Solidariteit pak beleërde Denel in hof

Die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Maroela Media

Solidariteit se aansoek om Denel te dwing om werkloosheidsversekering (WVF) en belasting (LBS) wat van werknemers se salarisse afgetrek is oor te betaal, word môre in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Solidariteit het verlede maand dringende hofstukke op die sukkelende wapenvervaardiger beteken nadat Denel bekend gemaak het dat hy net ʼn gedeelte van sy werknemers se salarisse vir Junie en Julie kan betaal.

Solidariteit het vroeër ook aangekondig dat hy voormalige raadslede van Denel ingevolge die Maatskappyewet vir wanbestuur en korrupsie wil laat ondersoek, met die oog op moontlike vervolging.

“Die slagoffers van roekelose bestuur en staatskaping is werklike mense met gesinne en emosies. Werknemers se salarisse word gebruik om kontantvloei te subsidieer,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, toe gesê.

Solidariteit se dringende aansoek volg nadat Denel bekendgemaak het dat hy slegs in staat is om ʼn sekere gedeelte van sy werknemers se salarisse vir Junie en Julie te betaal. Sekere statutêr verpligte betalings soos LBS, WVF en die heffing op vaardigheidsontwikkeling is op betaalstate aangedui, maar egter nie oorbetaal nie.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, het gesê die organisasie se geregtelike stappe is tweeledig. Dit neem ook die statutêr verpligte betalings onder die loep wat op die betaalstrokies van werknemers aangedui word, maar nooit aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oorbetaal is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stofdonkie ·

Ek wonder net of SARS boetes en rentes op DENEL ook gaan hef vir laat betaling, of is dit net van toepassing op privaat meetskappye? Bewaar jou vryheid as jy ‘n besigheidseienaar is en nie die statutêre verpligtinge nakom nie…

Ouma ·

Dit le seker nog voor vir die mense by Eskom ook. Die ergste is dat mense wat op pensioen gaan by staatsinstellings nie eers hulle pensoien kan vat en iewers anders gaan bele nie. Hulle kan net 1/3de daarvan vat. Die res word as maandelikse pensioen uitbetaal. So niemand weet of hulle elke maand betaal gaan word nie.

Jimmy ·

Jy is ongelukkig reg. Niks en niemand kan Denel meer red nie. Hoe vinniger Denel verkoop word, hoe beter. ‘n Goeie koper sal die bestaande werkers goed behandel.

aj ·

Gaan die skuldiges krimineel aangekla word …? en tronk toe gaan?

NEE! NEE! NEE!

Hulle het net ‘struggle bookkeeping’ gedoen soos Alan Boesak destyds!

Schalk ·

Veelsgeluk aan almal wat ANC stem julle kry dit reg om alles te vernietig wat opgebou is.Elke ANC stemmer het deel aan hierdie korrupte magsbehepte gemors so ek gun dit vir die meerderheid om te suffer.Dit het maar nog net begin.Stem die ANC in dis reg hou so aan stem ANC Viva ANC.

Elsa ·

Waarom moet alles in howe beslis word? As elkeen net sy/haar werk doen soos dit moet gedoen word, sal al hierdie bog en bedrog nie gebeur nie

cornelia ·

Haai Almal. ek werk vir Denel. Ongeag van alle korupte sake en wat dinge wat in die verlede gebeur het, glo ek dat Danie nog iets kan doen. Dit is nie sooooo maklik om net te wil verkoop nie. Ons gaan nog aan soos alyd, net op n kleiner skaal. Ons spaar op baie op uitgawes en Ons is gatvol vir die media/mense wat dinge uit porporsie ruk. Ja………daar was baie groot verliese gewees maar die manne sal verseker aangevat word.

Kobus ·

Ja, teen wat se koste vir gewone belatingbetalers? Daar kom ongelukkig ‘n punt waar besluite geneem moet word oor Denel se toekoms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.