Solidariteit-lede by Sasol nog ʼn stap nader aan wettige staking

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het ʼn sertifikaat aan die vakbond Solidariteit toegestaan wat sy lede in staat stel om wettig te staak nadat die vakbond nie Donderdag ʼn ooreenkoms met Sasol kon bereik oor dié maatskappy se omstrede bemagtigingskema, Khanyisa, nie.

Dirk Hermann, die bestuurshoof van Solidariteit, het aan Maroela Media gesê die sertifikaat beteken Solidariteit se lede mag nou wettig staak. “Ons sal nou begin met ʼn proses om ʼn stakingsmandaat van ons lede by Sasol te kry. Ons behoort die mandaat teen die laaste week van Julie te hê en indien ons wel met ʼn staking voortgaan, sal ons dan ʼn stakingskennisgewing by Sasol indien,” het Hermann verduidelik.

Hy het gesê hoewel dit van Solidariteit se lede by Sasol afhang of hulle wel gaan staak, is ʼn staking waarskynlik. “Ons beplan om nie net op Sasol te fokus nie, maar om ook memorandums by talle ander maatskappye te oorhandig ter ondersteuning van die werkers by Sasol en só mense oor ʼn wye spektrum te kry om die saak te ondersteun. Die beginsel wat ons takel is nie iets wat net werkers by Sasol raak nie, maar ʼn beginsel wat almal in Suid-Afrika raak,” sê Hermann.

“Sasol gebruik die woord transformasie om alle ander regte van werknemers te troef. Ons lede het steeds die reg op gelykheid en waardigheid en Sasol hanteer dié saak asof alle regte van wit werknemers nou ontken kan word.”

Sasol het einde verlede jaar bekendgemaak dat sy toe bestaande werknemerbemagtigingskema, Inzalo, wat op 18 Mei 2018 ten einde geloop het, vervang gaan word met ʼn nuwe bemagtigingskema, genaamd Khanyisa. Dié werknemer-aandeletransaksie maak egter glad nie voorsiening vir wit werknemers nie.

Solidariteit het ʼn dispuut by die KVBA aangeteken en aangevoer dat wit werknemers mag staak om soortgelyke voordele te bekom. Die KVBA het einde Mei bevind dat Solidariteit se dispuut as ʼn saak van gemeenskaplike belang geklassifiseer moet word en dus verder deur die KVBA ondersoek moet word.

Lede van Solidariteit het vandag vreedsaam voor die kantore van die KVBA teen die bemagtigingskema betoog.

“Ons het gehoop dat Sasol voor vandag se bemiddelingsproses tot nuwe insigte sou kom en dat ons ʼn skikking kon bereik wat alle werknemers insluit, maar Sasol gaan voort met hul diskriminasie,” sê Hermann.

Hy voer aan dat dit die eerste keer sal wees dat wit werkers wettig kan staak oor rasse-uitsluiting. “Dié eiesoortige sertifikaat baan die weg vir wit werknemers om uit protes te staak teen blatante diskriminasie jeens lojale Sasol-werknemers. Hierdie bemagtigingskema beteken in effek dat een van ons lede, wat al 38 jaar lank by Sasol werk, geen voordeel uit die skema sal ontvang nie, terwyl iemand wat byvoorbeeld pas uit universiteit kom en nou drie dae lank by Sasol werk, met R500 000 se aandele beloon sal word. Die enigste verskil tussen die twee werknemers is die kleur van hul vel. Ons lid wat 38 jaar lank gehelp het om Sasol op te bou, kry niks vir sy lojale diens nie. Die skema is absoluut absurd.”

Solidariteit het sowat 7 000 lede by Sasol en Hermann meen baie van dié lede beklee baie sterk strategiese poste, wat die impak van ʼn staking sal versterk. “Die staking sal egter ʼn tweeledige impak hê, omdat dit ook Sasol se skema in die hof van openbare mening sal toets. Ons verwag ʼn reusedebat onder die publiek oor die regverdigheid van hierdie skema. Hier gaan dit dus nie net oor ʼn staking in die werkplek nie, maar veral oor debat en openbare mening wat in effek ʼn baie groter ding is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Charl ·

Dis reg solidariteit wys hulle hoe afhanklik hulle van ons is skills raak bitter skaars. Ek is gelukkig nog in die ou dae in my ambag opgelei en is nie een dag spyt nie.

Koos de Meyer. ·

Een ding is baie seker, daar sal nie bande ge brand of klippe in die paaie gepak word nie. Dit sal op ‘n beskaafde manier gedoen word want ons het so groot geword.

MCS ·

Is dit ‘n staking of sal dit ook deel uitmaak om jou werkgewer te dreig, alles te vernietig en medelandsburgers te boelie. Dit is mos hoe ons rol in Suid Afrika. Die mense weet nie wat ‘n staking behels nie.

Bok ·

Daar kan mos nie gediskremeneer word teen wittes nie. Diskremenasie word net gepleeg teen ander bevolkings groepe.
Hier sal sterk gestaan moet word deur die witte.

jaco ·

Plaas hierdie wit mense het bly is dat hulle wel werk het. Ek wonder of hulle weet hoe dit voel om sonder werk te wees? Dag na dag, week na week, maand na maand…
Nou staak hulle oor hulle nie by “bemagtiging” ingesluit word nie. As hulle na hulle staking, waardeur hulle in elk geval nie hulle sin gaan kry nie, gaan die viltimisasie teen hulle net vererger.
Wit mense is NET 8% van SA se bevolking. Wat moet nou NOG gebeur voor ons gaan besef ons moet ons monde hou en dit wat ons wel het oppas, sonder om gierig te wees vir meer en meer en meer.

Gerrit van Wyk ·

Jaco ek wou vir jou iets se maar het daar teen besluit. Dankie vir jou ondersteuning.

Mrs H ·

Dis nie diskriminasie nie, dis rasisme. Dis beslis nie regstellend nie, dis afbrekend, beledigend teenoor wet en orde van menslikke regte en n skande teenoor ons lagwekende demokrasie. Dis n appartheid regime wat by Sasol bekend staan as “Khanyisa”! Sasol gaan baie meer geld verloor met n staking, as om eerder net regverdig en demokraties met integriteit op te tree, en almal dieselfde aandele offer. Dis n besluit van Sasol wat duidelikheid gee van die onbevoegde, korrupte, blatante arrogante en selfsugtigge bestuur wat gouer as later onder vergrootglas behoort, voordat daar nog n Eskom, SAUK, SA Lugdiens , Denel, Spoornet, Munisipaliteite, Telkom, en Poskantoor insident is. Ek is seker daar is nog wat ek al van vergeet het om op te noem…. NOU, is hulle regtig besig om die laaste slagare van die land af te sny tussen krag, myne, brandstof en basiese daaglikse oorlewings benodighede teenoor landsburgers se belasting, kwaliteit van dienste en produkte en kostes. (Water, voedsel, klere, vervoer ens). Dit…alles in die naam van n OU regime met n nuwe naam!

Landsburger ·

Mense, asseblief. Verstaan mooi. Die radikale element in die regering en semi-staatsinstellings stel net belang in die totale onderwerping van die ( meestal) blankes in SA. Apartheid moet omgekeer word sodat alle blankes as slawe en 2de klas burgers in die land voortleef. Dis ‘n onderdrukte begeerte by baie Afrikane wat nou in beheer van bogenoemde instansies is. Diesulkes wat anders dink, word geviktimiseer en geintimideer.
Ek stel voor dat ons blanke leunstoel kritici moet moeite doen en bevriend ‘n paar swart mense op alle vlakke en gaan bietjie in townships om sodoende agter die huidige denke in die swart gemeenskap te kom. Dit is baie verontrustend om dan te sien en besef hoe ryp die land is vir ‘n bloedige revolusie. Dit is sluimerend en wag net vir die vonk wat die kruitvat nou aan die brand moet steek.

Jaap ·

En ons ander kan ook bydrae deur nie daar petrol/diesel in te gooi nie.
Tyd dat ons saam staan.

Gestremde ·

Wens soldariteit wil ook optree teenoor die regte van gestremdes wat ook uitgesluit word in al die staatsdienste en geen erkenning kry nie. Die SA menseregte kommissie het as volg bevind:

“. The EE Act considers all people with disabilities to be previously disadvantaged and they are categorised as designated groups. Points on the B-BBEE Scorecard are only awarded for Black people with disabilities and not all people with disabilities. ”

Om gestremd te wees of te raak kan enige iemand oorkom maar dit word nie eers gesien as belangrik nie, terwyl daar verskeie gestremdes is wat moet probeer oorleef op n SASSA toelaag van +/- R 1695.00 wat nie eers genoeg is om vir ‘n persoon se basiese uitgawes te betaal nie.

Die aangeleentheid is al verskeie kere op MM geopper maar snaaks genoeg dat Solidariteit en ander organisasies dit nog nie aangespreek het nie. Wat sê die gesegte “All animals are equal but some animals are more equal than other”

Daar is bevind dat tot 5% van die bevolking gestremd kan wees, maar dit wil vir my voorkom as al die organisasies nie direk geraak word nie, of nie ‘n famileilid lid het wat gestremd is nie om die erns te verstaan nie, die ongelykheid sommer onder die mat ingevee word.

Miskien moet daar maar Life Esimideni uitbetalings gemaak word aan al die gestremdes wat by die land soos melatses behandel word en waar daar duidelike diskriminasie is, self by besighede.

Johann ·

Jy kan hulle SPUR maar het besigheid bestaan nie net uit brandstof nie……en ook n groot hoeveelheid brandstof wat n groot inkomste genereer gaan na die lughawens vir vliegtuie. Chemikalie is ook groot….so ek dink die SPUR idee………..gaan nie effektief wees nie

Alida ·

Ag asseblief die Spur geval is al so holruggery. Ek was al ‘n paar keer by Spur en dit sit vol blanke mense.

Petrol Petra ·

Daar is baie ander produkte tans in menigte huishoudings wat vandaar produseer word, nie net brandstof nie.

Manie ·

Gaan voluit vir wat julle ook toekom deur diskriminasie oor jou vel kleur. Moet julle asb nie steur aan die liberalis wat jou wil vertel jy moet baie dankbaar wees vir jou werk. Jy kry nie betaling omdat jy sit en niks doen.

jaco ·

die dag gaan nog kom wat julle gaan sê ek was toe reg. As jy wit is en jy het wel werk, BLY STIL en doen net wat van jou verwag word. Ek weet hoe lyk dit daar buite sonder werk. Dis amper ‘n geval van as jy eers uit die arbeidsmark is, dan is jy so te sê permanent uit. Dis BITTER moeilik om weer terug te kom.

thinus ·

jaco dit is een die een kant so, maar aan die ander kant bederf ons die diskriminate om heel dag op ons te trap en oor ons te loop. As hulle dit so blatant kan regkry, wat is volgende; as jy wit is moet jy teen die helfte van die salaris werk, of jy kry nooit bevordering/verhoging nie?
‘n Stryd word nie gewen om weg te kruip of weg te hardloop nie, ja daar gaan slagoffers wees. Maar as ons die stryd op gee voor dit nog begin, is ons almal slagoffers!
Of wat se die Jerrykaners?

Dr John Pauw (JJP) ·

JJ P
Ek was die leier van ‘n bekende koor wat in 27 stede en dorpe in Europa en die VSA opgetree het. Dit was ons gewoonte om by elke konsert eers die betrokke land se eie volkslied te sing, gevolg deur die sing van Die Stem. By elke geleentheid was die kommentaar (sonder uitsondering) dat Die Stem die mooiste volkslied was wat hulle nog ooit gehoor het. In Vlaandere het die hele gehoor ook lustig saamgesing. Waar kry ‘n mens ‘n mooier lied wat die siel van ‘n land beter beskryf?
‘nKosi sikelele Afrika is nie alleenlik die huidige volkslied van Suid-Afrika nie, maar wel van Afrika. Suid-Afrika kom nooit in die lied voor nie. Ook twee ander lande van Afrika gebruik dit as hulle volkslied. Dit is ook, terloops, die skoollied van ‘n skool in Kenia. Die Stem is eksklusief Suid-Afrikaans.

Die koor het ook die voorreg gehad om voor duisende juigende feesgangers by die onafhanklikheidsvierings van die Transkei en Bophuthutswana te sing. Daar was ‘n wonderlike gees van goedgesindheid en welwillendheid by albei hierdie geleenthede.

Dit was ‘n fout van die President om Die Stem te verban. Dit was onnodig. Mandela het Die Stem (as gewone lied) openlik goedgekeur en sou dit nooit verban het nie.
JJP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.