Solidariteit, Sakeliga kritiseer begroting

piet-le-roux

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. (Foto: Morné Prinsloo)

Solidariteit en Sakeliga is óók nie beïndruk met Tito Mboweni, minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsraamwerk nie.

“Die syfers en aannames is gewoon absurd. Die eenvoudige waarheid is dat ons vanjaar sowat R700 miljard meer as ons belastingopbrengs wil spandeer en dat ons vir die volgende drie jaar telkens meer as R500 miljard bó opbrengs vir elke jaar wil spandeer.

“Wat stabilisering van skuld behels moet ons maar net glo dat dit teen 2026 magies gaan begin gebeur waar dit oor die afgelope dekade bykans jaarliks selfs bo pessimistiese verwagtinge verswak het,” sê Morné Malan, ʼn strategiese spesialis by Solidariteit, in reaksie op die begroting.

Die mediumtermynbegrotingsraamwerk word fel gekritiseer nadat die minister dit Woensdag bekend gemaak het.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, wys op sy beurt daarop dat Mboweni se begroting nie Suid-Afrika van fiskale krisis wegstuur nie.

“Suid-Afrika se werklike begrotingstekort sal vanjaar byna 400% wees van die projeksie daarvan in die 2017/18 begroting, die laaste begroting gelewer deur voormalige minister van finansies Malusi Gigaba. Boonop verwag Mboweni dat die begrotingstekort dan, vir ten minste drie verdere jaar, tussen 200% en 300% van Gigaba se slegste projeksies sal bly. As ons toe bekommerd was, moet ons nou vier maal so bekommerd wees.”

Solidariteit veroordeel, net soos verskeie opposisiepartye, die besluit om ʼn verdere reddingsboei van R10,5 miljard aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) toe te ken, ten sterkste.

“Ons regering bestee vanjaar 50 keer meer aan SAL as aan die totale noodbefondsing vir die toerismesektor. Verder besnoei ons nou op broodnodige geld vir sukkelende bedrywe net sodat die regering hierdie ydelheidsprojek aan die gang kan hou. Hoewel dit waar is dat die lugvaartbedryf van kardinale belang is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie, is dit hoegenaamd nie waar vir hierdie lugredery nie.”

Solidariteit sê Mboweni maak al die regte geluide oor die impak wat verhoogde belasting en ʼn toename in besteding sal hê hoewel die regering skynbaar bloot daarmee voortgaan.

“Mboweni identifiseer tereg dat ʼn toename in belasting en ʼn toename in besteding die ekonomie meer skade sal berokken as wat dit enigsins goed sal doen, en tog is daar geen duidelike planne om enigeen van hierdie twee werklik te besnoei nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fedup ·

Well, we can criticise till the cows come home, makes no difference to this corrupt circus.
They borrow, steal and tantrum.
We pay for that borrowing, stealing and tantrums.
Get your fingers out your ears and do something about it.
That is why people voted for you.
Come election next year; all of the politicians will be getting a very big surprise.

Mimi ·

Dit was ‘n voorspelbare uitspraak. Alles is ten gunste van die voorheen benadeeldes, daardie holrug perd wat hulle steeds na 25 jaar ry. Ek dink die “groot” nommers wat hulle so willens en wetens rondgooi beïndruk slegs die wat nie van beter weet nie maar alles eis.

Persheks Adri ·

Ons kritiseer elke dag en tog luister hulle nie ons moet betaal en betaal vir hulle korrupsie en tog is HULLE die oorsaak van die ekenomie!

SAL is mors mors van ons geld. Die vliegtuig gaan seker vir hulle kos gee regtig mmmmm die redenasie vermoë darem

Dirk Mostert ·

Die skerp daling in die aandelemark sedert gister dui op ‘n gebrek aan optimism oor S.A. se ekonomie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.