Solidariteit pak rasseboelies

dirk-hermann

Dirk Hermann

Solidariteit het besluit om ’n massaveldtog oor selektiewe rassisme en teen rasseboelies van stapel te stuur.

’n Massaklag teen die verskynsel, wat by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak gaan word, maak deel uit van die veldtog. Die massaklag gaan ook die idee dat net wit mense rassisties is, die nek inslaan en die MRK gaan gevra word om hom daaroor uit te spreek.

As deel van die veldtog gaan Solidariteit Maandag ’n klag teen ’n senior offisier van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), generaal-majoor Sandra Malebe-Thema, by die MRK in Kaapstad indien. Dit volg ná ’n voorval wat op Maandag 7 November by die SAPD se Opleidingsakademie in Oudtshoorn plaasgevind het. Malebe-Thema het opleidingspersoneellede na die verhoog ontbied en vernederende opmerkings oor hul kleredrag en gewig gemaak. Sy het ook verskeie rassistiese opmerkings jeens die personeellede gemaak.

Solidariteit se kommentaar op die konsepwet oor haatspraak en haatmisdade vorm ook deel van die veldtog. In sy kommentaar op die wetsontwerp vra Solidariteit dat politici en staatsamptenare swaarder gestraf word as hulle skuldig bevind word aan haatspraak en die aanstigting van haatmisdade.

“If Whites don’t return the land peacefully I cannot guarantee what will happen to them” is ’n uitspraak wat Malema onlangs gemaak het. “Malema kan nie aanhitsing tot haatmisdaad pleeg en skotvry daarvan afkom nie. Sy rooi oorpak moet verruil word vir ’n oranje oorpak,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. “Malema is ’n nar, maar ’n gevaarlike een wat kinders sal seermaak. Hy is ’n rasseboef wat nie deur die gemeenskap aanvaar behoort te word nie.”

Hermann het gesê Solidariteit is moeg vir die dubbele standaarde wat in Suid-Afrika geld wanneer dit by ras kom. Ter motivering van die konsepwet teen haatspraak en haatmisdade het die adjunkminister van justisie, John Jeffery, voor die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van rassediskriminasie gesê dat dit meestal wit mense is wat lelike en onaanvaarbare dinge oor swart mense sê. Sonder om enige bewyse aan te voer, het hy ook beweer dat die meeste haatmisdade deur wit mense teen swart mense gepleeg word. Solidariteit het ter stawing hiervan ook die video-opname van hierdie uitsprake deur Jeffery bekendgestel.

As gevolg van hierdie selektiewe rassisme word disproporsionele dekking gegee aan vorms van rassisme van wit mense teenoor swart mense.

Penny Sparrow, ’n gewone lid van die publiek wat nie in ’n gesagsposisie is nie, word oor en oor verguis oor onaanvaarbare opmerkings wat sy oor swart Suid-Afrikaners gemaak het. Levuyo Menziwa, ’n EFF-studenteleier se opmerkings dat hy “f**en whites met ’n bazooka of ’n AK47 wil doodskiet, is lank reeds vergete.

“Solidariteit het ’n soektog op sosiale media gedoen oor rassistiese opmerkings wat teenoor wit mense gemaak word. Die omvang en gewelddadige aard daarvan het ons geskok. Selektiewe rassisme veroorsaak dat wit mense byna gedemoniseer word en dit stook swart-op-wit-rassisme aan. Suid-Afrika sal rasse-uitsprake moet ontras en alle vorms van rassisme moet verwerp,” het Hermann benadruk.

Andile Mngxitama van die Black First Land First-beweging beweer dat swart mense nie rassisties kan wees nie. In ’n onlangse TV-gesprek het Andile dit onomwonde soos volg gestel: “If we don’t accept the principle that blacks can’t be racist and criminalise racism without accepting that fact, then you are going to end up locking up black people… and that is my biggest fear.”
“Sulke uitsprake moet verwerp word. As die idee, dat net wit mense rassiste is, vertroetel word, sal dit bloot groter rassisme en woede van beide kante ontlok,” voeg Hermann by.

“’n Gerekende ekonoom soos Chris Hart word deur Standard Bank geskors omdat hy gesê het dat slagoffers van apartheid 25 jaar later ’n gevoel van ‘entitlement’ en haat teenoor minderhede koester. President Jacob Zuma mag sê swart mense het meer regte omdat hulle die meerderheid is. Wit mense het minder regte, want hulle is die minderheid. Volgens Zuma is dit hoe ’n demokrasie werk. Geen openbare stemme het daarteen opgegaan nie. Hy mag ook sê dat alle probleme begin het toe Van Riebeeck hier aangekom het.

“Terwyl Suid-Afrikaners tereg hul afkeer teen die Doodskis-2 uitspreek, hou die EFF ’n plakkaat omhoog wat lui: ‘Kill Whites’. Daaroor is daar stilte.

“Net ’n week voor hierdie voorval sê Julius Malema wit mense moet geslag word, maar nog nie nou al nie. Volgens hom moet Afrikanermans hul plek ken. Koerante het daaroor berig, maar daar was geen openbare stemme wat daarteen opgegaan het nie. Dit is selektiewe rassisme.

“Ons is moeg vir selektiewe rassisme en gaan nie meer stilbly nie. Ons gaan nie toelaat dat wit mense gedemoniseer word en as ’n minderheid blootgestel word nie. Ons beplan ’n omvattende massaklag by die MRK wat deur duisende mense gesteun sal word. Die klag gaan toon dat die grootste aanstokers van selektiewe rassisme politici en staatsamptenare is. Dit is mense in gesagsposisies wat die massa beïnvloed. Dit wat ons op sosiale media sien, is die gevolg van die elite wat onverskillig met ras omgaan. Die politieke elite moet aan ’n strenger maatstaf gemeet word. Ernstige menseregteskendings begin altyd met politici se onverantwoordelike haatspraak,” het Hermann afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Michael ·

Julle moet regtig hard werk hieraan en dit moet reggemaak word. Ons almal weet wat gaan gebeur as die soort ding aangaan.

Issabella Grobler ·

Dit is uiters noodsaaklik dat hierdie dadelik reggestel word. Dinge is reeds uit hande.

Daar is ook Riaan van Radio Jakaranda wat vanoggend weereens homself skerp uitgespreek het oor Steve en n nuwe politieke party en omdat hulle die naweek n byeenkoms gehad het. Die feit dat Steve n koelvaste baadjie gedra het, het Riaan laat glo hy het die reg om n gek van Steve te maak in die openbaar. Die mense wat wil opstaan vir ons regte t.o.v. rassehaat en moord is klaarblyklik ook n klomp gekke in sy oe . Ek het nie woorde vir die Hettie nie. Hy ontneem my menige oggende van my eetlus.

Jean ·

Wens al wat n blanke in Suid Afrika is en so ook die kleurlinge wil hul agter die MANNE van Solidariteit,Afriforum, skaar, fisies en finansieel, die enigstes wat veg vir die minderhedes se bestaansreg in Suid Afrika!!!!! Die res te ruggraatloos stil polities korrek gebreinspoel wat lei tot alle minderhedes in Suid Afrika se ondergang!!! Staan op of word uitgevorseer mense! Dankie Solidariteit.

WB ·

En Steve en Dan Roodt.ons mense se probleem is dat ons almal nie die vyf siele bystaan wat vir ons opkom nie en wat elke dag doods dreigemente kry juis omdat hul die waarheid praat. Ek sing liewers die stem met trots as wat ek toelaat dat zuma en sy klonge hul rassistiese en moord liedjies sing soos umshiniwami.

Leo ·

Dankie solidariteit, ons sal moet begin stem dik maak met fermheid!

lewies ·

Dr. Dirk julle waarneming oor selektiewe rassisme is waar. Dankie vir julle oortuiging.

Ek het gister, baie kort kommentaar gelewer op ‘n ander platform oor die bevindinge van ‘n AD Hoc groep oor Julius Malema. Sal graag ook hierdie geleentheid wil gebruik om die-selfde te doen. Gebruik dieselfde kommentaar ” Ek stem saam met die bevindinge van die AD Hoc Groep, oor uitsprake van Malema, maar nerens sien ek die gevolge wat hierdie uit-sprake vir die uwe, gaan he nie.

Sou ek verkeerd wees as ek se dat die enigste manier om sy mond te snoer, oor diefstal van grond deur die “witman”, ‘n uitspraak deur die hoogste hof van die land is?

Kaart en transport blyk nie meer genoeg bewys te wees nie, omdat hulle baie ver in die geskiedenis terug gaan.

Die vraag is: “het ons die vrymoedigheid om hierdie weg te volg??

Cherokee ·

Dankie vir die groot werk wat jy doen, Dirk. By videos soos aangeheg kan jy gerus ook die een byvoeg waar in die parlement gesê word Jan Van Riebeeck het 2000 jaar gelede aan die Kaap voet aan wal gesit.

Flippie ·

Ek is bly Solidariteit haal nou die kwessie aan. Ek hoop nie dat dit ‘n suutjiestap besigheid gaan word nie. Maak ons trots op julle – Hieroor hoef nie onderhandel of gedebatteer te word nie. – Eis dit af.

Tali ·

Ek skaar my 100% by enige individu of organisasie wat iets daadwerkliks aan hierdie reuse probleem doen. Dis al vir te lank die olifant in die kamer. Verkondig dit wyd en syd. Span alle soorte media hiervoor in. Vind anderskleuriges wat bereid sal wees om publieke debat hieroor te voer en adverteer sulke debatte vooraf landwyd op elke wyse. Ek gaan lees daagliks die kommentaar by rasverwante artikels op die webwerf van die bekendste swart dagblad. Dit maak jou oe oop hoor. Hulle wil niks goeds van ons hoor nie en kryt elke blanke wat beskaafd en redelik in gesprek probeer tree, met kwalik bedekte donker dreigemente as rassiste uit. Ai…… hulle WIL so voel.

LP ·

Dankie Solidariteit, ek staan bankvas agter jul in hierdie verband, ons is werklik keelvol om altyd beskuldig te word van rassime en dit terwyl dit vandag die Swartes is wat alles, enige voorval of optrede misbruik om ons wittes van rassime te beskuldig EN dan kom hul nog weg ook daarmee. Hulle mag se en doen wat hulle wil, dit moet nou end kry!!!

MariusH ·

HOOR HOOR!!!! Dankie Solidariteit! As Afrikaner is dit my trots om deel te wees van die beweging. Die tyd van stilswye en alles maar net aanvaar is verby.

Albert Hoffmann ·

Dankie Solidariteit en Afriforum- ek betaal my ledegeld met blydskap- julle is ons Dawid en Simson teen die Filistyne – Doen so voort-elke regdenkende persoon moet hulle hande sterk en lid word as jy nog nie is-asseblief.

Jan ·

Kom ons buig die hoofde, gaan op die knieë en sê dankie vir ‘n organisasie soos Solariteit.

elana ·

Dankie tog dit moes al lankal gebeur het alles wat nou in ons land aangaan is in hul guns ons blanke mense word gemoor en trek aan die kortste end apartheid is lankal iets van die verlede maar nou begin hulle met die rasseboelies stories iewers moet n streep getrek word en iewers moet mense begin vervolg word wat al die dinge kwytraak.

wat nou ·

Blankes kon nog nooit saamstaan nie eens in die stryd teen die engelse

anton ·

wat nou…….Ek moet ongelukkig met jou saamstem!
Ons blankes is seker die swakste nasie veral in S.A wat saamstaan betref. Dink nie hulle almal weet eers mooi wat die word betekin nie.
Laaste saamstaan was by bloedrivier!!!

Boertjie ·

Johnny, ek voel dat jy die spyker op sy kop slaan, so hartseer soos dit mag wees. Die feit dat swart-op-wit gewelds- en haatmisdade seëvier, word doodeenvoudig onder die mat ingevee, en mens hoor nooit weer daarvan nie.

Karin ·

Baie dankie. Ek het so gebid DAT iemand sal opstaan iets doen.

Ben Prinsloo ·

Alhoewel die regdenkende politiek hulle uiterste bes probeer om hierdie puppets tot verantwoording te roep wil dit vir my voorkom asof die witman hierdie stryd gaan verloor. Daar bly nog net 1 stryd oor na hierdie 1. Witman ons moet nou begin besluit wanneer is genoeg nou genoeg. Hierdie puppets het die geskiedenis vergeet, getalle werk nie altyd nie.

snoefie ·

commendable!!!! regtig waar. maar waar was Solidariteit, afriforum, Steve en dan hill tydens die Penny/ Chris Hart/ polisie rekruut te ulundi toe dit saak gemaak het? toe was hulle te hard besig om polities korrek te wees. maar nou dat die groot scythe nader aan die huis kom, nou wil hulle opstaan. GO SOLIDARITEIT, VRYHEIDSFRONT, AFRIFORUM. ek hoop julle kan die punch vat. die MRK is ongelukkig net n anc instelling. volhard. trek die was deur die drif. terwyl julle op die seepkissie staan, dring aan dat die mrk uit alle politieke groepe moet bestaan nie net n spul anc pionne nie.

Albert Hoffmann ·

Liewe Wat nou en Johnny, pessimisme en negatiwiteit is presies wat ons teenstanders tussen ons wil saai. Vat hande en staan saam.Het ons al vergeet van “Eendrag maak Mag”?

swanna ·

Dankie Dirk. Dit is lankaltyd om hierdie saak aan hange te neem. Ons hoop en bid dat dit gevoer moet word. Moenie stop totdat dit as wet vasgestel is nie. Baie gaan jou ondersteun.

Leendert ·

Ek sê dit nie ligtelik nie, die wêreld kan kennis neem en by Solidariteit kom leer hoe om vir, nie net minderheidsgroepe op te staan nie, maar die regte van alle groepe. Dankie vir jul insig en onbaatsugtige energie wat julle gebruik om vir die Afrikaner en Suid-Afrika in geheel te veg. Julle is tussenin besig om geskiedenis te skryf oor die enorme bydrae wat die Afrikaner gelewer het, vir van toeka af.

Johann ·

By tye tjank ek my oë uit omdat daar nog mense is wat omgee en ‘n verskil kan maak.

Penellope Jones ·

Baie, baie dankie!!!
Dis ontstellend om te lees en te hoor hoe selektiewe rassisme toegepas word en dit openlik aanvaar word een.

Jan ·

Die Afrikaner se aerodinamiese (stealth) vegvliegtuig het opgestyg.

Basson ·

Media moet ook getakel word vir hulle eensydige beriggewing.
Dankie!

Jan van Riebeeck ·

Moenie vergeet van die Afrikaanse pers nie. Van Zyl se uitspraak van “white trash”, Max du Preez se gedurige geteem en ander Naspers personeel se OÏKOFOBIE (haat van jou eie) is net ‘n ander vorm van rassisme en haatspraak.

zelda ·

Daar is altyd n eerste keer vir alles en ons blankes as ons in n blik gedruk word dan gaan jy n groot verasing sien hou dop ons is stil,stilte voor die storms. Daar is ook ander rasse wat in vrede in SUID AFRIKA wil bly maybe net maybe veras hulle ons om saam met ons te staan wonderwerke gebeur nog ek glo en vertrou daar op.

vrede ·

Ek kom sondag uit die kerk uit wil toe die pad oorsteek daar kom n BMW met n geweldig spoed ek kyk of die motoris n flikkerlig aan het ( geen ) , ek se dit vir myself het, nie eers geweet hulle ken Afrikaans nie . Die ruite is so donker n mens kan nie in sien nie. Die ander kleurige man draai sy ruit af en vloek my so ek is vandag nog in trane as ek daar oor dink , ek staan in die middel van die pad staan verstomende wat nou net gebeur het , kom n wit man en skreeu op my om uit die pad te kom, maar hy het gesien hoe die ander kleurige man my vloek . Dit is vir my so vernederend ek het dit nie eers vir my gesin gese nie .

Ian Williams ·

Take them on. We suffer this in silence while the anger grows steadily. Next will be BBEEE which is racist legislation in direct conflict with our constitution. Why does one group continually need an unfair advantage 24 years after Mandela walked free ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.