Solidariteit druk Molefe vir R10 miljoen van Eskom

Brian Molefe. (Foto: ANA)

Solidariteit sê hy gaan dadelik met stappe begin om die R10 miljoen wat Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, uit die Eskom-pensioenfonds geplunder het van hom te verhaal.

Solidariteit het Woensdag gesê die Konstitusionele Hof het Dinsdag Molefe se aansoek om appèl van die hand gewys en hom beveel om bykans al Solidariteit se regskoste te betaal. ʼn Lasbrief daarvoor is reeds uitgereik.

Molefe se aansoek in die Konstitusionele Hof kom nadat die hooggeregshof in Pretoria in Januarie verlede jaar bevind het dat hy hom onregmatig uit die Eskom-pensioenfonds verryk het. Die hof het ʼn kostebevel teen Molefe uitgereik en ten spyte van verskeie mislukte pogings het hy steeds die betaling daarvan in die hoogste hof probeer ontwyk, het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

“Solidariteit is hof-fiks en Brian Molefe het ons onderskat. Ons sal nie ongeregtigheid laat seëvier nie,” het Hermann gesê.

Dr. Dirk Hermann. (Foto: Reint Dykema)

“Ons is verheug oor die uitspraak. ʼn Mens kan net so ver probeer wegkruip in die howe, maar die reg haal jou altyd in. Dit is tragies dat die howe die rol van ʼn persoon se gewete moet speel. Molefe het gepoog om sy verantwoordelikhede deur litigasie te omseil, maar moes self besef het dat hy die kostebevel moet betaal.”

Hermann het gesê die uitspraak baan die weg vir Solidariteit om met verdere strafregtelike stappe teen Molefe voort te gaan.

“Solidariteit kry geen reaksie van die Nasionale Vervolgingsgesag nie en het daarom reeds in gesprek getree met adv. Gerrie Nel oor moontlike private vervolging.”

Nel is die hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hans ·

Mooi so en da’ begin sy kierangs braai dat die rook staan!

Tanya ·

Die land die beste van al die ander lande hier vat ons wat ons wil he plunder alles man dit gaan te leker

Moeksie ·

Dit is absoluut fantastiese nuus. Dankie Solidariteit – keer asb AL daai skelms en diewe een vir een aan – laat hulle betaal vir hulle bedrog.

Manie van Worcester ·

Betaal boeta betaal,jou rol is oor,geld is nodig om nog misdadigers soos jy te vervolg. Ry hulle solidariteit en afriforum.

Hoe dan nou? ·

Dis mos diefstal!!!! Jy kan mos nie na wille
keur Geld van jou werknemer of n instansie vir jou self vat nie!!!!

Al ·

Mooi so! Dis skandelik dat die regering NIKS doen om hoë profiel staatsamptenare te vervolg nie – nou moet burgerregte groepe die WERK vir hul doen.

Ruiklont ·

Sterkte Solidariteit, sterkte met jul uitnemende werk om reg te laat geskied. Ons is voorwaar trots oo jul pogings en resultate

Cherokee ·

‘Solidariteit is hof-fiks.. ‘ Dit is so netjies gesê. Dankie Dirk. Ek hoop hy moet ook die rente wat hy daarop kry, terug betaal. Dit is niks minder as reg nie, want die rente behoort ook nie aan hom nie. Dit laat twee vrae oop: Wat van die mense wat molefe onwederegtelik daardie geld toegestaan het, en is daar geen manier om die Nasionale Vervolgingsgesag te vervolg weens dwarsboming nie? Dit ìs immers wat hulle doen.

Jimmy ·

En om te dink hy was geoormerk om minister van finansies te word.

Jerry ·

Julle moet maar hoffiks bly, want hierdie kader kalant sal alle moontlike vertragingstaktieke gebruik. Wonder wat julle gaan maak wanneer die regbank nie meer onafhanklik van kaderpolitiek gaan staan nie? Daardie dag reken ek is aan die kom. Hoe meer julle die kaders gaan druk, hoe meer gaan hulle begin terug druk en dit gaan nie goed eindig nie, dis virseker! Doen egter so voort as julle reken dat julle en die weerloses opgewasse sal wees vir die worst case scenario wat gaan kom. Jy weet mos, n ou moet alle faktore in ag neem, nie net vir jouself en jou saak alleen nie!

Dries du Toit ·

Namens Jerry se ek nogmaals baie dankie Solidariteit. Julle doen uitstekende werk

Erika ·

Dit is blatant diefstal!! Sulke mense wat hul verryk en skelm is, moet die hele land nou swaarkry!!! duurder krag moet betaal word!!. Land verloor duisende rande agv beurtkrag! Gee hom ‘n oranje pakkie as pensioengeld..

JohanR ·

Soe lekker as die wiel draai. Ek will nou net weet….as Molefe R10M moet terugbetaal hoe weet ons die publiek dat dit IS terugbetaal, en as dit terugbetaal word waar, en by wie eindig dit op? Kan iemand possitief se Zuma het die geld terugbetaal? Dit kos seker baie geld om ‘n hof geding aan die gang te kry. Kan ‘n mens iewers geld in ‘n Solidariteit rekening insit om te hulp met koste?

Pensioenplunderaar extraordinaire ·

Saxonwold Shebeen hier kom hy…..
Meneer die kader, sit dik in sy buit.
Hoop hy tjank kliphard.

Nico ·

Was daar nie sprake dat hy R30 milj. as pensioen betaal is nie ? Indien so, dan moet die knaap dit terug betaal, of wat sê ek.

Gert van Wierdapark ·

Die trane-trekker moet ook vasgevat en vervolg word vir die plundering by Transnet en Eskom. Enige Fat cat se glibberige oor-lewingsvaardighede moet een vir een inkatrol word!!!

Jerry ·

KrokodilBotha moet jy nou gaan staan en die party bederf met so n vraag. Jy weet mos die ANC beskerm mekaar tot doer onder in die afgrond in!

Sarie strydom ·

Solidariteit rock, so draai die wiel, crime don’t pay. Hy moet boet vir die korrupsie by transnet ook.

SjN ·

Die verskil is hy het 18 maande vir eskom gewerk en R30 milj gekry, die gewone man op straat werk 30 jaar en kry R1,8 milj, dit is hoe hul somme werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.