Solidariteit en SA-regering pak mekaar by VN oor ras

verenigde-nasiesSolidariteit en die Suid-Afrikaanse regering pak mekaar Maandag by die sitting van die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitwissing van alle Vorme van Rassediskriminasie oor die regering se beleid van rassekwotas in die werkplek.

ʼn Verslag wat sowat ʼn jaar gelede deur Solidariteit by die Verenigde Nasies ingedien is, gaan uiteindelik bespreek word.

In die aanbieding wat dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, namens Solidariteit en AfriForum by die VN gaan maak, sê hy die VN-komitee moet raad gee en aanbevelings doen oor die regering se wiskundige benadering tot regstellende aksie.

Beide die Renate Barnard-saak en die saak van die bruin werknemers van die departement van korrektiewe dienste, is deel van die aanbieding. Renate Barnard en Freddie Engelbrecht, wat betrokke was by die DKD-werknemers se saak, is deel van die afvaardiging.

Solidariteit en AfriForum het intussen ook ʼn aanvullende verslag oor rassekwotas in sport ingedien nadat die minister van sport, Fikile Mbalula, besluit het Suid-Afrikaanse sportfederasies mag nie groot internasionale byeenkomste aanbied nie, omdat hulle nie aan sekere rasvereistes voldoen nie.

Oor minderhede sê Hermann in die aanbieding: “Ons wys op die gevaar dat Suid-Afrika ʼn meerderheidsdemokrasie onder die dekmantel van regstellende aksie word. Daar is ʼn fyn onderskeid tussen jy mag nie hier werk nie en jy mag nie hier bly nie. Die bruin gemeenskap het reeds gehoor hulle moet trek as hulle toegang tot werk wil hê. Die volgende stap is, jy mag nie hier wees nie. Die werklike toets vir ʼn demokrasie is steeds of minderhede beskerm kan word.”

AfriForum en Solidariteit sê oor sport dit is nie die bedoeling van die Suid-Afrikaanse Grondwet, die Verenigde Nasies se konvensies of internasionale sportkodes om voorregte en regte weg te neem om rasse-uitkomste af te dwing nie.

Die Suid-Afrikaanse regering het die Konvensie vir die Uitwissing van alle vorme van Rassediskriminasie bekragtig en moet elke twee jaar verslag lewer oor wat hy doen om die konvensie uit te voer. Burgerlike organisasies kan dan skaduverslae indien om kwessies waaroor die regering swyg, uit te wys.

ʼn Komitee bestaande uit 18 lande hoor die verskillende verslae aan en kan dan aanbevelings doen waaroor die regerings verslag moet doen.

In Maandag se sitting kry Solidariteit en AfriForum die geleentheid om hul saak te stel. Die regering en die komiteelede kan dan reageer en vrae vra en die twee organisasies kan daarop reageer. Solidariteit en AfriForum kry Dinsdag weer die geleentheid om die komitee oor hul verslag in te lig en Woensdag en Donderdag word die Suid-Afrikaanse regering se volledige verslag hanteer.

Solidariteit en AfriForum vra onder andere die regering moet die komitee wys waarom sy wiskundige benadering tot rasseverteenwoordiging nie neerkom op die skep van geïnstitusionaliseerde silo’s vir verskillende rasse nie.

Hulle vra ook die regering moet wys of hul beleid oor kwotas in sport met hierdie konvensie se beginsels en internasionale praktyk oor rassekwotas en inmenging in sport, ooreenstem.

Volgens Hermann lê die mag van ʼn aanbeveling daarin dat die regering ʼn politieke plig het om dit uit te voer. Dit raak ʼn internasionale verleentheid indien dit geïgnoreer word. Suid-Afrika is ook verplig om te verseker plaaslike wetgewing stem ooreen met die Konvensie.

“Solidariteit en AfriForum sal met prosesse begin om aanbevelings van die komitee duer middel van plaaslike howe af te dwing. Dit is ʼn historiese dag, want dit is die eerste keer sedert 1994 wat die regering sy eie rassebeleid op ʼn internasionale platform moet verdedig,” het Hermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

gerbrandt ·

Ek hou ook duimvas. Sterkte. Hoop hulle praat ook oor ons taal wat deur papbroeke soos De Villers en De la Rey vertrap word.

Anti DA ·

Ek gaan my maandelikse bydra verhoog by Solidariteit/Afriforum hierdie organisasie is goud werd vir die gewone burger op straat…..DANKIE

jaco ·

ek kan verstaan as regstellende aksie teen wit mense diskrimineer. dis nie lekker nie, maar dis n klein prys om te betaal. net voor die 1994 verkiesing het baie wit mense gevrees hulle gaan doodgemaak word as straf vir apartheid.
MAAR wat ek nie verstaan nie, is dat regstellende aksie teen Indiers en Kleurlinge diskrimineer. Hulle was dan ook saam met die swartes slagoffers van apartheid
wat ek ook nie kan verstaan nie, is dat hierdie diskriminasie teen kleurlinge en indiers n gereelde ding is, maar daar is steeds kleurlinge en indiers wat die ANC steun.

Moeggepraat ·

Jaco, klein prys om te betaal….. Jy weet nie waarvan jy praat nie aangesien jy nog nie self daardeur is nie!! Ek sukkel al 4 maande as Pr Ing om werk te kry nadat ek 25 jaar vir hierdie spul gegee het. Na elke onderhoud moet ek hoor van transformasie teikens en BBBEE wetgewing wat my uit die ekonomie hou. Klein prys, sê dit vir my familie ou Jaco!

jaco ·

dis miskien goed dat die minister van sport gese het dat SA sportfederasies nie internasionale toernooie mag aanbied nie. Onthou net watter reusagtige bedrae is op die sokker wereldbeker in 2010 uitgegee. dis geld wat BAIE beter vir behuising, beter basiese gesondheidsdienste, beter paaie ens ens gebruik kon word. daar staan die 8 hipermoderne stadions nou meestal ongebruik, daars onbetaalde skuld en die land gaan net verder ten gronde

John ·

Die rassisme-storie loop hand-in-hand met die verontregte-slawe-kwessie wat sedert koningin Charlotte (foto en meer op internet) , vrou van koning George III (1738-1820) van Britranje, wat ‘n kind was van ‘n negerin (glo die swart bloedlyn van die adelike Portugese Margarita de Castro y Sousa) uit Afrika en ‘n Duitse adelike, haar beywer het vir die afskaf van slawerny. Hierdie storie sluit aan by die sg Swart Madonna wat in ‘n katedraal in Poland hang en hoogheilig geag word deur Katolieke. Die madonna en kind ( foto is op internet) sou volgens oorlewering daarop dui dat Maria en Christus swartmense wees. In die Middeleeue was huwelike tussen Negers uit Afrika en Europeers uiters gewild omdat die Madonna sulke verhoudings sou heilig. Tot vandag word die Mulatto-nasate as onaantasbaar geag. Koningin Victoria van Engeland was ‘n nasaat van Charlotte en die huidige koningin dus ook. Die Britte se sagte plekkie vir Mandela en Afrika sluit hierby aan. Kunskenners weet deesdae dat die antieke loodwit-verf gemeng met sekere ander pigmente mettertyd verdonker tot swart, maar die geloof bly om verskillende redes vassteek en maak swart Katolieke ook meer aangetrokke tot die godsdiensgroep. Lees hieroor. Dis baie insiggewend.

Stu Kaapstad ·

They don’t care about us, the West is moving more and more to the left and I honestly can’t see the UN doing anything about it.

It would be amazing if they did, as it is pure and simple racism. I see it everyday in sport as I have two young boys. They have to pick the “quota” players first and then build a team around them.

Well done Solidariteit and AfriForum.

Mike ·

Wanneer gaan Solidariteit/Afriforum duidelik hulle standpunt aangaande afrikaner selfbeskikking aan ons bekend maak?

Anti DA ·

Afriforum/Solidariteit is ‘n organisasie wat baklei vir die regte van die minderhede wat vertrap en verkrag word deur die huidige regering sodra ‘n instituut soos die huidige staats universiteite besluit Afrikaans word geskrap bou hulle ‘n universiteit vir Afrikaanse studente ongeag kleur of ras .

Jan Jooste ·

Baie geluk en dankie aan Solidariteit. Ek bid vir seen en sukses. Darem absoluut hoedat julle bou aan Afrikaner se toekoms terwyl die seunse weenkoor ons net op die pad na nerens wil begelei.
Noem dalk vir VVO dat ‘n broer van elders uit Afrika, nieteenstaande wysiging van SEB kode, de facto steeds verkies word bo ‘n Afrikaner.
Voorspoed.

Doris Gouws. (Siek gewag) ·

Ek sal wil weet as die mense nou van die VN af terug keer of daar iets sal plaasvind met die S.A.P. mense se bevorderings vanaf 2009 waar daar teen hulle gediskrumineer was oor hulle vel kleur en dat die spesifieke kanidaat die beste was vir die pos en die pos toe nooit gevul is nie, en dat soldariteit in 2010 oor die nuus gepraat het oor die persoon wat die beste was en dat hulle besig is en dat daar nog nie veel plaas gevind het nie.

Kaufman ·

Rassekwotas in werksplek is net die punt van die ysberg. Baie erger is die onregverdige manier hoe wit teenoor swart rassiste hanteer word, plaasmoorde wat aangemoedig word deur sekere mense sonder dat die regering ingryp, en haatuitsprake van die ANC en president self!

Ek ·

Ek bid vir julle AfriForum en Solidariteit dat geregtigheid sal geskied en glo dit sal. Moet nooit bid as jy nie glo nie

Johannes Meintjes ·

Ons is mos nou al ‘n paar keer om die boei wat die situasie van die blanke minderheid in SA betref. Selfbestuur en selfbeskikking moet tot ‘n volhoubare metodiek ontwikkel word. Net ons kan dit doen, en ons moes al baie verder daarmee gewees het! Dit beteken nie dat ‘n selfbeskikkende minderheidsgroep nie ‘n regmatige en deelnemende aandeel in die groter SA het nie. Hoekom sukkel ons blankes en Afrikaners so met ons eie verantwoordelikhede rondom self-behoud en rentmeesterskap in die Nuwe SA?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.