Solidariteit maak herstelplan vir ekonomie bekend

geld 4

Argieffoto.

Die Solidariteit Beweging het Maandag sy ekonomiese herstelplan bekendgemaak wat voorstelle bevat van hoe Suid-Afrika die ekonomiese krisis weens die Covid-19-pandemie kan beveg. Die plan is oor die naweek aan pres. Cyril Ramaphosa, Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, en Tito Mboweni, minister van finansies, gestuur.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die plan hanteer elke aspek van die ekonomie en is geanker in ʼn geskiedkundige ontleding van globale tendense wat wêreldwyd tot sukses gelei het. Die plan bevat ook ʼn omvattende ontleding van vorige ekonomiese krisisse en hoe Suid-Afrika se reaksie in die verlede tot stagnasie en swak groei gelei het.

“Dit sluit wetenskaplike ekonomiese teorieë in en bied werkbare oplossings in ʼn tyd wat sulke antwoorde noodsaaklik is. Die plan stel ook voor hoe om op hierdie kritieke tydstip die regte ekonomiese besluite te neem,” sê Hermann.

Die plan stel onder meer voor dat meer geld in Suid-Afrikaners se sakke geplaas moet word deur die belastinglas te verlig. Die plan lig ook die absolute behoefte uit om Suid-Afrika se energiesektor te desentraliseer.

Die plan fokus ook daarop dat skadelike beleide, soos byvoorbeeld onteiening sonder vergoeding en die nasionale gesondheidsversekering, onmiddellik verwerp moet word.

Hermann wys daarop dat die plan op drie bene staan. “Die eerste been is onverskrokke weerstand teen die virus. Ons moedig ons lede wyd aan om praktyke om die virus te bekamp, streng na te kom. Die tweede is ʼn onverskrokke dryfkrag ten gunste van werk. Ons beskou alle werk as noodsaaklik en glo almal wat gesond kan werk, moet werk. Daarom het ons ʼn omvattende goeie praktykskode vir gesonde werk aan die regering voorgehou. Die derde is ʼn onverskrokke verbintenis tot die herstel van die ekonomie. ʼn Ekonomiese herstelplan, met lesse wat van ekonomiese wenlande geleer kan word, is aan die regering oorhandig.”

Morné Malan, Solidariteit se strategiese spesialis, sê daar moet dringend werk gemaak word van die herstelplan om ʼn meer dinamiese arbeidsomgewing te skep. “Die sakewêreld moet bevry word van onderdrukkende regulasies en handelsbeperkings. Suid-Afrika se fiskale posisie moet verbeter word deur te sny aan staatsbesteding en ontslae te raak van alle nie-noodsaaklike staatsbeheerde instellings,” sê Malan.

Malan sê Solidariteit se bekommernisse oor die ekonomie moet nie beoordeel word aan die hand van ʼn ruiltransaksie tussen gesondheid en rykdom nie. “Dit is twee verwante en onderling afhanklike eienskappe van menslike welstand.”

Hermann meen die debat oor Covid-19 moet ekonomie en werk insluit. “Die virus kan nie beveg word sonder ekonomie nie en die ekonomie kan nie groei as die virus nie suksesvol beveg word nie. Daar moenie ʼn keuse gemaak word tussen gesondheid en ekonomie nie – die keuse is ten gunste van albei. Trouens, die belangrikste aspek van enige ekonomiese stimulus is ʼn oorwinning oor die virus. Ons moet so gou as moontlik die bedreiging wat die virus inhou, bekamp sodat ons weer die ekonomie aan die gang kan kry en verseker dat die inperking nie ʼn enkele dag langer voortduur as wat nodig is nie,” sê Hermann.

Om Solidariteit se Post-inperking Ekonomiese Herstelplan te lees klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Rodger17 ·

Maak nie saak watse plan voorgelê word nie die anc sal nie hoor nie!Solank hul korrupsie nie ophou nie sal geen plan werk nie.Hulle gaan beslis nie raad vat van witmense nie glo my,ons mos die rassiste!

Die Wolf ·

Hulle sal die plan aanvaar wanneer al die kaders dit verander het. Dan is dit mos hulle plan.

Michael 1 ·

Ek glo die plan is met groot oorleg gedoen maar sal die arogantheid van die regering hulle toelaat om dit te implementeer?Ek gaan weer sê onderhandel vir n onafhanklike tuis staat waar die tipe kwaliteit stelsels en planne geimpliminteer kan word om n beter lewe vir almal te verseker.

KAIROS ·

Dit is regtig fantasties om te hoor dat iemand steeds probeer planne maak en die pad vorentoe wil stap

Kokerboom ·

Die algemene benadering hier is dat vir versekerde vooruitgang en oorlewing moet jou planne net NOOIT opraak. Dankie Dirk en Solidariteit dat jul planne nooit opraak. Jul plan maak my opgewonde. ALMAL in die land kan daardeur ‘n beter lewe(ANC) bekom. Die kern van die oplossing is dat die President in die opsig ‘n duidelike kopskuif moet maak en moet besluit: wat is belangriker: landsbelang of Partybelang!

Stebastiaan ·

Sal die ANC-leiers ooit luister, ek betwyfel dit. Dit wys deur die hele land dat daar ongetwyfeld ‘n laksheid onder hulle heers. Sal nie raad van ‘n blanke aanvaar nie.

Raadslid ·

Sou graag wou sien dat ekonomies vernietigend wette, soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtinging, ook in die plan vervat word om dan geskrap te word.

Michael 1 ·

Dit is nie net vernietigent nie dit is ook diskriminasie teen die minderhede.

Michael ·

Geld stelsel gaan digitaal gaan weens vrese oor die “covid-19” virus wat maklik verspry. So dan gaan almal eers met korupsie wegkom.
Verswakte Rand, werkloosheid en criminaliteit gaan styg en seëvier bo enige strategie.

Geld is tog simboliek wat jy daarmee kan kan Koop.

Arno ·

Goed en wel julle stuur die plan vir genoemde menere……maar wie gaan dit vir hulle lees?

Jan ·

Ek hoop Solidariteit sal die regering se planne om pensioenfondse te stroop teenstaan

Ruben ·

Hulle kon nie n groeiende ekonomie net op dreef hou nie hoe gaan die klomp n sinkende een uit die as optel.

Willem ·

Dankie solidariteit goed bedoel maar die ANC luister nie na goeie planne nie. Die voorstel wat jul maak is deur gekwalifiseerde opgevoede mense saam gestel. Eerstens verstaan hulle nie en tweedens kan hulle nie hulself veryk nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.