Solidariteit hou krisisberaad

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Die Solidariteit Beweging het sy lede opgeroep om ’n krisisberaad, met die tema “Ons is hier om te bly”, op Dinsdag 5 Mei by te woon. Die doel van die beraad is om indringend te besin oor die groeiende krisis in die land en om oplossings vir die uitwerking daarvan op die Afrikanergemeenskap te ontwikkel.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê daar is toenemend tekens dat die agteruitgang in die land besig is om momentum te kry. “Daarbenewens word die gevaar al groter dat die regering, ongeag die lippediens wat aan die Grondwet betoon word, besig is om vanaf meerderheidsregering na meerderheidsoorheersing te beweeg,” het hy bygevoeg. “Die doel van die spitsberaad sal onder meer wees om die omvang van die krisis in die land en die moontlike impak daarvan op die gemeenskap te bepaal en om omvattende oplossings vir hierdie krisis te ontwikkel.

“Ons wil vir mense werkbare planne, nuwe hoop en genoeg energie gee om met vertroue saam aan ʼn toekoms te bou waarin hulle hul taal, kultuur en leefwyse vry, veilig en voorspoedig kan uitleef.”

Die beraad vind op Dinsdag 5 Mei om 10:00 in die saal onder die amfiteater van die Voortrekker-monument in Pretoria plaas. Lede van Solidariteit, AfriForum, die Helpende Hand, die FAK en ander vennote van die Solidariteit Beweging word genooi om dit gratis by te woon. Belangstellendes kan reeds by www.krisisberaad.co.za registreer.

Hoop vir toekoms

Buys het gesê daar is natuurlik ook positiewe ontwikkelings en drywers van vooruitgang in die land wat hoop skep. “Ons is nie bloot tot ondergang gedoem nie,” het hy gesê. “Die staatsektor verswak, maar die privaat sektor, die burgerlike gemeenskap, die media, die regbank, die opposisiepartye en die kritiese oog van die buiteland is alles faktore wat hoop bied. Daar is dus steeds hoop vir georganiseerde gemeenskappe wat na hulself wíl en kán omsien.”

Buys het bygevoeg dat hierdie groeiende landskrisis nie ʼn verrassing vir die Solidariteit Beweging is nie. “Ons het betyds begin om die Solidariteit Beweging as ʼn moderne Helpmekaar-organisasie te vestig omdat ons geweet het dat ons uiteindelik selfstandig sal moet raak en dus nie meer volkome op die staat sal kan steun nie. Die tyd het egter nou aangebreek om, vanweë die groeiende krisis in die land, weer oor die aard en omvang van die probleem, asook die oplossings daarvoor, te besin.”

Fokuspunte vir die beraad:
• Die groeiende gevaar van staatsverval;
• die toenemende tekens dat die regering teen Afrikaners begin regeer;
• die bekendstelling van ’n tussentydse aksieplan as antwoord op die staatsverval en verontregting van Afrikaners; en
• die verkryging van ’n mandaat vir die aanstelling van ’n taakspan van die Solidariteit Beweging om ’n omvattende strategie vir die toekoms uit te werk.

Kundiges van die Solidariteit Beweging sal onder meer die volgende brandpunte bespreek:
• Die verslegtende veiligheidstoestand in die land;
• die krisis in die land se infrastruktuur, waarvan Eskom ’n sprekende voorbeeld is;
• die verskerping van rassewette onder die dekmantel van “regstellende aksie”;
• die groeiende rasse-onverdraagsaamheid;
• die gevaar dat meerderheidsregering in meerderheidsoorheersing ontaard;
• die vandalisering van Afrikanermonumente en die regering se planne daarmee;
• die voortdurende veldtog om Afrikaanse skole te verengels;
• munisipale verval in die land;
• die groeiende staatsinmenging in besigheid onder die dekmantel van SEB;
• die bedreiging van die regsorde in die algemeen en eiendomsreg in die besonder;
• die benadeling van ons taal en kultuur deur die owerhede;
• die kriminalisering van die Afrikaner se geskiedenis;
• swak regering en korrupsie;
• werkloosheid;
• die verswakking van rassebetrekkinge; en
• ander brandpunte wat aandag verg.

’n Aksieplan sal ook bekendgestel word om hierdie en ander brandpunte te hanteer, terwyl ’n mandaat gevra sal word om ’n spesiale taakspan van die Solidariteit Beweging te stig om ’n omvattende strategie vir die toekoms uit te werk.

Registrasie:
Omdat plek beperk is, word belangstellendes versoek om so gou as moontlik hul bywoning te bevestig sodat reëlings betyds getref kan word. Klik hier om te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Tilda ·

Dis eenvoudig, hulle god is nie ONS God nie, is dit nie DIE probleem nie. ONS word onderdruk en UITGEMOOR in die land wat ONS voorvaders gebou het!

Maans ·

Die tyd vir politieke korrektheid is verby, dit werk net nie. Almal is polities korrek terwyl Volksmoord aangaan en momentum optel. Dis mos duidelik wat die regering doen. Hulle haat blankes! In hovel permutasies moet hulle dit nog duideliker stel voor ons dit verstaan? AA; BEE; Volksmoord; … Kill the Boer… Bring me my machine gun… They are going to run… One bullet one settler…ens, ens…Jan van Riebeeck… ONS monumente… Terwyl daar volgens Ardriana Stuijt se statistieke al ongeveer 90,000 van ons mense uitgemoor is… Wanneer gaan ONS die boodskap kry???

CHRISTA ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat almal NOU ‘n bohaai opskop oor ‘xenofobia’, wat van Afrikaner-fobia en boere-fobia of maak dit nie saak nie omdat hulle BLANK is? Is hierdie ‘xenofobia’ ook ‘n bewys dat APARTHEID van ons SWART bevolking af kom? Verwoerd het dit net ‘n Afrikaanse naam gegee!! Vra hierdie vrae aan Zuma en sy mede-zombies.

Martie ·

Wat van ” the honeymoon is over for whites in South Africa” verstaan ons nie? Die regering en EFF staan sterk oor een ding en dis dat die BLANKE onderdruk en uitgemoor moet word. Geen werk, geen eie taal, geen kultuur , geen menswees, geen respek, geen opleiding, geen lewe….word name genoem: “Settlers;white scum;
Criminals that stole our land; racists; thieves; apartheid apes; ens, ens, ens…maar dit is ONS Volksmoord wat die ergste is….

Pieter vanZyl ·

Ek dink hulle moet eerder met die Vereenigde Nasies begin praat sodat mense wat wil padgee kan terug gaan na hulle oorsprong soos Europa en Vereenigde Koningkryk. Die storie gaan net versleg soos ons aangaan.

Shannon ·

Nie moontlik nie. Westerse lande vereis akademise kwalfikasies en I.K.
Bitter skaars tussen die wie nog oorbly en hierdie niche word reeds gevul deur die slimmes wie jare terug reeds geepad het.
Nou bly slegs gebed oor.

Tersia ·

Ek hoop regtig Solidariteit verstaan nou dat die tyd vir mooi broodjies bak finaal verby is! Stop alle politieke korrektheid en baklei met alles wat ons het! Doen dit vir ons nageslagte!
Ons het God aan ons kant, as ons wil! Maar God help die wat hulself help!

Albert ·

Tersia, ek stem 100% saam met jou dat die tyd van mooi en polities korrekte praatjies verby is – ons is in Afrika en Afrika verstaan net een taal en dit is wanneer ‘n graaf ‘n graaf genoem word – die woord regstellende aksie SEB ens is niks anders as rassistiese aksies nie en moet so genoem word. Die ANC is n rassisteise regereing en dit moet hard en duidelik gese word. Die kamstige aantoot van die standbeelde en monumente is niks anders haat teenoor die wittes nie maar die instellings soos die universitiete en hospitale is goed genoeg om nie aasntoot te gee nie.
Die leiers moet maar kennis neem dat die Afrikaner homself as leiersloos beskou en hulle moet die vraag vra waarom – dalk is daar iets te leer uit die feit dat Eugene Tereblanch oorvol stadsale en byeekomste gelok het.

Johan ·

Sou graag more daar wou wees, maar iemand moet werk… HULLE middelklas steun natuurlik op die Afrikaners om te help stabiliseer aan SA (en om die dinkwerk te doen), maar ek glo nie dis volhoubaar nie…hul gaan ons oral probeer uitwis, BEE is hier om te bly VIR EWIG, tensy ons iets drasties doen en aandring op minderheids regte met al die mag wat ons nog het.

Nikolaas Pienaar ·

Ek sien uit om na ingeligte opinies en deurdagte planne te gaan luister, eerder as na doemprofete wat angs opjaag en reaksionêre gedrag aanspoor.

Albert ·

NIkolaas, Indien dit wat tans in die land aan die gang is opjektief geevalueer word sal selfs vir die nie-doemprofete alles behalwe ‘n gerustellende en positiewe boodskap kan bevat – jy is glad nie n doemprofeet om in te sien dat die land reeds in toestand van absolute chaos en anargie verkeer nie en te voorspel dat die land op pad is na algehele verval nie – net n bietjie insig is nodig om dit raak te sien en is dit noodsaaklik om daarvolgens te beplan en op te tree.

Theo ·

Albert, wat jy se is heeltemaal waar en verkeer ek onder geen illusie dat die land huidiglik oppad is na algehele verval. Die vraag is wat moet of kan, nou van hier af gedoen word? Party mense sal se dit is te laat maar ek verskil. Dit is nooit te laat nie. Party mense sal se dat die Afrikaner nie kan saamstaan nie, en hier verskil ek ook.
Deurdagte planne MOET nou op die tafel gesit word m.b.t. die voorgestelde agenda. Al hoewel ek self nie die beraad sal kan bywoon nie is ek baie opgewonde daaroor en hoop ek van harte dat ander Afrikaner organisasies hierdie inisiatief sal ondersteun. Eendrag Maak Mag.

Deon ·

Selfbeskikking is die antwoord,waar is die grond wat Piet Retief wettig by Dingaan gekoop het. Die traktaat bestaan nog. Die Khoi San erken nie die 1913 beperking nie,hoekom moet die Afrikaner dit erken. Bepaal die grense waar Afrikaners hulle eie heil kan uitwerk,die ANC wil in elk geval van ons ontslae raak,kom ons help hulle.Afrikaners wat wil bly waar hulle is moet so maak,hulle sal met tyd agterkom waar die land van vooruitgang is.Ek wil nie meer my belasting geld in n bodemlose put afgooi en nog vir die Zoeloe koning en sy klomp vrouens en 27 kinders sorg nie.Genoeg is genoeg mede Afrikaners afskeiding,selfbeskikking eie land is die oplossing.Harde werk,moue oprol en die geloof in ons Skepper SAL ons deurdra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.