Solidariteit oortref doelwitte vir 2020

Toekomsberaad-algemeen

Die Toekomsberaad wat in 2016 deur die Solidariteit Beweging aangebied is. Foto: Forumnuus.co.za

Die Solidariteit Beweging het tydens sy eerste toekomsberaad in 2015 ʼn aantal doelwitte gestel wat hy teen 2020 wil bereik, ten einde te verseker dat sy lede vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan leef.

Vier jaar later het die Beweging talle suksesse behaal en maak hy gereed vir die tweede Toekomsberaad wat Donderdag by die Moreletapark Ouditorium in Pretoria sal plaasvind.

Die Beweging het die volgende suksesse behaal sedert 2015:

  • Solidariteit-regsdienste het sy veldtog teen regstellende aksie verskerp deur in die afgelope vyf jaar twee keer by die Verenigde Nasies (VN) en Cerd, die komitee vir die uitwissing van alle rassediskriminasie, besoek af te lê. Solidariteit het voorts ʼn aanbieding en skaduverslag gedoen rakende die Suid-Afrikaanse regering se toepassing van regstellende aksie. Cerd het ná afloop hiervan die regering versoek om sy aandag indringend op die beleid te vestig en voorts ʼn alternatiewe verslag rakende regstellende aksie in te dien.
  • In 2015 het AfriForum beloof om meer gemeenskappe te help om buurtwagte te stig. Hulle het aangedui dat hulle graag die bestaande 68 buurtwagstrukture wil uitbrei en dié getal minstens wil verdubbel. Die afgelope vyf jaar het die getal buurtwagte meer as verdubbel tot 140 buurtwagte met 9 500 lede. Meer as 7 900 buurtwaglede het sedert 2015 opleidingsmodules, waaronder regsaspekte, toneelhantering en noodhulp, deurloop.
  • kosblikkie

    Foto: Verskaf

    In 2015 kon Helpende Hand se voedingsprojekte 4 000 behoeftige kleuters daagliks versorg. In 2019 het hierdie getal verdubbel tot 8 000.

  • Helpende Hand se studiefondssentrum, wat behoeftige Afrikaanse studente finansieel ondersteun, se uitbetalings aan studente het amper verdubbel van R25 miljoen in 2015 tot R41 miljoen in 2019. Sedert 2015 is ʼn bedrag van R145,1 miljoen aan studente uitbetaal. Die droom was om teen 2020 ʼn studiefonds van R160 miljoen op te bou. Dié fonds staan tans op R185 miljoen.
  • Op 13 September 2019 is die eerste sooi op Sol-Tech se nuwe kampus gespit met die vooruitsig om die kampus teen Januarie 2021 in gebruik te neem. Sol-Tech se grootste mededingende voordeel in Suid-Afrika is die uitsonderlike gehalte en standaard van die opleiding wat dit bied.
  • Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, tydens die sooi-spit seremonie. Foto: Reint Dykema.

    Akademia se studentetal het sedert 2019 van 275 na 1 050 gegroei. Dié instelling van hoër onderwys bied nou vyf graadkursusse en het sedert 2015 agt nuwe kwalifikasies geakkrediteer.

  • In Augustus vanjaar het Maroela Media se meer as 2 miljoen lesers bykans 20 500 000 berigte en artikels op die webwerf gelees. Die getal unieke lesers het meer as verdubbel van 2015 se amper 800 000 unieke lesers.

Solidariteit Beweging sal tydens die Toekomsberaad Donderdag ʼn aantal uitdagings identifiseer en nuwe doelwitte vir 2030 aankondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Disselboom

Nou vir ‘n skool of twee wat self en nuut gebou word,

Dolf

Goed en wel, maar wat is die “end game”? Wat is die Afrikaner se politieke pad vorentoe? Al hierdie programme gaan nie wittes in die land hou nie.

johan

Die ou Soltech is goed en professioneel. Hulle lewer goeie diens en die instrukteurs en toerusting fantasties. Daarna word vakleerlinge na werk gewers uitgeplaas. Die meerderheid werkgewers , soos in bemarkings veldtogte voorgestel, leer en lei die jong manne goed op.Daar is egter uitsonderings. Iemand na an my is na .n fafriek in Gauteng geplaas . Daar was hulle veronderstel om hom op te lei in alle aspekte van sy ambag. Dit het nie gebeur nie.Hy doen nou al die afgelope 2 jaar presies dieselfde werk oor en oor. Daar is geen verdere opleiding in die ander aspekte van sy… Lees meer »

Johanna Botha

PUIK ! ! Mense met n PLAN van bou !

Sven

Dolf, daar is nie ‘n politieke plan nie. Planne word net gemaak om Afrikaners ekonomies en maatskaplik te bemagtig. Ek twyfel ook of dit jonges hier sal hou.