Solidariteit doen regstappe oor Eskom-aandele

Foto: Josh Appel/Unsplash.com

Solidariteit het Donderdag ʼn aanmaningsbrief aan die Staatspensioenfonds (GEPF) en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gerig om te eis dat die OBK sy planne laat vaar om die effekte, wat hy namens die GEPF hou, te ruil vir Eskom-aandele om Eskom se skuldlas te verlig.

Zirk Gous, organiseerder by Solidariteit se openbare sektor, voer aan dat dit ’n swak belegging sal wees om die effekte vir aandele, spesifiek in Eskom, te skuif of te verruil.

Volgens Gous benadeel dié besluit GEPF-lede en pensioenarisse wie se geld deur die OBK belê word. Hy sê dit beteken bloot dat Eskom-skuld van ongeveer R200 miljard afgeskryf word ten koste van staatsdiensamptenare se aftreesekerheid. “Hulle het hard gewerk vir hierdie neseier wat nou onverskillig deur die OBK hanteer word,” meen Gouws.

In die aanmaningsbrief wys Solidariteit die Trustees op hul fidusiêre plig, asook dat indiwiduele trustees en direksielede persoonlik aanspreeklik gehou sal word vir enige nadeel indien hulle nie hul fidusiêre plig nakom nie.

Gouws verwys na die mandaat van die GEPF en die OBK wat na die beste belang van die pensioenfondslede optree. “En dit is nie in die beste belang van lede van die GEPF om Eskom-skuld te verruil vir aandele wat geen opbrengs sal lewer nie,” sê hy.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, sê Solidariteit sal nie skroom om verdere regstappe teen die GEPF en OBK in te stel nie.

“Dit is net ’n ander manier om gewone mense se aftreegeld sonder hul toestemming te gebruik om ’n sukkelende staatsonderneming te finansier. Ons sal alles in ons vermoë doen om hierdie gewetenlose uitbuiting stop te sit,” sê Van der Bijl.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Barbara ·

Wel ek hoop jul wen. Dis skelm en o regverdig dat hul geld wil vat wat mense voor gewerk het. Die staats amptenare kan 50 persent van hul geld gee en dan sit hul nog met genoeg.

daniel ·

Die skuldlas van die openbare ondernemings is direk as gevolg van swak bestuur en korrupsie.

Johann ·

En so plunder die ANC en sy handlangers NOG en NOG fondse tot hul eie mislukte mags waan?

Fedup ·

Drag them to court by their hair. No one should ever be able to touch anyone’s pension. No way in hell this should ever happen.

Pampoenboer ·

Selfde geval as Transnet se pensioenarise wat sukkel om aan lewe te bly omdat pensioenfonds swak beleggings gemaak het

Jurg ·

Ons pensioen fondse word eenvoudig geplunderde eers e-tol paaie SAL nou eskom. SLUIT DIE SKELMS TOE. So maklik soos dit en laat niemand toe om appel aan te teken nie. Ons is nou moeg om ingeloop te word

ZeldA ·

Laat die eskom werkers hul pensioen belê in Eskom. Dalk sal hul dan begin skouer aan die wiel sit om Eskom reg te kry.

Sarel ·

Privatiseer die Pensioenfonds. Vat dit uit die Staat se hande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.