Solidariteit bly oor taakspan wat zama-zama’s moet takel

Argieffoto van onwettige mynbedrywighede (Foto: Jennifer Bruce/ZUMA)

Die vakbond Solidariteit het gesê hy verwelkom die aanstelling van ʼn spesiale polisietaakspan om bendegeweld en onwettige mynboubedrywighede in die Vrystaat te pak.

Dít nadat die minister van polisie, Bheki Cele, onlangs teen onwettige mynwerkers uitgevaar het.

Volgens Cele het onwettige mynboubedrywighede die land verlede jaar R41 miljard gekos. Hy het benadruk dat die polisie met dié sogenaamde zama-zama’s gaan afreken omdat hulle nié die landswette nakom nie.

“Solidariteit eis al sedert 2009 dat so ʼn spesiale taakspan aangestel word en ons is verheug dat die staat die probleem van onwettige mynbou nou ernstig begin neem,” het Paul Mardon, Solidariteit se adjunk-hoofsekretaris van beroepsgesondheid en -veiligheid, gesê.

Die taakspan, bestaande uit 12 lede, is in Welkom bekendgestel. Die polisie het ook bekendgemaak dat operasionele taakspanne wat spesifieke misdade sal teiken, landswyd ontplooi gaan word.

Mardon meen dat rampokkery en onwettige mynbou ʼn landswye probleem is en dat die twee ten nouste verband hou – onwettige mynbou word hoofsaaklik deur misdaadsindikate gedryf.

“Solidariteit sal graag wil sien dat hierdie spesiale taakspan ook daadwerklik aangewend word in ander provinsies waar onwettige mynbou ook ernstige afmetings aanneem, soos aan die Oos- en Wes-Rand in Gauteng, in Noordwes, Mpumalanga en in Limpopo,” het Mardon gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hanna Hoekom

Die SAPD en die SANW kon geen hond haar af maak op die Kaapse Vlakte nie. Maar nou gaan ons die zama-zamas beveg… Sterkte!

Franco

Het dit die land R41 miljoen gekos of die goudgrawers. Hulle het die probleem in SA begin as ek reg onthou. Die Jameson inval, 1ste vryheids oorlog & ABO. Pasop vir die verdraaing van die woorde.

Thinus Erasmus

Wow indrukwekkend 12 lede!!
Hulle gaan die probleem seker goed monitor.

Karolis

Net ‘n klippie of ‘n nugget en die taakspan is uitgesorteer.

Thinus Erasmus

Ja ek hoop nie hul laat hul vang met “fools gold” nie!