Solidariteit, JacarandaFM vergader: ‘Moeilike maar konstruktiewe gesprek’

Tumi Morake. Foto: Facebook

ʼn Afvaardiging van die vakbond Solidariteit, die JacarandaFM-omroepers Tumi Morake en Martin Bester en verteenwoordigers van dié stasie sê hulle het “ooreengekom om te verskil oor sommige kwessies” ná ʼn vergadering omtrent die memorandum wat die vakbond aan die stasie oorhandig het.

Die oogmerk met dié memorandum was “om gesprekke aan te moedig wat tot groter wedersydse begrip en respek vir mekaar sal lei en wat tot voordeel van almal in Suid-Afrika sal wees”.

Solidariteit het in die memorandum onder meer gevra dat JacarandaFM ʼn opname van die volledige ontbytprogram beskikbaar stel en nie slegs die vooraf geredigeerde vyf minuut lange klankgrepe nie; dat die stasie om verskoning vra aan luisteraars wat aanstoot geneem het; dat die nodige maatreëls ingestel word om die toekomstige misbruik van die JacarandaFM-platform vir eensydige politieke sienings te voorkom en dat die nodige stappe teen Morake gedoen word weens die misbruik van die JacarandaFM-platform.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die vergadering was ʼn “moeilike, maar konstruktiewe gesprek”.

“Dit was duidelik dat frustrasies van luisteraars groter is as bloot JacarandaFM. Gesprekke is belangrik en ons sal beslis praat én luister, maar die mense se groot frustrasie is ʼn bewys dat die gesprek wel verder geneem moet word. Mense se sterk emosies moenie ontken of onderskat word nie.

“Ons neem kennis van JacarandaFM se standpunt dat hulle Morake ondersteun, maar ons dink steeds hulle maak ʼn fout deur bloot net hulself te verdedig en nie erkenning te gee aan die mense se frustrasies nie. Dit is ʼn reusefout waarvoor hulle moontlik later sal betaal. Daar is egter ook goed wat ons daaruit kan leer; en dit is onder meer dat ons nie genoeg met mekaar praat nie. Die stasie moes dus nie dieselfde fout weer maak nie,” sê Hermann.

Hy sê die kwessies waaroor die partye verskil is onder meer dat Morake haar platform misbruik het, dat sy nié ʼn ontbytprogram vir ʼn persoonlike stelling moes gebruik het nie en ten opsigte van die inhoud en betekenis van haar uitlatings.

Die vakbond sal voortgaan met sy memorandum aan die Menseregtekommissie (MRK). Solidariteit gaan verder ook voort met navorsing oor die “frustrasie onder mense” wat deel gaan vorm van sy verslag. Dié memorandum is ter aanvulling van ʼn klag van Solidariteit oor dubbelde standaarde wat reeds by die MRK ingedien is. Die uitslae van die navorsing sal ook aan die radiostasie oorgedra word.

JacarandaFM het in ʼn verklaring op sy webwerf gesê hy het Morake se uitlatings teen sy “redaksionele riglyne, die riglyne van die Uitsaaiklagtekommissie en sy maatskappywaardes” hersien en bevind dat die uitlatings nie enige beleide oortree het nie.

Die stasie het gesê hy besef dat die uitlatings vir sommige luisteraars kon “aanstoot gee en seer en woede veroorsaak”, maar dat dit “nie die bedoeling was nie” en dat hy “spyt is daaroor”.

JacarandaFM het ook bevestig dat die uitlatings na die Uitsaaiklagtekommissie verwys is en dat hulle sal wag vir dié bevindinge.

Morake het haar ook Donderdagaand tot sosiale media gewend om oor die uitlatings te praat. “Ek staan by my stellings, sonder verskoning. Die stasie staan ook by my stellings. Suid-Afrika is ʼn diverse land met baie verskillende perspektiewe. Dit sou nalatig wees as ek nié oor my uitlatings praat nie en ek moes besluit om uit te reik – ek was nie gedwing nie.

“Ek moes proaktief wees en na perspektiewe anders as my eie te luister. Dit is belangrik om oor ons verskille te praat. Ons moet ook nie ʼn stem gee aan die verregses en die verlinkses wat die gesprekke oorneem om hulle eie agenda te dryf nie. Ons moet na mekaar luister as ʼn land en saam die probleme oplos wat ons as ʼn gesamentlike nasie in die toekoms in die gesig staar.”

Hermann sê daar is ooreengekom om verder gesprek te voer oor fundamentele kwessies wat verder sal strek as die oorspronklike verskille. “Ons wag vir terugvoer van JacarandaFM om te hoor oor die formaat van die gesprekke. Dit is egter vir ons belangrik dat dit in die openbaar gevoer word en dat dit regstreeks uitgesaai word. Die punt is dat die gesprekke moet plaasvind en dat mense se frustrasies gehoor moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

132 Kommentare

Steve Hofmeyr ·

Asseblief. Kagiso lag al jare vir ons en niks gaan hulle nou keer nie. Dis altyd “vryspraak” en “oop gesprek” totdat ek/ons dit wil gebruik.

Riette ·

Net soos jy daar sê Steve, eintlik was hierdie vergadering nutteloos, dit het absoluut niks verander nie.

Deon ·

Stem Steve,gelukkig kan ons dink wat ons wil al kan ons dit nie se nie..

Burger ·

Ons sal tot die dag wat die land of die aarde tot niet is baklei. “Pride ” , die grootste sonde sal daarvoor sorg . Niemand vertrou mekaar nie . Dit maak die deur vir korrupte regering oop. Van voor 94 tot nou . Ons gemene vyhand is die leun gevestig deur “pride” Ek verwys na geen groep in besonder nie. Steve Biko het die liberalisme en hulle model van geforseerde integrasie verwerp . In plaas van na die man luister, word hy vermoor.

The demon of pride was born with us and will not die one our before us – Charles Spurgeon

Retha ·

2 stelle reëls, 2 stelle waardes. Jy is reg. Gelukkig is Jacarandafm ou nuus.

Anika ·

Net so Steve. As die skoen aan die ander voet was … Is daar lankal geskors en skoongemaak!!!

FIETS ·

Tumi sê boelies vat haar/hulle fiets.
Nou gee die “Boelies” vir haar en haar mense ‘n Jaguar terug. Nie ‘n slegte deal.
ek dink hulle moet bietjie na die Noorde van Afrika kyk hoeveel elende is daar SONDER “Boelies”
Sonder die “Boelies” was Suid Afrika seker nog sonder die wiel..vir ‘n fiets

Johann ·

Loose lips sink ships….en die poppie se pouting lippies is besig woord vir woord gate in die Jacaranda skip te skiet met haar arrogante blatante anti blanke haatspraak, eensydige aanhitsings oor haar absurde geskiedenis lesse. Los haar…kyk mooi hoe die blanke ore EN beursies toegaan. Hartseer…maar ook vir Good Morning Angels. Siende ons mense nie deel maak van Tumi se mense nie???????

Boerseun ·

Is pruik dra nie maar soos blackfacing nie? Ek se dit op n kustige uitbeelding van vrustrasie. Freedom of speech in ander se taal

Melinda Marshall ·

Ek dink Morake moet liewer die politiek uit los op die radio en haar bepaal by die werk wat sy as omroeper doen. Om enige onregmatige opmerkings op n radio stasie te maak is heeltemal ongehoord. Skoenmaker hou jou by jou leuse!!!

Allan ·

Presies, Steve – niks gaan by die stasie verander nie – die rede:

“Johannesburg – Jacaranda FM on Thursday said presenter Tumi Morake had its “full support”, adding that it is “at times impossible” not to offend listeners. ….

Meanwhile, Kagiso Media, the company which owns Jacaranda FM, congratulated Morake for “expressing a legitimate point of view on the impact and result of apartheid”.

Kagiso Media is 100% owned by Kagiso Tiso Holdings, and the largest black-owned media corporation in South Africa.

Maw, Jacaranda FM is a BEE maatskappy – wonder julle nog hoekom haar optrede “goed” gepraat word, “geen” stappe sal teen haar gedoen word nie, en sy kan voortgaan met die “rasse-boelie” taktiek.

Ook hoekom daar skielik so baie blankes uitfaseer word. In elke geval daar is ander radio stasie om na te luister nê? Dit is ons VRYHEID van spraak

Danie ·

Klaar met jacaranda for ever hulls was nog altyd n bad stasie

"Spur" die spul... ·

Reg Steve. Die klomp het klaar besluit om voort te ploeter op hul gekose paadjie. “Spur” hulle, kry hulle uit die mark uit en kanselleer hulle invloed om ons breine verder te besoedel.

Nico ·

Ek is klaar met Jacaranda, daar is beter stasies om na te luister.

Oom Doug ·

Van mense met n sekere kleur is dit vry spraak. Maar van wit is dit rasisme an hof toe.

Cherokee ·

My oom, waarom beskryf jy swart as ‘sekere’ en wit as wit? Dit raak soort van irriterend wanneer mense hul stemme demp wanneer die woord ‘swart’ geuiter word of soos jy, dit kamofleer. Dit is nie een van die verbode woorde, waarvan “Boer’ nie deel is nie. Dit is erg wanneer mense begin fluister sodat die omstanders nie hoor nie.

Adam ·

Cherokee, jy is in die kol. Die politieke korrektheid van ons mense maak my naar. Die gesprek was waardeloos, net soos die Engels hofsaak. Ons Afrikaners is soms ongelooflik naief. Toe Vavi destyds ‘n paar mooi geluide maak, wil ons mense hom as president verkies; nou dat Khoza mooi geluide maak, wil ons sien dat sy ‘n party stig. Dit lyk nie of enigiemand eers dink aan watter tipe beleid hulle regtig aanhang nie. Die laaste man in die geskiedenis wat so naief was, was Piet Retief en ons weet wat sy lot was.

Karin ·

Absoluut belaglik. Die radio Stasie is nie n platvorm vir die kommentators se persoonlike menings nie en kom ons wees tog eerlik as dit ek was was so n aanmerking gemaak het sou ek onmiddelik afgedank gewees het!!!!

Tammy ·

Ek stem Nico. Daar is nog , alhoewel bitter min, stasies wat goed genoeg is, en waar die personeel nie die radiostasie vir hulle persoonlike platform gebruik of dalk misbruik nie.

AP ·

Sy sal haar wat verbeel … gaan werk waar jy hoort of tuisvoel sy is in elk geval glad nie gewild nie .. soos ek kan aflei – luister nie juis jakaranda nie

BOSVELD STEREO ·

Ek het oorgeskakel Bosveld Stereo 107.5 toe..Wat ‘n aangename ervaring. Rustige musiek..Hulle praat afrikaans …Totsiens Jakaranda

Annalien ·

Spur en Jacaranda history, stel geensins verder in hulle belang nie asook M&B Jeffreys Bay.

Stelling ·

Tokkie, op die ou einde gaan ons wittes niemand meer ondersteun nie. Ons word ooral afgedruk en sleg gemaak, dit gaan van ons kos om te begin wakker skrik en die leisels weer in die hande te neem. Ek voel soos n besoeker in “my” land!

Sonika ·

As jy nie vrede kan maak met die verlede nie GAAN JY NOOIT VORENTOE KAN BEWEEG NIE. Siestog word groot…

Johann ·

Sonika. Dis deep van dienANC se anargie beleid. GEEN haalbare toekomsverwagting te skep vir “her people” nie. Blameer die blankes en als wat NIE swart is nie…lewe ej vrek eerder in die verlede as n plan vir die toekoms het. TUMI MORAKE: ANC HANDPOP!!!!!!

Raymond ·

He he, so bly dit het die keer opgebly. Belowe ek sal mooi speel op die speelgrond en met niemand anders se fiets rondry nie

pieter ·

DIT IS VIR MY VERBLYDEND OM TE SIEN MY MENSE KAN SAAM STAAN, HOE GERING OOK AL .DIE MENSE NEEM KENNIS.

Richard ·

Maak Solidariteit die toegewing dat swart mense in Suid-Afrika ook rede het vir frustrasie?

Wian ·

verstaan jy werklik waaroor die gsprekke gaan of lewer maar net kommentaar oor Solidariteit?

bollie ·

Stem saam Richard. Plaas jou in daai mense se skoene. Ek weet nie of ek so maklik sou vergewe het nie.

Cherokee ·

Wian, ek hou van jou antwoord wat veel meer diplomaties is as wat myne sou wees. Wat diplomasie aanbetref, kyk nou na die bollie wat bollie praat.

Richard ·

Dis bloot ‘n vraag…

Die reaksie daarop sê meer as wat ‘n direkte antwoord sal sê.

sê maar net ·

Dis snaaks dat ‘n vorige omroeper by dieselfde radio stasie ‘n paar jaar terug versoek is om te bedank nadat hy sekere uitlatings gemaak het. Hier word dit net oorgesien, dis baie duidelik dat die bestuur nie konsekwent is met hul optrede teenoor hul amptenare nie.

Mara Fourie ·

EK stem saam met “se maar net” as jy n wit burger is van S.A. en jy laat sulke aanhangsels kwyt is jy rassisties . Ander kleuriges is net reg. Totsiens Jakaranda……

Luke ·

Elkgeval is due musiek deesdae geensins getoonset nie…. Of te wel hul het nuwe note ontwikkel op n ander frekwensie wat my radio nie kan of wil opvang nie.

Totsiens ·

Persoonlik hou ek nie van politiek as ek wil ontspan nie . Totsiens Jakaranda .

Iafricafm ·

Al die Iafrica luisteraars gaan oorskakel Jacaranda fm toe….wil dan die klomp liberales se monde hoor?

Jaco ·

Dit is belaglik. So met ander woorde as die blankes wat nou geraak word deur BEE en regstellende aksies en wat hul gesinne ,besittings en bestaan verloor dieselfde sou se nou of oor 10 jaar dat die swartes en die regering die boelies is wat die hul fietse steel en dan moet deel op die speelveld gaan dit tot oop gesprekke lei en aanpassings gemaak word??? Gaan daar dan ook gese word jammer ons as swartes het nie reg gemaak nie?Ek dink nie dit gaan gebeur nie. So herhaal die proses en politiek maar net weer oor en oor tot in lengte van dae en word niks opgelos nie.

Anoniem ·

Tumi se woorde laat my voel dat ek nie meer wil uitreik nie, want dit wat ek doen word in elk geval nie waardeer nie.

Adam ·

Eintlik was die gesprek niksseggend Sy en Jakaranda hou daarby dat hulle korek is en wil nie om verskoning vra nie Daar moet maar net eenvoudig voortgegaan word met die boikot Kyk hoe boelie die swartes ons wittes om ons te laat glo ons is verkeerd

Mielie ·

Stem saam met jou. Die blankes word ook in die howe geboelie. Hulle kry nie sommer borg nie. As jy n mening het word jy of n verregse of boelie gebrandmerk.

Arme SA ·

SA julle hoef ook nie verskoning te vra nie boiket hulle net!!!

Kobus Du Plessis ·

Radio Jacaranda is in hul volste reg om hul omroeper te ondersteun. Sy is binne haar reg om gal te braak teen Blankes. Uiteraard is dit ook die Blankes se reg om Jacaranda FM en hul adverteerders te boikot. Kom ons kyk wie hou die langste uit….

Sula ·

Jakaranda mag seker daardie besluit neem ja. Solank hulle net bereid is om met die nagevolge darvan saam te leef. Ek dink ook nie dit gaan net oor die blankes wat dalk sal kies om na ander stasies te luister nie, maar enige iemand wat keelvol is daarvoor om te luister na die Jakaranda omroepers se geskree wat deur moet gaan vir lag, die twak wat Rian praat en waarop niemand die geleentheid gegun word om op te reageer voor hy die oproep beëindig as hy hoor waarvan hy nie hou nie en en en. Hy was baie vinnig om te verwys na al die geld wat hulle al ingesamel het en goeie dade mee gedoen het, maar het nooit daaraan gedink dat presies dieselfde luisteraars daardie selfde geld ewe maklik aan enige ander stasie of organisasie kon skenk wat ook goeie dade sou doen nie. Ongelukkig vir Jakaranda is dit vir luisteraars baie makliker om ‘n ander stasie te kry om na te luister, as wat dit vir die stasie gaan wees om ander luisteraars te kry. Ek dink hierdie rondte behoort lag-lag aan die luisteraars.

LMF ·

Jacaranda cry me a river ek het nou al week lank ander stasie ondek en ek mis jul nie eers nie Jul hoort ook in die verlede soos tumi want sy het vasgehaak en van haar soek ek geen verskoning nie want vir my is sy n hul op n kontrak

Piet Pille ·

Gelukkig luister ek NOOIT na jacaranda nie (let wel jacaranda met ‘n klein letter) hulle omroepers het my nog nooit be-indruk. Die enigste een van formaat is afgedank vir redes wat blykbaar nie eers so erg soos die tumi sin was nie. BOIKOT hulle en trek ook ‘n SPUR op hulle.

Jacques Venter ·

Ek en ek glo die oorgrote meerderheid wittes het nog nooit iets gesteel nie. Ons is nie so groot gemaak nie.

Om alle blanles as diewe te beledig, is absoluut verregaande.

Net jammer dat Solidriteit so n sagte aanslag het.

bollie ·

Dalk sou jy ‘n ander deuntjie gesing het as jy niks gehad het nie of jy nou so grootgemaak is of nie. Maklik om vanuit ‘n bevoorregte posisie te praat. Daar is mense wat moet steel om net aan die lewe te bly.

Sula ·

Ja Pieter. Ek dink ook Bollie praat bollie. Ek en duisende ander het ook al swaar getrek – en bo dit uitgestyg – sonder om ‘n sent te steel.

oumie ·

Wel bollie jy het seker ook 10 kinders wat TV moet steel om aan die lewe te bly

Willem ·

Wat het Jaca met Daren Scott gedoen? Re fire!!! Fire die een ok. Uit en klaar.

bollie ·

Scott het die k-woord gebruik as ek reg onthou (alhoewel nie oor die lug nie).

A. Mac ·

As ‘n witmens dieselfde kwyt geraak het, sou daar nie skorsings en Menseregtekomissies gewees het om die saak te ondersoek en die wit persoon voor die hof te daag nie? Weereens moet die blanke neerbuig en maar net te dankbaar wees. Al ons radios is van stasie verander. Selfs programme of DSTV waar Riaan die aanbieder gaan wees gaan ook nie deur my en my gesin gekyk word nie. En sê wat julle wil, hierdie is weereens ‘n duidelike teken dat daar twee stelle reëls vir swart en wit in die land is.

Sarie ·

Hulle het en dis nie ‘n “Bollie ” stasie. Jy kan daar a luister op die internet.

Sonja ·

Luister nie meer Jacaranda nie, hulle praat strooi en giggle die hele tyd. Irriteer my grensloos.

susan de klerk ·

Dit wil my voorkom asof almal dink dit is n groot grap dat sommiges aanstoot neem oor Tumi se uitsprake. Sy dans nou langarm en eet koeksisters. Die Citizen verwys na “separatists” wat Bester se optrede gekanselleer het. Daar is net een ding wat ek wil weet? Hoekom dra anderskleuriges pruike?

bollie ·

Hulle kan seker dra wat hulle wil, net soos jy. Riaan Cruywagen dra ook ‘n pruik, lyk dieselfde al vir die afgelope 50 jaar.

Hanna ·

Sjoe, die vrou is darem arrogant! Nee wat, Jacaranda jou pers blomme het almal afgeval. Koebaai!

Auntie Zumpie ·

Sies Maroela, As ek nou se wat ek moet se, sal Maroela my vir die soveelste keer afgooi. Booikot ok sommer vir Maroela.

anton ·

EK is so bly van ons mense se oë het uiteindelik oopgegaan oor jacaranda, al het dit lank gevat.
Ek luister seker 20 jaar plus nie meer daai stasie nie.
Hoe sê hulle? Agter Os kom ook in die kraal.

Vermeende ·

Maroela ek sou nooit die artiekel geplaas het nie, dit is duidelik jacaranda fm vir Solisariteit ore aan gesit het net soos die ANC vir die NP ore aangesit het by CODESA.

FM ·

Boikot jacaranda. Lyk my dis n klomp liberaliste wat daar werk.Nou ondersteun die raad vroumens!! Hulle moet seker maar, want netnou sit hulle sonder job. En sy gaan seker nou n medalje by zuma kry vir haar uitlatings. Trek n spur op die stasie. Kom ons werk saam en vorm n verenigde front met ons boikot.

Oom Piet ·

Utsprake soos van dié vrou maak besighede en instansies seer , maar hulle seniors is te bang om teen hulle op tree vanw eë die velkleur ,maar as die velkleur volgens hulle anders is dan waai die hare. Ek dink Jacaranda is lankal nie meer ‘n gesins stasie waarna ‘n mens wil luister nie.

Ida ·

Darren Scott is gefire vir die “vloek woord” in baie se oë. Die groot “k”. Ons whities en boertjies moet maar net stilbly as name ons toegesnou word. Komaan Jacaranda, jul het reeds baie mense verloor. Dankie tog vir Barney en Rian…….. Die res van die dag…… GrootFM 90.5

Amanda ·

Dalk moet hulle almal om n tafel by die Spur gaan sit met Spur base en ‘n hamburger deel met wie weet wat op en ervarings deel…

Manny ·

SY MOET WAAI. REGTE MOEILIKHEID MAKER, VAT SOMMER VIR MARTIN SAAM.

Sula ·

Rian en Barney ook. Dan probeer hulle heeltemal van voor af weer.

Steve Hofmeyr ·

Ek het met Tumi ‘n gesprek gehad. Sy maak baie sin.

Boerseun ·

Sekere goed is nie vesoenbaar nie. Alby kante het n punt, dit is hoekom daar oorloe oor grond is. Dan is swart bewuswording direk in teenstand met die westerse kultuur, die twee gaan aanhou bots( en dit is wereld wys). –

Naoms ·

Ek dink jou stelling vereis n verduideliking Steve. As sy soveel sin maak, lig ons ook in asseblief.

Jos ·

Ek het na Kallie Kriel en Max du Preez se debat geluister op RSG. Hoe meer Kallie vir Max se dit gaan oor dubbel standaarde, hoe meer haak Max vas op Darren Scott het die k-woord gebruik. Max is heeltemal van die spoor af, dit gaan nie net oor die k-woord nie. Dit gaan hier oor rassistiese vergelykings soos wat Penny Sparrow gemaak het en daaroor gekruisig is en so ook ekonoom Chris Hart van Standard Bank wat gevorseer was om te bedank en hulle het nie die k-woord gebruik nie. Net so het Tumi Morake ‘n rassistiese vergelyking gemaak. Jakarande FM se bestuur het gewys dat hulle dubbel standaarde het en die MRK is ook bekend vir dubbel standaarde. Hopelik sal die nuwe eenheid wat Afriforum op die been gebring het hierdie dubbele standaarde kan beveg.

anton ·

Jos, ja ek kan nie verstaan dat iemand nog hulle asem mors om met iemand soos Max te wil praat nie!!! Dit gaan my verstand te bowe.
Ek dink daar is n baie groter fout as net van die spoor af.

Louisa Myburg ·

Bull! As dit ń blanke was wat so kommentaar gemaak het was die hel los!!!!! Ons is moeg om verneder en vertrap te word!! ENOUGH!!!! GENOEG STOP! Van daai oomblik af luiste nie een van ons daai stasie nie…ons al meer as 50 mense waarvan ek weet wat sê Jakarada jy kan loop….. Kan nie opkom vir blanke volk nie wel ons luister nooit weer na julle rassistiese gemors nie. Ou stasie jy is sooooo ou nuus…..Jakaranda wie??????

Cornelia van der Merwe (KnorpoKommie) ·

Ek kan die skynheiligheid van die kommentaar net sprakeloos aanskou. Wanneer gaan ons dit as ‘n feit aanvaar dat ons wel ‘boelies’ was, dat daar basies geen vergelding was vir die aakligheid van apartheid nie, dat ons bedreigd voel omdat jong, intelligente Swart Mense uitdruk hoe hulle voel en dat hulle die temeriteit het om dit in, ondermeer ‘n Afrikaanse radio stasie te doen? Dialoog? Gesprek terwyl ons skree: ‘Dis onregverdig!’ Weklik? ‘n Bietjie intropeksie is nodig.

Sula ·

Cornelia jy is seker so oud soos die berge. Ek is self nie meer 20 nie, en ek kan skaars apartheid onthou. Ek kan nie verstaan hoekom jy dink ek moet boetedoening doen vir iets waaraan ek nie deel gehad het nie. Ek verstaan ook nie hoekom jy dink Tumi en ander nie-blankes van haar ouderdom het die reg om boetedoening van my te eis nie. Sy is nog jonger as ek – hoeveel kan sy regtig onthou? En hoeveel daarvan is intussen al aan haar vergoed in die vorm van Jaguars en ander voordele? Niemand het nog ooit na my toe gekom en vir my een aangebied nie?
Ek is ook sprakeloos, maar nie a.g.v mense se kommentaar hier nie. Wel a.g.v. jou arrogansie wat jou laat dink dat ek en my gesin finansiëel, liggamlik of emosioneel verniel mag word en die prys moet betaal vir jou wat ‘n boelie was.

wonder maar net ·

Nou vertel bietjie, hoeveel voete het jy al gewas, of “fietse teruggegee” Cornelia?

Adam ·

Cornelia, dit wil voorkom asof beide van ons vanuit die meer liberale deel van die politieke spektrum kom en derhalwe wil ek graag vir jou ‘n paar vrae vra. Alhoewel ons oenskynlik saamstem dat onderdrukking van ‘n meerderheid deur ‘n minderheid (lees “apartheid”) ongeregverdig is, hoe verdedig jy die verdrukking van ‘n minderheid deur ‘n meerderdeid soos tans die geval is. Jy beweer daar was nie “vergelding” nie; hoe verduidelik jy dit teen die agtergrond dat daar ‘n 80% teiken vir swart persone in staatsaanstellings is, sportkwotas, BBBEE ens. Is dit nie ‘n vorm van vergelding nie of assosieer jy vergelding met bloed a-la-Terminator? Ek stem saam dat Afrikaners soms onnodig “bedreig” voel alhoewel ek begrip het vir so’n reaksie. Dink jy Afrikaners is al groep wat moet introspeksie doen, of dink jy nie dat daar andere is wat hulle verknogtheid aan die verlede moet afsweer nie?

Johan ·

Ek geskok oor jou kommentaar. Witmense word gemartel tydens plaasaanvalle en huusrowe en jy het die vermetelheid om tumi te verdedig. Dis deur uitsprake soos hare dat sulke goed gebeur want dit word goed gepraat. Nou kom jy en beskou witmense as skynheiliges. Haal die skille van jou oe af. Ek skaam my vir jou.

Ingelig ·

Beste Cornelia. Miskien het jy ‘n skuldige gewete. Ek het beslis nie. O ja, want ek was nog nie eers gebore in ’76 nie. Maar miskien het jy ook glad nie kinders of kleinkinders nie. Want as jy het, sou jy sekerlik aan hulle gedink het in hierdie land? Kom ek verduidelik vir jou, dat jy ‘n ingeligte idee kan vorm hoekom EK nie meer hierdie dubbele standaarde gaan vat nie. My kinders moet oor so 4 jaar ‘n bekende tersiêre instansie bywoon. Hulle albei wil bittergraag in medies ingaan, nog altyd. Maar selfs die top-5 in top-10 akademie (hulle werk vrek hard), is nie goed genoeg vir mediese keuring nie. Het jy geweet verskillende TPT-tellings word by hierdie tersiêre instansie aanvaar vir keuringskursusse? Nie? Wel, die saak staan so: as jy die kind of kleinkind van sogenaamde fietssteler-boelies is…(al het jou grootouers nooit geboelie of gesteel nie), dan gaan jou kind in die ry staan van hoogste TPT-telling (aka die ‘fietssteler-boelies’). As jy dalk die ‘geboeliede’ nasaat was, wat nie eers weet van die boelie nie, dan sit jy in die voorkeur-ry in jou Jaguar met jou duur donkerbril en Rolex, al is jou TPT-telling 10 minder as die fietssteler-offspring s’n. Jy het eintlik geen idee dat dit onregverdig is nie…want jy het maar net grootgeword dat jy alles ontvang (beurse om te swot inkluis). Ek vra jou dus weer…het jy kinders of kleinkinders?

Naoms ·

Cornelia daar is niemand wat nie weet onderdrukking het plaasgevind nie. Ons is al vuisvoos geslaan oor apartheid. If there is anything that history has teached us is that history has teached us nothing. Ek kan nie boete doen vir my voorvaarders nie. Ek steel niks van niemand nie. Ek gun elke persoon sy plekkie in die son. Ek vra net dieselfde toegewings wat ek maak van ander. Hoop jy koop heeldag “fietse” om op te maak vir my wat dit nie doen nie. Ek kan nie, ek wil nie en ek sal nie. Ek het self nie n “fiets” nie. Ek konsentreer op my eie en my familie se oorleweing.

Domvraag ·

Cornelia jy laat my dink aan dubbele identiteit as jy sê ONS is boelie en dan weer ONS sê dis genoeg?? Jy probeer voorgee maar wat is jy werklik …deel van die skynheiliges of is jy deel van die jong intelligente swart mense??
Ek wed jou jy was gebore na 1990 en dat jy alles deur BE gekry het. Of hoe??

anton ·

Cornelia, van watter planeet is jy gestuur??? Seker planeet X.

Willie ·

Martin Bester het die ding begin deur Steve Hofmeyer in slegte lig te stel. Oggend program is verveeld, polities en maak nie jou dag werk toe nie.

Johann ·

WILLIE PRESIES! Martin kan nie wag om ander suksesvolle afrikaanse strait manlike kunstenaars uit te haal met sy leefstyl keuse as DIE alternatief nie. En dit pas hom om n mede “all inclusive ” partner by die werk te hê. Mag soos sy….sê wat hy wil. Maar kyk maar mooi of Martin se “people” soos Tumi se “people” sonder “ons” n loopbaam kan maak uit hulle voorkeure en afkeure wat hulle so goed verwoord?

Augus ·

Die mense is ongelukkig omdat net n sekere ras hulle meening mag gee.

Elmarie ·

Ek stem saam Augus. Hoeveel blanke mense se goed word gesteel en ons moet maar stilbly. As kind is my fiets ook gesteel en dit was nie n blanke dief nie.

Claudie leR ·

Dit was nie ‘n fiets nie, dit was ‘n wiel.
Dit was nie gesteel nie, maar gekoop.
Die fiets was gebou met harde werk en insig.
As die fiets nou afgeneem word gaan hy binnekort weer net ‘n wiel wees. Dan gaan niemand meer kan ry……………….

Johann ·

Gepraat van fietse en wiele. Die wiel draai…noem die blanke beursie en ore sommer WIEL….tatta TUMI! EN Martin. En Jacarande se anti blanke haatspraak aanhitsings eienaars!

Ekke ·

Ek het BAIE arm grootgeword. Maar NOOIT gesteel ni. Hou op met daai afgesaaide storie. Jy steel omdat jy n krimineel is. Ongeag kleur. Luister ander stasie. Jacaranda sal dit wel aan hle sakke voel.

A.Labuschagne ·

Die skade is klaar gedoen. Sy het haar werk misbruik om wittes verder te verneder en hulle keur dit goed. Dws hulle almal se siening is dieselfde as hulle voel haar siening moet gerespekteer word. Wel ek hoop hulle is gelukkig met wat hulle vermag het. Aanhitsing in ‘n reeds ras- sensitiewe tydperk en land veral as jy agv jou werksposisie toegang het tot die publiek is taboe. Eienaardig hoe die hand wat gevoed het gebyt word. Mag die nagevolge dieselfde impak op julle spul het soos wat dit op diegene wat benadeel is daardeur. Wys weereens dat mens jou woorde moet tel. Maar as jy bederf word net omdat bruinneusies voel hulle word daardeur bevoordeel groei arrogansie soos muf op ou brood en word jy traak-my-nie-agtig. Wel jul arrogansie gaan verseker in die lange duur julle benadeel. Hou haar, poets haar beeld en dra die nagevolge. Wonder na wat gaan die radiostasie sy naam verander in die toekoms om te oorleef met hul nuwe luisteraars.

Gert ·

Gelukkig kan ons ook ons reg van vrye keuse gebruik,en oorskakel na ‘n ander radiostasie!

M ·

Ag wil iemand nie asb tog vir my verduidelik wat beteken verregs en verlinks nie?

Rox ·

Tumi bou n brug en kom daaroor. Ek is keelvol dat mense soos jy dink jy kan se wat jy wil en ons word gekruisig.

Pieter ·

Nee wat Jacaranda FM sal nie weer oor enige van my radios speel nie.

rassie ·

As ek die berig reg verstaan het Dirk Hermann gesê “daar is ooreengekom om verder gesprek te voer oor fundamentele kwessies wat verder sal strek as die oorspronklike verskille” en ” Die punt is dat die gesprekke moet plaasvind en dat mense se frustrasies gehoor moet word.”

Dit gaan dus oor die noodsaak om indringende gesprek te voer en dat beide se kant gehoor moet word. Nie net een kant nie.

My indruk uit die kommentare tot dusver is dat die meeste geensins in hierdie gesprekke belangstel nie en klaar die radio op ‘n ander frekwensie ingestel het voordat die gesprekke nog begin het.

Moontlik bied hierdie voorval ‘n positiewe geleentheid om werklik indringende gesprek in die openbaar te voer en die Afrikaner se saak as gelykwaardige Suid-Afrikaanse burgers en minderheidsgroep eens en vir altyd duidelik te stel. Veral namens daardie generasie wat niks met die onregte van die verlede te make gehad het nie.

Om hierdie geleentheid te verpas, gesprekvoering te boikot en binne eie verband jammergesange aan te hef gaan niemand help nie want dan gaan diegene wat die gesag het om toekomsbesluite te neem tereg kan voorhou dat niemand iets gesê het nie.

Moontlik moet daar met ‘n positiewe gesindheid gekyk word na praktiese oplossings.

Die alternatief is natuurlik om binne eie geledere te kla en aanhou kla by persone wat in dieselfde posisie verkeer en niks aan jou klaaglied kan doen nie.

Siek en Sat ·

Dis nou maar so, ek luister eerder bogerol en sing vir myself voortrekkerliedjies voor ek weer Jacaranda sal luister. Ek sal ook sover moontlik al my kinders en kleinkinders leer dat soos Spur, is Jacaranda “verbode, verbode VERBODE!!!”

Eish ·

Dink ek verloor die stryd teen woorde. Drie keer probeer, drie keer gesensor.

Pop ·

Gits dankie Tumi. Ek leer toe nou sommer van n hele paar ander radio stasies buiten Bosveld sterio en Groot Fm.
ICASA behoort hul lisensie te stop.
Almal wat Good morning Angels ondersteun het en voel hulle wil nog bydrae Google gerus Cystic Fibrosis. Dis n long siekte waar slegs long oorplantings die mense se lewens kan red. Dít kos miljoene. Maak dáár n verskil in iemand se lewe asb. Ek ken n jong meisie wat laasjaar n dubbele long oorplanting gekry het. Sy sou dit nie gekry het as dit nie vir skenkings was nie want mediese fondse betaal slegs n klein gedeelte.

Net n klip in die bos ·

Is ons nie net gewikkel in n omgekeerde apartheidstelsel nie almal skreeu maak apartheid dood maar net so maak ander hom weer groot.

susan ·

Sy kan bly wees sy is nie een van ons nie, dan was sy haar pos kwyt.

THEA SWART ·

BOLLIE – did nie nodig om te steel as jy niks het nie – vra my en ek gee met liefde – dis net lafaards wat dink om te steel is hulle reg – ek stem nie saam nie – ek deel graag wat ek het – of gaan jy nog die bietjie wat ek wel het ook wil steel

Frik ·

Baie dankie vir Barnard meubileerders wat standpunt ingeneem het. As gereelde luisteraar van Jakaranda is dit nou duidelik dat Jakaranda gekaap is en gebruik word om politiese siening van een bevolkingsgroep oor te dra en te bevorder.
Ek sal nie weer inskakel op Jakaranda of hul projekte ondersteun nie asook hul adverteerders vermy.

Beer ·

Tumi Morake los jou “from my heart” rassistiese sienings by jou huis as jy in die publiek optree. Vergeet maar van wit boelies wat “jou fiets op die speelgrond gesteel het ” – meeste mense werk vir hul fietse jy sal ook moet. Gelukkig luister ek nooit weer na giftige propaganda nie. Jacaranda en Spur in dieselfde klas. Volgende joppie vir Tumi is parlement…..jy sal goed doen daar.

Chris ·

Waneer sal ons almal begin leer. Die mense lei aan ‘n minderwaardigheids sindroom en projekteer dit na ander. Ek het op die harde manier geleer. Dit is ‘n uittartende arrogante houding wat weerspieel word. Mense wat sulke snert kwytraak is onseker en leef is angs. Die beste raad wat ek het is, ignoreer die mense. Ek verlaag myself nie om in sulke snert betrokke te raak nie.

Beer ·

Martin Bester kan maar sy ou skoene agter Steve aangooi. Hy het nie talent vir sing of skryf wat Steve in sy pinkie het nie. Dan probeer hy heeltyd die lam middelpaadjie kies om Tumi en sy eie liberale werkgewers Jacaranda gelukkig te hou. Steve het ruggraat.

Minnie Pretorius ·

Wat van “ons” gevoelens?
My oom dood geslaan in sy bed op sy plaas, my niggie met ‘n byl doodgekap, my neef (skoolhoof van Zeerust) dood geskiet. Piet Potgieter naby Potgietersrus lewendig afgeslag en sy vel deur Makepan oor hom getrek om hom krag te gee.
Ons word nie geboelie nie, ons word geslag soos diere!

Blits ·

Ai al wat ek lees is “indringende gesprekke, mekkar sek kante en blablabla.

Ek werk elke dag met swart mense en een ding het ek mooi en duidelik geleer, maak nie saak wat die wit mense se of doen nie, die wit mense bly verkeerd, swart mense glo nie n woord wat wit mense sê nie al kan jy dit sonder twyfel bewys, hulle nasie glo hulle is reg en niemand anders nie en dat net hulle sieninge tel en net hulle behoort op aarde te wees, ek probeer nie eers meer om te praat nie, as hulle nie luister nie sit ek hulle in n hearing en hulle word gepos.

Hulle kan nie redeneer nie, want al is dit n leun glo hulle dit omdat dit nie uit n wit mans se mond kom nie.

Wdp ·

Ek het rugby kaartjies by jackaranda gewen on all blacks vs springbokke by spur te gaan kyk. Stel iemand belang.!

Christo ·

Tumi sal net sê:’ I am sorry, forgive me and I want another chance, am a victim of Apartheid.’
Luister nie Jackaranda nie vandat Rian weg is in die oggende nie. Ek hoop meer en meer mense met guts ontrek hulle advertensies en laat die radiostasie val.

Karel ·

@Ingelig oor TPT-tellings en om medies studeer. Joernaliste maak geld om oor die tekort te praat: Sien my links:
Ek is ‘n joernalis en my breinsel is pap.
Lewensredders te kort
https://www.facebook.com/ign/videos/10155161191461633/
Dokters te kort
http://www.netwerk24.com/Sake/Muntslim/Mediese-Fondse/nypende-tekort-aan-dokters-kan-ngv-kelder-20170910
Boere te kort
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/tekort-aan-jong-boere-bedreig-landbou-20160308
So as dit op die seleksie afkeer word dan is daar mos nie ‘n tekort? Stuur jou kinders maar oorsee soos die meeste mense doen. Die joernaliste gaan die een nie agterkom nie. Swak!
groete
Karel

Ingelig ·

Dankie Karel. Ek wens ek kon…maar die geld is ongelukkig net te veel. Veral met my dosent-salaris. By die genoemde instansie…catch-22. Maar ek waardeer!

Sloet ·

Daar was natuurlik absoluut NIKS fout met wat Tumi Morake gesê het nie. Die konteks was in elk geval haar reaksie en gevoelens na aanleiding van haar en Martin Bester se onderhoud met my. Die meerderheid van Afrikaanssprekendes en Suid-Afrikaners is moeg daarvoor dat individue en organisasies voorgee dat ‘n veldtog vir “minderheidsregte”, noodwendig beledigings na ander rasse moet insluit. Dit kom veral voort uit hul slagoffer-sindroom.
Solidariteit sê: “Mense se sterk emosies moenie ontken of onderskat word nie”, maar vir hulle geld dit net vir witmense. Hulle wil briewe skryf oor die effek van die Boereoorlog op ‘n deel van Afrikanerdom, maar vergeet gerieflikheidshalwe van die effek van apartheid en voortslepende rassisme onder ‘n deel van die wit Afrikaanse gemeenskap. Soos duidelik nou weer te sien is in die veldtog teen Tumi. Solidariteit en hul filiale moet tot hul ondersteuners waarsku om nie op sosiale media rassistiese kommentaar te plaas nie. Genade, dit sê al genoeg.
My organisasie sal óók ‘n memorandum aan die Menseregtekommissie stuur om die konteks van Tumi se woorde duidelik te maak. Dit was in die eerste plek deel van ‘n gesprek waar ek as wit Afrikaanssprekende meer krities was as sy self.

Nel ·

Jy gooi wyd – nogals die “die meerderheid van Afrikaanssprekendes en Suid Afrikaners…” Of praat jy van jou vriendekring ?
Al wat ek vir jou wil se is gaan lees Flip Buys se artikel ‘1989 – die anderkant van die saak’ en kry ‘n bietjie insig – dalk net dalk sal daar ‘n liggie vir jou opgaan.

Deon Meyer ·

Toe Helen Zille so paar maande gelede gewaag het om die voordele van ‘colonization” in ‘n mate goed te praat was die hele swart en linkse politieke korps in rep en roer en wou hulle haar stenig.Dit net omdat sy die onteenseglike waarheid durf praat het.Is daar dan nou ‘n wesentlike verskil dat die omroeper gelate toegelaat kan word,sonder gevolge vir haar siening?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.