Solidariteit na KVBA oor Sasol-aandele

Dr. Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit het gesê dat hy voortgaan met sy dispuut by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) teen Sasol oor die uitsluiting van wit mense van sy nuwe bemagtigingskema, Khanyisa.

Dit volg nadat Sasol aan die einde van verlede jaar bekendgemaak het dat sy bestaande werknemerbemagtigingskema, Inzalo wat op 18 Mei 2018 ten einde loop, vervang word met ʼn nuwe bemagtigingskema, Khanyisa wat teen die middel van 2018 geïmplementeer sal word.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het die eerste skema, Inzalo, die tendens in die mynbedryf gevolg deur alle werknemers daarby in te sluit. Met die nuwe skema word daar egter glad nie erkenning gegee aan wit werknemers nie. Hulle word heeltemal uitgesluit van dié skema. “Dié werknemeraandeletransaksie is onregverdig en niks anders as blatante diskriminasie teenoor lojale Sasol-werknemers op grond van hul velkleur nie,” het Hermann verduidelik.

Hermann sê voorts dat die nuwe skema deur middel van twee fases ʼn onderskeid tussen twee kategorieë werknemers tref. In die eerste fase word aandele ter waarde van R100 000 aan alle oud-Inzalo-lede uitbetaal. Fase twee sal egter net vir swart werknemers geld en hulle gaan sowat R500 000 se aandele ontvang. “Dit beteken dat ʼn wit werknemer wat byvoorbeeld 30 jaar se diens het, slegs ʼn vyfde van die aandele sal ontvang teenoor wat ʼn swart werknemer, wat byvoorbeeld maar drie dae vir Sasol werk, gaan ontvang.”

In die formele terugvoer wat Sasol oor Khanyisa gegee het, sê hulle dat om wit mense deel te maak van die aandeleskema teen die wese van ware en betekenisvolle transformasie indruis. “Ons voel dat dit onbillik is om onderskeid te tref tussen twee werknemers wat langs mekaar werk. Ons is daarvan oortuig dat daar wel werknemeraandeleskemas bestaan wat meer insluitend is. Daarom het ons reeds opdrag aan ʼn kundige gegee om ʼn alternatiewe voorstel te formuleer,” het Hermann bygevoeg.

“Wit werknemers se frustrasie het kookpunt bereik. Hulle voel dat hul lojale diens asook die waarde wat hulle tot die maatskappy voeg, niks beteken nie. Solidariteit sal ook binnekort met ʼn behoorlike mandaatproses oor verdere optrede ten opsigte van dié rasseuitsluiting onder hul lede begin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

Absoluut verbysterend om te sien hoe die beginsel van free grates forniet mahalla… want jys swart… in 2017 steeds toegepas word? Niks van verdienste, harde werk, lojaliteit, beloning nie. Want die nuwe swart elite is of by magte om self die beginsel af te dwing, of iemand anders te manupileer met “previously disadvantaged”… currently TAKING advantadge! WELKOM IN SA!

PIPPIE LANGKOUS ·

Solidariteit, as julle nog ‘n naam wil he van ‘n groot maatskappy wat presies dieselfde doen, vra my gerus. Hierdie maatskappy het van die begin af ENIGE wit mense uitgesluit, maak nie saak hoeveel jare diens hulle het nie.

Minderwaardig ·

Ons groot Suid-Afrikaanse maatskappy het ook ‘n paar jaar terug dieselfde gedoen. Blankes uitgesluit en alle ander nie – blanke werkers aandele gegee.

Cherokee ·

Tydens boikotte word baniere rondgeswaai wat ondermeer beweer dat apartheid nie meer bestaan nie. Apartheid is wel in sommige opsigte afgeskaf – miskien net by privaat geriewe in afdelingswinkels en verkiesingslokale.

christa ·

Sal Sasol ook nou draaie om Sasol ry. Dis SA maatskappy maar die brandstof is in elkgeval nie goedkoper nie. Caltex is baie meer voordeliger.

Jaco ·

Sasol verskaf baie meer produkte as net petrol by vulstasies wat oral gebruik word en as ek reg onthou ook deur ander vulstasies in SA sowel as in Afrika. Om hulle te boikot op een plek gaan nie regtig n invloed op hul he nie. Hulle moet van diskriminasie aangekla word.

Schalk ·

Net soos enige uitsprake teen apartheid het regstellende aksie presies dieselfde effek.
Die geheim is in opleiding , opvoeding en integriteit. As die regering ernstig is in vooruitgang en sukses sal dit die kern van die toekoms moet wees. Die standpunt van ek mag, ek moet en ek kan net vat wat ek wil want ek was benadeel sal nie aanvaar of opbouend wees nie.

Petro Potgieter ·

Ek verstaan net nie dat ons wat nuwe innames is vanaf verlede jaar in Junie maand en nie deel was van die skema wat klaarmaak nie, nie deel mag wees van die nuwe skema nie?

Vreemd ·

Die mense wat die HARDSTE TEEN APARTHEID GEVEG HET bring nou nuwe APARTHEIDSwette in en APARTHEIDSvoordele en alles wat NET EEN ETNIESE groep bevoordeel . maar hulle kerm STEEDS oor apartheid . Lyk asof hulle dit eerder idolise want hulle doen nou PRESIES dieselfde as die NP .. As wittes bevoordeel word is dit apartheid as anderskleuriges bevoordeel word is dit HULLE REG …

Gestremde ·

Solidariteit moet besef dus ‘n byvoordeel…wat gaan julle omtrent blanke gestremdes doen wat heeltemal uitgesluit is van werk en geen inkomste verdien nie?

Disability toolkit by the SA Human Rights Commission:

“The definition of “designated” groups under the B-BBEE Scorecard differs from the definition of “designated” groups under the EE Act. Under B-BBEE, only Black people (African, Indian and Coloured) are categorised as beneficiaries. The EE Act considers all people with disabilities to be previously disadvantaged and they are categorised as designated groups. Points on the B-BBEE Scorecard are only awarded for Black people with disabilities and not all people with disabilities. “

Matt ·

Gaan Solidariteit werklik nou teen Sasol probeer optree, of gaan dit wees soos met Project Phoenix waar hulle reeds dokumente geteken het dat hulle saamstem met die aflegging van personeel en dan agterna hul lede probeer “bystaan”?. Ek vra maar net!!

Casper Labuschagne ·

My Ma het aan my vertel dat toe sy nog op hoërskool was, het haar Oom (haar Ma se broer, Dr. Etienne Rousseau) een Sondag na kerk haar gesin in sy motorkar gelaai het, by Vereeniging oor die Vaalrivier gery het en in die middel van net mielielande gestop het, uitgeklim het, en gesê, “Hier gaan ons ‘n stad bou waar ons olie uit steenkool gaan maak.” Hoe ironies is dit nie dat diegene wat voorkom soos die stigters van Sasol, nie aan ‘n skema mag deelneem wat werknemers van Sasol bemagtig nie, juis vanweë hul herkoms. Ek dink ek weet wat daardie dag in die 1950’s gesê sou word as hulle maar net geweet het van wat vandag hier aangaan.

Dennis ·

Die wit mense by Sasol moet net vir 2 dae staak dan sit julle die fabrieke af hulle het net genoeg kole op die stockpile om die fabriek net vir 2 dae te loop as daar nie kool van myne af kom nie kan die fabriek nie werk nie.

Gerhard ·

Wat gebeur met ons blankes wat 35 jare plus gehelp het om Sasol op te bou en moes plek maak vir swart mense. Daar was aan ons belowe dat Inzalo on 2017 sou uitbetaal maar moes maar met aanvaar dat die skema nie geld het nie. Dit lyk nie of pensioenarisse in ag geneem word nie.

bgj van der westhuizen ·

ons as wit mense is geleer om alles te gee waar jy werk ons moet begin om net die werk te doen wat ons voor betaal word en niks meer nie wand al die besighied verwag altyd die wit mense moet meer werk as die ander en buit wit mense uit omdat hulle weet ons sal nie somer bedank nie want ons het almal goed wat moet betaal word elke maand en krys nie ons water en krag verniet soos seker mense in die land nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.