Solidariteit gaan BLF hof toe vat

Dr. Dirk Hermann, die bestuurshoof van die vakbond Solidariteit.. (Foto: Maroela Media)

Die vakbond Solidariteit gaan regstappe neem teen die BLF na aanleiding van uitlatings wat gemaak is na die tragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark.

“Ons is absoluut gewalg deur die opmerkings deur die BLF se woordvoerder Lindsay Maasdorp waarin hy die dood van die wit kinders verwelkom,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Maasdorp het ook op die tragedie reageer deur te sê: “God is on our side.” Zwelakhe Dubasi, adjunksekretaris-generaal van die BLF, het op sy beurt gesê: “Ancestors are with BLF, as we fight they fight too. They shake the land and white buildings built on stolen land collapse. Keep fighting Zinyanya, you are fighting a good fight. Camagu! [sic]”

Volgens Hermann is verskeie van die beseerde kinders se ouers lede van Solidariteit en een van die vakbond se verteenwoordigers se kind is ook in die tragedie beseer en steeds in ʼn ernstige toestand in die hospitaal.

“Die Solidariteit-strukture in die Vaaldriehoek reik op verskeie maniere uit na die slagoffers en families. Solidariteit is geskok oor die voorval en spreek ons innige simpatie uit met die oorlede kinders se families en bid vir spoedige herstel van die beseerde kinders. Ons huil saam.”

‘n Skermskoot van die uitlatings.

Hermann het gesê verskeie ouers en vriende van die slagoffers het Solidariteit genader om met regstappe teen Maasdorp te begin. “Ons sal later aankondig namens wie ons almal gaan optree. Ons regspan gaan reeds die naweek begin om hofstukke op te stel wat nog binne die volgende week op Maasdorp en die BLF beteken gaan word.”

Solidariteit wil Maasdorp van crimen injuria aankla en daar sal op die Vicki Momberg-presedent gesteun word, het Hermann gesê. “Ons is van mening, op grond van die Momberg-presedent, dat tronkstraf die gepaste straf vir Maasdorp sal wees. Ons beplan ook ʼn saak by die Gelykheidshof op grond van die Penny Sparrow-presedent.”

Maasdorp se oortreding is strafregtelik en ons is van mening dat hy swaar gestraf moet word, het Hermann gesê. “In die Momberg-saak het landdros Pravina Raghoonandan gesê: ‘Respek vir mekaar is ononderhandelbaar. Ons is almal mense.’ Hierdie opmerkings van die landdros is in die oortreffende trap op Maasdorp van toepassing.”

Solidariteit het voorheen ʼn klag teen Maasdorp by die Menseregtekommissie ingedien na soortgelyke opmerkings oor die droogte in die Wes-Kaap. “Die MRK het aangedui dat hulle Maasdorp gaan vervolg.”

Die VF Plus en die DA-jeug het ook aangedui dat hulle Maasdorp en die BLF by die MRK sal verkla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

Jaco Olckers ·

Hulle moet dit voor my kom se. Veral as die lot ressiste so praat oor een van my mense.

Wat wou... ·

Sit sommer maar die hele BLF bestuur span agter tralies want nie een van hulle het respek vir ander behalwe hulle chomme nie! Hulle prikkel mos nou die leeu se b..l!

Morne ·

Ek stem Olckers. Dit is siek. My mee gevoel aan julle Olckers familie en die res van wit families wat oor verlede vermoor word daagliks. Dit is siek en vertraag dat mense soos BLF so dink en reageer. Witmense gaan nie in townships en verkrag en vermoor vrouens en kinders… wie is die ware rassiste nou vra ek. Alle sterkte aan julle. Gebede met julle.

Gehasi ·

As 50 daar opdaag moet daar 20 van ons wees, dit is genoeg. Word wakker en hou op lamlendige verskonings soek om niks te doen nie.

Abe ·

Wat wou,
Die metafoor van die leeu is in swak smaak. Dit stel jou volksgenote in n swak lig.

Chris -Natal ·

10 uit 10 Solidariteit,
moenie tyd mors nie sommer Maandag

Rikku ·

Dankie Solidariteit.
Ek skenk maandeliks my bydrae aan julle met ‘n oop hart. Ek is’n 65 jarige afgetrede Dame en ek daag al my mede Lesers uit om aan te sluit by Solidariteit . Ek lees daagliks hoe my klein bydrae aangewend word en is trots daarop. Ons kan almal saam ‘n Groot Verskil maak. Moet nie net sit en kommentaar lewer nie ! Doen iets omtrent dit. Help dat ons almal kan saamstaan vir geregtigheid in Ons Suid Afrika.

Vince ·

Vat die MRK ook hof-toe en ontbloot hul vir die kaders wat hul is.

Stoffel ·

Terloops, is daar nie ook ‘n vrou wat in die agtergrond die vure stook nie?

willem Botha ·

Hoe sterker ons solidariteit finansieel kan maak hoe beter gaan dit gaan.

Lelizé Kriel ·

Ek stem saam met jou Willem Botha. Ons moet opstaan vir die kinders. My hart is seer as n mede-onderwyseres, vriendskappe gesmee met ouers en kinders in hokkie en atletiek en dit breek my hart dat mense harteloos raak. Ekt n hart en sal saamstaan vir hul teen die buffels. Ek gee my steun aan Solidariteit met graagte.

Sarel ·

Hulle geld sal help sodat julle die voorbeeld van reg en geregtigheid kan wees. Doen so voort.

Neville Wandrag. ·

Op 79 jarige ouderdom het ek nooit gedink ek sal soveel haat beleef nie. Solidariteit alles wat julle beplan sal ons in volle geloof aan God opdra..

Lerato ·

Nou sal die MRK, moet wys of dit regtig onbevooroordeeld is. Iets wat menige betwyfel.

Landvaneensydigheid ·

Volgens hulle aanmerkings is daar klaar oorlog op ons verklaar…

Stoffel ·

Dit sê als, per die artikel hier bo: “Die MRK het aangedui dat hulle Maasdorp gaan vervolg”.

Noujatoe, daar het ons dit, uit die perd se bek, tjoef tjaf en sie daar die saak is kaf gedraf.

Francois ·

Die MRK sal die skuld weer op blankes pak. Maasdorp (wat ‘n van vir n rassis!!) sal beskerm word en sy uitsprake sal afgemaak word as satire of as iemand wat “gely” het onder blanke verdrukking. Kyk mooi….

Al ·

Dankie Solidariteit.
Dalk moet BLF se kommentaar internasionaal versend word sodat die wêreld kan sien wie hul is.

Ben ·

Nee, moenin dit internasionaal versend nie, dit is presies net BLF en ander groeprings wil he en kry… gratis publisiteit….

Antoinette ·

Dis reg ruk hul in die bekke! As jy nie wil hoor nie moet jy VOEL!

Chris ·

Dankie Solidariteit. Ek steun jul 100% in hierdie saak. Ek is reeds ‘n lid maar sal met graagte ekstra geld bydrae as daar nodig is vir regskoste.

Boet Fasie ·

Hoe walglik kan mens wees, Solidariteit julle het my steun

Piet ·

En vervolg asb ook die ander individue wie genoem is in verskeie nuusberigte.

Jo B ·

Ai Dr. Dirk… gaan dit help? Dis wat hulle wil hê… propaganda. Die regering gaan nie eers ‘n oog knip nie… hulle laat in elk geval dan die BLF toe om te sê en doen wat hulle wil… ek is jammer om te sê,… ONS VEG ‘N VERLORE STRYD.

Anoniem ·

Jo B Net as ons stilbly en niks doen nie maar JUIS nou met Solidariteit aan die spits en GOD in beheer gaan die DINGE gebeur (pappa wag vir hulle)

Ben ·

Ek stem saam dat ons hulle nie propaganda moet gee nie, maar nee, ons stryd is nie verlore nie, die plaasboere wen alreeds, daar is meer plaasaanvalle maar minder moorde, omdat die boere teugveg. Ons moet veg, op alle terreine. Ons moet om GOD bid vir die regte leier. Intussen, sterk wees en nie moedverlore raak nie.

Erika Ochse ·

Gee hieerdie haat-spuwers vir God. Net Hy kan sulke haat genees.

Blikke ·

Dis nie n verlore stryd nie. As almal die houding inneem sal daar niks van kom nie. ROER HULLE……lankal tyd om sulke uitlatings in die kiem te smoor. Wens julle alle sukses om hulle aan die pen te laat ry!!!

Opinie ·

In SA we have the right to freedom of speech, but not the freedom of hate speech. Really hope they learn the difference now when they are prosecuted. This tragedy had no affect what so ever on them, as this was not a race motivated tragedy(incident), though they still decided to publish a disrespectful and hateful outrage towards (deceased & traumatised) under aged children and a grieving community (and parents) who did not harm or taunt them in any way.

Piet kokewiet ·

Wens iemand wil die EFf ook vervolg hulle stook ook baie mense op met rasisme.

Jacques ·

Dis ‘n jammer situasie. Ek dink mense moet enigiets kan sê hoe walglik of aanstootlik dit ook al mag wees. Aanhitsing tot geweld is iets anders en dit is waaraan die BLF hulself skuldig maak. Ek is eens daarmee dat ‘n roep tot aksie onwettig mag wees, maar ons moet vry wees tot alle spraak.
Daar moet nie in die wet iets soos haat spraak wees nie, want wie bepaal die definisie van haat? Môre oormôre verander die regering en word die hardop lees van die Bybel dalk haatspraak.

Wat Vicky en Penny gesê het was onregverdigbaar, maar dit was nie ‘n oproep tot geweld nie. Ek sou liewer dat hulle sake nie as presedent gebruik moes word nie, want die gevalle is nie dieselfde nie.

Afrikaner ·

Die idee is dat dubbele standaarde uitgewys word soos dit die reel in die land geraak het waar wit mense aan die kortste ent trek.

Jacques ·

Die probleem is, mysninsiens, dat die standaard verkeerd is, of dit nou ewehandig toegepas word of nie. Ek hou nie daarvan dat daar ligitiemiteit gegee word aan wat met Momberg gebeur het nie. Kry dan ‘n interdik teen iemand wat lelike woorde vir jou sê wat jou hart en ore seer maak, maar tronkstraf!?

‘n Roep tot aksie om mense dood te maak is natuurlik ‘n ander storie.

Truitjie ·

Ag Jacques het jy die nuwe wet op haatspraak gesien wat eersdaags deurgedruk gaan word, jy mag nie eers se iemand is VET of MAER nie .. so ja .. daar IS NIE MEER VRYHEID Van spraak nie . net vir sekere groeperings . maar vir die minderhede mag jy nie iemand meer ‘n ‘swart man’ noem nie, maar ander kan jou ‘n vuil pienk vark en wit trash noem . dis hoe die wette toegepas word wat saakmaak.

Leon ·

Nou hoe moet n mens n nuwe SA bou met sulke uitlaatings,ek sal ook geldlik by dra om die gemors in die tronk te kry-flippen Rasis,as dit nou n wit mens of enige ander ras was wat die uitlating gemaak het was dit hoof nuus

Johan H. ·

Toe ou Pravina,jy het n tameletjie veroorsaak ne.. jou dag gaan kom

Winx ·

Die DA het die plot verloor ? … Hulle konsekwentheid is nêrens… hulle is all over the show soos verkleurmanne en daai jeugliga van hulle is ‘n Achilles hakskeen. Na maande se verwikkelinge weet ek verseker waar ‘n X nie getrek sal word.

Anoniem ·

Menere Siyanda Dizzy Gumede en Lindsay Maasdorp die moeilikheid wat Julle Julself met solidariteit op die hals gehaal het is maar net een kant van dit wat Julle in die gesig gaan staar in die komende dae en weke wat kom, die ander DING wat Julle sal moet uitsorteer is HOE Julle aan GOD sal moet verantwoording doen vir Julle onverantwoordelike uitlatings ONS GOD is ‘n LEWENDE OMGEE GOD ??????

Joan ·

Hierdie kinders is deel van die sogenaamde “free born” generasie en het absoluut GEEN aandeel gehad aan die apartheid Era nie??? Hulle ouers waarskynlik ook nie??? As jy breinloos is…… Sterkte aan die kinders, families en skool En ry hom met die hofsaak tot in die tronk asb

Piet Pompies ·

BLF se tjank moet afgetrap word, laat die saak in die hof draai deur die wet te gebruik. Solidariteit het al in die verlede bewys, as hulle ‘n saak aanvat dan voer hulle hom deur.
BLF Been Lost Forever

Stomgeslaan ·

Opinie – I couldn’t agree more.
Die reine waarheid, in n neutedop!
Groot verskil tussen haatspraak en vryheid van spraak.

Waarheid1 ·

Ek is so bly ek is n lid van Solidariteit!!
Sterkte met alles wat julle doen!!

Hanna Hoekom ·

Dankie Solidariteit! Ek hoop van harte dat die dubbele standaarde van die MRK nie weer toegepas sal word nie. Hierdie politieke party behoort gederegistreer word! As die vent blank was, was dit lankal die geval. Ek is absoluut gewalg deur sy “posts” op Facebook en kan nie glo Facebook laat sulke kommentaar toe nie. Gelukkig vir ou Lindsey is hy die regte kleur… Mag jou dag kom, en mag hy vinnig kom! Sal sien van watter nut jou voorvaders dan gaan wees.

Pieter ·

Facebook is net sulke klomp huigelaars. Meld jy blatante laster en rassistiese kommentaar, dan reageer hul deur te sê dat hul niks fout vind nie. Wonder wie hul Afrikaanse kommentaar oordeel…?!

At ·

Ek stem…maar liewe hemel, kan ‘n mens ‘n volk red met mense wat nie eens “rassis” korrek kan spel nie? Blyk ‘n chroniese probleem te wees.

GP ·

Kla eerder aan by verkiesings kommisie. Sover ek weet is hul reeds op finale waarskuwing dat as hul weer iets rassisties kwytraak hul nie mag staan as party in komende verkiessing nie.

Joe ·

Wonder as ons elke keer ‘n taxi omslaan en 24 mense dood dam ook dieselfde se… .. Ons voorvaders werk nou mooi met hulle… Wat Sal die Maas mannetjie dan te se he… . Die grap is Mars mannetjie clown word nie as een van hulle gesien nie.. Hy is heeltemal te wit

Foxi ·

BLF…..dis Godslasterik! Julle is so behep met julle uitsprake dat onskuldige mense wat geen opvoeding of enige uets van die aard saam met julle dans en rondspring. Hulle verstaan nie…..maar val net in die ry agter julle aan. Hier is kinders wat hul lewens verloor het en julle maak n bespotting van die tragedie. Hemel man….God is liefde en lewe het HY verniet aan julle gegee. Ons is almal lede van mekaar. Julle is hardvogtig en het geen vrede in julle hart nie. Die witman is NIE die probleem nie, julle is julle eie grootste vyande. Mag God almal genadig wees. Rus in vrede….liewe kinders.??

Hansie Slim ·

Dankie Sol.. Terwyl ons daar is, met verwysing na sy vorige toespraak wat tesame met hul bestuur se amptelike verklaring weer OVK toe asseblief. Hierdie groep moet gestuit word op die politieke arena

Hazeldean ·

Wonder van watter God hierdie Maasdorp praat….sekerlik NIE die God vd Bybel nie.

lewies ·

Psalm 31:24-25. Laat die’ inhoud deel word van ons lewens en wereldbeskouing.

Koos ·

Ek kan dit in net een sin se”Vreeslik is dit om te val in die hande van n lewende God”

Hartseer ·

Dit is ongelooflik hartseer dat daar mense is wat so ‘n tragedie gebruik on hul eie belange te bevorder. Hier is blatante pogings van sekere politieke partye om haat en verdeeldheid onder Suid-Afrikaners te saai. Ons moet onthou dat ‘n verkiesingsjaar is. Hierdie tipe insidente gaan meer gereeld gebeur. Hoe meer jy in die nuus kom, hoe meer mense weet van jou, dus het jy meer stemme. Ons as Suid-Afrikaners sal moet begin saamstaan en sulke optredes veroordeel. Alle Christene, ongeag van ras sal hande moet vat en begin bid vir ons land. Hier is te veel haat in ons land en dit moet stop. Ek self sukkel met negatiewe gevoelens as mens sulke haatspraak hoor. Ek dink politieke partye gebruik haat en verdeeldheid om hul eie belange te bevorder. Dit moet stop. Ek wens hierdie haat en verdeeldheid word uitgeroei. Dit is baie hartseer dat daar sulke haat en verdeeldheid in ons land is. Ons geestelike leiers moet hande vat en hierdie euwels in ons land hokslaan.

Ruiklont ·

Weereens kan ons net dankie sê vir Solidariteit se goeie werk. Sonder on te skroom pak jul die bul by die horings

1+1 ·

‘n Mens wonder net wat die blf se invalshoek gaan wees tydens hulle verdediging. Dit gaan nie ‘n maklike saak wees nie. Nie te se dat ander hofsake maklik was nie.

Engela de Klerk ·

Doen dit asseblief. Dit is erg ontstellend en ek sien BAIE swartmense is netso ongelukkig oor die verskriklike uitlatings. Intussen moet mens regtig konsentreer op die wonderlike, positiewe Suid-Afrikaners (almal ingesluit) wat saamstaan in hierdie tragedie.

Leonie Nel ·

Wil net maandliks ‘n klein bydraetjie maak!!! Ek dink julle is absoluut puik. Hou so aan dit is julle wat maak dat ons trotse Afrikaansers kan wees!!! Baie dankie julle vir jul puik diens. ????

Clifton ·

Imagine if VF members said this about black children. They would be in danger. All good people should unite against trouble makers with equal ferocity, regardless of colour. Always forgiving can be dangerous.

Jeremia ·

Solidariteit moet in hierdie saak baie pertinent Maasdorp vra wat hy sê / sy ingesteldheid is na elke plaasmoord.
Sy ingesteldheid na hierdie voorval is immers duidelik op sosiale media verkondig.
Die rassehaat wat aangestig word in hierdie geval is beslis verwant aan die gewelddadige kategorie.
Die presedente in die Stapelberg en Sparrow gevalle behoort bloot die vertrekpunt te wees.
Gaan ‘n bietjie al die soorte kommunikasie na wat deur hierdie karakter (-s) uitgestuur word. Dit behoort nogal ‘n groot openbaring te wees.

Jeremia ·

Korreksie: Stapelberg moet Momberg wees. Hoe kan mens vergeet wat dié van.

Abe ·

There can be nothing that reflects worse on the character of a man than if he has no respect for death. There is no clearer evidence of this than if he rejoices in the death of a child.

Gerda ·

Hy gaan net n brief skryf en se hy is jammer daar ooor dit is mos wat hulle doen ek dink tronkstraf is die regte ding om te kry

Faan ·

Ek sal graag die regter wat vir Momberg gevonnis het se mening wil hoor? Miskien moet hy die saak ook kry,dan sal ons weet of die regstelsel almal gelyk behandel. As die spul rassiste nie ook in die tronk beland nie, moet Momberg vrygelaat word.

A ·

Dis reg vat hulle ke almal hof toe. Vat aan hul sakke dan bekom julle lke sommer met geld ook vir die volgende hofsake. As jy nie wil hoor nie moet jy maar voel

Stella Berning ·

Ek sien elke dag hoeveel ander groepe se mense sterf aan hul eie mense se hand. Daar is nou n stuk oor n seuntjie Ethan wat gesterf het na hy in n huisroof in fourways gauteng geskiet is . Nie een lelike woord van ons kant. Ek is verbysterd oor al die haat . So n vernietigende emosie. Soveel tyd word gemors.

dolla ·

Nou eers? DA het al lankal ‘n saak teen die BLF in die Gelykheidshof. Maar ons is bly ander instansies kom ook nou by.

Kobus ·

Ai Dolla! Die probleem is, die DA is nie konsekwent nie! Solidariteit is wel!

Jan pierewiet ·

Daar gaan niks van kom nie. Sy Ovk broers het gese daar is geen wet oortree nie…..

SG ·

Waar was hulle gode toe hulle land in die eerste plek “weggeneem” is. Genade die ouens is brode. Mens moet jou nie steur aan hulle simpel en onintelligente uitlatings nie, maar met die een is onskuldige kinders dood. Dis sleg vir almal, veral hulle ouers, familie, skoolmaats en onderwysers. Ek hoop Solidariteit kry reg wat hulle beoog om te doen. Ek bid vir die wat deur hierdie tragedie getref is. Ek kan myself nie die pyn indink om ‘n kind te verloor nie

Hennie ·

Faith is been sure of what you hope for and certain of those things not seen, I have no doubt that I serve a God who does not sleep, and whilst He loves everyone, sinners included, He does not love their sin, these people who propagate and instigate racial discord will get their just dues, be it by the hand of God or by the law of rule as Soladarity is filing for. We are all supposed to be equal under the law, let us hope, pray and believe that this will happen, without fail.

Ben Smit ·

Hulle behoort eerder die regering hof toe te vat. Die regering het nie hulle werk gedoen.

Nonnie ·

Maasdorp is reeds voorheen by die MRK verkla en NIKS het gebeur nie…………. DIE MRK IS DIE GROOTSTE KLOMP RASSISTE BYEEN EN ONS WIL NOU SIEN WAT GAAN GEBEUR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! ONTHOU DIE COLIGNY STORIE SE “KASTIGE OOGGETUIE” HET TOE AL DIE TYD GELIEG EN DIT HET UITGEKOM MAAR DIE HOF GAAN VOORT MET VONNIS OPLEGGING????????? DIE HELE KASTIGE “REGSTELSEL” SAAM MET DIE MRK IS TOTAAL RASSISTIES EN NET BLANKES IS VOLGENS HULLE SKULDIG……..SWART OP WIT RASSISTIESE UITSPRAKE EN MOORDE WORD GOEDGEPRAAT DEUR DIE 2 INSTANSIES!!!!!! DIE HELE GEMORS MOET AAN TRUMP EN DIE RES VAN DIE BUITELAND ONMIDDELIK GESTUUR WORD!!!!!

Nonnie ·

Ek wil ook voorstel dat daar baie fyn opgelet en ondersoek word of daar nie boonop gepeuter was met daar loopbrug nie………..

Piet Makwas ·

Mooi so Solidariteit! Doen so voort! Tyd dat ons, ons reg in die Suid Afrikaanse samelewing terug eis! Ek is ‘n Suid Afrikaner en nie ‘n uitvaagsel in my land van geboorte nie!

Debbie ·

Dit is tyd dat ons ook in ons duisende by die hof verrigtinge opdaag en begin skreeu vir regverdigheid!! Aksie mense!! Dis al wat hierdie land gaan red!

KJ ·

Ek’s seker dit gaan soveel help soos tuin natmaak terwyl dit reen.

Rina Kotze ·

Ek is van harte dankbaar dat Solidariteit iets hieraan doen!

En ek hoop van harte die diegene wat dieselfde oppinie het as BFL sal besef, daar is ‘n saai en maai beginsel. Wat jy aan ander doen en ander toewens, kom terug na jou toe.

So, die dag as dit gebeur met diegene wat nou allerhande rassistiese uitsprake maak, moenie huil nie, julle het dit aan julself gedoen.

Die wraak kom my nie toe, God sal self wraak neem.

Sterkte vir julle!

alida ·

Die aanmerkings is veragterlik en walglik. Vat hulle hof toe ASB Solidariteit. As die prentjie anders om was, was daar LANKAL inhegtenisnemings. Hulle moet geskrap word as ‘n party want hulle is niks anders as haat aanblasers nie. Geen normale MENS raak sulke goed kwyt nie. Hy kan verskoning vra soos hy wil. Oor die gespoke woord het jy geen beheer nie. Geen verskoning is aanvaarbaar nie. Tronkstraf is al wat werk.

hendrik ·

Swak manier om steun te kry Maasdorp, Maar dan weer is jy deel van ‘n groep sonder waardes.

Vanessa Moore ·

Ek was diep geskok toe ek gehoor het van die opmerkings. Passop! God slaap nie. Wat as dit jou kind was. Ek wens dit vir niemand toe nie, nie eers vir my grootste vyand nie. Die haat wat jy in jou hart het is nie van God nie. Dink mooi voordat jy praat!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.