Solidariteit-krisisberaad: Volg verrigtinge hier

voortrekkermonument-geloftedag

Argieffoto

Talle verteenwoordigers van die Solidariteit Beweging sal Dinsdag van oor die hele land in Pretoria byeenkom vir ’n belangrike krisisberaad.

Die doel van die beraad is om indringend te besin oor die groeiende krisis in die land, die uitwerking daarvan op die Afrikanergemeenskap en om praktiese oplossings daarvoor te ontwikkel.

Die tema van die beraad is “Ons is hier om te bly”. Meer as 1 250 mense het reeds teen Maandagmiddag geregistreer om die geleentheid by te woon.

Verrigtinge skop om 10:00 by die Voortrekkermonument af. Diegene wat nie daar kan wees nie, kan die verrigtinge regstreeks hier op Maroela Media op die onderstaande video volg. (Klik op die video om dit te laat speel.) Hoogtepunte uit die gesprekke kan ook op Twitter gevolg word onder #hieromtebly.  Die Twitter-stroom volg ook onderaan die video.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shannon ·

Nee ek weet verseker – die grondwet is die heil en enigste hoop van die Afrikaner. Soos al die prokureurs en Vrye Vronters ons al die jare vertel : ‘Ons beroep ons op die grondwet’. En een honderd opbetaalde soet-en-taai aasvoëls staan gereed om die wet toe te pas – per uur.

Of begin die hoog geleerde toespraak beheptes nou besef dat maak nie saak hoe hard die hamster die draai wiel spin nie, so lank as wat hy innie hok is is hy net nog `n hamster.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.