Solidariteit gaan sy klag teen SA-regering by VN oor rassekwotas bekend maak

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit gaan Donderdag sy konsepklag oor regstellende aksie in Suid-Afrika, wat hy teen die Suid-Afrikaanse regering aanhangig wil maak by die Verenigde Nasies (VN), bekend stel.

Die klag neem die vorm aan van ʼn skaduverslag wat aan die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassisme (CERD) voorgelê gaan word.

Solidariteit begin ook Donderdag met ʼn twee maande lange openbare proses om insette van Suid-Afrikaners van oor die hele ras- en politieke spektrum heen te kry om sodoende ʼn breë spektrum van Suid-Afrikaners se mening in die verslag te weergee.

Wanneer die openbare konsultasieproses afgehandel is, sal die verslag gefinaliseer word en in Augustus 2015 formeel by die VN ingedien word.

CERD maak voorsiening daarvoor dat burgerlike organisasies ’n regering kan verkla deur middel van ʼn skaduverslag wat voorgelê word in reaksie op die betrokke regering se eie verslag aan CERD.

“Dit is die eerste keer dat die Suid-Afrikaanse regering sedert 1994 by die Verenigde Nasies vir rassediskriminasie aangekla word,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Woensdag in ʼn verklaring gesê. “Die kern van die klag is dat die Suid-Afrikaanse regering se absolute fokus op rasseverteenwoordiging teen die bepalings van CERD indruis. Die staat se rassebeleid gaan verder as wat regstellende aksie internasionaal toegelaat word en voldoen nie meer aan die internasionale vereiste van regstellende aksie nie.”

Hermann verduidelik die klag in die skaduverslag teen die regering strek wyer as bloot Solidariteit en sy lede. “Ons gaan in op ʼn saak wat alle Suid-Afrikaners raak en wat ’n brandpunt geword het. Suid-Afrikaners oor ʼn breë spektrum is moeg vir die swak polisiediens as gevolg van ʼn oordrewe fokus op ras; dink dit is uiters onbillik om die nasionale rassedemografie in die Wes-Kaap toe te pas; en dink dit is absurd om met ʼn aggressiewe kwotastelsel vaardighede by Eskom te verjaag te midde van ʼn kragkrisis. Ons verwag dus steun vanuit alle oorde in ons openbare konsultasieproses,” het Hermann bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

anet ·

Dankie aan Solidariteit wat ons wil beskerm en ons belange op die hart dra, ek waardeer dit wat julle vir ons doen. Dit gee weer fokus in my lewe.

Patrys ·

Dankie! Dis hoog tyd dat hierdie regering in die bek geruk word vir hulle wanpraktyke.

Rassistiese Grondwet ·

Die Suid-Afrikaanse grondwet is ‘n uiters rassistiese grondwet. Alles is op ras gebasseer. Regstellende ras wette, ekonomiese ras wette. Daar word ook teen ‘n minderheid gediskrimineer. Die VN is egter daarvoor bekend om blanke belange te ondermyn.

Piet Pompies ·

My seun het matriek geslaag einde 2014 en was reg om te begin werk by ‘n maatskappy, hy het aan al die vereistes voldoen. Nou is die poste beskikbaar as BEE en hy word uitgesluit by die aansoeke. Intussen het hy werk gekry by ‘n ander maatskappy en gaan deeltyds studie werk doen tot hy die regte kwalifikasies het vir ‘n goeie werk. Sterkte met die goeie werk wat julle gaan doen by die VN en weg met alle vorms van regstellende aksie, ons is mos ‘n demokratiese land.

Johan ·

Dis hoogtyd. Dit kan n wereldwye omswaai veroorsaak (as dit suksesvol is bygesê).

Jean ·

So lank as wat die slagoffers oorwegend protostant-christen is (wit en swart en geel ens.), het ons nou al genoeg voorbeelde gesien dat dit niks sal help om by die duiwel se troetel dier katjie (VN) te kla nie. Ek beveel gebede aan. Nie vir die afrikaner nie, maar vir die ware christene in afrika, en die wat hulle goedgesind sou wees. Gelofte dag (bloedrivier) kom nie uit ‘n begeerte om kultuur of taal te bewaar nie, maar jou siel en jou geliefdes. Kry julle fokus reg terwyl die deur nog op ‘n skrefie is.. Jy is ‘n komunistiese (duiwel se hondjie) teiken oor jy aan Jesus behoort of jou assosiasie met die wat aan Hom behoort.

Jeremiah 17:5 Thus saith the LORD; Cursed be the man that trusteth in man, and maketh flesh his arm, and whose heart departeth from the LORD.

SO. Waar sal jou hulp vandaan kom?

Anton ·

Wat sal die gevolge vir Suid-Afrika wees as Solidariteit suksesvol is of nie gaan wees nie, gaan ons nie dalk benadeel word nie? Alle kante van die munt moet gedeel word asseblief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.