Solidariteit gaan hofstryd oor sportkwotas voortsit

Argieffoto

Solidariteit het bevestig dat die hofstryd om die toepassing van sportkwotas aan te vat, voortgesit sal word. Dit volg nadat die Johannesburgse arbeidshof ʼn regstegniese punt wat deur die minister van sport en die sportowerhede aangevoer is, gehandhaaf het. Daar word gemeen dat Solidariteit ʼn lid moes betrek om die saak te kon voer.

Die minister het verder aangevoer dat die arbeidshof nie oor die bevoegdheid beskik om die saak aan te hoor nie. Hierdie punt van die minister is van die hand gewys, wat beteken dat die arbeidshof inderdaad oor die nodige bevoegdheid beskik om die saak aan te hoor.

“Solidariteit neem kennis van die uitspraak en gaan die volle inhoud daarvan bestudeer. Wat ons wel met onomwonde sekerheid kan stel, is dat ʼn hofstryd oor sportkwotas verder gevoer sal word,” sê Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit.

“Dit is kernbelangrik om daarop te wys dat die kwessie oor die meriete van sportkwotas nie deur die hof aangehoor was nie; die hof het slegs die regstegniese punte aangehoor. Dit is in die openbare belang dat die kwessie van sportkwotas per se in die hof aangehoor word – die minister se fokus is ongetwyfeld op die regstegniese aspekte,” het Human bygevoeg.

Solidariteit gaan in die komende week ʼn verdere veldtog van stapel stuur waardeur die publiek genooi gaan word om hul ervarings in verband met politieke inmenging in sport met ons te deel. Die veldtog, bekend as #VerteljouStorie, poog om aan owerhede te toon dat politieke inmenging in sport nie sonder nadelige gevolge is nie.

Meer besonderhede omtrent die veldtog sal mettertyd verskaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jaco ·

Hoe keer so ‘n regsaksie van solidariteit goed soos plaasaanvalle, plaasmoorde, dreigendr onteiening sonder vergoeding? Uiteindelik kom 2 of 3 wit mense nou dalk suiwer op meriete in ‘n sportspan en dan juig solidariteit oor hulle “oorwinning”, maar dan is die geld op vir regsaksies teen veel erger goed.
Raskwotas in sport maak jou nie werkloos weens regstellende aksie nie.
Raskwotas in sport vermoor ook nie wit boere nie.

Ma ·

Ai tog jaco, hierdie is net een van BAIE sake waarvoor Solidariteit veg. Het jy kinders? Moes jou kind al van di podium afklim en haar silwer medalje afhaal net omdat sy wit is. My dogter was net 12jaar oud en kon nie SA’s toe gaan vir gimnastiek ni, maar die swart kind wat 4de gekom het kon gaan met al haar kostes vir haar betaal. Al dink jy ni so ni, dit was baie erg. Al hierdie dinge is stukkies van een groot legkaart. Solidariteit gee aan al die stukkies aandag en probeer oral dinge regruk.

Judge Dredd ·

Jaco – is sport kwotas nie maar basies dieselfde as Regstellende aksie nie?

Wen Solidariteir hierdie een dan is ons 1 tree nader om van regstellende aksie binne besighede ontslae te raak.

Hendrik UAE ·

Raskwotas in sport laat pawiljoene leeg loop en veroorsaak werkloosheid onder mense wat verdien om werk te he. Raskwotas in sport ontneem my kleinkinders van verdere ontwikkeling en die self motifering op te offer.Ras kwotas in sport laat onbevoegde mense kry wat hulle nie verdien nie en dit laat die persoon eis vir kwalifikasie en possisie waarvoor hy nie werk nie. Raskwotas lei tot plaasmoorde……..Moet ek aangaan? Doe so voort asb. Solidariteit.

Dries du Toit ·

Jaco julle moet begin dink. Afriforum Solidariteit en VF is hoogs gekwalifiseerde mense met die regte inbors en mentaliteit wat NET werk vir ons mense in alle sphere van ons lewe.

Buite Stander ·

Die gebrek aan kommentaar sê vir my MM lesers gee nie meer om nie.

Sarel ·

Dit is nie dat daar nie meer omgegee word nie, dit is die herhaaldelike beskuldiging dat Afriforum niks vir die boere doen nie. Weet mense Soos Jaco hoe dinge op n plaas werk? Daar is baie beweging en elke ander kleurige n moontlike aanvaller. Die werk moet egter voortgaan in n afgelee omgewing en kan jy jou nie agter n hoe muur toesluit nie. Jy is uitgelewer en te alle tye n teiken. Dus kan net die boer en sy onmiddelike bure werklik probeer om n verskil te maak. Alles daarna is reaktief. Die boere organiseer hulself dus binne hul omgewing. Landbou organisasies sowel as Afriforum en wie ook belangstel vat hande en ondersteun mekaar . Boere moet op vele fronte veg om voortbestaan. Dit is nie net aanvalle nie, so bedreig ook diefstal en Veediefstaleenheid, grondbelasting, grondbesetting, ESKOM en omtrent elke staatsdepartement die boer en sy voortbestaan. Elke boer moet net deelneem en so paraat moontlik probeer wees. Dankie Vir jou besorgdheid, die feite dikteer egter die omstandighede baie Anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.