Die afvaardiging wat onder andere Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, en Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, insluit, het met leiersfigure asook Britse en Belgiese parlementslede vergader.
Die doel van die besoek is om mense in die buiteland bewus te maak van gebeure in die land en om steun vir verdienstelike Afrikaanse projekte te werf. “Ons uitgangspunt is dat ons positief oor die land is, al is ons negatief oor die regering,” het Buys gesê.
Die doel is verder om met beleggers te skakel en te versoek dat handelsbande met Suid-Afrika nie afgeskaal of opgeskort word nie, maar dat hulle eerder die regering sal help om sy huis in orde te kry, het hy gesê.
Dit is ook nodig dat steun vir Afrikaanse skole en universiteite gewerf word, het Bailey gesê. Sy meen sekere Suid-Afrikaanse universiteite is skynbaar nie bewus van die nuutste ontwikkelings op die gebied van onderrigtaal nie.
“Die gevaar bestaan dat hulle besluite in isolasie neem wat tot nadeel van hul buitelandse bande met Europese top-universiteite kan wees. Die afvaardiging wil daarom ook kyk na groter samewerking tussen Akademia en top-universiteite in België en Nederland.”
Die afvaardiging het Maandag in Antwerpen goeie gesprekke met sakelui, mediaverteenwoordigers en akademici gevoer. ’n Besoek is onderskeidelik Dinsdag aan die Belgiese Federale Parlement en Woensdag aan die Britse Parlementsgebou gebring.
Bailey het gesê Buys se toespraak voor die SA Chamber of Commerce het wye reaksie ontlok. “Daar is indringende vrae gevra en dit is duidelik dat mense bekommerd is oor wat in Suid-Afrika op ekonomiese en menseregtevlak gebeur. Die reaksie is deurgaans dat nog meer beleggers sal verdwyn indien korrupsie, politieke onstabiliteit en misdaad nie vasgevat word en onderwys verbeter nie. Daar is wel groot bewondering en steun vir die aksies van al die bene van die beweging,” het Bailey gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
59 Kommentare
Dit is n positiewe stap, maar regerings in europa het hul eie uitdagings en probleme.
As ons mense in sa net iets kan doen m.b.t AA, kwota-stelsels o.a en die korrupte anc uit die kussings kan lug by die stembus, het die afrikaner n kans om te oorleef in nuwe sa
Jip, soos ek al vantevore al gesê het….. Europa het self hul eie GROOT probleme met immigrante, Brexit & Griekeland wat ook wil uit EU en grensdrade wat nou begin opspring. Dit maak dus die probleme van ‘n BAIE klein minderheidsgroep in Afrika (wat se voorouers skuldig was aan ‘Apartheidsmisdade’) ‘n minder belangrike kwessie om aan aandag te gee…. Die beste vir Afrikaners & blankes wat Eurosentriese/Calvinistiese & Christelike leefwyse wil behoue laat bly, is om selfwerksaamheid en selfbeskikking na te streef. Ons moet na ons self begin omsien en nie pleidooie rig aan die buiteland nie. Gemeenskappe moet begin… Lees meer »
Ons het alle moontlike hulp hier nodig ….dankie julle ….net tragies dat die regering maar so flou is met hulle miekerige pogings
Vrae liewer die mense van Europa waarom hulle nie on hardwerkend blankes met ope arms wil verwelkom en ons toelaat om daar na toe te verhuis nie? Ons kan n positiewe bydrae lewer sonder dat daar heeltyd teen ons gediskrimineer word oor ons vel kleur.
Goed en wel , hou net in gedagte lande het geen vriende, net eie belange. Boonop is die klomp politici in Europa (en elders) maar bra ruggraatloos. Hulle was ook nog altyd “lief” vir die mense van Afrika (nie witmense nie, mos verdrukkers). Moet dus nie te veel verwag nie. Sterkte met die stryd!