Solidariteit hervat regsaksie teen Denel

Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê hy beplan om die regsaksie wat hy verlede maand teen Denel rakende werkers se salarisse ingestel het, te hervat.

g gesê hy beplan om die regsaksie wat hy verlede maand teen Denel rakende werkers se salarisse ingestel het, te hervat.

Dít volg maar enkele dae nadat die uitvoerende hoof van Denel sy bedanking aangekondig het.

Helgard Cronjé, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit, sê in ʼn verklaring Solidariteit was veronderstel om Denel einde Junie in die arbeidshof te pak oor sy versuim om sy werkers se salarisse te betaal en statutêre verpligtinge na te kom.

Volgens Cronjé is die saak egter tydelik van die dringende hofrol geskrap nadat Denel se regspan hom tot ʼn fasiliteringsproses verbind het waarvan die uitkoms sou wees dat Denel al sy agterstallige betalings sou inhaal en Solidariteit insette sou lewer ten opsigte van hoe hierdie uitkomste bereik sou word.

“Daar blyk ʼn algehele gebrek aan toewyding te wees van die raad van direkteure, die departement van openbare ondernemings en die tesourie wat die suksesvolle omkeer van Denel betref,” sê Cronjé.

Volgens Cronjé is talle omkeerplanne reeds deur die bestuur voorgelê hoewel die raad en departement nie bereid is om verantwoordelikheid te aanvaar en die nodige finansiële hulp te bied nie.

“Solidariteit het dus geen ander uitweg as om met dringende regstappe voort te gaan nie.”

Maroela Media het vroeër berig Denel-werkers se salarisse vir Mei 2020 is slegs gedeeltelik betaal, met sommige personeellede wat slegs 20% van hul salarisse ontvang het. Werknemers se salarisse was ook in gedrang gedurende Junie en Julie. Denel het voorgestel dat werknemers vanaf Junie tot Augustus gedeeltes van hul salarisse moet opoffer.

Danie du Toit het intussen sy bedanking aangekondig ná 18 maande as uitvoerende hoof van Denel.

Volgens Cronjé sal Du Toit se bedanking net verdere negatiewe gevolge vir die reeds sukkelende Denel inhou en tot verdere onsekerheid lei.

“Ons eerste en belangrikste prioriteit is om die belange van ons lede by Denel te beskerm. Hulle is lojale werknemers en ons kan nie toelaat dat hulle met hul salarisse boet vir die korrupsie en wanbestuur van die vorige bestuur nie,” sê Cronjé.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Dis tragies dat ‘n eens wereldklas organisasie so moet opeindig!!!

Marius ·

Dit is reg so , want dit is tyd dat regering sy verpligtinge nakom .

marius ·

Net soos SAL is die skrif lankal teen die muur . Moet nie ‘n woord glo wat hierdie leunaars kwytraak nie . Dagvaar en kry klaar .

Pieter ·

Hoekom nou hoekom so lank gewag julle wil mos met komuniste onderhandel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.