Solidariteit: ‘Krag van gemeenskap sterker as die staat’

dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Solidariteit gaan Woensdag tydens sy nasionale kongres ’n reuse-veldtog wat mense gaan aanmoedig om saam aan ’n toekoms te bou, van stapel stuur. Die kerntema van die veldtog is: As jy twyfel oor die toekoms, bou dit self.

Suid-Afrikaners gaan eersdaags langs snelweë reuse-kennisgewingborde met die woorde “#onsbou – bou saam”, sien. Groot koerantadvertensies, radioadvertensies, TV-gesprekke en omvattende sosialemediaveldtogte gaan ingespan word om Suid-Afrikaners en spesifiek die Afrikaanse gemeenskap se gemoed in ʼn positiewe rigting te stuur. Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jac de Priester, Sorina (Flooze) en Adam Tas word in van die advertensies gebruik. Die veldtog gaan ook na honderde werkplekke in Suid-Afrika geneem word.

“Ons is nie naïef in die veldtog oor die werklikhede in Suid-Afrika nie. Ons het ’n regering wat swak regeer, ’n president in wie almal hulle vertroue verloor het, ’n ekonomie wat onder groot druk is en misdaad wat handuit ruk. Ons kan egter nie toelaat dat dié faktore ons totaal oorheers nie. Die veldtog gaan mense aanmoedig om die krag van die gemeenskap te ontdek, wat sterker kan wees as die mag van die staat,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Volgens Solidariteit gaan dié veldtog een van die grootstes van sy soort wees. “Ons is bekommerd dat mense nie net negatief is nie, maar selfs angstig. Ons wil mense weer die gevoel gee dat hulle self beheer oor hul toekoms kan neem en dat hulle nie net slagoffers van omstandighede hoef te wees nie. Ons is van mening dat veral die Afrikaanse gemeenskap dit dringend nodig het,” sê Hermann.

Volgens Hermann is nog ’n belangrike tema van die veldtog dat baie bietjies baie maak. As elkeen net doen wat hy moet doen, staan ʼn mens dikwels verstom oor die groot uitkoms, het hy gesê. Die veldtog doen ’n beroep op mense om prakties in die gemeenskap betrokke te raak.

“Ons sê vir mense om betrokke te raak by jou skool, by jou kerk. Gaan ry patrollie, ondersteun die plaaslike biblioteek, gaan koop ’n Afrikaanse CD of boek en gaan kyk na ’n Afrikaanse fliek. Sluit aan by gemeenskapsinstellings. As elkeen ’n ekstra myl in sy of haar gemeenskap loop, word daar miljoene myle op pad na ’n nuwe toekoms geloop,” het Hermann gesê.

“Solidariteit gaan nie toelaat dat die toekoms met ons gebeur nie; ons gaan dit bou. As Afrikaans onder druk is en universiteite word afgebrand, bou ons ’n nuwe wêreldklas Afrikaanse private universiteit, Akademia. As staatskolleges inmekaartuimel, bou ons ’n nuwe tegniese kollege, Sol-Tech. As daar teen ons jong mense op grond van ras gediskrimineer word met die toekenning van studiehulp, bou ons saam met Solidariteit Helpende Hand, ’n studiefonds wat reeds R100 miljoen sterk staan.”

Hermann het verder gesê dat die Solidariteit-bouprojekte honderde miljoene rande kos en dat dit gebou word deur elke Solidariteit-lid wat R10 per maand vir die projekte skenk. “Om ’n groot toekoms te bou, is dikwels baie kleiner as wat mens dink. Klein druppeltjies maak strome, strome maak riviere en riviere vorm damme. Elkeen moet net sy deel doen. As jy dit besef, besef jy dat jy beheer het oor die toekoms. Ons toekoms is nie in die hande van ’n swak staat of president nie.”

Die veldtog gaan ook ’n beroep op mense doen om gemeenskapsinstellings sterk te maak, het Hermann gesê. “Ons glo die antwoord vir minderhede in ’n meerderheidsomgewing is lewenskragtige instellings soos kultuurinstellings, vakbonde, burgerregte-instellings, opleidingsinstellings, media-instellings, finansiële instellings en nog meer. Deur burgerlike instellings kan grondwetlike regte gerealiseer word. Goed georganiseerde burgerlike instellings help dat daar effektief met die staat in interaksie getree kan word.”

Die veldtog gaan vier maande duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Laat ons 'n EFF op hulle trek. ·

Laat ons ook begin doen soos die ander doen – hulle sal groot skrik. Tans glo hulle die witman is te bang om op te tree.

Thuunda ·

Wonderlike nuus, voeg sommer sekuriteits instellings by die lys van instellings. Ons gaan dit nog nodig kry.

Xa ·

Dit is n wonderlike inisiatief en baie sterkte daarmee, en mag ons almal dit ondersteun. Daar MOET iets gedoen word, en dis presies wat julle doen. Om dit volhoubaar te maak en om kritiek te beheer vra ek dat Afriforum en solidariteit al hul goeie werk in samewerking met ander gemeenskappe ook doen, soos om swartmense wie se oe ook oopgegaan het, en wie ook soos ons die land wil sien werk, te betrek.

Veritas ·

Xa jy is heeltemal in die kol. Anderskleuriges moet ook betrek word. As al die gematigdes, wat die toekoms bo onderllinge geskille stel, saamstaan, kan dit ‘n magsblok vestig as teenvoeter teen die radikales wat tans die politieke toneel oorheers. Ons probleem is dat kleur en taal die hoofrolle speel en nie dit wat werklik tel nie. Daar is regdeur die rasse-spektrum baie mense vir wie ‘n goeie toekoms meer belangrik is as kultuur- en rasverskille.

Xa ·

Uiteindelik doen iemand iets om die land te red! Laat almal saamstaan, laat dit ook uitbrei en ander taalgroepe ook betrek.

Jan maak n plan ·

Dis weereens goeie nuus. Wens net Solidariteit en Agriforum wil saam n politieke party stig, sodat hulle in die.parlement ook kan baklei.

Koos ·

Ons kan as die wil net daar is, daar is soveel geleenthede al is die geld nie so volop nie. Ongelukkig wil almal bo begin. As ons net so wyle wil terugaan na die Groot droogte en depressie van 1933, die blankes was verarm maar het nie gaan lê nie. Hulle het met pik en graaf gaan paaie bou teen ñ halfkroon PD en het oorleef my PA was een van hulle. Jong mense stel julle self beskikbaar, wees bereid om iets te doen hoe gerring ook al. Een een gaan nie wen maar baie kan n vuur blus

RC ·

Goed om te sien almal hierbo het sovêr positief reageer. In Siener se boek staan daar geskryf dat die Afrikaners verdeeld gaan wees maar dat hulle weer gaan saamstaan. Kom ons almal los nou die negatiewe en bou op die positiewe. Die Afrikaners kan saam baie slim en sterk wees want dit is in die verlede bewys. Net jammer die mens het afgedwaal daarom die baie probleme . As ons saam staan en onse Vader volg sal ons saam ‘n groot verskil kan maak.

Mike ·

Ons het kultuur instellings, ons het vakbonde, ons het media instellings, ons het finansieele instellings ens ens ons kort eie instellings soos oue tehuise, hospitale, skole, nog instellings soos Kleinvallei en Orania. Hierdie media instellings, finansieele instellings ens. kan nie alleen ons voortbestaan waarborg nie dit word nou reeds bewys want dit bestaan.

Anti afrikaner ·

Staan asb saam en ondersteun Solidariteit en Afriforum dit is ons kinders se toekoms,ons voorouers het ‘n fout gemaak om vir FW te stem en vandag boet ons daarvoor staan net saam en gee Solidariteit die mandaat om namens ons te praat.

Frans Potgieter ·

Saam staan is belangrik, maar om reg te stem in komende verkiesing net so belangrik. Vergelyk partye se manifeste en besluit self watter party bevorder ook, saam staan en self doen.

Henry ·

Geen probleem om Solidariteit en Afriforum finansieël en andersins te ondersteun nie. Doen dit by elke geleentheid en soos vermoëns dit toelaat. Stem absoluut saam dat voorgaande organisasies die rigting is wat ingeslaan moet word om ons Afrikaner-wees se belange te beskerm en te bevorder.
Enigste doring in die drinkwater is Maroela se woordspietkoppe wie se MK (Maroela Korrektheid) nie in die 21ste eeu tuishoort nie. Ek het ook geen simpatie met kru en haatdraende kommentare wat ons Afrikaners tot nadeel strek nie. Geen probleem dat sulke skryfsels nie hier geplak word nie.
Gode sy dank is daar ook ander nuusbronne!
Weliswaar nie in die skone taal nie, maar wat mens ook gratis en verniet op hoogte van sake hou. Hulle verwyder of vertraag ook nie kommentare wat meer van ‘n woordspietkop se benepenheid vertel, as wat dit van enige nut vir mens of dier is nie.

Ria M ·

Dankie Solidariteit en Afriforum vir julle harde werk , ek is ophoogte van wat julle alles vermag deur gereeld julle forumtydskrif te lees. Drie hoeras vir julle.

B R ·

Sluit aan by afriforum. 166000 lede moet verdubbel en gou’
Asseblief dit is die eerste stap wat moet plaasvind.
Kontak afriforum se vriendelike kantoor.
Hierdie aksie maak jou deel van n wenspan.

Grassie ·

Dit is nou die eerste keer in ‘n baie lang tyd dat iemand met ‘n haalbare plan vorendag kom. Ek hoop ons ou volkie kan nou die onderlinge twispunte van die verlede agter die rug plaas en begin saamstaan. Ons moet ons lamsakkigheid laat staan en die regering op elke gebied waar hulle ons volk benadeel met alle mag teenstaan. Hulle beskou gelatenheid ter wille van vreedsaamheid as swakheid, en ek is bevrees hulle is reg. Ons wittetjies se probleme gaan nie met mooi praatjies en onderdanige tegemoetkomendheid opgelos word nie, dit het die onlangse verlede al reeds vir ons gewys.

John ·

Wat die Afrikaners sal keer om saam te staan is die ‘ander’ tale se mense waarvan Xa praat. Die ‘ander tale’ moet vir ‘n slag hul eie ding doen. Daar sal niks van Akademia ens. kom as al die ander tale se behoeftiges en angstiges weer voor in die ry kom staan, soos nou die geval is nie. Ons wil nie ‘n welsynsorganisasie begin nie maar ons kultuur uitbou en mekaar aanmoedig en bemoedig. Daar is genoeg welsynsgroepe vir die ‘ander’ en die regering ‘must put their money where their mouth is’.

Xa ·

Ek stem saam met jou, dit sal n fout wees om maar net weer te gee en gee, als oop te maak en dan uiteindelik self verdryf te word. Ek stel voor om saam te werk, hulle te help om ook soos ons te groeppeer, ook eie inisiatief te neem. Ons kry baie dinge reg wat ander nasies regoor die wereld nie kan nie. Baie mense in bevolkingsgroepe het ook goeie intensies maar hulle het nie eie media en strukture nie, so hulle is heeltemal oorgelaat aan die ANC se media en dis al strukture wat hulle ken.

Johann Marx ·

NEE XA!!! Dis van al die “ge-help” dat die blankes in SA sit waar hulle sit. Help vir ‘n slag jou “eie”. Hoekom wil ons alewig “uitreik” en “help”? Laat die “ander groepe” ons voorbeeld volg as hulle wil…..MAAR….hulle kan hulleself help, as hulle wil. En as hulle nie wil nie…dan kan hulle kry wat hulle verdien, en WEER A&C stem. Ek is Afrika versadig…moeg gehelp, opgelei, ingelig, gedeel, gegee, opgehef, geleer, gewys, en nog gegee en gegee. Ek is klaar…. In 20 jaar het ek vir al my efforts….NIKS om te wys nie, behalwe skade.

Barbara ·

Dirk, dit lyk alles baie goed op papier en op advertensieborde, maar ongelukkig het ons mense nie meer die reg om net ‘n normale, veilige lewe te leef nie. Jy is te bang om ‘n afrikaanse fliek te gaan kyk, jy weet nie wat wag om die draai nie. Te bang om patrollie te ry, want jy weet nie of daar ‘n tien of meer gewapende klomp terroriste ook rondry nie. Spreek eerstens die geweld en misdaad aan. Vind oplossings hoe ons onsself kan verdedig teen hierdie oormag van geweld. Al die klein groepies wat paar mense opleiding gee, beteken niks. Waar is gereelde massa byeenkomste vir ons witmense? Jy is korrek as jy se dat ons al angstig is. Mens kan nie meer anders as om so te voel nie. Daar is nerens daadwerklike oplossing nie. As ons die geweld teen ons volk gestop kry, sal ons meer positief raak teenoor ander belange….

nico ·

Baie positief. Ons kan reeds vandag op ons knieë in gebed vir hierdie saak voor ons Vader in te tree; Hy werk nie deur getalle nie. Ons is die enigste volk wat ‘n Gelofte met Hom het tot vandag, laat ons op Hom eerste vertrou en Hy sal ons deur Sy Gees lei. Saamstaan kan net op ons knieë volhoubaar begin. Seënwense

faerie ·

Xa, as ek reg onthou is jy die een wat so te velde getrek het teen die swak diens van die poskantoor. Ons kan miskien begin deur Mnr Barnes te ondersteun sodat ons hierdie belangrike instelling weer op die been kan kry. Vir jou inligting, Postnet gebruik ook die poskantoor se dienste om straataflewerings te maak. Mnr Barnes wat afgetree is en met ‘n manhaftige poging al sy tyd en energie insit het regtig ons ondersteunig nodig.

Pieter ·

Jinne, sommige se kommentaar op ander se kommentaar is heel buite die konteks van wat Dirk bedoel! Ek dink Dirk se bedoeling is juis om Afrikaansgesindes saam te snoer en ons ‘n staanplek te verseker in ‘n andersyds verdeelde Suid-Afrika. Barbara maak ‘n geldige stelling. Maar jy wat hier lees, begin sommer dadelik ‘n verskil maak deur minstens jou R10 pet maand by te dra sodat die Afrikanerstroom ‘n magtige rivier kan word. Dankie aan Solidariteit en Afriforum vir jul inisiatief -Lank lewe Afrikaans !

Barry ·

Ek kon dit nie betet myself gestel het nie Pieter!Wel gedaan aan Solidariteit!Ons staan saam met julle.So bou ons voort!

Pieter ·

Jinne, sommige se kommentaar op ander se kommentaar is heel buite die konteks van wat Dirk bedoel! Ek dink Dirk se bedoeling is juis om Afrikaansgesindes saam te snoer en ons ‘n staanplek te verseker in ‘n andersyds verdeelde Suid-Afrika. Barbara maak ‘n geldige stelling. Maar jy wat hier lees, begin sommer dadelik ‘n verskil maak deur minstens jou R10 pet maand by te dra sodat die Afrikanerstroom ‘n magtige rivier kan word. Dankie aan Solidariteit en Afriforum vir jul inisiatief -Lank lewe Afrikaans !

Tom ·

Doen Julle dinge manne! Ons staan agter julle. Ons het op ‘n stadium voor gestaan maar hulle het ons agtertoe gedruk. Ons weet almal wie hulle is. (Anti Afrikaner Max en kie.)

John ·

Waar is ons nou? By die poskantoor. Wat op aarde het die poskantoor met ons kultuuraktiwiteite uit te waai. Dit is ‘n semi-staatsinstelling. As die regering nie die mas kan opkom nie, moet hulle dit privatiseer, en klaar! Vir my en ander Boere-Afrikaners is kulturele verryking en samesyn met die eie ‘n groot behoefte. Dis nie ‘n sonde nie, inteendeel mens is so geskep om genot te put uit saamwees met jou eie mense, om jou eie taal te hoor en jou kultuurskatkis nou en dan oop te maak en die kosbare skatte uit te pak. Die swartmense, die Kleurlinge, die Maleiers, Indiers en ander nasies hou van hulle eie mense, en ons Boere-Afrikaners ook. Ek vra nie daarvoor omverskoning nie en voel hoegenaamd nie skuldig daaroor om te wees wie ek is nie. Soos in die verhaal van die wyse en dwase maagde in die Bybel is dit nou hoogtyd dat die ander groepe hul eie olie by die handelaars gaan koop.

Andre ·

Ek will voorstel dat daar met Dr Arno van Niekerk van Bloem Univesiteit, kontak gemaak word wat die boek “Genoeg , hoekom is ons hier ” geskryf het en waar hy die geskiedenis van ons optel van Jan van Riebeeck en deurvat na De La Rey en sy laaste woorde voordat hy doodgeskiet was en hoe dit ons vandag nog motiveer en laat glo in ons toekoms. Soek hom op Faceboek en lees waar die boek gekry kan word. Ek het tien gekoop en uitgedeel aan leiers in my omgewing.

Sakkie du Plooy ·

Gelowiges bly werk en bou. Ons voorouers was in 1902 (na die Engelse Oorlog) en na die Rebellie veel slegter daaraan toe as ons in 2016. En met harde werk het hulle gebou – en wyl hulle gelowig opgekyk het die hand aan die ploeg geslaan en vorentoe gekyk en GEWERK. En groot sukses behaal! Ek wens Solidariteit groot sukses toe met hierdie veldtog. Ek vertrou dat die veldtog ons mense ook gaan bevry van ‘n verlammende skuldgevoel wat kunsmatig deur die ANC media oor jare by ons gekweek is. Ons en ons ouers het reuse werk gedoen om SA te bring tot by 1994 en daarna het Afrikaners steeds ‘n reuse bydrae gelewer om voort te bou aan ‘n beter SA vir almal. En vorentoe gaan ons net so ‘n belangrike rol speel in die verdere bou aan SA, veral in die onderwys. Seen en voorspoed vir julle veldtog Solidariteit!

Ina Berg ·

Dankbaar vir wat daar deur julle vermag word met n glimlag..vir die wyer gemeenskap van Suid-Afrika.

Jan ·

Solidariteit en Afriforum is ‘n baie groot genadegawe vir ons land.

John ·

Ja, maar Solidariteit is uiteraard meer gerig op werkers se probleme en Afriforum op boere en die platteland. Die probleme van dorpe en stede is groot, maar sodra dit nie reen nie is die boere dadelik op koerantvoorblaaie in hul kaal landerye, maar die arm sukkelende witmense in stede word met agterdog bejeen. Niemand vra hoekom ‘n boer oormatige skuld maak nie; dis glo om voedselsekerheid te gee. Die stedeling se skuld word as onnoselheid afgemaak. Kry enige werk, word aan werklose stedelinge voorgestel, maar hoeveel boere word aangeraai om hul boerderye prys te gee? Vir samerwerking van die stedelinge sal hierdie tekortkomings aangespreek moet word. Daar is min kontak tussen laasgenoemde, dalk net by kerke, maar kulturele groepe is seldsaam. Om fondse uit die stede te genereer sal hul belange ook na omgesien moet word. Die ATKV is nou ‘n skrikkerige tandlose Afrikaanse New Age Movement wat skarrel sodra daar kritiek is.

John ·

Maroela, dis nodig dat die’ dinge gese word. Die boeregemeenskap het noue kontak, die stedelinge nie. Lassgenoemde is baie losstaande en sonder knusse geborgenheid juis vanwee die mengelmoes in die stedelike samelewing. Die stede het ‘n kulturele inspuiting nodig, nie net ‘n plakkaat langs die hoofpad nie.

Willie ·

Baie goeie werk Solidariteit en Afriforum … kry gemeenskaps leiers ook betrokke om mens te motiveer… ons moet opbouend saam staan…. nie sfbrekend nie…. Stel voor ons help ook ons ouetehuise en kinderhuise in ons onmiddelikke omgewings…

neelsie ·

Die tyd is nou daar om al ons verskille agter te laat en saam te staan ,ons leef in n krisistyd om oorlewing.
Dankie aan Afriforum en Solidariteit …Ons wil saam met julle vorentoe beweeg, nie alleen vir ons nie ,maar veral vir ons kinders en kleinkinders.
Deur genade van Bo en harde werk sal ons sukses behaal.
Afrikaners is vasbyters!!

Johannes Meintjes ·

Inderdaad is saamstaan en saamwerk met objektiewe fokus die oplossing van die grond-af boontoe. Dit is na mening werklik krities dat alle Afrikaner instansies (ons self) nou begin hande vat sonder dat groepsidentiteit en instansiedoelwitte ingeboet hoef te word. Die groter saak van ordelike en volhoubare oorlewing moet haas dringende samewerkende aandag geniet.

Theresa ·

Bravo vir saamstaan, saam werk. Lees iewers dat daar beplan word dat die ‘wittes vir die arme swartes se elektrisiteit, ens gaan betaal. Halloooooooooo, glad nie hoor. Lyk my daardie outjie weet nie waar om ‘n lyn te trek met sy beplanning en uitlatings nie. Hoop ons staan heelhartig saam daarTEEN.

Africa ·

The best of it all, its not a war on Afrikaans. I spoke to some individuals on this matter. Its about white and black and Afrikaans is just another target. Afriforum etc. focus on farmers and language. History repeat itself over again. How many trekkers was brutally murdered before the war started? Thousands and thousands. You spending money on this campaign and you will not benefit one bit from this. Create youth camps/Adult camps with the money and start self protection programs. Afriforum and partners in this crime is about to loose money. I thought they were more organized than that.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.