Solidariteit en sy lede bly werk te midde van SAL-chaos

SAL-SAA-Airbus-A330-243

Drie van SAL se Airbus A330-243 vliegtuie staan by Heathrow-lughawe in Engeland in 2012. Foto: Alex Beltyukov/RuSpotters Team/Commons.wikimedia.org

Solidariteit het bevestig dat sy lede ten spyte van onstuimigheid voortgaan om vir werk by die Suid Afrikaanse Lugdiens (SAL) aan te meld. In die lig van die SAL se uiters bedenklike situasie beskou Solidariteit en sy lede ʼn staking as destruktief, eerder as konstruktief.

Volgens Derek Mans, ’n organiseerder by Solidariteit, is die toekoms en volhoubaarheid van die SAL op die oomblik op ʼn mespunt. “Dit is ’n gemene saak dat die SAL nou al vir etlike jare onderpresteer en sukkel om aan die gang te bly, maar sy voortbestaan is nog nooit tevore so bedreig soos nou nie. Solidariteit en sy lede is bewus van die geweldige krisis binne die SAL. Daarom moet ons breër dink oor oplossings en moet ons nie onsself blindstaar teen die idee van ‘met sake soos normaal’ aangaan nie.”

Solidariteit benadruk dat terwyl sy lede voortgaan om bedrywighede binne die SAL aan die gang te hou, Solidariteit daaraan werk om oplossings saam te stel om die geheelbeeld van die SAL in die beste belang van sy lede, sowel as die land te omskep.

“Wat hier gebeur, sal drastiese gevolge inhou, nie net vir al ons lede nie, maar ook vir die fiskus en die land in die geheel. Die tyd het nou aangebreek dat iemand beheer moet neem van die situasie en om die saak op ʼn verantwoordelike manier te bestuur. Ons gryp hierdie geleentheid met ywer aan en ten spyte van die enorme onstuimigheid wat tans woed, sal ons en ons lede aanhou werk,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wielspore ·

Solidariteit kan gerus hule eie lugdiens begin, genaamd SoleFly
Sole – Solidariteit of alleen
Fly – vlieg
Alleen vlug – SoleFly

Zoom Zoom ·

Ons Moet die kaders wat bedank asook die vakbond betrokke wat SAL in die gemors gedompel het.
Dankie aan die Zuptas en vriende.

Johanna Botha ·

Ek wens die saa gaan nou finaal onder …dis n swartgat van korrupsie en onbekwaamheid !

Dolf ·

Wittes werk hard om die vlerke in die lug te hou, maar hulle gaan die eerstes wees wat afgelê word. Die lewe bly maar onregverdig.

Al ·

Dis die enige opsie. Ten minste weet Solidariteitlede om te ‘demand en te demand’ in die realiteit nie werk soos ander vakbonde onintelligent en gierig optree nie.

JohanR ·

Gee SAA net vir 18 maande oor aan Solidariteit en die privaat sector, dan sal alles mooi omdraai. Maar die geld vir al die staatsdienste?

KrokodilBotha ·

Solidariteit moet verlof vat en SAL los om te vrot. Julle hou nou die rioolput aan die gang.

Kerneels ·

Wie onthou nog die vlieënde springbok op die oranje agtervlerke…? Laaste keer wat SAL nog winste gemaak het

Alexz ·

Hi Kerneels, ai, was ek darem trots op daardie Vliënde Springbok!
En moenie vergeet van:

AD ASTRA – PER ASPERA

Michael P ·

Mense hulle worry nie Kyk nou volgende week dan se die Minister weer, Reddings boei van 35 Miljard vir SAL en alles gaan weer normaal voort LEKKER MAN.

James ·

Ek stem Michael, kyk net so paar weke terug by Eskom toe hulle, hulle sin kry. Eweskielik geen loadshedding nie.

skurweberg ·

Slim strategie AfiForum, baie dankie dat julle die morele hoegrond behou. Dit sal vorentoe nie leeg na julle en ons terugkeer nie.

andre ·

Privatiseer die SAL!

Gee dit GRATIS WEG vir Solidariteit!

Eers dan sal dit weer ‘n kans staan om aan te hou vlieg!

MT ·

Doen weg met mense wat nie wil werk nie! Geldgierigheid! Beskerm jou maatskappy, wees dankbaar as daar finansies is vir ‘n verhoging. So breek werknemers ‘n maatskappy tot in die grond in af! Dank hulle almal af en gee die mense wat wil werk, die werk. Maar die regering stel nie belang om ons ekonomie te red nie. Die Minister van vervoer sit agteroor. Binnekort word die land aan die chinese verkoop uit geldgierigheid. Kyk wat het met Zambië gebeur. Hulle kon nie hulle lening van Zesco terugbetaal nie en toe vat die Chinese die kragvoorsiener oor…..

Delarey ·

Welgedaan Solidariteit julle maak ons trots.

Die Bybel sé jy moet jou vyand vuurrooi maak van skaamte deur aan hom goed te doen…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.