Solidariteit geskok oor al hoe minder funksionerende skole

(Argieffoto: ANA)

Solidariteit Jeug sê hy het met skok verneem dat Gauteng in 2021 tot 173 minder funksionele skole as in 2017 gaan hê; dít terwyl daar jaarliks 2,5% meer kinders van skoolgaande ouderdom is.

Volgens Solidariteit kan die grootste rede hiervoor voor die deur van die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, gelê word. Die organisasie sê die LUR mors sy tyd deur met belanghebbendes te baklei en blaam op Afrikaans te plaas, eerder as om bestaande skole in stand te hou en genoeg nuwe skole te bou.

Paul Maritz, bestuurder van Solidariteit Jeug, sê dit is alombekend dat geskoolde mense en diegene met meer vaardighede en kennis makliker werk kry en meer permanente poste in die werksmag beklee.

“Dit is dus van sleutelbelang dat die regering sy fokus op opvoeding en meer spesifiek die bou van skole en ondersteuning van huidige skole sal verskerp sodat kinders gehalte-opvoeding kan ontvang wat hulle in staat sal stel om suksesvolle loopbane te kan hê,” sê Maritz.

Maritz meen hierdie versuim van die regering om eerder op onderrig te fokus, het toenemende druk op funksionele skole tot gevolg en beïnvloed die gehalte van onderrig wat leerders ontvang. Hy sê die gevolg hiervan is rampspoedig vir die aanleer van vaardighede en die opdoen van broodnodige kennis wat leerders in staat sal stel om verder te gaan studeer of die arbeidsmark te betree.

“Daar is tans ʼn verstommende 45% van jong mense wat geen vorm van werk, opvoeding of opleiding (NEET) ontvang nie. Dit beteken dat bykans die helfte van Suid-Afrika se jong mense geen werk het nie en dat min, indien enige van hulle, formele opleiding ontvang het.”

Maritz voer aan die gevolg hiervan is dat hierdie jong mense waarskynlik tot ʼn lewe van armoede gedoem is.

“ʼn Land kan geen toekoms in sulke omstandighede hê nie. Enige sogenaamde regrukplan is gedoem sonder funksionele skole vir ons jeug.”

Solidariteit het tydens die bekendstelling van sy Werkherstelprogram melding van heelwat programme gemaak wat op loopbaanontwikkeling gefokus is wat jong mense bemagtig en toerus om suksesvol tot die arbeidsmark toe te tree.

Maritz sê hierdie programme is só ontwikkel om die arbeidsmark juis meer toeganklik vir skoolverlaters te maak, ten spyte daarvan dat die regering versuim om sy verantwoordelikheid teenoor hulle en hul toekoms na te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dries ·

Ek sal graag Lesufi se reaksie op hierdie skokkende FEITE wil hoor.

Blikkies ·

Dries, ek stem met jou kommentaar, maar dink jy daai ou gaan hom vir een oomblik steur aan feite, en nogal skokkende feite…..

Willem ·

Hoekom geskok. Julle weet mos hul wil alles in die grond in dryf en dan appartheid die skuld gee

Anel ·

Ons moet vir onsself sorg as ons iewers wil kom. Our people gaan dit defnitief nue dien nie. Hulle ken net van bakhand staan.

Kokerboom ·

Skokkend. Hierdie is ‘n tikkende tydbom. Dis net ‘n kwessie van tyd voor die ding ontplof!!!!!Hoe kan die ANC so in ontkenning lewe? Die probleem is dat dit Blanke ontwikkeling direk affekteer.Ons kan nie in afsondering van mekaar leef!!!Word wakker CR. Vergeet van jou Marxistiese ideologieë

Sarel ·

1. Vanderbijlpark weet ek van ten minste 1 x skoolkompleks wat leeg staan en geplunder worc.
2. Nuwe skool gdboue…..waar is die Personeel.

Sarel ·

Lesufi sal nie nou baie doen nie. Hy wag vir die Premier stoel

Blikkies ·

Lesufi is homself nie wel geskoold nie, waarom sal hy dan omgee oor die jeug…hulle is almal te lank al gewoond aan bakhand staan. Afrikaans alleen is sy grootste probleem, nie opvoeding nie. Die Wiele kom lelik af…..

Yolandie ·

Dis seker maar wat gebeur as jy ‘n kultuur van sosialisme skep dat mens toelae kan eis vir NIKS doen nie……jy kan net terug sit en ontspan. So hoekom so verras oor die statistieke???? As daar nie ‘n kultuur geskep word van om te werk vir alles wat mens het nie, dan kan mens ook seker nie die waarde van ‘n skoolonderrig, ‘n werk en opvoedig volkome waardeer nie.

Miskruier ·

Mens het nie n skoolopleiding nodig om bakhand te staan vir kinder grant nie

Byekonfyt ·

Die “new management” het mos hordes tegniese skole gaan toemaak. En nou pluk hulle die vrugte. Dis bietjie laat vir die FET kollege droom. Hulle moes nie destyds die baba met die badwater uitgegooi het nie.

Johan ·

Dit sal interessant wees (sal seker nooit gebeur nie) as Solidariteit die land vir 5 jaar oorvat. Magtig ek dink hulle sal baie kan uitvoer. Wonder of ons president hierdie swak dienslewering van sy kaders in die regering sal vat as ‘n werknemer in een van sy besighede dieselfde gehalte dienslewering gee.

Jakes ·

Ag moenie bekommer nie, die regering sal nog dalk toelae vir skoolkinders ook moet instel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.