Solidariteit gaan Schweizer-onnie verteenwoordig

Die foto waaroor die herrie woed en waarop gesien kan word hoe gr. 1’s blykbaar volgens hul ras geskei is. Foto: Twitter

Die vakbond Solidariteit sal die onderwyseres van Laerskool Schweizer-Reneke verteenwoordig wat vandeesweek geskors is weens ʼn rasseherrie oor ʼn foto wat op die eerste skooldag in ʼn Graad R-klaskamer by die skool geneem is.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Vrydagaand bevestig dat die vakbond vir Elana Barkhuizen sal verteenwoordig teen haar “onregmatige skorsing”.

“Ons het die beste regspan aangestel. Dit was ʼn boendoehof wat haar in die openbaar skuldig bevind het. Die ware weergawe gaan talle hoëprofielmense met rooi gesigte laat. Dit is ʼn onskuldige juffrou met ʼn goeie hart dié,” sê Hermann.

Maroela Media het vroeër berig die sage het begin nadat ʼn ouer woedend gereageer het op ʼn foto wat op ʼn WhatsApp-groep gestuur is waar gesien kan word hoe wit kinders in ʼn klas by die skool almal saam by ʼn groot tafel in die middel van die klas sit, terwyl vier swart kinders alleen by ʼn tafel voor die deur van die klas sit.

Verskeie politici, politieke partye en organisasies het woedend op die foto gereageer en meen dit is duidelik dat die leerders in die klas volgens ras geskei is. Selfs die Mensregtekommissie het ʼn ondersoek na beweerde rassisme en ʼn gebrek aan transformasie by die skool van stapel gestuur.

Barkhuizen is Donderdag geskors hangende ʼn ondersoek na die voorval en volgens berigte bestaan die moontlikheid dat ʼn tweede onderwyseres ook geskors kan word.

Jozeph du Plessis, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het vroeër aan Maroela Media ontken dat die kinders op grond van ras geskei is en sê die omstrede foto is kort ná die begin van die eerste skooldag geneem toe almal nog vreemd en onseker was. “[Die onderwyseres] het waarskynlik die gevoel gekry om die kinders bymekaar te laat sit sodat hulle mekaar kan console,” het hy gesê.

Nog ʼn foto wat op dieselfde dag in die klas geneem is waar gesien kan word hoe swart en wit leerders by mekaar sit. Foto: Twitter

ʼn Ouer het vroeër die week aan Maroela Media gesê die vier leerders wat apart op die foto sit, het eers Woensdagoggend aan die skool ingeskryf en die onderwyseres het toe reeds plekke beplan vir die 18 leerders in die klas wat vroegtydig ingeskryf is.

Hulle is egter later rondgeskuif sodat swart en wit kinders tussen mekaar gesit het. Nog foto’s wat in die klas geneem is, toon hoe hulle gemeng sit en oënskynlik lekker met mekaar gesels en speel, onbewus van die herrie wat aan’t broei is.

Barkhuizen se lot sal eers bekend wees nadat die departement van onderwys se ondersoek na die voorval afgehandel is, maar die verwagting is dat daar sterk politieke teenkanting teen haar heraanstelling sal wees. Die EFF het reeds Vrydagmiddag ʼn verklaring uitgereik waarin die party daarop aandring dat “die onderwyseres wat kinders op grond van hul velkleur geskei het”, afgedank word.

Die Jong Kommunisteliga dring ook daarop aan dat Barkhuizen met ʼn swart onderwyser vervang moet word.

Lees alle vorige berigte oor Laerskool Schweizer-Reneke op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Callie ·

Swartes wat so reageer moet aan n kompleks ly. Hoekom sal hulle altyd op n ras storie so reageer. Geen nugtere denke, slegs vorentoe storm om die witman te wys. Gebruik ‘common sense’ en moenie die sense uitlaat nie. Dit stel julle verder oop vir kritiek wat julle net weer as rassisme sal sien.

Deon ·

Openbare gesondheid in Noordwes is teen die planke. Wat is volgende?

Schalk ·

Baie bly… Nog n R100 van my! Neek hul op. Mag ons kinders nie n skool he nie. Gaan bou n skool vir julle as jul so danig n skool soek, ons kinders het ook n grondwelike reg om saam met sy kultuur mense groot te word! Hy gaan nie gedreig of intimideer word as hy nie wil MIX nie.

Paul ·

Ek was een van die eerstes wat op die “onsensitiwiteit” van die gewraakte foto gewys het, dat dit goed bedoel was, maar onnadenkend geneem en deur hulle aangegryp is, juis in dié tye waarin ons leef, veral die afgelope twee jaar, waarin als wat die wit mense doen rassisme gesoek word om aan die grootklok te hang, en daarvan getuig voorbeelde soos die Black-Faced geval op Stellenbosch, nog ‘n hele rits ander, tot laas maand se geval op Clifton se 4 de strand.

Dit was onnodig om nou weer olie op die mense se vuur met ‘n foto te gooi, gegewe die fisiese en gewelddadige reaksie wat dit elke keer van die ANC se jeugliga en die EFF ontlok. Dan was my vraag of ons nou hierdie geskiedenis en reaksies moet ignoreer en nie daarteen waak dat ons hierdie mense onnodig skietgoed gee nie, met weer ‘n resultaat soos nou in dié geval?

Ons moet leer dat die mense hou elke beweging van ons met valkoë dop, of ons nou daarvan hou of nie, ophou sal hulle nie.

En volgende keer?

Chris ·

Paul, om dit verder te neem, die EFF en ANC jeugliga stel mos net daarin belang waarmee hulle die wit mense kan affronteer en die harnas in jaag, hulle is gedurig op die loer, hulle is opportuniste en sal alles in hul vermoë doen om die wit mense te diskrediteer en die vark in die verhaal te maak. Dit als uit ‘n politieke oogpunt. Hulle het niks om te verloor nie, soos ook in die geval van hierdie laerskool.

Hulle betrek die onderwysdepartement soos in hierdie geval om die werk te doen terwyl hulle betoog, met eise kom en die vure aanblaas en dit kos hulle nie ‘n sent nie, hulle ry net die betogers aan.

Kyk wat se skade is nou al hier betreffende die skool aangerig, regskoste en ander kostes moet nou aangegaan word, emosionele en fisiese skade is aangerig, enorm,wat vir baie vir die res van hul lewe sal bybly, maar die ANC jeugliga en die EFF voel ‘n veer, hulle stap net na die volgende geleentheid toe wat hulle raak sien en daar word die proses herhaal.

Paul ·

Die kruks van die storie is as Cyril Ramaphosa die verdagmakery teen die wit mense, wat deur Zuma, eintlik Mbeki, begin is en ‘n aansporing vir die opruiery van die ANC se jeugliga en die EFF teen die blankes is en waaraan die DA nou en dan lustig in hul uitsprake van rassisme meedoen, als om hul eie tekortkominge te verdoesel, sal ons dalk ‘n normale land kan raak.

Daarby moet mens die ingesteldheid van die gereg neem wat nie ewehandig uitsprake gee nie, maar wit mense te nakom, Dis asof die wit mense toenemend in die beskuldigde bank geplaas word vir die onmag van die regeerders en wettoepassers, wat nie die visie het om die land vorentoe te neem nie. Ons is voëlvry verklaar.

Plaas dat hulle ons as volwaardige medeburgers beskou en behandel, ons nie selektief by wyse van SEB, regstellende aksie en ander remmende regulasies uitsluit van die ekonomie nie, maar van ons kundigheid gebruik maak, sal die ekonomie ook vinniger kop optel.

Paul ·

Die kruks van die storie is as Cyril Ramaphosa die verdagmakery teen die wit mense stop, wat deur Zuma, eintlik Mbeki, begin is en ‘n aansporing vir die opruiery van die ANC se jeugliga en die EFF teen die blankes is en waaraan die DA nou en dan lustig in hul uitsprake van rassisme meedoen, als om eie tekortkominge te verdoesel, sal ons dalk ‘n normale land kan raak.

Daarby moet mens die ingesteldheid van die gereg neem wat nie ewehandig uitsprake gee nie, maar wit mense te nakom, Dis asof die wit mense toenemend in die beskuldigde bank geplaas word vir die onmag van die regeerders en wettoepassers wat nie die visie het om die land vorentoe te neem nie. Ons is voëlvry verklaar.

Plaas dat hulle ons as volwaardige medeburgers beskou en behandel, ons nie selektief by wyse van SEB, regstellende aksie en ander remmende regulasies uitsluit van die ekonomie nie, maar van ons kundigheid gebruik maak, sal die ekonomie ook vinniger kop optel.

Blowuppers ·

Solidariteit is baie beter as enige politieke party waarvoor wittes stem wat nie n woord se oor enige onregverdige behandeling van wit Afrikaners nie. Dirk Herman is n ware vegter vir sy volk!!

Bester ·

Ja. Nog nie n piep of enige aanbod van hulp vanaf die VF gehoor nie. Of dalk lees ek nie wyd genoeg nie?

Lynette Schultz ·

Goed so. Ek lees so tussen al die BAIE kommentare dat daar nou gesê word dat dat van die swart (mag mens dit nog sê???) ouers NIE voel die SKOOL en /of ONDERWYSERS rassisties optree teenoor hulle nie, maar wel die kinders by die skool, want, sê hulle, “die kinders word in hulle rassistiese ouerhuise geleer om swartes te haat”….

Hier is meer aan die storie as wat ons nou weet. Die foto was maar net die welkome stok (halmpie) wat gegryp is om ‘n vuur aan te steek.

Maatjie ·

Wonderlik, maak dit n GROOT oorwinning, Solidariteit ! Veg ook sommer vir moedertaal-onderrig, dat elke kind in sy eie taal onderrig word !

Ig ·

Ek hoop ook dat die DA hulle jeugleier wat so vinnig was om sensasie te soek ook te skors hangende die uitslag

Anoniem ·

EK SAL NOOIT OOIT WEER VIR DIE DA STEM NIE – OOK SOMMER MY LIDMAATSKAP STOP ! Ek tjaila nou by die DA

Frank ·

Onmiddelik geskors, maar vandag word berig dat ‘n generaal-majoor eers na sowat 2 jaar geskors is oor iets baie baie baie erger, en om nie eens te praat van die baie baie ander gevalle wat die besimpelde “menseregte” kommissie nog nie eens ondersoek of aangeraak het nie

Elbie Naude ·

Nog nooit in my lewe ‘n meer patetiese spul politieke “chancers” op een hoop saam gesien nie. African Nohope Chancers. Magtig man julle spul, word nou waaragtig bietjie groot vir ‘n verandering. Daai onskuldige kindertjies het meer breinkrag as julle lot saam.

AJ ·

Decoy! Afleiding!

Die desperate ANC en EFF misbruik voorvalle soos dié om aandag af te lei van iets VEEL ERGER as sg. rassisme!

STAATSINEENSTORTING, STAATSKAPING, KORRUPSIE op alle vlakke van die regering.

Byna elke naweek word swartmense met klippe doodgegooi en verbrand deur SWARTMENSE sonder dat enige politieke party eers daarvan melding maak.

Die Swartruggens e.a. voorvalle word gebruik vir TEISTERING van Witmense. Dit is deel van ‘n omvattende oorlog (etniese suiwering). … en natuurlik GRATIS publisiteit.

Dankie Solidariteit! Maak daai juffrou RYK uit vergoedingseise vir naamskending en teistering!

Engela van Zyl ·

Die ouers wat van als n rasistiese issue maak, besef nie gevolge, die volgende dag moes ouers hul kinders inderhaas by skool gaan haal, daai klein kinders moes almal vreesbevange gewees het, wit en swart, want hulle weet vir seker nie waaroor daai boehaai was nie. Klomp commin ouers as jy my vra…

Tinus ·

Slegs die twee groepies kinders is op die foto sigbaar. Hoe lyk die res van die klas? Jy kan mos nie afleidings maak as jy slegs die helfte van die klas kan sien nie. Onderwysers is lankal verby apartheid, hulle voed op en onderrig al die kinders in hul klas so goed as hul kan. Als word nou vir politieke gewin verdraai. Rasbehepte mense moet eerder gaan werk skep vir al die werkloses, dit sal tot almal se voordeel wees. Die waarheid sal uitkom as die regstelsel regverdig is, maar sy is mos klaar skuldig bevind

Talie ·

Presies Tinus, ons onderwysers kyk verby kleur. Almal in die klas is JOU kinders.

lewies ·

Julle het ook my ondersteuning in hierdie saak, Vir my wat sy brood en botter in die onderwys verdien sal ‘n bydrae maak wat ek kan, om hierdie saak te ondersoek. Al wat ek vra is dat reg en geregtigheid sal geskied terwille van die kinders, ouers en personeel van die skool. Ons mag nie toelaat dat die waarheid vir die leuen in SA verruil word nie, ongeag die uitslag van die ondersoek. (ek het geen verbintenis met die skool nie. Dit gaan suiwer vir my oor die beginsels “WAARHEID EN REG”.

politiek ·

politiek en rasisme speel die belangrikste rol by die geraas. Dit kos weer onnodige geld en stres agv mense wat nie die regte kant van die saak KAN verstaan nie. Of hulle nou reg of verkeerd is, dis hul tradissie. as een skreeu dan moet almal nader kom om ook te skeeu. sommige weet nie eers hoekom hy/sy skeeu nie. so moet daar net vure doodgeslaan word.

Petro ·

Absoluut ja. Crimen Injuria… Juffrou moet ‘n saak gaan maak

jakes ·

Asseblief, soos gewoonlik gaan hierdie spul swartmense wat nou galbraak, weer op hul herrie kry wanneer die waarheid uitkom. Dis lagwekkend dat na 24 jaar in die “nuwe” SA miljoene swartes nog met n minderwaardigheidskompleks sit. Daar is belangriker kwessies wat dringende aandag verg in skole soos bv swak of geen toiletgeriewe by baie skole, geen plek vir duisendeskoliere in skole, te min bekwame onderwysers, te min handboeke en die swak vereiste slaagpunt om n graad te slaag. Word wakker ANC.

Jo ·

En hierdie ouers in die voorval is meestal nog nie eers 24 jaar oud nie. Dus het hulle geen benul van die ”ou” SA nie! Dit wys jou net met watter siek, haatdraende mindset is hulle grootgemaak. Mag dit tog tot ‘n einde kom – dalk as meer swart kinders in Afrikaans onderrig word en gevolglik Afrikaanse morele waardes aanleer?
Die Satan is los in SA. Mense wat net op wraakgedagtes funksioneer, soos hierdie betrokkenes nou gewys het, deur instinktiewelik van iets so onskuldig ‘n oorlog te maak, is nie van God nie. Die persoon wag die foto geneem het was kwaadwillig.
Ek vermoed die DA gaan begin om wit steun te verloor as hulle aangaan, want dis nie die 1e x dat die DA saamstaan met EFF, ANC en SAKP deur hul ook skuldig maak aan “blinde veroordeling sonder feite” nie.
En agterna as hulle verkeerd bewys word, sê hulle nooit jammer vir die onskuldige wit persoon wie se lewe hulle amper verwoes het nie. As die DA leier rerig ‘n Christen was, soos hy beweer sou hy SA tot orde geroep het, vrede gesoek het, en nie eers betrokke geraak het by die skaamtelose breinlose moddergooiery nie.
By wie is die wit kiesers welkom? En maak dit ooit saak, want ons te min, ons word net eenvoudig deur die massas uitgeboeder.

Piet Pille ·

Die DA het weereens bewys dat dit ‘n party is wat ook sensasie soek veral wanneer dit gaan om ‘n paar swart stemme te werf.

Janet ·

Baie dankie Solidariteit. Hier moet ons nou saamstaan. Ons moet hulle begin wys ons is nie bang nie. Daardie onderwyseres het niks verkeerd gedoen nie. Ons 8s siek en sat vir hulle aannames. Baie dankie

jakes ·

Kinders is kleurblind en nie rassisties nie. Die onnie ook nie en basta met al hierdie politiekery om punte te wen vir die komende verkiesing. Is BBBEE nie ook rassisties nie? Baie swartmense het n minderwaardigheidskompleks en dit word telkens met sulke belaglike uitsprake bevestig. Kom reg of gaan weg!!!!!

Barend ·

Dit is n komplot teen die afrikaanse skool .die anc en eff en da wil dit net gebruik as n verkiesings sensasie .die wit onderwyser was net gebruik as die jonas bok .sterkte vir ons volk .die aanslag gaan baie groot op ons mense wees die jaar ons sal nou moet saam staan en terug slaam

m.d.r. ·

Ek stem saam met diegene vra dat die sogenaamde “woedende ouer”
uitgewys moet word…….
‘N naam en as dit moontlik is ‘n gesig ook op die sosiale media..siende dat die “woedende ouer” so gou na die media gehol het…..
Wat goed is vir een, is goed vir die volgende een…..!!

Uys ·

Waarom wit en swart. Ek het gesien met die eerste foto dat die Afrikaans en Engels spreekende kinder bymekaar sit. Ek het geen fout gesien nie.

Yster ·

As dit andersom was. Paar blankes by n tafel eenkant. Sou blankes so tekere gaan?

Gert ·

As my kind een van net 4 wittes in swart klas was, sou ek te dankbaar wees as die juffrou die wittetjies bymekaar sit om darem net effens meer tuis te voel.

Mina ·

Piet Pille ek stem saam met jou ek is so jammer ek het my stem op hulle die DA gemors nooit weer stem ek en baie van wie ek weet DA, ANC en EFF vry almal vir dieselfde Been

Marie Visser ·

Ek wonderaar net – die persoon wat die foto geplaas het is seker in diens van die ANC of EFF.

Peet Schabort ·

Daar is een ding in hierdie lewe wat jy moet onthou: ‘Dit wat jy hoor-, dit wat jy lees- en selfs dit wat jy sien (soos hier)’ kan moontlik wees nie naastenby dit wat werklik gebeur. Heelwat sg. ‘mense’ se koppe is ingestel (geprogrammeer) om alewig die negatiewe te WIL sien. Waarom nie foto’s te geneem het op ‘n latere stadium na klasindeling voltooi was? Jy as ouer wat hierdie foto geneem het op ‘n uiters kritieke stadium het GROOT skade berokken. Elana is ‘skuldig’ bevind eie aan ‘n afrika-boendoehof. Miskien moet hierdie ouer ook gaan kyk by dieretuine of daar onnodige skeiding is tussen diere wat naby verwant is aan mekaar. Ek gaan nie waag om spesies se name te noem want dan is ek rassisties en wil nie graag ‘n aap van myself maak. Waar is die oudleerlinge en veral die wat by Elana skoolgegaan het se insette? My vader was ook onderwyser en Potch. Onderwyskollege se leuse was ‘Onderwys is lewe wek’. My uiterste meelewing met onderwysers wat hulle sout werd is en hierdie valstrikke moet hanteer.

Ellisras ·

Mense moet in hul persoonlike hoedanigheid aangespreek word. Slaan hul waar dat seer maak. Anders is dit die staat maw EK EN JY wat betaal.

Marie Visser ·

Ons land se mense wat so genadeloos teenoor mekaar optree, behoort daagliks Maroela Nuus se ‘Gedagtes vir die Dag’ te lees – daar word baie lering en geestelike versterking in die daaglikse geestelike dagstukkie vervat.

Johan ·

Vryheidsfront, ek en duisende ander stem vir julle, nou met hierdie twak wil ek vonke sien spat van julle kant af. Kom, maak n groot lawaai! Roer julle!!!

B.H.P. ·

Die sulkes wat so ‘n lawaai opskop, lei aan ‘n erge minderwaardigheids kompleks. Selfs in die natuur bly soort by soort. Sit bv. ‘n bokkie by ‘n leeu en kyk wat gebeur. Dit is wat nou aan die gang is.

Yves ·

Leeu en bokke is verskillende spesies,mense is dieselfde spesie ons almal se DNA is dieselfde,geneties is daar geen veskil,net dt wat di oog kn sien,so get your facts straight, so onse kinders hoort in n hok ds mos ni n dieretuin ni

Tanya ·

Ek glo in reg en verkeert.Ek dink die juffrou het nie bedoel om dit so te doen nie.Ek is amper seker sy het die kinders so gesit omdat hulle mekaar verstaan.En die apartyd is nou al hoeveel jare weg.Stop om jou kompleks te gebruik vir dit

B.H.P. ·

Mense, julle weet nie wat ‘n rassis is nie!!!.
Dit is iemand wat ‘n spesefieke ras wil vernietig deur te vermeng met ‘n ander. Daar het jy dit nou!!!

marco polo ·

Ek dink nogal nie so nie. Dis iemand wat dink sy ras is beter as ander.

PaulV ·

Jy is heeltemal reg, marco polo. B.H.P; jy weet duidelik nie wat ‘n rassis is nie. ‘n Rassis is iemand met ‘n bevooroordeelde oortuiging dat een ras op sigself superieur is teenoor ander rasse. Dit is iemand wat neersien op, en wat met onverdraagsaamheid teenoor ander rasse optree.

Cherokee ·

Julle het BHP verkeerd verstaan. Ek lees dit as tong in die kies gesê (wat nie onvanpas is in die spesifieke gesprek). Vir my is ‘n rassis iemand wat lief is vir eie kultuur.

Audi alteram partem ·

Sal graag na die juffrou se verduideling wil luister, n men’s is mos onskuldig tot die teenoorstelde bewys is, neuk hulle Dirk!

mina ·

Dirk Hermann stig asb toggie n nuwe nie rassige party wat pas by hedendaagse verdrukte mense wat morele waardes het wat teen geen geloof velkleur taal kultuur diskrimineer nie glo my met so n beleid sal jy stemme van alle oorde trek. Jy is n vegter vir onregverdige euwels

elsabe Nel ·

Hierdie ouens wat so vinger wys na rassisme is die grootste rassiste. Ek, self n onderwyser, kan net n voorbeeld gee oor onderwysers in werkswinkels, wat instap en by hulle maats gaan sit en nie langs my wil sit nie. Op dae waar duisende onderwysers saamtrek sien jy ook groepe bymekaar sit en dis volwassenes. Kinders sien nie eers kleur nie, net maatjies. Hierdie is net n kwessie van kwaadstokery, want dan kry mense mos aandag.

SjN ·

As ek my diere in die aand in die kraal jaag besluit die bokke en skape self watter kamp gaan gebruik word om te oornag en hul meng nie, Is ek n rassistiese boer?

bollie ·

Dis jou probleem. Jy sien swartmense as iets anders as mense dis hoekom jy die voorbeeld van verskillende diere gebruik. Gaan swart-kleurige en wit-kleurige skape na verskillende kampe?

Chris ·

bollie, jy lê woorde in sy mond, dis nie wat hy gesê het nie, nou koppel jy dit daaraan dat hy ‘n swartman nie as ‘n mens sien nie.

Anoniem ·

Lekker om te weet GOD is in beheer en nie die LUR nie ! ‘n Lekker geestelike verrassinkie vir Jou Meneer ! ????

Anoniem ·

Die DA sal soos die NP wat ons uitverkoop het, ‘n stille dood STERF ! ?

Anoniem ·

Mnr Die LUR wanneer kry ONS Jou terugvoering oor die onveilige PUT TOILETTE wat kindertjies se veiligheid in gedrang bring ?????????

Anoniem ·

Johan H by die vorige berig van die skool sage het Jy ‘n navraag gehad ! Ek het vir Jou die inligting gaan soek wat in THE STAR gepubliseer was ! ?

C op C ·

Ek is verstom dat die BBP van die onderwys so vinnig aan die begin van die nuwe skooljaar hulle opwagting kon maak by die skool. As alle probleme so vinnig aandag kon geniet as aantygings van rassisme, was ons onderwys teen hierdie tyd in veel beter posisie…

E.K. die eerste ·

Dankie Solidariteit. Laat die WAARHEID nou uitkom en ek wens ek kan voor hof gaan dans met plakkate dat rassisme ‘n woord is wat verkeerdelik vir allerhande nonsens ge(mis)bruik word. Siek en sat vir sosiale media wat so probleme veroorsaak soos vir hierdie arme onnie

Cornelia ·

Ek glo dat almal WEET dat hierdie bloot ‘n organisatoriese reëling was wat op die keper beskou, ‘n onverwagse “noodwiel situasie” vir uitklaring, beplanning en plasing was. Ek weet verseker dat die kindertjies álmal, sonder uitsondering, met begrip en deernis hanteer is. Die skandemakers is die wat op “paranoia”/ vervolgingswaansin parasiteer. Die omgewingsklimaat vir ongebreidelde histerie is ‘n gegewe in die denkstroom wat heers in die nuwe S.A. Die leuens wat hier opgedis word teen die skool en juffrou, is van buite gefabriseer! Dit is ongegrond, roekeloos en veragtelik.

bolla ·

Daar kom ander bewerings na vore wat in ander media gedek word. Goed dat die bewerings getoets gaan word in ‘n ondersoek.

theo ·

ek is so bly soldariteit gaan haar verteenwoordig teen die bulies van onderwys wat als rasisties wil uit maak. die foto is onskuldig geneem. By my werk sit die swart taal sprekers by hul self en die afrikaans sprekers by hul self.

bolla ·

Dit gaan nie net oor die foto nie, daar is .ander bewerings ook.

Chris ·

Theo, maar die ANC jeugliga en die EFF stel nie daarin belang nie, hulle stel net daarin belang waarmee hulle die wit mense kan affronteer en die harnas in jaag, hulle sal alles in hul vermoë doen om die wit mense te diskrediteer en die vark in die verhaal te maak. Hulle het niks om te verloor nie, soos ook in die geval van hierdie laerskool.

Hulle betrek die onderwysdepartement soos in die geval om die werk te doen terwyl hulle betoog en die vure aanblaas en dit kos hulle nie ‘n sent nie, hulle ry net die betogers aan.

Kyk wat se skade is nou al hier betreffende die skool aangerig, regskoste moet nou aangegaan word, emosionele en fisiese skade is aangerig, wat vir baie vir die res van hul lewe sal bybly, maar die ANC jeugliga en die EFF voel ‘n veer, hulle stap net na die volgende geleentheid toe wat hulle raak sien.

theo ·

Net die foto is op die sosiale media versprei. in swart skole is daar ook bewerings dat swart onderwysers minder bevoeg is om onderwys te gee, niks word daarvan gesê nie.

PJC ·

Dit is verstommend hoeveel haat teenoor wittes daar is en dan is daar nog die stommerike wat dit nie raaksien nie. As dit nie vir organisasies soos Solidariteit en Afriforum was nie het baie onskuldige mense al aan die pen gery. Mense wat dit nog nie doen nie kan hulle dus maar gerus ondersteun.

theo ·

ek glo nie dis haat nie. hulle het n minderwaardigheids kompleks, en die anc het dit aangewakker deur hulle “white capital monopely ” spreuk. ek het da gestem maar nou sal dit VF+ wees.

Jeremia ·

Die ideaal sou wees dat Solidariteit moes kon vasstel of daar geld betaal word (en hoeveel) om hierdie tipe politieke herries te veroorsaak.
Voorts moet die gety gedraai word dat 1) raskaart altyd uitgepluk en 2) die rassisme storie net altyd in een rigting vloei en 3) en sommiges nooit aan die pen ry nie.
Die objektiwiteit van die Menseregte Kommissie kan vir ‘n slag ook aandag kry.

Paul ·

En Ramaphosa, soos Zuma, se uitsprake teenoor die wit mense help niks, dit blaas net die vure aan vir die persepsie dat wit mense voëlvry verklaar is. So ook dra Hoofregter Moegoeng se uitsprake nie by nie en as daardie instansies tesame met Cyril nie die regte geluide teenoor hul volgelinge maak betreffende die raskonflik in die land nie, gaan ons nie ‘n tree vorder nie. Hulle wil politieke punte aanteken en dan is die maklike uitweg om die wit man die skuld vir die treurmare van die land en hul swak bestuur te gee.

So kan mens aangaan.

Andre ·

Die ANC, EFF en DA se ‘rent a crowd’ spanne sal nie jaag na sulke nietighede as die MEDIA nie teenwoordig is, om die sensasie op te blaas nie.

Baie onnies en skole kan SKATRYK word as hulle soortgelyke insidente ‘skep’ (fabriseer), natuurlik met die nodige getuies vooraf gereël, kameras betyds opgestel om die DRAMA af te neem … selfs geweld uitlok om seker te maak dat die saak STERK is? …ha…ha…

Met Willie Spies en kie. wat gereed sit om daai ‘akteurs’ te MELK!

Begin by die geldskieters wat die ‘rent a crowd’ spul betaal, belasting op beide die ‘werkgewers'(ANC, EFF , DA) en die ‘werknemers (akteurs).

Daardie ‘rent a crowd’ spanne het mos ook regte … soos die MINIMUMLOON, MEDIES, PENSIOEN, OORTYD, ‘DANGER PAY’ ens.

Almal MOET belasting betaal!

Betreding, beskadiging van eiendom, naamskending, laster, teistering, rusverstoring ensovoorts.

Daarna volg vervolging en EISE teen die media!

Wanvoorstelling, leuens, teistering, ‘fake news’. naamskending, laster ensovoorts.

Soos die geval met Bell Potinger kan groot GOLIATS hard tot ‘n val gebring word!

Sons ·

Solank as wat daar die heeltyd gehammer word op rasse diskriminasie, sal daar nooit maar nooit eenheid en saamwerk aan ‘n beter land en toekoms vir SA wees nie!! Want dit is 1 van die groot probleme in SA…..

Felix ·

Ek sien een van die skole in Matatiele is ook nou in die spervuur.

Helien ·

Jy kan nie die kinders dwing om met seker maats te speel nie. Hoop die onderwyser kry haar pos terug

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.