Solidariteit ook by nagmars in Soweto oor beurtkrag

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit gaan Woensdagaand saam met verskeie ander vakbonde en gemeenskapsorganisasies aan ʼn nagmars in Soweto deelneem om die impak van beurtkrag op alle gemeenskappe in Suid-Afrika te beklemtoon.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, wat die gemeenskap van Soweto by dié geleentheid gaan toespreek, neem die vakbond spesifiek aan die nagmars deel om die impak van die elektrisiteitkrisis in Suid-Afrika op werksekerheid en veiligheid te beklemtoon.

“Die kragkrisis het ʼn enorme impak op die ekonomie. Besighede se volhoubaarheid word negatief geraak en dit het ʼn direkte impak op werkskepping en werksekerheid. Op sy beurt het dit dan ʼn groot impak op die stabiliteit van gesinne en uiteindelik op die welstand van die breër gemeenskap,” het Du Plessis gesê.

Hy het gesê die vakbond het besluit om die mars in Soweto te ondersteun om te wys dat alle gemeenskappe deur die kragkrisis geraak word en om spesifiek solidariteit te betoon met die armste gemeenskappe vir wie ʼn koue winter voorlê.

“Ons almal gaan die effek van beurtkrag hierdie winter regtig eers ernstig begin voel. Daar is egter miljoene Suid-Afrikaners, en veral klein kindertjies en bejaardes, wat hierdie winter aan ysige en donker toestande blootgestel gaan word. Ons moet almal saamwerk om oplossings vir die kragkrisis te soek, want dit bedreig mense se lewens in die letterlike sin van die woord.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dewald Alberts ·

Dit is die enigste pad vorentoe, saam, ongeag van wie wat en waar….

Nicolene ·

Weet werklik nie waarom Solidariteit hul steun verleen aan dié wat dit nie eens waardeer nie! Ek wonder hoeveel van hierdie spul verleen finansiële steun aan Solidariteit????? Ek kan nie anders om soms te wonder of ons lede se maandelikse bydrae ter ondersteuning van Solidariteit “regverdig” aangewend word nie!!!

Grassie ·

Soweto is ‘n plek waar miljoene mense krag gebruik en nie betaal nie. Hul agterstallige rekening by Eskom beloop reeds miljarde rande. Hulle parasiteer op diegene in ander gebiede wat wel betaal. Nou het hulle nog die vermetelheid om optogte te hou en protesaksies te loods omdat hulle soos die res van die gebruikers aan beurtkrag blootgestel word.
Ek kon my oë nie glo toe ek hier lees dat Solidariteit hulle nou nog boonop gaan ondersteun nie. Nee magtig!

Anne-Marie Schietekat ·

dit gaan my verstand te bowe wat Solidariteit wil bereik met die nagmars?mense wat nie betalers is van dienste en dan betogings hou?wat wil Solidariteit bewys?impak op die ekonomie?almal met verstand weet watter uitwerking dit op ons besigdhede veral klein sakemense het, dus weereens wat is die doel van hulle wat hulle steun aan nie betalers toestaan?Versoening?belaglik

Boesman ·

Ek dink dis ‘n baie goeie idee. Gebruik gerus my bydraes daarvoor.

Grassie/Nicolene. Sien die BIGGER PICTURE.

chris ·

Boesman.
Ja man ek hoop daar is denke hieragter.Andders maak dit glad nie sin soos die meste mense hier se nie.

Bruno Stef ·

Ek wil Solidariteit geensins ontmoedig nie maar wees maar katvoet as julle deur dorpsgebiede soos Orlando Wes/Oos / Jabavu /Zola en Pimville beweeg veral in die nag. Daar kan Oppertuniste by julle groep aansluit wat uitsluitlik ten doel het om van die geleentheid gebruik te maak om te plunder. Wees net bewus van wat om jou aangaan en bly in n groep dit kan net tot julle eie voordeel wees.

Pieter Roux ·

Is Solidariteit mal of wat? Vandag, in 1983, is die Kerkstraatbom gewees en ons mense vermink. Dit is egter nie polities korrek om dit in herrinering te roep nie, maar Soweto stap is wel? Wat gaan aan met Solidariteit?

Jacobus Esterhuizen ·

Op die manier trek solidariteit nou saam met mense wat betoog om verder gesteun te word met my geld en nooit hulle elektrisiteit betaal nie. Dit gaan reëlreg teen waarvoor meeste van ons staan.

sonja ·

Dit maak glad nie sin nie. Stap in Soweto waar niemand betaal vir krag nie maar krag word nie af gesny nie. PLekke soos Klerksdorp betaal die mense hulle go af maar krag word afgesit want die geld word gebruik vir luukse motors en huise deur groot koppe. Hoekom in Soweto? Om polities korrek te wees? Jammer Solidariteit, julle stel weer teleur. Dink ANC het ‘n hand in daai pie!

Arnold ·

Met hierdie nagtelikke rondstappery van Sollie daar in Soweto, gaan hulle baie betalende lede verloor. Hieroor gaan julle weer ‘n “krisis Beraad” moet hou.
Natuurlik omdat Sunette, Steve, en Dan Roodt daar was, nou boikot Sollie die Kerkstraat gebeurtenis.
Mooi man, nou weet ons waar ons met julle staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.