Solidariteit kondig nuwe leierstruktuur aan

Flip Buys

Flip Buys

Die vakbond Solidariteit het vandag by sy hoofraadvergadering in Pretoria ʼn nuwe leierstruktuur aangekondig.

Flip Buys, die huidige uitvoerende hoof van Solidariteit, word nou ook die voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Agtien verskillende instellings vorm deel van die Solidariteit Beweging. Dit sluit die vakbond Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, Akademia, die FAK, Sol-Tech, die Solidariteit Beleggingsmaatskappy en Solidariteit Finansiële Dienste in.

Dirk Hermann word die nuwe bestuurshoof van Solidariteit. Hy kry die verantwoordelikheid om Solidariteit in sy nuwe fase in te lei. Dit sluit onder andere in die versterking van Solidariteit se kollektiewe kant, die verbetering van individuele diens, die bekendstelling van ʼn nuwe elektroniese vakbondplatform, Solidariteit se regstellendeaksiestrategie asook die uitbreiding van Solidariteit se opleidingsplanne.

Gideon du Plessis is steeds die hoofsekretaris van Solidariteit en is verantwoordelik vir alle arbeidsverhoudinge en kollektiewe bedingingskwessies.

Volgens Flip Buys is die doel van die nuwe struktuur om die Solidariteit Beweging te versterk en om die vakbond Solidariteit te vestig as ʼn leier ten opsigte van die nuwe eise wat die inligtingsera aan vakbonde stel.

Volgens Hermann gaan een van die groot strategiese skuiwe van Solidariteit wees om miljoene rande in opleiding te belê. “Ons glo dat in die kennisekonomie vakbonde hul lede moet help om kennis te besit. Dit is die beste manier om te verseker dat hulle en hul kinders goeie werk het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Danie ·

Mese moet asb aansluit by Solidariteit en sy strukture.Die regering het nou sy “tweede oorgang” aangekondig en ook “radikale ekonomiese transformasie”.Regstellende aksie gaan verskerp word,selfs grondonteiening is nou op die agenda.Solidariteit is werklik die enigste organisasie waar Afrikaners kollektief kan saamstaan om hul regte te verdedig.Dis of n kwessie van saamstaan of gaan onder.

Erich Goosen ·

Solidariteit, julle maak my trots om ‘n Afrikaner te wees. Sit jul goeie werk voort – daar is nie veel organisasies wat hul alles gee vir ons nie. Geluk ook aan die bevorderdes.

Tony(A.J.) Breytenbach ·

Ek is bly om te sien dat Soladariteit voortdurend besig is om hom te herposisioneer en te vernuwe om aan te pas by veranderende omstandighede in die land.
Ek het lid geword van Afriforum en baie onlangs ingeskakel by hulle strukture in die Overberg area. Mariaane Kruger is die voorsitster en ek het by die gemeenskapsveiligheid projek ingeskakel.
Ek is van mening dat (as gevolg van) my 37 jaar diens as n polisiebeamte ek nou, na my aftrede as n Kolonel by die OOP as bevelvoerder in Durban, dalk n bydrae kan lewer tot gemeenskap veiligheid in die weskaap en spesifiek die Overberg area.

Koos Go0enewald ·

Dit is tyd dat ons die Munisipaliteite en die swak of geen diens wat ons van hulle kry maar 100% voor moet betaal, tot verantwoording roep.

Daar word van jou as belastingbetaler verwag om jou rekening klokslag en getrou te betaal. Die diens wat jy kry is in baie gevalle nie eers 50% nie. As jy jou motor vat vir ‘n diens en die motorhandelaar doen net 50% van die werk, gaan jy hom mos nie 100% betaal nie?

Die kern van die probleem is dat niemand verantwoordelik en verantwoordbaar is nie. ( Die anderman sindroom) Die strukture wat geskep is om verantwoordbaarheid daar te stel, word of nie toegepas of so verdraai dat dit niks beteken nie.

Ek dink ons as belastingbetalers / kiesers moet ons nou voor dievolgende Munisipale verkiesings begin organiseer en posisioneer om te verseker dat ons kry waarvoor ons betaal.

Ten eerste moet die verkose raadslede wat die publiek verteenwoordig, hul nominasies aanvaar onder voorwaarde dat as daar nie ‘n skoon oudit vir die Munisipaliteit is nie, hul toelae onmiddelik gestaak word to tyd en wyl daar ‘n skoon oudit verkry word;
Die top drie salarisvlakke van die Munisipaliteit se amptenary met 20% gesny word tot tyd en wyl skoon oudits verkry word;
Die res van die amptenary geen jaarlikse verhogings ontvang tot tyd en wyl ‘n skoon oudit verkry word nie;
Dat ek as belastingbetaler die reg het om te betaal vir wat ek kry. As ek slegs 60% diens kry, moet ek mos slegs 60% betaal. ‘n Onafhanklike kundige organisasie kan die berekeninge doen.

Die voorstel sal goed werk aangesien dit eenvoudig en maklik toepasbaar is.

Die gedagte geld vir ALLE Munisipaliteite ongeag watter politieke party aan bewind is.

Dis tyd dat ons kry waarvoor ons betaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.