Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson

Foto: @adriaanbasson, Twitter


ʼn Deel van die groet wat volgens Beeld aan ‘n Nazi-saluut herinner.
Foto: @adriaanbasson, Twitter

Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het in ‘n ope brief ‘n dispuut verklaar met Beeld en versoek Afrikaanssprekendes om nie meer dié koerant te koop totdat die dispuut opgelos is nie.

Buys, wat tot die einde van 2013 op die uitvoerende komitee van die Noordwes Universiteitsraad gedien het, het die ope brief aan Tim du Plessis, hoof van Afrikaanse Koerante by Media 24 gerig, weens ‘n vertrouensbreuk wat ontstaan het oor die manier waarop die koerant beriggewing oor studenteaktiwiteit by die Puk hanteer het.

Klik hier om die volledige weergawe van die ope brief te lees.

“Na aanleiding van ’n stortvloed versoeke uit die Afrikaanse gemeenskap, verklaar ek ’n dispuut met Beeld as gevolg van die vertrouensbreuk tussen die koerant en ’n wesenlike deel van sy lesers,” sê Buys. Hy sê Beeld het die toekoms van die laaste Afrikaanse Kampus en die laaste Afrikaanse koerant in die noorde in die gedrang gebring deur die “swak oordeel” van sy redakteur.

Buys motiveer die dispuut op vyf argumente: die “leuenagtige Nazi-koppeling” van die Potchefstroom-kampus van die NWU; Beeld se “anti-Puk veldtog” teenoor gewone nuusdekking; die voorsienbare gevolge van regeringsinmenging vir Afrikaans; die rol wat die Beeld-redakteur se “persoonlike agenda” in die beriggewing gedoen het; en simpatie met die lesers van Beeld.

Buys sê dit is verregaande om die Potchefstroom-kampus van die NWU aan die Nazisme te koppel soos wat in Beeld van 21 Februarie gedoen word. “Daar is nie sprake van Nazi-praktyke, -kultuur of -beïnvloeding van studente nie,” het Buys gesê.

Buys het dit duidelik gestel dat die herdoping van studentegroete tot ‘Sieg Heil’ Nazi-salute, net so verwerplik is as die Nazi’s self. “Dat die gewraakte en misplaaste ‘saluut’ net ’n sekonde van ’n saamgestelde reeks liedjies uitmaak, word nie genoem nie.”

Hy sê wanpraktyke met ontgroening is nie verskoonbaar nie, en Beeld sou reg wees om dit te ontbloot, maar baie hang egter daarvan af hoé dit publiseer word. Volgens Buys is die nuus buite verhouding opgeblaas en oordryf. “Daar het byvoorbeeld net op 21 Februarie agt berigte en ’n spotprent daaroor verskyn, terwyl daar 18 verwysings na Hitler of die Nazi’s geplaas is.”

Die direkteur-generaal van hoër onderwys het Dinsdag tydens ‘n persverklaring gesê die universiteit moet nie hulself verduidelik oor die situasie nie, maar eerder aandui wat hulle gaan doen om die kwessies aan te spreek. “Uit die reaksie van die DG kan afgelei word dat die universiteit ingrypende optrede van die staat kan verwag,” het Buys bygevoeg. “Die DG vat die beskrywing van die studente se groet selfs nog verder en noem dit ‘n ‘Nazi-styl fascistiese saluut’.”

Volgens Buys bevestig dié verklaring sy standpunt dat Beeld se roekelose beriggewing ‘n “knuppel vir die minister van onderwys gee” om radikaal by die laaste Afrikaanse kampus in die Noorde in te gryp. “Dit is ’n bekende feit dat die betrokke minister nie ten gunste is van ’n grootliks Afrikaanse kampus nie, en dit is nie verbasend dat hy reeds aangekondig het dat stappe teen die kampus gaan volg nie.” Klik hier vir die departement van hoër onderwys se reaksie op die berig in Beeld.

Buys meen Beeld se opblaas van die saak veroorsaak ’n krisis waarvan Afrikaans die gevolge gaan dra, en dat die Puk en die koerant as Afrikaanse instellings daaronder gaan ly. “Ons verdedig nie die onverdedigbare nie, maar voel dat die roekelose joernalistiek nie regverdig kan word nie. Die minister se stappe wat gister afgekondig is, is vir die Beeld-redakteur se rekening, maar dit gaan deur die hele Afrikaanse gemeenskap betaal word.”

Buys versoek die Afrikaanse gemeenskap om nie Beeld te koop totdat dié dispuut opgelos is nie. “Afrikaanssprekendes kan tog nie hulle eie benadeling ondersteun nie. Ons sal dit waardeer as jy sal ingryp om Beeld se geloofwaardigheid te herstel,” sluit Buys af.

Du Plessis sal na verwagting Woensdag op Buys se ope brief reageer.

Klik hier om die volledige weergawe van die ope brief te lees.

Lees ook:
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: ‘Ons sal nie menseregteskendings duld nie’
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans’n
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Eugenie ·

Nou eers, en totdat ? Nee wat, ek koop lankal nie meer enige Nasperskoerante en tydskrifte nie.

sanet ·

Koop lankal nie mee die beeld nie hulle berig net vi eie gewin net soos die tv my tv lyk of hy al houskool verbrand is as ek hom aansit

tinkie ·

Ek stem saam dat die hele storie uit verband geruk is. Net nog n stok om Afrikaans sprekendes mee te slaan. So belaglik

Eugene Steyn ·

Beeld se beriggewing was laag en gemeen. Ek ondersteun die aksie teen Beeld 100%!

Demokraat ·

Die steun aan Solidariteit strek wyd – gaan oor alle grense van Afrikaner-sentimente heen en daarom moet ons Solidariteit / AfriForum, as burgerregte organisasies, ondersteun vir die “goeie” werk wat hulle doen.

AmY ·

Ek koop al die laaste twee jaar nie meer die Beeld nie. En is nie van plan om dit binnekort weer te koop nie. En onthou; as hulle teen ons afrkaners is, dan is ons geld ook nie goed genoeg vir hulle nie.

Bosman ·

Ek steun die boikot 100%. Die manier waarop die NWU Pukke aangevat is dui op n persoonlike aanval vanaf Mnr Basson. N Absolute grap van n joernalis. Mnr. Basson, het jy geen respek vir jou professie nie?

mariaan ·

Ondenkbaar dat ‘n koerant, boonop ‘n Afrikaanse koerant, so kleinlik raak om Pukke in ‘n slegte lig te stel. Daar is soveel ander dinge waaroor berig kan word, maar Beeld kies om dit sensasioneel te maak met die uitsluitlike doel om emosies op te jaag. En wat is die student se reaksie? Hulle is verstom en meeste is woedend omdat die pers onskuldige studentepret gebruik om ‘n Afrikaanse instansie by te kom. En terloops, ek koop of lees glad nie meer die Beeld nie!

Jozua Francois Hattingh ·

Ek koop lankal nie meer die Beeld nie omdat daar feitlik elke dag leuens oor die Afrikaner en sy verlede as propaganda opgedis word om die Afrikaner te marginaliseer. ‘n Redakteur in sy middel dertigs is nie in die posisie en toegerus om gebalanseerd oor die verlede te oordeel en te skryf nie.

Ek is en was nog altyd teen ontgroening in enige vorm. Enige vewysing na en konnotasie met die Nazi ideologie (wat klaarblyklik volgens bronne op die internet ‘n satanistiese oorsprong het) stuit my teen die bors. Volgens dieselfde bronne het die PLO (groot bondgenoot van die ANC) met die hulp van die Nazis tot stand gekom met die doel om Israel uit te wis. Enige vorm van Nazi idees strook dus hoegenaamd nie met die Afrikaner se geloof, kultuur en ideolgie nie. Enige iemand wat die Afrikaner so wil brandmerk is kwaadwillig met ‘n agenda om die Afrikaner totaal te vernietig. Die Afrikaner is al meer as ‘n honderd jaar die teiken van die Engelse en Joodse geldmagte wat ook die media beheer. Ek het bv nog nooit ‘n artikel in Beeld gelees oor die houvas en invloed van die Vrymesselaars op die samelewing nie. Maar die Afrikaner word op elke terrein doelbewus en sistematies gestroop en vervreem van dit wat van hom ‘n selfbeskikkende volk gemaak het. Iemand soos Tim du Plessis het bv ‘n paar jaar terug al gepraat van Afrikaanses asof Afrikaners geen bestaansreg het nie.

Johann Eksteen ·

As ‘n oud-PUK steun ek die boikot 100% en op ‘n permanente basis…het absoluut nou genoeg van Naspes (Beeld, Burger, Volksblad…sommer die hele ou spul) gehad. Hoop Maroela Media kan hier ‘n “gap” vat!

Sanet Butler ·

My hele familie het aan hierdie instansie studeer. As gevolg van hierdie beriggewing van Beeld verbreek ons almal nou alle aanskaffing van alle Naspers produkte. Totsiens Beeld, Rapport asook Huisgenoot. dan versoek ek ook, “Boikot mense”. Kom staan saam!!!!!

Sanet Butler ·

My hele familie het aan hierdie instansie studeer. As gevolg van hierdie beriggewing van Beeld verbreek ons almal nou alle aanskaffing van alle Naspers produkte. Totsiens Beeld, Rapport asook Huisgenoot. dan versoek ek ook, “Boikot mense”. Kom staan saam!!!!!

john steyn ·

Ond behoort gewoond daaraan te wees, de Klerk het met ons eie geld ons verraai. Lankal alle koerante gestop. Hulle praat Afrikaans met Marxistiese hart

martin ·

Wil Adriaan Basson nie bietjie gaan vakansie hou in Hazyview nie? Dan kan hy sommer eerstehands berig oor die misdaad en moorde wat daar so handuit ruk en deur die regering ontken word.

Nic ·

Ek lees en koop al baie jare geen produkte van Naspers nie! Die laaste redakteur van Beeld wat nie aan skewe sensasie belaaide beriggewing geglo het nie, was Ton Vosloo. Toe hy bevorder is, het hierdie credo ook Kaap toe verhuis, en smaak dit my, in die see verdrink of van die berg af geval.

mariaan ·

Daar is soveel ernsitge kwessies in die land waaroor Adriaan Basson kan skryf. Skryf oor die misdaad wat handuit ruk, plaasmoorde, korrupsie, die kwessie oor Nkandla. Hoekom doen hy dit nie? Omdat hy weet dat dit nie vir die regering prioriteit is nie en niemand daarop sal reageer nie. Hy soek sensasie.

anita ·

Adriaan Basson moet sy prioriteite reg kry, hy laat my dink aan twee politieke figure in die Weskaap
hulle dink dat hulle op die pot sit, maar merk nie eens dat hulle daarnaas sit nie.

Ontgroening is deel van samehorigheid op ‘n universiteit, en ook die lekker verhale in die senior jare om daarop terug te kyk.

Ek koop jare reeds nie die Huisgenoot nie, want DAAR IS NET TROUES EN ADVERTENSIES IN EN PROMOSIE VIR AFRIKAANSE SANGERS. Die Rapport is ook nie veel beter nie.

Stellenbosch moet veg vir taal, maar die Afrikaans sprekendes het so gemaklik geword dat hulle nie durf op die voete toy-toy nie maar moet et karre ry. Alles wat eers belangrik was word stelselmatig afgebreek in die naam van rasisme of 20 jaar later in die naam van apartheid.

Vicus ·

Ek het gedink dat dit net ‘Die Times’ van 7de Laan se joernaliste is wat oningeligte artikels publiseer!! Beeld, skaam julle: net soos akteurs! Probeer jul lesers vermaak!! Skryf asseblief FEITE.

Griet ·

Ek koop reeds meer as n jaar nie meer Beeld nie. Kan nie se ek mis veel nie……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.