Solidariteit en Numsa betoog by Denel

Foto tydens die vreedsame betoging deur Solidariteit- en Numsa-lede by Denel (26 Julie 2016) (Foto aan Maroela Media verskaf)

Foto tydens die vreedsame betoging deur Solidariteit- en Numsa-lede by Denel (26 Julie 2016) (Foto aan Maroela Media verskaf)

Verskeie lede van Solidariteit en Numsa wat by Denel aan die Oos-Rand en in Pretoria werksaam is, neem sedert verlede week aan sporadiese protesaksie oor die wapenvervaardiger se beoogde laat betaling van prestasiebonusse deel.

Volgens Willie Venter, sektorkoördineerder van die verdediging- en lugvaartsektors by Solidariteit, word dié bonusse as ’n reël rondom Junie of Julie elke jaar aan Denel se kwalifiserende werknemers uitbetaal. “Denel se bestuur het vakbonde en werknemers egter op 1 Julie vanjaar ingelig dat die betalings vanjaar eers teen die einde van Oktober sal geskied. Die maatskappy voer aan dat hy tans ʼn kontantvloeiprobleem ondervind en dat dít die rede vir die uitstel van bonusbetalings is. Die maatskappy het egter reeds in die vorige finansiële jaar vir die bonusse begroot.”

Venter het bygevoeg dat Denel-werknemers sedert die onthulling van die Denel Asia-debakel in onsekerheid oor die maatskappy se toekoms gedompel is. “Werknemers vrees dat die waarnemende bestuur en die nuut aangestelde Denel-raad die toekoms van die eens prominente wapenvervaardiger bedreig deur besluite te neem wat onder verdenking is. Hul vrese spruit byvoorbeeld voort uit die feit dat die maatskappy sedert die aanstelling van sy nuwe raad in 2015 finansiële uitdagings ondervind.”

Venter meen die uitstel van die betaling van prestasiebonusse aan bestuur het Denel-werknemers se vertroue in bestuur waarskynlik verder geskaad.

Foto tydens die vreedsame betoging deur Solidariteit- en Numsa-lede by Denel (26 Julie 2016) (Foto aan Maroela Media verskaf)

Foto tydens die vreedsame betoging deur Solidariteit- en Numsa-lede by Denel (26 Julie 2016) (Foto aan Maroela Media verskaf)

Foto tydens die vreedsame betoging deur Solidariteit- en Numsa-lede by Denel (26 Julie 2016) (Foto aan Maroela Media verskaf)

Foto tydens die vreedsame betoging deur Solidariteit- en Numsa-lede by Denel (26 Julie 2016) (Foto aan Maroela Media verskaf)

“Solidariteit steun sy lede in hul besluit om hul ontevredenheid met bestuur, wat die kwessie rondom bonusse insluit, op ʼn vreedsame wyse tydens protesoptrede te laat blyk. Ons is vol vertroue dat die Denel Groep se bestuur sodoende sal kennis neem van groeiende kommer wat werknemers ondervind en so spoedig moontlik daarvan werk sal maak,” het Venter verduidelik.

ʼn Raadsvergadering, waartydens die uitbetaling van bonusse onder meer bespreek sal word, vind vandag by Denel se Irene-kampus plaas. Vakbonde het reeds toestemming bekom om tydens die vergadering aan massaprotesaksie deel te neem. Denel se Aerostructures-, Aviation-, Vehicle Systems OMC- en Vehicle Systems Gear Ratio-afdelings word deur die protesaksie geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paplepel ·

…en so val een van die laaste maatskappye wat nog ‘n trots was vir die land. Denel was ‘n klompie maande gelede gereken as een van die maatskappye met die laagste korrupsie en wanbestuur. Kyk nou.

Scalla ·

As ek so na die spelling van die betoger kyk, behoort geen prestasie bonusse betaal te word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.