
Brian Molefe. (Foto: ANA)
Solidariteit sê hy gaan dadelik met stappe begin om die R10 miljoen wat Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, uit die Eskom-pensioenfonds geplunder het van hom te verhaal.
Solidariteit het Woensdag gesê die Konstitusionele Hof het Dinsdag Molefe se aansoek om appèl van die hand gewys en hom beveel om bykans al Solidariteit se regskoste te betaal. ʼn Lasbrief daarvoor is reeds uitgereik.
Molefe se aansoek in die Konstitusionele Hof kom nadat die hooggeregshof in Pretoria in Januarie verlede jaar bevind het dat hy hom onregmatig uit die Eskom-pensioenfonds verryk het. Die hof het ʼn kostebevel teen Molefe uitgereik en ten spyte van verskeie mislukte pogings het hy steeds die betaling daarvan in die hoogste hof probeer ontwyk, het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.
“Solidariteit is hof-fiks en Brian Molefe het ons onderskat. Ons sal nie ongeregtigheid laat seëvier nie,” het Hermann gesê.

Dr. Dirk Hermann. (Foto: Reint Dykema)
“Ons is verheug oor die uitspraak. ʼn Mens kan net so ver probeer wegkruip in die howe, maar die reg haal jou altyd in. Dit is tragies dat die howe die rol van ʼn persoon se gewete moet speel. Molefe het gepoog om sy verantwoordelikhede deur litigasie te omseil, maar moes self besef het dat hy die kostebevel moet betaal.”
Hermann het gesê die uitspraak baan die weg vir Solidariteit om met verdere strafregtelike stappe teen Molefe voort te gaan.
“Solidariteit kry geen reaksie van die Nasionale Vervolgingsgesag nie en het daarom reeds in gesprek getree met adv. Gerrie Nel oor moontlike private vervolging.”
Nel is die hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
28 Kommentare
Wonder hoe hard huil hy nou? Dalk regte trane die keer.
Die land die beste van al die ander lande hier vat ons wat ons wil he plunder alles man dit gaan te leker
Dit is absoluut fantastiese nuus. Dankie Solidariteit – keer asb AL daai skelms en diewe een vir een aan – laat hulle betaal vir hulle bedrog.
Betaal boeta betaal,jou rol is oor,geld is nodig om nog misdadigers soos jy te vervolg. Ry hulle solidariteit en afriforum.
Dis mos diefstal!!!! Jy kan mos nie na wille
keur Geld van jou werknemer of n instansie vir jou self vat nie!!!!