Solidariteit: Ras het die Eskom-reus laat val

Argieffoto: GCIS

Te midde van die beurtkragkrisis, gaan Eskom voluit voort met die maatskappy se regstellendeaksieplan.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê Eskom wil volgens sy nuutste regstellendeaksieplan (uit 2017) voor 2020 sy ras-en-geslagprofiel radikaal verander om die land se bevolkingsamestelling te weerspieël.

“Eskom het in 2017 besluit om van nog 1 308 geskoolde wit werkers voor 2020 ontslae te raak. Dit is dus nie net 1 308 wit werkers wat vervang moet word nie, dit is 1 308 wit werkers met jare se ervaring en institusionele kennis,” het Hermann verduidelik. “Ons het reeds die gevolge van ‘n ernstige uitvloei van kundigheid beleef in die vorm van beurtkrag, om verdere institusionele kennis en vaardighede te verjaag is roekeloos.”

Hermann het bygevoeg dit blyk uit verdere besprekingsdokumente dat Eskom se regstelplan tot 2022 nog meer radikaal kan wees. “Eskom se rasplanne het nuwe vlakke van absurditeit bereik. As hulle hierdie teikens gaan bereik, is Eskom finaal vernietig. ʼn Maatskappy wat op sy knieë is, kan nie hierdie vaardigheidsomset bekostig nie.”

Hy sê daar is ʼn groot debat oor die redes vir Eskom se krisis, maar niemand wil praat oor die olifant in die kamer nie. “Eskom se obsessie met ras- en geslagverteenwoordiging die afgelope 20 jaar sit vandag die ligte af. Dit is uit die aard van die saak nie die enigste rede nie, maar Suid-Afrika ontken die skade wat Eskom se ras-ideologie aan die land veroorsaak het.”

Hermann meen Eskom konfronteer Suid-Afrika met die heersende ras-ideologie. “Indien ons nie eerlik met mekaar daaroor praat nie, is Eskom die toekomsbeeld van wat vir ons wag vir gesondheidsorg, veiligheid, paaie, water en meer. Geen land kan so ʼn vinnige uitvloei van vaardighede uit ʼn stelsel absorbeer nie. Dit het niks met ras te doen nie, maar alles met vaardighede. Iemand met 20 jaar se ervaring kan onmoontlik vervang word deur iemand met twee of drie jaar ervaring. Eskom se obsessie met rasseverteenwoordiging lei tot ‘n instelling wat institusionele geheueverlies ervaar. Die gevolg hiervan is dat basiese onderhoud nie gedoen word nie, en Suid-Afrika se ligte afgesit word.

“Eskom was altyd die eerste met regstellende aksie. Hulle was al in die 1990’s deur die Breakwater Monitor aangewys as een van die topdrie ‘regstellendeaksiemaatskappye’.”

Die eerste hofsaak oor regstellende aksie wat Solidariteit gewen het, was teen Eskom. Die eerste saak wat ʼn bruin Suid-Afrikaner oor regstellende aksie gemaak het, was teen Eskom.

In 2000 het Eskom besluit om die proses van regstellende aksie te versnel en het plekmaakpakette aangebied. In vandag se geldwaarde het hulle R1,8 miljard aangebied om van wit mense ontslae te raak. “Duisende van Eskom se vaardigste werknemers het die maatskappy verlaat. Van 1994 tot 2002 het 10 207 wit Suid-Afrikaners Eskom verlaat. Dit was net té veel mense té vinnig.”

Hermann het in 2001 sy meestersgraad oor die vervreemding van wit werknemers in Eskom gedoen. Altesaam 85% van wit Eskom-werkers het in daardie stadium aangedui hulle voel nie deel van Eskom se toekomsplanne nie en meer as 50% het gesê hulle oorweeg om Eskom te verlaat. In 2006 het hy sy PhD daar gedoen en die situasie het dieselfde gebly.

“Eskom was roekeloos met sy vaardige werknemers. Die skade van hierdie reuseverlies aan kundigheid en veral institusionele geheue kon Eskom tot vandag toe nie herstel nie,” het Hermann bygevoeg.

“Eskom is egter met ʼn dubbele transformasiestok geslaan. Aan die een kant was dit die obsessie met regstellende aksie en aan die ander kant die obsessie met aankope by swart verskaffers. ʼn Korrupte netwerk en opgeblaasde pryse wat Eskom miljarde rande gekos het en steeds kos, is onder die vaandel van swart bemagtiging gevestig.”

Hermann meen die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se oproep dat ingenieurs en ander kundiges uit die buiteland moet terugkeer, is baie ironies. “Eskom het hulle aggressief deur ʼn harde rasbeleid uit Eskom gedryf.

“Solidariteit besef Eskom is ʼn nasionale krisis en daarom gaan ons help om kundiges op ‘n vaardigheidsbank te registreer om by Eskom te help. Dit kan nie verwag word dat hulle moet terugkom en dieselfde beleid wat hulle uitgedryf het, bestaan steeds nie. Hulle kan tog nie terugkom net om weer teen gediskrimineer te word nie.”

Solidariteit sal ʼn beroep op Gordhan doen om ʼn vyfjaarmoratorium op regstellende aksie te plaas. “Eskom het nou meriete en meriete alleenlik nodig. Mans of vrouens met kennis, ongeag velkleur, kan nie nou verloor word as gevolg van regstellende aksie nie.

“Ons doen ook ʼn beroep dat Eskom, op grond van artikel 10 van die Swart Ekonomiese Bemagtigingswet, vrystelling van die toepassing van swart ekonomiese bemagtiging ontvang. Net soos meriete en meriete alleen met vaardigheid nou noodsaaklik is, is die beste verskaffers teen die beste prys ook nou noodsaaklik.

“Suid-Afrika is, deur Eskom, in ʼn nasionale krisis gedompel, en ons kan nie die luuksheid bekostig om nie oor ras te praat omdat dit te sensitief is nie. Wat meer sensitief is, is die miljoene Suid-Afrikaners, waarvan die meerderheid arm swart Suid-Afrikaners is, wat negatief deur die krisis getref word en nog getref gaan word,” het Hermann afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Johanna Botha ·

Dis n gemors en dit werk duidelik nie ….hoe lank nog voor die mense wakkerskrik uit die lang slaap ….die land gaan onder maar ons kry nie die beste ban vir die job nie

Siener van Melbourne ·

Ras het Afrika laat val. Solidariteit julle wend goeie pogings aan maar persoonlik dink ek RSA gaan nie n ander pad volg as die res van Afrika nie. Hoekom moet dit. Ons sien al 25 jaar se verval terwille van ras.

Deon ·

Siener, dit is die begin van die einde vir blankes in SA. Teen die einde van hierdie eeu sal hoogstens 200 000 blankes nog in die land wees. Moontlik moet dr Hermann aan ‘n plan werk om blankes te help om elders te vestig.

Jared ·

Ongelukkig stem baie blankes nog vir ‘n party wat RA as sy amptelike beleid het. Wat is fout met ons? Hou ons van rassisme teen ons gemik?

Francois in NZ ·

Ons leef in die eind tye. NIE noodwendig van die aarde nie, maar van die laaste generasie afrikaans sprekendes, dit was al die laaste blanke regeering en nou die einde van die laaste Afrikaners. O, en vir die ouens wat my nou wil steenig, jou voorsaate het presies dieselfde as ek gedoen, geimmegreer toe hulle nie meer welkom in hulle eie land was nie. As jy kan, kom daar weg. Ek is ook een van die sogenaamde breindrein, wat net betyds getrek het. My nuwe land is wonderluk, beleef gereed dinge uit my kinderdae weer, soos 40 jaar terug die goeie wonderlike dinge van n gesonde gemeenskap sonder rassehaat en beurtkrag. Sien die lig, o-ja die ligte die af.

Afrikaner ·

Francois, 100 vir jou, maar jy sal my verskoon as ek vir jou sê dat ek jou nie sal steeeenig nie, want ons voorsaaate het toe seker ook nie ‘n HAT gehad nie.

Groetnis van sonnige SA. Hier het dit die naweek gereën dat die biesies bewe, en my broek toe ‘n wolkbreuk water afgooi.

Swartbees ·

@Francois, in jou wonderlikke land van melk en heuning blyk dit jy sukkel maar om die naelstring te knip van jou geboorteland.

Johan ·

Die vraag kan gevra word wat die rasse beleid in ander sektore se gevolge was. Dit is ironies dat as probleme soos watervoorsiening se infrastruktuur ter sprake kom, daar gewoonlik twee verskonings gebruik word: daar is nie geld nie en tegniese vaardigheid ontbreek.
Ander Afrika-lande is nie skaam om van wit Suid-Afrikaners se dienste gebruik te maak nie. Maar die vaardige mense met ondervinding word in hulle eie land “weggegooi”…..

Michelle ·

Maar ons witmense se GELD is goed genoeg wanneer dit by absurde verhogings kom???

CW ·

Natuurlik, ons is dan die onderdrukkers en hulle die agterblywendes

Veritas ·

Dit is maar weereens ‘n bewys van die ou gesegde: ‘Hulle weet nie dat hulle nie weet nie’. ‘n Persoon met ‘n IK van 60, het nie die vermoë om te begryp dat hy nie ‘n genie is nie. Hiermee probeer ek nie sê dat blankes slimmer as swartes is nie maar dat die regstellende aksieplan van Eskom nie beheersd uitgevoer is nie. Aanstellings is bloot gedoen op velkleur en geen waarde is geheg aan die kennis en ondervinding van die applikante nie. Indien hierdie tendens nie omgeswaai word nie, sal SA se ekonomie heeltemal ten gronde gaan en dít is nie baie vêr in die toekoms nie.

Zombie ·

Om by jou aan te sluit, Veritas. Daar is in 1999 ń artikel met die volgende titel deur ń vakwetenskaplike joernaal gepubliseer: “Unskilled and unaware of it: how difficulties in recognizing one’s own incompetence lead to inflated self-assessments”. Sommiges verwys ook na hierdie verskynsel as die Kruger-Dunning-effek.

Theuns ·

Dit is omrede daar plek gemaak word vir familie en vriende, en nie een van hulle beskik oor die ondervinding of vaardighede om die poste suksesvol te vul nie.

Afrikaner ·

En hulle is so skaars soos hoenertanne, minder, as daar is.

Deon ·

Wat soek wit vakmanne en ingeneurs nog by Eskom? Oorweeg eerder nuwe loopbaanrigtings.

Johan H. ·

En tussen in groei die haat oor alle grense,en dit kan niemand oor 10 jaar regstel nie, Daaruit volg masiewwe misdaad en niemand wen nie,,,Bedank gerus zuma en sy gepeupel,, Mbeki was lyk my n baie beter leier,,,,

Bekommerd ·

ek verneem eskom se skuld sal maar weer deur die verbruiker betaal moet word. Dit beteken verbruiker moet meer aan munisipaleteit wie veronderstel is om meer aan eskom moet betaal. dis nie n oplossing nie want munisipaleteite betaal nie oor aan eskom. Oplossing is: Verbruiker moet namens munisipaleteit betaal aan “eskom” maar direk aan eskom se skuldeisers namens eskom. 2 vlieë word dan met een klap geslaan. Dit moet met voorwaardes gedoen word. Dis in baie kort opgesom.

Lorinda de Jager ·

Johan H, die groeiende haat sal nooit weggaan nie. Dit word net al hoe groter

marco polo ·

Solidariteit, ek is bevrees julle praat teen die wind. Die kaders sal nimmer as te nooit erken dat hulle witmense nodig het nie.

Meerkat ·

En daar slaat jy die spyker se kop heelaf met jou korrekte stelling.

Lorinda de Jager ·

Marco polo, en dan het hulle die witmense so nodig

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat meer teleurstellend is as wat ek hier lees, is die konstante pogings wat blankes “aanbied” om te help, te red, te gee, te doen, op te lei, te wys, te leer…….en elke keer die houe te vat. Waarom doen ons dit? Daar is ‘n belangrike hofsaak waarvan die uitspraak behels dat, waar ‘n munisipaliteit NIE die diens lewer waarvoor betaal word nie, die inwoners daardie diens kan oorneem, en nie verder hoef te betaal nie. Hoekom maak ons dit nie van toepassing op die regering nie? As Eskom nie die diens kan lewer nie, laat elke huis-eienaar sy eie huis omskep met son-krag panele……….en die kostes daarvan verhaal uit sy of haar inkomste-belasting……..want as die regering jou belasting aangewend het om Eskom te onderhou, sou dit nie nodig gewees het om jou huis te omskep nie. Ek sal met graagte my inkomstebelasting gebruik om my huis in totaliteit self-versorgend te maak……….dan HOEF Eskom hom nie te bekommer oor my “hoë elektrisiteitsverbruik nie” EN die munisipaliteit is van my ontslae…….en ek van hulle. WEN-WEN situasie as jy my vra……..

Meerkat ·

En wat maak ons met die 15 miljoen en meer werkloses waaroor dit vir die regering gaan. Maak nie saak hoe die regering afbreek nie, die werkloses het nog steeds beter as wat hulle gehad het.

wet ·

ek sal my graag op die hofuitspraak wil beroep. waar kan dit bekom word

Gemaskerde Sopbeen ·

Wet. Google is jou vriend….Konstitusionele Hof uitspraak in die saak Rademan vs Moqhaka Munisipaliteit het die hof bevind dat daar nie vir ‘n diens betaal hoef te word indien sodanige diens nie gelewer is nie.

Opisthophthalmus ·

Jou ‘off the grid-oplossing’ is NET haalbaar vir die wat die uitleg kan gekostig (inkomste belasting eis mag eers na die koste aangegaan is gedoen word).. sou elke huiseienaar wat WEL kan bekostig om hul eiendom van die grid af te haal, dit doen.. word dié wat nie kan nie, gelaat met die las van die dan onvermybare tariefverhogings…. En om te sê, ‘ek betaal my krag voorsiener ook in fases, en ek is nou in fase, betaal fffniks nie’, laat jou in elkegeval in die “donker”..

Willie ·

Haal asb die masker af. As jy enige plek vir ‘n salaris werk, is jou werkgewer verplig om belasting af te trek nog voor jy daardie maand se geld sien. As jy dit verstaan, gee ons asb nou JOU PLAN B om belasting te weerhou. Huh?

Die Stem ·

Sal dit nie n goeie dag wees as die regering besef dat ons in alle sektore meriete moet gebruik om besluite, aanstellings en aankope, te doen nie.
Daar is nou genoeg jare verby om seker te maak geen wit mense is bevoordeel op enige moontlik manier nie.
Maak dit nou n gelyke speelveld. Los die kleur en kyk na wat goed is vir die land en die bepaalde sektor.
Solidariteit is goud werd vir ons huidig benadeeldes. Ek doen n beroep op hulle om die noodsaaklikheid van regverdigheid nou in alle sektore te beveg. Laat die beste persoon die geleentheid kry, ongeag van kleur.
Die wit mense is so min teenoor die res van die bevolking. Dit kan mos nie n bedreiging wees as almal gelyke kanse kry nie.
Asb Solidariteit. Ons het julle nodig en waardeer julle werk.

Sarel ·

Die realiteit is daar is meer as 15 miljoen werkloses in die land, dit is waar die ANC se stemvee sit, dan sit mens opgeskeep met die ANC se idioelogie. Wat vorentoe?

Carina vd Berg ·

Maar dit is nie net in Escom waar die probleem ernstige gevolge het nie, ons weet almal van die uiterste swak toestand van ook die hospitale, munisipaliteite, en noem maar enige ander staastsdepartement…nerens waar jy kom is daar enige sprake van behoorlike diens en hulpvaardigheid nie…geen trots in arbeid wat verrig word nie…

Wimpie ·

Carina, ek stem saam jou als wat an staat behoort verval en die diens wat mens kry is somme bollie!!

Onafhanklik ·

Transformeer. Bemagtig jouself. Begin met jou eie regstellendeaksieplan! Sonkrag vir jou ligte en warmwater, gas vir jou stoof. Koop watertenks en Koppel dit aan jou toilette. Hou jou munisipalerekening so laag as moontlik, hulle mors in elkgeval die geld. n Boer maak mos n plan!

Afrikaner ·

Dankie Dr Hermann. Dalk gaan die ANC jou hieroor vasvat, dit laat hulle nie goed lyk nie, en dit voorspel dat hulle die nek gaan styf maak.

Eskom se rasplanne was uitgevoer om hul heer en meester, die ANC, terwille te wees. Die probleem het dus al voor 1994 by die ANC en hul ideologie begin.

Ek sal verbaas wees, en Paul Kruger sal omdraai daar waar hy lê, as die regering uitvoering aan Cyril se lippediens gee.

ChrisE ·

Einstein het gesê, ” an intellectual solves a problem/crisis. A genius prevent a problem/crisis.” As ‘n baie slimmer ou as ek dit kan sê, wie is ek om te stry. Dit is mense wat 300 jaar gesukkel het. Dit is nou hul beurt om te skep. Wee net die dag as daar niks meer oor is om te skep nie.

Renier ·

Dis reg. Ons moet weer soos kampioene begin dink en praat!

Gert ·

Wêreldwyd word aanvaar dat Duitsers en Hollanders die beste ingenieurs is, ek sien dikwels hoe die Asiërs Duitse en Hollandse ingenieurs gebruik vir hulle groot projekte. Ons is eie familie van hulle, en het dit in die ou Suid-Afrika oor en oor bewys. Maar in die Nuwe Suid-Afrika MOET 80% van ingenieurs swart wees. Belaglik.

Gys ·

Daar is ‘n klein deeltjie van my wat wens dat die land heeltemal flop.
Ek dink slegs uit totale chaos sal ons wittes kan saamstaan en ons eie gebied eensydig opeis. Met totale chaos sal daar immers nie ‘n weermag en polisie wees om ons te keer nie, daar is alreeds nie meer ‘n weermag en polisie nie.
Die enigste nadeel van ‘n eie gebied is dat daar ‘n paar dekades later dalk weer ‘n spul naiewe, goedgelowige, barmhartiges gaan wees wat WEER alles goedsmoeds sal wil weggee.

Boer ·

Al is ek al n paar keer hier oor die vingers getik omdat ek ook sê wat jy sê…..stel ek nog steeds 101% met jou saam!

Mymening ·

Soos ek verstaan het sou regstellende aksie destyds net 20 jaar gewees het, en ons is nou al by 25 jaar oor die tydperk waar regstellende aksie nog plaasvind. Ek dink dis nou bietjie tyd om dit te laat gaan dat almal van nou af regverdige kanse kry in die werksplek volgens kwalifikasies en harde werk en nie ras of velkleur of geloof of kultuur nie.

Werner ·

Sien nou op nuus 24 ESKOM dank nog 1500 wittes af so Dirk julle mors julle tyd om ESKOM te probeer red julle doen dit ten koste van die blanke ESKOM moet nou val en klaarkry

lewies ·

Ek hoop dat hierdie “klip in die bos” vanaf Solidariteit oor ras en regstellende aksie ‘n eerlike en reddende gesprek gaan ontketen wat die “wortel” van die moeilikheid waarin SA vandag sit, sal ontbloot. Dit sal vir toekomstige regerings en die inwoners van SA ‘n les wees, wat nie herhaal moet word nie. Solank die waarheid verdoesel word sal die bose kringloop herhaal word.

Afrikaner ·

2,7 miljoen Afrikaners in die land kan mos nie verkeerd wees nie.

Erick ·

Hierdie toestand by Escom is sabotasie van die hoogste graad.

theo ·

dit gebeur in tshwane ook, die “regional exec direc” stel n eff elektrisien aan wat nie eers weet hoe om met n megger n transformer te toets nie, die arm plot bewooner was 52 uur af. hoe stop ons die aanstellings???

andre ·

ongelukkig het F.W.de Klerk dit in die grondwet ingeskryf en nou misbruik die anc die wet tot hulle voordeel.

Pieter ·

Ek is ‘n professionele meganiese ingenieur met 35 jaar ervaring in my vakgebied. Ek het my werk verloor deur afwenteling van die maatskappy waarvoor ek byna 20 jaar gewerk het. Ek het onder andere baie tyd gespandeer op projekte vir die opgradering en herstel van ou eskom kragstasies. As wit man van 55 jaar oud het ek nie eers ‘n kans om ‘n tydelike pos te kry in hierdie land nie. So ek sit by die huis waar ek nog baie kon bydra tot die ekonomie. Geen wonder dat ek die nuus van al die eskom probleme met ‘n knippie sout vat

JA ·

Hi Pieter, ek was ook ‘n Instrumentasie en Beheer ingenieur by ‘n groot maatskappy in Sasolburg, raai maar waar. Gelukkig kon ek daar uithou tot en met aftrede maar gedurende die laaste paar jaar het ek gesien hoe daardie tipe aanstellings hul geld verdien. Absoluut onverstaanbaar hoe hul in hul poste gekom het en kon aanbly terwyl die bestuurslede geweet het van hul onkunde. Bly ek is klaar, kon nie meer uithou nie.

Alida ·

Kry dit in CR se kop dat die beste kandidaat aangestel word ongeag kleur. Hulle moet verby kleur kyk.

CW ·

Wil nie se dis totaal onmoontlik maar ek dink die 10 jaar wat hy president wil bly is nie lank genoeg om dit in sy hoof te kry nie.

Binx ·

My skoonpa(nou oorlede) moes destyds n sekuriteitswag oplei vir sy pos waarvoor hy jare se ondervinding en string diplomas nodig gehad het. Admin mense is sommer van straat af gekies en “opgelei” of vir opleiding gestuur. …en ja was nie blankes. So gn wonder ons land is in sy moerdyk in nie.

Johan ·

Dit sal ‘n blye dag wees as die beginsel van kleur oorboord gegooi word en na die werker se vaardighede en vermoeëns gekyk word. Ongeag die persoon se ras, geslag of geloof…
Korrupsie, baantjies vir boeties en rasgedrewe (politiek gedrewe) aanstellings is Suid-Afrika se doodsteek.

jaco ·

baantjies vir boeties het “hulle” by “ons” geleer”: in die ou SA is ook maar lekker jobs uitgegee vir Broederbonders. Broederbonders het lekker top jobs in die staatsdiens en in Afrikanerbesighede soos SANLAM en Volkskas gehad.
Broederbondlidmaatskap was ook so te sê ‘n voorvereiste om skoolhoof van ‘n wit Afrikaanse skool te word. Broederbond lidmaatskap het selfs gehelp om plek te kry op die moderature van die 3 Afrikaanse susterkerke (vreemd dat hulle in 3 kerke verdeel was, maar lekker kon saamwerk en konkel in die Broederbond en die Nasionale Party).

Deon ·

Jaco, swak aanstellings is destyds dikwels gedoen, maar anders as vandag het ‘n sterk en ervare middelbestuur die wa deur die drif getrek.

jaco ·

hierbo is kommentare VEEL ERGER as myne, wat nie geplaas is nie. ek probeer dus weer:
ek sidder vir die dag wanneer n regstellende aksie aangestelde person die verkeerde knoppie by koeberg kernkragstasie druk en 4 miljoen mense in Kaapstad dan deur die gevare van “nuclear melddown” bedreig word.
Selfs mense wat suiwer op meriete en sonder nonsens soos die inagneming van die “regte” velkleur werk gekry het by Three Mile Island in Amerika en by Chernobyl in die ou Sowjet-Unie, het ook die verkeerde knoppies gedruk…

Deon ·

Koeberg goed gemonitor deur die Internasionale Kernagentskap. Inspekteurs besoek die aanleg periodiek, sowel as verrassingsbesoeke. Operateurs moet elke jaar stywe internasionale eksamens slaag.

jaco ·

regstellende aksie aangestelde amptenare by Koeberg, wie se base ALLE wit werksaansoekers summier afkeur NET omdat hulle wit is, gaan natuurlik luister na wit buitelandse inspekteurs. Eks nie so seker nie…

B ·

Dan lees ek advertensies van maatskappye wat sê ‘proudly BEE, level xxx’…

Ons is deels verantwoordelik vir ons eie ondergang.

Schalla ·

Ek let deesdae nogal daarop. Sodra ‘n besigheid te trots is op sy BEE status as wat ek kan verteer/verdra dan soek ek alternatiewe en ek is aangenaam verras hoeveel alternatiewe ek al so gevind het.

Dit beteken nie ek benadeel myself nie, ook nie dat ek uit-en-uit besighede boikot nie, maar dis tog my eie besluit waar ek eerder my geld wil spandeer en as ek kan kies tussen die Builders Warehouse op Hans Strydom en die omie oppi hoek wat ‘n spanner ‘n moersleutel noem dan ondersteun ek eerder die omie oppi hoek want hy is een van my mense (tensy dit 15:00 is en die omie is al toe, dan ry ek maar Builders toe)

As verbruikers dink ek tog ons het nog ‘n mate van mag in ons hande. Stem met jou voete. Gaan soek bietjie, jy kry tog nog besighede wat trots in Afrikaans sake doen en baie kompeterende produkte bied en nie vooroor buig en swik onder die druk om BEE sertifikasie te kry sodat hulle kan groei nie.

Die naweek by ‘n baie lekker restaurant (Buffelsfontein Beesboerdery) geëet wat so Afrikaans is soos ‘n Totius gedig. Wie het Spur, Hussar Grill of Dros nodig? (Ek moet bieg ek ken nie meer al die vleis snitte se regte Afrikaanse name nie, of dat ‘n menu eintlik ‘n spyskaart is!)

Jane Palotasi ·

Ek stem saam. Ras het suid afrika sy krag voorsiener gekos. Ek sal nie verder kan kommentaar lewer nie want dit sal tog net nie geplaas word nie.

Gert van Wierdapark ·

Die probleem met diegene ” in beheer van die land” is dat feite en logika/common sense nie veel indruk maak nie. Dirk Herman slaan die spyker op die kop met sy navorsing ens ens. A (B) en C dink die lig in die tonnel is “the breaking of the new dawn”, maar ongelukkig is dit ‘n ander (sous) trein wat met die huidige een gaan Bots! Dit word as nog net n “uitdaging” gesien,’ n term wat skynbaar gebruik word as daar nie herwaars of derwaarts geweet word wat om te doen nie! Eskom is al lankal besig om te gaan, so koebaai Esgaan, pak maar kerse en vuurhoutjies in vir die wis en die onwis. He-he-he!

aj ·

Soos wat hulle onvermoë duideliker word (op alle gebied) sal die HAAT teenoor Witmense net vergroot.

Soos die leuse destyds “First liberation then education!” … jaag dié mense na korttermyn ‘genot’!

Ongelukkig blyk dit nou dat ‘liberation’ nie gratis huise, karre of vet bankrekeninge bring nie …. want die “education” skiet tekort.

‘Unskilled labour” is in OORAANBOD … daarom is die prys laag!

So boemerang die ANC se planne!!

Nog ‘n ramp!

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid. En daar is die eind resultaat: algehele verval! Regstellende aksie en kwaliteit kan nooit in dieselfde asem genoem word nie. Feite. En waar hulle al die swart ingenieurs kry, bly n raaisel, want dit was nou die een klas wat op universiteit 80% blank was (tot so onlangs as 2009). Maar nou ja, geloofwaardigheid voor kundigheid ten alle koste!

Hans ·

As die President en Mnr Gordan staatsmanskap wil openbaar moet hulle nou daadwerklik by Eskom ingryp en die onverantwoordelikheid onmiddelik stop. 1ste stap ontslaan die Eskomraad vandag nog en plaas die entiteit in sakeredding met oa n kundige kurator oorhoofs.

ww ·

Vra of ons president enige wit mense in sy diens het en hoekom

Jeremia ·

Sien in ‘n ander nuusblad ‘n vergelyking tussen elektrisiteitsmaatskappye in Amerika, Brittanje en SA / Eskom se CEO’s. Gemiddeld het eersgenoemde twee sowat 14 jaar ondervinding in hulle bedryf en Eskom s’n zero. Ja, zero – bokkerol.
En voorts het die Italianers wat nou skielik van buite af nadergepluk word – geen kennis van steenkoolopwekking(-saanlegte) nie.
Klink asof daar nog ‘n hele paar miljarde vermors gaan word op ‘n plek wat “tegnies” bankrot is, en dalk tot April sal kan voortgaan.

Afrikaner ·

Die ANC winter duur nou al 25 jaar. Dit moet seker die langste en koudste winter wees wat enige land in die wêreld nog ooit beleef het, dit nou buiten die Ystydperk.

jAN ·

CR WIL NOU CHINESE INBRING VIR DIE KRAGSTASIE IN MPUMALANGA ….. EN DAN LEEF HY IN N DROOM WERELD OM TE REKEN DAT BAIE VORIGE WERNEMERS VAN ESKOM WAT IN DIE BUITELAND IS AANGEDUI HET HULLE STEL BELANG OM TERUG TEKOM

Pik ·

Dis nie net eskom nie die banke in SA doen dieselfde en niemand se n woord nie gee van die groot banke 2 jaar dan praat ons weer kyk maar na die 1 wat deesdae in die nuus is wie spring van die skip af

Dina ·

Al wat ons land kan red is kleurblindheid. Begin na die mens kyk en nie na sy kleur nie.

elna ·

En dis PRESIES wat met die SAUK gebeur het. Hulle het aan honderde witmense met ondervinding , met toekennings vir uitstaande produksies, pakkette geoffer en vandag is die “SABC” onder en bankrot en verwaarloos.

Meerkat ·

Maar dan spog die ministers mos jaarliks in die parlement oor die groot vordering wat hulle gemaak het om werkloosheid te bekamp.

Cyril wil nou wit mense se grond sonder vergoeding afvat, maar dan nooi hy witmense uit om Eskom te red.

In jou lewe.

Baardman ·

Dit sal nie help ons kla nie hulle hoor die kommentaar nie tweedens het daardie in 2016 belowe SA sal nooit weer kragonderbrekings bevind nie .Bestuur van ESKOM korrup.

honourable member ·

So bly as sulke goed uitgewys word. Wants dis presies wat hierdie land laat val het.

christa ·

so gedink. Mense wat dink is nie so slim soos hulle dink nie.

Anoniem ·

Wat Hulle gesaai het sal Hulle maai nl. D O N K E R T E ?

Annelize ·

ALLES in hierdie land is ten gronde agv ras. Water en Sanitasie, Onderwys, Gesonheidsektor, Munisipaliteite, die lys is nimmereindigend.

KarelKAT ·

As mens net na die kommentaar kyk, kan mens mooi sien hoekom ons land daarmee heen is, Stem ja afrikaner! nou gee julle eiendom en bly stil. julle hoor mos dis NIE JULLE land nie, dit word daagliks gese en die haat teen witmense word daagliks openlik bevestig, maar hou aan….afrikaner ruk homself aan flarde en nou wil julle wonder oor die resultaat!

Pieter ·

Goeie wit ingenieurs word vandag op die straat uitgegooi en dan wil die regering ingenieurs van oorsee af invoer. Wat ‘n lagwekkende situasie. Ek as wit ingenieur moes my loopbaan 10 jaar vroeg beeindig omdat ek as wit meganiese ingenieur nie eers ‘n kans kry vir tydelike poste nie. As ek dit kon bekostig sou ek SA verlaat het, maar die posisie van die Rand het gesorg dat ek ‘n ekonomiese gevangene geword het. Geen wonder dat ek op anti depresante is net om ‘n redelike normale lewe te kan ly nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.