes nog kinders kan kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.