Luister: Solidariteit maak geskiedenis by die VN


Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Solidariteit en AfriForum het vandag sy verslag oor die regering se beleid van rassekwotas by die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie aangebied. Die komitee bestaan uit 18 lande.

Die aanbieding is deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gedoen. In sy aanbieding het Hermann gefokus op die onbillike diskriminasie-sake van Renate Barnard asook dié van die bruin werknemers van die departement van korrektiewe dienste (DKD).

“Ons is baie tevrede met die ontvangs van ons verslag. Die vrae was opbouend en ons het goeie komplimente oor ons voorbereiding gekry,” het Hermann gesê.

Hermann het sterk klem gelê op die staat se wiskundige benadering tot regstellende aksie wat tot rassesilo’s lei en teen die konvensie van die VN indruis.

“Wat ons aan u voorhou is ’n stelsel van regstellende aksie wat te ver gegaan het. ’n Stelsel wat so verstrengel geraak het met ras dat regstelling verlore gegaan het. ’n Stelsel wat verskillende silo’s van rasse permanent institusionaliseer,” het Hermann in sy aanbieding gesê.

Solidariteit en AfriForum het voorts ook ʼn aanvullende verslag oor diskriminasie in sport aangebied. “Daar is ʼn stukkie Afrikaans in die VN gepraat – my eerste woorde aan die komitee was in Afrikaans, naamlik: ‘Hierdie is histories!’ Dit was inderdaad histories aangesien die regering vir die eerste keer sedert 1994 by die VN oor ras aangekla is,” het hy bygevoeg.

Die VN-komitee sal ná die sitting aanbevelings doen wat deur lidlande geïmplementeer moet word. Suid-Afrika het die konvensie vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie bekragtig en is daarom verplig om die aanbevelings te implementeer en verslag aan die komitee te doen. “Solidariteit kan voorts ook deur plaaslike regsprosesse die regering dwing om die aanbevelings te implementeer,” het Hermann gesê.

Die Suid-Afrikaanse regering gaan op 9 Augustus die geleentheid gebied word om sy verslag aan te bied. Die regering se afvaardiging word gelei deur Nomaindiya Mfeketo, adjunkminister van buitelandse betrekkinge en samewerking.

Ander lande wat ook vandag verslae aangebied het, sluit in Paraguay en die Oekraïne. “Wat ons opgeval het, is hoe minderheidskwessies die wêreld oorheers. Wat vreemd in Suid-Afrika is, is hoofstroom in die res van die wêreld,” het Hermann gesê.

Die komitee en Solidariteit sal weer môre vergader om die vakbond se verslag verder te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

jaco ·

Ek kan diskriminasie teen wit mense verstaan. Ek praat dit nie goed nie, maar BAIE wit mense het net voor die 1994-verkiezing verwag dat n ANC-regering al SA se wit mense binne 6 maande sou doodmaak. Wat ek egter nie verstaan nie, is regstellende aksie teen Kleurlinge en Indiërs. Dis dan 2 rassegroepe wat ook slagoffers van apartheid was.

Johan 2 ·

Ek verstaan nie wat jy sê nie. Slagoffers van wat? Die grootste ekonomie in Afrika? Hoogste geletterdheid in Afrika(voor 1994)? Slagoffers van die beste medies in Afrika? Wat raak jy kwyt? Is jy “advokaat” Jaco Bothma?

Buks ·

Baie dankie julle staatmakers. Die bietjie geldjies wat ek vir julle elke maand afkneip weet ek word vie erkwis nie. Wens meer mense kan vir jullle n beidra maak.

WA ·

Baie geluk en dankie vir julle vir ons doen. Sterkte vorentoe.

humor ·

Uit hierdie geledere moet ons president kom. Dit is inderdaad n historiese baken want dit is die begin van n nuwe tydvak met nuwe montlikhede vir almal in SA. Seunse Weenkoor wat dink julle? Moet asb nie met n gebroedsel wyshede kom wat julself nie mooi kan verklaar nie.

CG ·

Ek is baie trots op Solidariteit vir alles wat hulle in hulle vermoee doen om die minderheidsgroepe van ons land te beskerm, teen die rasistiese regstellende aksie beleid , wat teen die minderheids groepe diskrimineer.

Max Berg ·

Regstellende aksie is die regstel van familie, kaders en vriende. Ras is net die skuiwergat.

Pieter ·

Baie dankie julle maar takel asb die cANCer wat more gaan antwoord

Wern ·

Solidariteit is n organisasie wat nie net praat nie maar doen ook!

Danie ·

Mooi so manne! Gelukkig is die wereld ook darm aan die dik word vir die “agtergeblewenes”, “Vlugtelinge”, “Liberales”. Ek hoop en glo dat “common sense” weer in gebruik sal kom

Elma Beytell ·

BRAVO SOLIDARITEIT!!! DANKIE DAT JULLE VIR ONS VEG. EK BETAAL MET LIEFDE ELKE MAAND MY GELDJIE WANT JULLE STAAN VIR NIKS TERUG NIE……..JULLE YSTERS!!!! ONGELOOFLIK TROTS OP SOLIDARITEIT!!!!!!!

Rusteloos ·

S.A se minderheids helde….julle is ons hoop on aan te gaan elke dag…Dankie Solidariteit.

Koos ·

Regstellende aksie word in baie lande ingestel om minderhede te beskerm behalwe in Suid-Afrika waar dit die meerderheid moet beskerm op ‘n rasse kwota net vir swart.Dit is al meer as 20 jaar na afskaffing van “apartheid “nou is dit diskriminerende wetgewing

John ·

My vrees is dat die VN net op sal opkom vir minderheidsgroepe, maar die Afrikaners sal uitsluit. Solidariteit veg teen ‘n berg genaamd Apartheid wat so lekker op die tong val van almal wat steeds wil skep uit die stomende pappot van Afrika.

Jan Jooste ·

Baie dankie en baie geluk. Afrikaners verander sake. Ons skuif, deur Genade, self die doelpale. Ek bid vir sukses!!!

Johannes Meintjes ·

Minderheidsregte is ‘n delikate balans tussen kulturele behoud en belange, en konstruktiewe nasionale dinamieka. Dankie dr. Hermann en AfriForum.

Pietsepan ·

Mooi gedaan Solidariteit. Ek wonder net wat die uitkoms hiervan gaan wees. Die ANC gaan die VN ignoreer soos wat hulle onlangs met die uitspraak van die konstitusionele hof gedoen het oor Zuma se onbevoegdheid. Dat ons hulle in ons eie howe kan aanvat is ten minste ‘n begin.

Theuns ·

Ek ruik die reuk van lente blomme in die lug! Sien hoe skuif die die reen kombers oor die minderheids groepe in Suid Afrika om die aarde te hernu en om nuwe ekonomiese lewe voortebring! Ek sien die boer en sy nageslag hand aan hand deur die land loop en diep asemhaal! ek hoor die lag van kindertjies wat onbevange en veilig speel en van mans en vroue wat lofprysing sing en bid tot eer van GOD. Dankie AfriForum en Solidariteit. Dr. Herman jy is ‘n yster!! Halaluya!

Annette ·

Dankie Solidariteit. Ons behoort al baie jare aan julle en dit is elke sent wat ons betaal , werd. Julle doen so baie vir ons mense. My dogter het ook nou aangesluit.

Stan ·

Dankie julle ysters. Dit is een van die groot redes dat ons ekonomie nie groei nie.

Anti DA ·

Snaaks hoe Afriforum/solidariteit die volkie kan laat saamstaan en die positiewe in hulle uitbring ek wens ons kon so saamstaan met alles wat kon ons dan verrig??

Helene Heyns ·

Solidariteit julle is “tops”. Mooi so en baie dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.